PRAAG verwelkom VN-ondersoek na Afrikanervolksmoord

Ná vele briewe en drie oorsese besoeke om die gewelddadige aanvalle op Afrikanerboere onder die internasionale gemeenskap se aandag te bring, verwelkom PRAAG die besoek van ‘n VN-afvaardiging binne enkele weke om die moontlikheid van volksmoord in Suid-Afrika te ondersoek.

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep het by monde van sy leier, dr. Dan Roodt, gesê: “Die aankondiging deur mnr. Castro Wesamba van die Verenigde Nasies dat ‘n ondersoekspan plaasmoorde en ander vorme van etniese geweld in ons land gaan ondersoek, toon dat die internasionale gemeenskap ons nie vergeet het nie. Maar dit was ook nodig vir PRAAG en die anonieme boer van Rustenburg om ‘n internasionale veldtog daaromheen te voer alvorens ons reaksie gekry het.”

Binne die konteks van die Malema-verhoor wat tans in die Johannesburgse Hoë Hof aan die gang is, is Suid-Afrika, volgens dr. Dan Roodt, “reeds midde-in wat die Verenigde Nasies in hul mees onlangse terminologie ‘n identiteitskonflik noem. Ons hou reeds geruime tyd vol dat die graad van geweld, verontmensliking, haatspraak en openlike aanhitsing tot etniese konflik en selfs volksmoord glad nie normaal is nie. Die Suid-Afrikaanse publiek en veral Afrikaners is egter gekondisioneer om hierdie ekstreme toestande as normaal te aanvaar en hulself op ‘n ad hoc- en individuele grondslag daarteen te probeer beskerm.”

PRAAG is van plan om sy kommunikasie met die VN, asook die Amerikaanse en ander buitelandse regerings in aanloop tot die VN-besoek te verskerp. “Ons voel dat daar ‘n nasionale en internasionale debat en besorgdheid oor die identiteitskonflik in Suid-Afrika behoort te wees. Ons blameer die Suid-Afrikaanse media en akademici dat die saak nie lankal met groter erns en insig benader is nie. Duisende moorde en tienduisende aanvalle op Afrikaners kon verhoed gewees het.”

Roodt meen ook “dat die verpligting van elke regering om sy burgers te beskerm, wat insgelyks ‘n beginsel van die volkereg is, nie in ons land toegepas word nie. Ons moet die reg op beskerming opeis. So nie, moet daar belastingtoegewings en befondsing vir meer private sekuriteit kom, indien die staat en die polisie nie sy verpligting nakom nie.”

casinosФильчаков Александр Васильевич

Dubbele standaarde

“Dit is absolute dubbele standaarde van die ANC om te wil besluit watter geskiedenis hulle wil behou en watter geskiedenis hulle nie pas nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê.

Dr. Mulder het gereageer op mnr. Mantashe se beswaar teen die konstitusionele hof se beslissing dat Robert McBride wel ‘n moordenaar genoem mag word, terwyl die ANC in die hof veg om die slagspreuk “Skiet die Boer” te behou.

“Die meerderheid Suid-Afrikaners wil vrede en harmonie in Suid-Afrika hê. Dit kan bereik word deur die geskiedenis nie weg te wens nie, maar verstandig te hanteer. Om in die hof “Skiet die Boer” te probeer regverdig in die huidige plaasmoorde-tyd en dit dan voor die hof te sing, getuig van ‘n onsensitiwiteit en ‘n arrogansie van die ANC wat nie harmonie en vrede bevorder nie. Terselfdertyd eis die ANC dat mnr. Robert McBride nie ‘n moordenaar genoem mag word nie. Dit is dubbele standaarde. Suid-Afrika kort tans ‘n Mandela-atmosfeer en nie ‘n Malema-atmosfeer in die land nie,” het dr. Mulder gesê.

Mnr. McBride was verantwoordelik vir die dood van persone met sy Magoo’s Bar-bom en is aan moord skuldig bevind. Amnestie het nie hierdie feite verander nie en mnr. Mantashe se uitsprake kan dit ook nie doen nie al het hy amnestie gekry.

Toekomstige goeie verhoudinge in Suid-Afrika sal bepaal word deur die verstandige wyse waarmee ons met die geskiedenis omgaan. Dubbele standaarde en eensydige propaganda-sienings van die geskiedenis mag goed wees vir stemme werf en om mense te mobiliseer, maar maak geen bydrae tot vreedsame naasbestaan in ‘n diverse land soos Suid-Afrika nie.

