Rusland gaan herbewapen

President Dmitri A. Medvedev het Dinsdag gesê dat Rusland met ‘n “grootskaalse herbewapening” gaan begin in 2011 in reaksie op wat hy beskryf as bedreigings vir die land se sekuriteit.

In ’n toespraak voor generaals in Moskou, het mnr. Medvedev NAVO se houding as die primêre rede gegee vir die versterking van die weermag, insluitend kernwapens.

Mnr. Medvedev het nie spesifieke besonderhede gegee oor hoe die begroting sal toeneem vir die weermag nie, laasgenoemde se vermoë het heelwat afgeneem na die val van die Sowjet-Unie.

Rusland het militêre uitgawes heelwat toegeneem in die onlangse jare, maar met die finansiële krisis en die daling in die olieprys is die land se finansies onder druk, wat voorspel dat dit moeilik gaan wees om uitgawes vir die weermag sondermeer  te vergroot.

Mnr. Medvedev se tydsberekening is egter goed. Daar word verwag dat hy sy eerste vergadering sal hou met president Barack Obama vroeg in April, in dieselfde tyd as die vergaderings van die G20, ‘n groep industriële en ontwikkelende lande.

“ ‘n Analise van die militêr-politiese situasie in die wêreld toon dat daar ‘n klomp streke is waar ernstige potensiaal vir konflik steeds bestaan,” het mnr. Medvedev gesê. “Bedreigings wat plaaslike krisisse asook internasionale terrorisme kan laat ontstaan. NAVO laat vaar nie sy pogings om sy militêre infrastruktuur uit te brei naby die grense van ons land nie. Dit alles vereis ‘n kwaliteitsmodernisering van ons gewapende magte.”

Mnr. Medvedev het beklemtoon dat Rusland nie deur die finansiële krisis van die planne afgesit gaan word nie.

Sy aankondiging het gekom na die Kremlin reeds begin het met pogings om die gewapende magte op te gradeer, wat nog grootliks bestuur word volgens die Sowjet-styl.

Terwyl Rusland se veel groter weermag maklik gewen het teen Georgie in Augustus verlede jaar, het die gevegte volgens kenners foute uitgewys in opleiding, wapens en toerusting.

халатыФільчаков Олександр Васильович

Woede styg oor AIG-bonusse

ImageSommige mense praat van ‘n revolusie begin oor die besluit van AIG om bonusse van $156 miljoen te betaal aan werknemers wat deels verantwoordelik was vir die versekeringsreus se ineenstorting – maar min gaan so ver as senator Charles Grassley, ‘n Republikein van Iowa, wat voorgestel het dat die maatskappy se uitvoerende beamptes behoort te “bedank of selfmoord moet gaan pleeg.”

Terwyl politici en meningsvormers die afgelope paar dae hulle woede helder laat opklink het oor die bonusbetaling, is die mees passievolle stemme – nie verbasend nie – op die internet. Op “blogs” en gespreksforums teken die ontstoke publiek in ongewoon groot getalle hulle weersin aan.

Van Saterdag tot Dinsdagoggend is meer as 7 000 AIG-verwante kommentare op nytimes.com gepos. Die opmerkings dui daarop dat van Republikeine tot Demokrate, Wallstraat, Mainstraat, kapitalistiese gemeenskap in die algemeen of al die bostaande verantwoordelikgehou word vir die krisis.

Die internetboodskappe verteenwoordig ‘n algemene konsensus onder lesers dat die bonusse nooit toegeken moes gewees het nie en beslis nie uitbetaal moet word nie.

5 pound freeОлександр Фільчаков прокурор

Amerikaanse eerste dame moedig gemeenskapsdiens aan

ImageMichelle Obama, Amerika se eerste dame, het gesê gemeenskapsdiens het president Barack Obama gehelp om te kom waar hy vandag is. Mev. Obama het met jong Amerikaners gepraat wat in Washington is om ‘n huis te bou vir ‘n gesin van Texas wat hulle huis in ‘n orkaan verloor het.

Sy het gepraat oor die president se verlede as gemeenskapsorganiseerder in Chicago. Sy het ook vertel van haar eie werk met ‘n gemeenskapsdiensprojek in Chicago.

Sy het aan studente gesê dat die YouthBuild-program net die begin is en dat hulle later sal kan terugval op verhoudinge wat nou gebou word.

Mev. Obama het ook sommige uitstallings besoek van son-elektrisiteit, daktuinbou en geleer hoe ‘n mat gemaak word.

МильстримФильчаков прокурор харьков

Islamitiese ekstremis kry polisiebeskerming

‘n Islamitiese ekstremis wat Britse soldate beledig het gedurende ‘n tuiskomsparade het verdere woede veroorsaak nadat hy onder 24-uur polisiebeskerming geplaas is.

