Die stryd teen malaria kan uiteindelik verander word deur geneties veranderde muskiete wat nie die siekte kan oordra nie vry te laat in malariagebiede.
Wetenskaplikes in Amerika het ‘n spesie muskiete geskep wat weerstandig is teen die malaria besmetting. Die vermoë om die besmetting te blokkeer maak dit moontlik dat dit die dominante muskietbevolking kan word indien dit in die natuur vrygelaat sou word.
Die bevindinge bied die sterkste tekens nog dat gemanipuleerde muskiete wat bestand is teen die parasiet, kan help om ‘n siekte onder beheer te bring wat jaarliks op tot 2,7 miljoen lewens eis, hoofsaaklik in Afrika. Malaria besmet tussen 300 en 500 miljoen mense elke jaar. Net MIV/Vigs veroorsaak meer sterftes.
Groot hoeveelhede van die geneties veranderde muskiete sal vrygelaat word in gebiede waar malaria algemeen is, waar hulle sal inteel met die wilde muskiete. Na verskeie geslagte behoort die weerstandigheid (teen malaria) te versprei deur die muskiet bevolking, sodat minder insekte malaria versprei.
Die benadering kan egter kontroversieel wees onder omgewingsgroepe omdat dit die oorneem van natuurlike insekte behels deur ‘n geneties veranderde variant.
Kritici argumenteer dat dit moeilik sal wees om die effekte van die bekendstelling van nuwe gene te bepaal.
Selfs die wetenskaplikes aanvaar dat verdere navorsing nodig is voor geneties veranderde insekte in die natuur vrygelaat kan word.

Sommige mense praat van ‘n revolusie begin oor die besluit van AIG om bonusse van $156 miljoen te betaal aan werknemers wat deels verantwoordelik was vir die versekeringsreus se ineenstorting – maar min gaan so ver as senator Charles Grassley, ‘n Republikein van Iowa, wat voorgestel het dat die maatskappy se uitvoerende beamptes behoort te “bedank of selfmoord moet gaan pleeg.”
Michelle Obama, Amerika se eerste dame, het gesê gemeenskapsdiens het president Barack Obama gehelp om te kom waar hy vandag is. Mev. Obama het met jong Amerikaners gepraat wat in Washington is om ‘n huis te bou vir ‘n gesin van Texas wat hulle huis in ‘n orkaan verloor het.
Of kastrasie sal help om gewelddadige seksmisdadigers te rehabiliteer het weer onder die soeklig gekom. Die Raad van Europa se anti-folteringskomitee het verlede maand sjirurgiese kastrasie “ingrypend, onomkeerbaar en skendend” genoem het, en geëis het dat die Tsjeggiese Republiek die toepassing van die prosedure op gewelddadige seksoortreders moet staak. Ander kritici het gesê dat kastrasie die gemeenskap lei op ‘n gevaarlike pad na eugenetika.