справкипрокурор Фильчаков

Doodsdreigemente teen GPF in Valhalla

Die CDP is bekommerd dat die arrestasie van mnr. Johan van der Schyff van die Valhalla Gemeenskapspolisiëringsforum en dreigemente om ander lede van die forum te arresteer besig is om in ‘n heksejag te ontaard, aldus mnr. Richard Botha, raadslid van die Christen-Demokratiese Party (CDP) in die Tshwane Metroraad.

“Die afgelope Sondagaand het ‘n voorval plaasgevind waartydens verskeie werklose skollies ‘n maker in die oproepsentrum van die GPF in Valhalla ingedra het. Hulle het beweer dat hy deur lede van die plaaslike GPF aangerand is. Die persoon aan diens het dadelik die polisie en ‘n ambulans ontbied, maar aangesien die skollies ook oproerig en dreigend was, het hy GPF-lede wat op patrollie was, per radio ontbied. Mnr. Johan van der Schyff het dadelik gereageer, maar met sy aankoms by die oproepsentraum het die skollies hom dadelik as die persoon uitgewys wat hul makker sou aangerand het. Hulle het ook met hul selfoon ‘n foto van hom en sy voertuig geneem.

“Die beseerde is ondertussen na die Kalofong-hospitaal geneem, met ernstige beserings soos ‘n versplinterde been, gebreekte vingers en ‘n diep sny. Hy is daar oorlede. Mediese personeel het na bewering aangedui dat die beserings strook met ‘n tref- en trapvoorval.

“Op sterkte van die skollies se bewerings, het die polisie na Van der Schyff se huis gegaan, en hom gearresteer al was daar geen prima facie getuienis nie. Hulle het ook nie die voertuig geneem om DNA of ander forensiese toetse op te doen nie. Gegrond op die polisieverslag is Van der Schyff borgtog geweier toe hy in die hof verskyn het.

“Die polisie het sedertdien 12 lede van die GPF gebel en aangesê om polisiestasie toe te kom om verklarings af te lê. Hulle is na bewering meegedeel dat hulle gearresteer sou word wanneer hulle by die polisiestasie opdaag.

“Op regsadvies het hulle besluit om nie polisiestasie toe te gaan om die verklarings af te lê nie. Die ondersoekbeampte, AO Warren Mgong het hierna elke lid individueel begin bel en meegedeel dat hul versuim om op te daag, neerkom op skuldig wees deur assosiasie aan die aanranding, en dat hulle gearresteer gaan word. Die CDP is bekommerd dat hierdie in ‘n heksejag ontwikkel en dat sekere stappe gedoen word voor die oorsaak van sterfte nog bepaal is. Die CDP is van plan om die saak met die Openbare Beskermer op te neem.”

slot games with bonusлобановский александр игоревич харьков

Hoop vir Wendyhuisbewoners

Hoop het vir Wendyhuise inwoners van die Wesmoot opgevlam nadat vyf regters in die Appélhof oor ‘n soortgelyke saak waarin die Johannesburg-metroraad betrokke is, in die guns van die inwoners beslis het.

 

Die Streekleier van die Vryheidsfront Plus in Pretoria, mnr Philip van Staden, het op die uitspraak vroeër die week in die Appélhof gereageer deur te sê dat die Tshwane-metroraad hiervan kennis moet neem en die saak eerder teen Magda Stroebel moet laat vaar. Die Appélhof het beslis dat die Johannesburg-metroraad se besluit om inwoners op straat te laat sit onbuigsaam en irrasioneel is. Van Staden het die Tshwane-metroraad gewaarsku dat die saak teen die Wesmoot Wendyhuise inwoners dieselfde pad kan loop aangesien die grondwet dit baie duidelik stel dat die metroraad verplig is om aan hierdie inwoners alternatiewe behuising te verskaf. Van Staden het ook gesê dat die Tshwane-metroraad veronderstel is om ‘n noodbehuisingsplan in werking te hê om huislose inwoners te kan akkommodeer.

Van Staden het gewaarsku dat die dae dat die metroraad op arm inwoners getrap het, verby is en dat daar eerder gekyk moet word hoe om inwoners te help as om hulle hof toe te sleep en kosbare belastinggeld te vermors.

Die Wendyhuise-saak van die Wesmoot kom weer voor op 7 Junie 2011.

поверхностный вихревойФільчаков прокурор

Doodsklok vir Afrikaans by UNISA

Die VF Plus het met skok verneem dat die Departement van Kommunikasiewetenskappe aan UNISA van plan is om ‘n voorstel by die universiteit se Senaat in te dien om alle kursusse van hierdie departement vanaf 2012 in slegs Engels aan te bied.  Na wat verneem word gaan hierdie aangeleentheid tydens ‘n vergadering van die taalkomitee van die Senaat op 4 April 2011 bespreek word.  UNISA se taalbeleid maak tans voorsiening vir Afrikaans en Engels as onderrigmedium.