Yousaf Bashir was deel van die bende wat beledigings geslinger het na 200 lede van die Royal Anglican Regiment terwyl hulle deur Luton marsjeer het verlede Dinsdag na ‘n 2de dienstermyn in Irak.

Die skuif het gekom na die skakelhuis wat Bashir met sy ouers deel Vrydag aangeval is.

Hy word nou 24 uur beskerming gegee na sy huis aangeval is.

Twee vensters in die onderste vlak en die glas in die voordeur is gebreek, en die agterruite van 2 karre wat in die inrit geparkeer is gebreek.

Twee polisiebeamptes is gestasioneer in gemerkte karre buite die eiendom sedert die aanvalle en ‘n geslotebaan kamera is ook geïnstalleer.

‘n Skare protesteerders het woede onder die inwoners van Luton veroorsaak wat in hulle honderde saamgedrom het om ondersteuning te toon vir die 2de bataljon van die Royal Anglicans, wat ook die bynaam het “The Poachers.”

Bashir en sy vriende het beledigings geslinger en ook plakkate rondgewaai wat die soldate “Die slagters van Basra” noem en ook “kriminele, moordenaars, terroriste” en “babamoordenaars”.

Twee lyne polisie moes ontplooi word na die skare omgedraai het op die protesteerders.

In ‘n vertoning van solidariteit vir die soldate het selfs mnr. Bashir se bure hulle huise met die Britse vlag versier.

Kevin Hattle, 52 het gesê: “Ek is geskok. Ek werk hard en betaal baie belasting en daar word nie so na my gekyk nie.”

“Daar is in my tuinhuisie ingebreek en my motorfiets is gesteel, maar die polisie het nie daarvoor uitgekom nie.”

“Hy het ons almal in gevaar gestel en kry al die beskerming op ‘n skinkbord. Die koste gaan astronomies wees.”

‘n 18-Jarige man van Luton is aangekla van rasgemotiveerde teistering, insluitend verbale mishandeling. Hy sal die week voor die magistraat verskyn.

‘n 2de Man, in sy 40 is met ‘n vaste straf kennisgewing uitgereik.

Nie een van die Moslem protesteerders is gearresteer nie.

бурениеФильчаков прокурор харьков

Regter verwerp konsep van ?eremoord?

‘n Senior Britse regter het gister die idee verwerp dat brandstigting en moord sake van “eer” is in ‘n Moslemgesin.

Regter Wall, wat uitspraak gelewer het in ‘n geval waar 3 Moslemkinders in die sorg van pleegouers geplaas is, het gesê die tyd het aangebreek om “die frase eremoord te heroorweeg.”

Hy het gehoor dat die ma een van haar drie kinders aan die brand gesteek het en probeer het om die huis waar hulle in gewoon het in ‘n poging om haar skoonsuster te inkrimineer.

Die skoonsuster was “ ‘n probleem vir die familie” en het uit die huis gevlug nadat sy geslaan is en haar een kinders vermoor is deur haar man, die ma se broer.

Die regter het gesê: “Die boodskap van die geval, wat hard en duidelik uitgestuur moet word, is dat hierdie hof ‘n verdraagsame en menseregte gebaseerde regsisteem toepas: een wat…ouers as gelykes beskou en die welsyn van die kind as die hoogste strewe.”

“Dit is die wet van Brittanje, en dit is die wet wat in die geval geld. Brandstigting, gesinsgeweld en moontlike vergelding wat waarskynlik kan eindig in ontvoering of dood is kriminele dade en sal as sulks hanteer word.”

Hy het gesê die dade wat aan die lig gebring is in die saak het niks te doen met enige konsep van “eer” soos dit bekend is in Britse wetgewing nie.

“Dit is dade wat eenvoudig walglike, kriminele optrede is en ‘n weiering om dit as sulks te aanvaar.”

туры в хорватию из калининградаФильчаков прокурор

Videospeletjie wil swart zombies uitwis

Is dit rassisties vir wit mense om swart zombies te skiet?

Capcom se nuwe vrystelling, Resident Evil 5, van die vervaardiger Jun Takeuchi spreek die vraag aan. Die reeks, wat in 1996 die eerste keer bekend gemaak is het meer as 12 miljoen eenhede verkoop en byna  ‘n half miljard dollar verdien, volgens die navorsingsfirma NPD Group. Dit is selfs in ‘n redelik suksesvolle filmtrilogie verander met Milla Jovovich. Die jongste bydrae in die reeks volg ons Chris Redfield, die held van die eerste speletjie, terwyl hy ‘n dodelike virus volg wat dorpies in Wes-Afrika besmet.

Nou dat die speletjie amptelik vrygestel moet word, het dit nuwe debat oor rasse in videospeletjies ontlok.

