Gates dank lugmagleiers af na kernvergissings

Image

Robert Gates

Die verdedigingsekretaris van die VSA, Robert Gates, het ‘n aantal topoffisiere in die Amerikaanse lugmag afgedank nadat kernmissielontstekers per ongeluk na Taiwan verskeep is.

Gates het verklaar dat hy die bedankings van die Lugmagstafhoof generaal Michael Moseley en Lugmagsekretaris Michael Wynne aanvaar het.

Twee verleenthede oor die afgelope jaar het tot die afdankings aanleiding gegee. In die eerste geval is ‘n B-52-bomwerper per abuis met ses kernkopkruisermissiele bewapen en oor die VSA vervoer.

In die ander geval is vier elektriese onstekers vir ballistiese missielkoppe per ongeluk na Taiwan gestuur in plaas van helikopterbatterye.

Gates het gesê dat ‘n interne ondersoek ‘n afname in die Lugmag se kernmissiefokus en –prestasie bevind het.

Volgens Gates is sy besluit om Wynne en Moseley te verwyder gegrond op die bevindings van ‘n ondersoek na die Taiwan-debakel deur admiraal Kirkland Donald.

Die Donald-verslag verteenwoordig geklassifiseerde inligting maar Gates het ‘n verbale opsomming verskaf.

встраиваемые светильники поворотныеФільчаков Олександр Васильович