“Indien die betrokke departement daarmee slaag om Afrikaans as onderrigmedium uit sy departement te verwyder, baan dit die weg vir totale verwydering van Afrikaans aan UNISA.  Dit is onaanvaarbaar dat daar teen Afrikaanse studente gediskrimineer word.  Hierdie studente onderneem hul kursusse weens bepaalde redes deur korrespondensie-onderrig aan UNISA en het geen alternatiewe universiteit nie,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Die VF Plus sal dringende gesprekke met UNISA se bestuur rakende hierdie kwessie belê en sal nie skroom om die minister vir Hoër Onderwys te nader vir ingryping nie.

Die departement van Hoër Onderwys behoort die staatsfinansieringsmodel van universiteite aan te pas sodat ‘n tekort aan fondse nie tot die afskeep van meertaligheid aan tersiêre instellings lei nie.

“Die Afrikaanse studente aan die Departement van Kommunikasiewetenskappe is ‘n minderheidsgroep en het in gevolge artikel 29(2) van die Grondwet die reg om onderrig in Afrikaans te ontvang aangesien dit redelikerwys doenlik is.  Afrikaans se hoër funksies moet beskerm word.  Daar mag nie toegelaat word dat slegs Engels se status aandag geniet en dit ten koste van die ander amptelike tale van Suid-Afrika nie,” het Wessels gesê.

online pokerлобановский александр харьков

TAS wil Afrikaans by Tuks bevorder

Die VF+TAS het Dinsdagoggend, 15 Maart, ‘n Hoërskool in Pretoria Tuine besoek om met voornemende studente te gesels oor die belangrikheid van moedertaalonderrig op tersiêre vlak.

Hierdie aksie was baie positief ontvang deur beide personeel en leerlinge. Hulle het gevoel dat sulke inisiatiewe meer gereeld moet plaasvind om aan die jeug die voordele van moedertaalonderrig op tersiêre vlak te laat besef.

VF+TAS het ook gesels oor die stand van Afrikaans as onderrigtaal op Tuks. Me. Nadine Greyling, van Tuks Afrikaanse Studente (TAS), is van mening dat dit van kardinale belang is dat Afrikaans op Tuks nie net behou moet word nie, maar weer uitgebrei moet word na al die kursusse wat aangebied word by UP. Die behoud van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit is ook volgens haar van uiterste belang vir die moontlike ontwikkeling van ander amptelike tale as onderrigtale by UP. “Indien Afrikaans as onderrigtaal sou agteruitgaan en afneem staan ons die gevaar dat slegs een taal gebruik sal word as onderrigtaal en dit sal die ontwikkeling van ander tale feitlik onmoontlik maak. Indien Afrikaans behou en uitgebrei kan word sal dit die meertaligheid van die universiteit bevorder en ook die weg baan vir die moontlike ontwikkeling van ander amptelike tale as tersiêre onderrigtale,” het Greyling aangevoer.

“VF+TAS voel Tuks kan homself in ‘n klas van sy eie plaas as universiteit indien hy bereid is om leiding te neem onder die Suid-Afrikaanse universiteite en ‘n Afrikataal, soos byvoorbeeld Sepedi, ook as onderrigtaal kan ontwikkel. Hulle sal egter eers die veiligheid van Afrikaans moet verseker. Afrikaans is tog die oorspronklike taal van die universiteit sedert sy ontstaan. Tuks moet onthou dat dit heel waarskynlik nie die instansie sou wees wat dit vandag is as dit nie vir Afrikaans as onderrigtaal was nie. Hy moet sy oorspronklike taal eer en beskerm – dit is deel van sy trotse geskiedenis,” het Greyling bygevoeg.

интернет магазин летней одежды для девочекФильчаков прокурор отзывы

SASCO benadeel Tuksstudente

Die VF Plus op Tuks is van mening dat die optrede van SASCO in die studente-parlement tot nadeel van studente strek. Die studente-parlement se termyn het reeds in Oktober 2010 begin maar SASCO het nog steeds nie portefeulje komitees vir die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) aangewys nie. Hierdie proses moes reeds verlede jaar afgehandel gewees het.

Hierdie is een van die hooffunksies wat deur die Studentegrondwet aan die parlement opgelê word. Volgens mnr. Helgard Cronje, woordvoerder van die VF Plus op Tuks, is SASCO lede se optrede in die parlement ‘n direkte oorsaak van die probleem. Hulle tekort aan respek vir die Speaker, vergaderingreëls en -prosedures en hulle aaneenlopende geredekawel oor sake waaroor hulle nie voldoende ingelig is nie, lei tot ernstige vertragings.