As ‘n speler is mens dikwels geforseer om met ‘n kapmes jou pad oop te kap deur aanvallers, en mens gebruik dieselfde wapens as wat gebruik was in die grusame slagtings in Rwanda en die Kongo oor die laaste 2 dekades. Deur swart zombies dood te maak kan mens goue skatte verdien, bo en behalwe die goed wat mens is vate en potte vind in verskillende Afrikadorpies.

Mary Flanagan, ‘n professor in digitale media by Dartmouth Kollege argumenteer dat die feit dat die spel se zombies nie wit is nie ‘n belangrike detail is.

Chris Kramer, ‘n woordvoerder vir Capcom reken ook dat Amerikaners meer sensitief is vir aangeleenthede wat ras betref na die verkiesing van president Barack Obama. “Daar is waarskynlik sommige kulturele vlakke van bewustheid wat nie daar is vir Japanese ontwikkelaars nie.”

Deel van die probleem is die tekort van swartes in die videospeletjie-industrie as ‘n geheel. Een  gebruiker het gespot dat daar meer swart joernaliste is wat aan die industrie dekking gee as wat daar swartmense in die industrie self is.

Die speletjie bied net een opsie om te oorleef teen die swart zombies: Maak elke enkele een dood.

 
баня подлобановский александр дети

MSF onttrek personeel uit Darfoer

Die mediese welsynsorganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het Donderdag gesê dat hulle byna al hulle personeel uit die Darfoerstreek van Soedan gaan onttrek nadat 3 van hulle personeellede ontvoer is.

“MSF is in die proses om die laaste van hulle spanne uit Darfoer te onttrek,” het Christopher Stokes, die direkteurgeneraal van die groep se Belgiese tak, vir wie die 3 ontvoerde mense gewerk het, gesê

Hy het aan ‘n nuuskonferensie gesê dat “alle spanne van alle takke” sal padgee en net die personeel wat werk om die ontvoerde kollegas te bevry sal daar agterbly.

Ontvoerders hou ‘n Kanadese verpleegster, ‘n Italiaanse dokter en Franse administrateur gevange, nadat die 3 Woensdagaand uit hulle kantoor in noord Darfoer weggeneem is deur gewapende mans.

ыгри для дивчат кухняДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Kastrasiedebat raak warm in Europa

ImageOf kastrasie sal help om gewelddadige seksmisdadigers te rehabiliteer het weer onder die soeklig gekom. Die Raad van Europa se anti-folteringskomitee het verlede maand sjirurgiese kastrasie “ingrypend, onomkeerbaar en skendend” genoem het, en geëis het dat die Tsjeggiese Republiek die toepassing van die prosedure op gewelddadige seksoortreders moet staak. Ander kritici het gesê dat kastrasie die gemeenskap lei op ‘n gevaarlike pad na eugenetika.

Die Tsjeggiese Republiek het toegelaat dat 94 gevangenes sjirurgies gekastreer word oor die laaste dekade. Dit is die enigste land in Europa wat die prosedure gebruik op seksmisdadigers. Tsjeggiese psigiaters wat toesig gehou het oor die behandeling – ‘n uurlange operasie wat die verwydering van die weefsel wat testosteroon vervaardig behels – hou vol dat dit die beste metode is om die seksdrange onder beheer te hou in gevaarlike misdadigers.

Sjirurgiese kastrasie is reeds eeue lank ’n metode om maatskaplike beheer uit te oefen. In antieke Sjina is eunugs vertrou om die imperiale familie te dien in die paleisgronde; in Italië is jeugdige koorlede eeue gelede gekastreer om hulle hoë sangstemme te behou.

In moderne tyd word dit ook gebruik om testikulêrekanker en sommige gevorderde gevalle van prostaatkanker te behandel.

Meer lande in Europa oorweeg nou die chemiese kastrasie van gewelddadige seksoortreders. Daar is intense debat oor wie se regte nou voorkeur geniet: die van gewelddadige seksoortreders of die van die gemeenskap, wat beskerming verwag teen sulke oortreders.

Pole gaan na verwagting die eerste land wees wat aan regters die reg sal gee om chemiese kastrasie toe te pas op ten minste sommige veroordeelde pedofiele, deur die gebruik van hormoonmiddels wat die seksaptyt sal laat afneem; die beweegrede is die onlangse arrestasie van ‘n 45-jarige Poolse man, wat twee kinders gehad het by sy jong dogter.

Spanje oorweeg chemiese kastrasie nadat ‘n veroordeelde pedofiel ‘n kind vermoor het.

Ales Butala, ‘n Sloweense menseregteprokureur wat die Raad van Europa se delegasie na die Tsjeggiese Republiek gelei het, het geargumenteer dat sjirurgiese kastrasie oneties is, omdat dit medies nie nodig is nie en ook omdat dit indruis teen die man se reg om voort te plant. Hy het ook die effektiwiteit daarvan uitgedaag, en gesê die raad se komitee het drie gevalle van die Tsjeggiese Republiek se gekastreerde seksoortreders gevind wat voortgegaan het om geweldsmisdaad te pleeg, insluitend pedofilie en poging tot moord.

ниблер силиконовый купитьдепутат лобановский

Onwettige immigrante in VK is 80% meer as beskikbare syfer

‘n Studie van die Londense skool van Ekonomie het bevind dat daar ongeveer 725,000 buitelanders is wat onwettig in Brittanje woon.

Die syfer is 81% meer as die laaste skatting van 430,000 van die departement van binnelandse sake wat in 2005 openbaar gemaak is.

BBC se program Panorama het gisteraand  beweer dat teen die huidige spoed van deportasie, dit 34 jaar sal neem en sowat 8 miljard pond kos om die agterstand op te klaar van mense wat tans onwettig in die VK is.

Die departement van binnelandse sake het sy skatting van die skaal van onwettige immigrasie verdedig, en aangedring dat die 2005 syfer “net ‘n skatting was en nie behoort gesien te word as ‘n definitiewe syfer nie.”

‘n Woordvoerder het gesê: “Geen regering was nog ooit in staat om akkurate syfers te kan toon vir die hoeveelheid mense wat onwettig in die land is nie.”

“As gevolg van die aard van die saak is dit onmoontlik om dit akkuraat te plaas, en dit is hoe die geval bly.”

Die nuus het aanleiding gegee tot versoeke dat ‘n “amnestie” gegee word aan onwettige immigrasie, wat effektief die wat in die VK is sal toelaat om daar te bly.

Boris Johnson, die burgemeester van Londen, het gesê die beste manier om die agterstand te hanteer is om te sê dat almal wat onwettig daar is toegelaat moet word om te werk en uiteindelik volle burgerskap te verwerf.

Hy het gesê: “Indien mense hier gaan wees en ons chronies misluk om hulle uit te skop, is dit moreel reg dat hulle behoort by te dra met hulle belasting tot die res van die gemeenskap.”

Mnr. Johnson is tans op ‘n weg wat hom gaan laat bots met sy Konserwatiewe party, wat die plan teenstaan.

swarovski crystal bridalФильчаков прокурор харьков

Duitse tiener dood tien en beseer talle

‘n Sewentienjarige gewapende man wat in swart geklee was het ‘n skietery begin by sy voormalige hoërskool in suidwes Duitsland, en ten minste 10 mense doodgeskiet en ander gewond voordat hy gevlug het van die toneel af, het polisie gesê.

Streekswoordvoerder van die polisie, Klaus Hinderer, het gesê 9 studente is dood in die skool en die gewapende man het ‘n volwassene buite die geboue doodgeskiet voor hy ontsnap het.

“Hy het in die skool ingegaan met ‘n wapen en ‘n bloedbad veroorsaak,” het streekspolisiehoof Erwin Hetger gesê. “Ek het nog nooit so iets in my lewe gesien nie.”

Na die aanval het die verdagte gevlug van die Albertville hoërskool na die sentrale gedeelte van Winnenden, ‘n dorp van 28 000 mense, het Hinderer gesê. Polisie het inwoners gewaarsku om niemand in hulle kar op te laai nie terwyl hulle gesoek het na die verdagte, wat verlede jaar klaargemaak het by die skool.

Helikopters het die gebied gefynkam gedurende die soektog.

Getuies het gesê studente het by die vensters van die skoolgebou uitgespring nadat die man begin skiet het. Bekommerde ouers het vinnig op die skool toegesak, wat gedurende die insident ontruim is.

Die man het die skool om 09:30 ingegaan en wild en wakker begin skiet, het die polisie gesê. Duitsland se n-tv het berig dat die polisie gesê het die verdagte was aangetrek in ‘n swart gevegsuniform.

Omtrent 1000 kinders is in die skool, wat geleë is in ‘n buurt sowat 20 kilometer noordoos van Stuttgart.

Die skietery kan die ergste wees in Duitsland sedert 2002, toe die 19-jarige Robert Steinhauser 12 onderwysers, ‘n sekretaresse, 2 leerlinge en ‘n polisiebeampte geskiet het voor hy die wapen op homself gedraai het in die Gutenburg hoërskool in Erfurt.

Stenhauser het ‘n doktersnota vervals wat gelei het tot sy skorsing. Hy was ‘n lid van ‘n skietklub en was gelisensieer om wapens te besit. Die aanval het gelei daartoe dat Duitsland die ouderdom vir die besit van wapens vir ontspanning van verhoog het van 18 tot 21.

 
Die 17-jarige is intussen gedood. Volgens die polisie was dit selfmoord.

детектор лжи полиграфtopcargo отзывы