Hierdie portefeuljekomitees is baie belangrik vir die VSR ten einde sy funksies suksesvol te kan verrig. Sekere portefeuljes soos die “Internal and External Enterprises” portefeulje is veronderstel om uit die aangewese VSR lid en ‘n kommissie van ondersoek te bestaan. Die doel van hierdie portefeulje is om die kospryse van die winkels op kampus, waar dagstudente hoofsaaklik kos koop, te ondersoek. Dit is bekend onder die studente dat sekere produkte buitensporig duur is in vergelyking met ander winkels buite kampus. Na die ondersoek moet die portefeulje aksie neem en voorstelle maak vir goedkoper alternatiewe. Dit kan egter nie gebeur nie want die parlement kon nog nie daarin slaag om ‘n kommissie van ondersoek saam te stel nie. Dit benadeel studente omdat goedkoper alternatiewe hierdeur nie vir hulle beskikbaar is nie. Indien die vertragings voortduur in die studente-parlement, sal hierdie take nie afgehandel kan word voor die verstryking van die huidige VSR se termyn nie.

SASCO is ook volgens mnr Cronjé besig om die ANC se nasionale beleid op studente af te dwing. SASCO maak die absurde eis dat die kampuskoerant, DIE PERDEBY, aan ‘n ombudsman of iets soortgelyk moet rapporteer. “Hoe kan dit tot die voordeel van studente wees as net gesensorde nuus gevoer word?” vra Cronjé.

‘n Lid van SASCO het ook in ‘n sitting verlede jaar ‘n parlementslid gedreig nadat sy nie met hom saamgestem het nie. Hy het vir haar gesê sy “moet haar mond hou” en dat hy na die sitting buite die lokaal “verder met haar sal afreken”. SASCO-lede het ook die Studente-dekaan by verskeie geleenthede in die studente-parlement uitgejou. Dit was uiters laakbare optrede en tekenend van SASCO se destruktiewe disrespek teenoor enige vorm van gesag of struktuur.

SASCO het volgens die VF Plus op Tuks nie die vaagste benul waarvoor hulle eintlik op die studente-parlement is nie. Hulle optrede maak dit duidelik dat hulle nie daar is in die beste belang van die studente nie.

Die VF Plus, of soos beter bekend op Tuks, JOU PA, sê hy sal aanhou baklei vir die studente en altyd hulle belange op die hart dra!

болезнь десен названиелобановский политик

Carel Boshoff is ‘n held

Carel Boshoff is ‘n held. Dit is hy wat woord by daad gevoeg het en vir die Afrikaner ‘n eie stukkie aarde in Afrika uitgekerf het. Hier op Orania het hy ‘n stuk etiek tot die beleid van afsonderlike vryhede toegevoeg. In die dae van sy skoonvader, dr. Hendrik Verwoerd, is die verskillende etniese groeperinge die kans gegun om in die wye Suid-Afrika eie hartlande te ontwikkel. Die kans is van die hand gewys en aanspraak is op die hele Suid-Afrika gemaak.
Te midde van die aanslag van swart imperialisme op die Afrikaner-identiteit bewys Carel Boshoff dat die beleid moreel regverdig was en voeg hy die daad by die woord om ‘n hartland, ‘n heimat, vir die Afrikaner as’t ware uit niks te skep.

Carel Boshoff se stoflike oorskot gaan in die rooigrond van Orania rus en die ontbinding van sy vlees sal die aarde voed en so ruimte vir ander Afrikaners skep om daarheen te verhuis – om daar ‘n tuiste te maak.

Soet is die stryd vir die stryder – al moet hy alles verloor, maar hy wat sy deelname weier, is ‘n man wat sy nasie vermoor.

Oom Carel, jou meriete lê daarin dat jy voorgeloop het en omring van ‘n ideaal gesterf.

Dr. Christo Landman is voorsitter van die Afrikaner Alliansie

gold wedding necklaceФильчаков прокурор харьков

Orania-stigter sterf

Prof. Carel Boshoff, die stigter van Orania, het Woensdag by sy huis gesterf.

“Ons geliefde prof. Boshoff het vanoggend vreedsaam by sy huis gesterf,” het die Orania-beweging in ‘n verklaring bekend gemaak.

Die SABC het Woensdag berig dat Boshoff (83) kanker gehad het.

купить тамбов стенды развал-схождения hunterДанильченко Юрий Брониславович компромат

praagTV – Piet Leroux oor Afrikaans, Stellenbosch en anargisme

praagTV voer ‘n onderhoud met die voormalige Stellenbosse studenteleier Piet Leroux oor Afrikaans, die politieke bewussyn op die kampus, drankmisbruik, die Afrikaner se toekoms en anargisme as politieke filosofie.

майнкрафт конструкторФильчаков Александр Васильевич