Volgende 5 jaar maak of breek vir landbou

“As die huidige onsekerhede in die landbou nie binne die volgende vyf jaar opgelos word nie, gaan daar waarskynlik nie oor 100 jaar weer ‘n herdenking van die stigting van die Afrikanerbeestelergenootskap wees nie, vanwee die verlies van kundigheid,” het dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Vissery gesê.

Dr. Mulder het as spreker opgetree by ‘n glansdinee in Thabazimbi waar die honderdste bestaansjaar van die Afrikanerbeestelergenootskap gevier is. In Junie 1912, te midde van die onsekerhede na die Anglo-Boereoorlog, het ‘n aantal beestelers bymekaargekom en die Afrikanerbeestelers-genootskap gestig.

“Die grootste probleem tans in die landbou is onsekerheid oor grond en onsekerheid oor verdere regeringsinmenging in die landbou,” het Mulder gesê.

Hierdie onsekerheid word veral veroorsaak deur onverantwoordelike propaganda stellings wat vir kort termyn politieke gewin gemaak word sonder om die effek daarvan op landbou in ag te neem.

Al wat nodig is om hierdie onsekerhede uit die weg te ruim, is die politieke wil om die regte besluite oor grondhervorming te neem en minder staatsinmenging in die landbou.

Enige politieke leier wat vandag oor grondhervorming praat en nie terselfdertyd ook oor die invloed daarvan op voedselsekerheid praat nie, weet nie waarvan hy praat nie, volgens Mulder.

Veertig persent van alle beeste in Suid-Afrika behoort aan kommunale en klein boere. Die probleem is dat hierdie boere slegs 5% bydrae tot die vleisproduksie in die land. As hierdie persentasie vermeerder kan word, kan dit ‘n groot bydrae maak om armoede in hierdie plattelandse gebiede aan te spreek, het dr. Mulder gesê.

Dr. Mulder het die Afrikanerbeestelers geprys vir hulle bydrae oor honderd jaar om voedsel, melk en vervoer aan die bevolking te voorsien. Die feit dat hierdie beesras op monumente pryk, deur digters vereer is en in volksliede besing word, bevestig die belangrike rol wat dit oor honderd jaar gespeel het.

Фільчаков прокурор

Genocide Watch besoek SA

Dr Gregory Stanton, Professor vir Navorsing van Volksmoordstudies en –Voorkoming by die Skool vir Konflikanalise en Beslegting verbonde aan die hoogaangeskrewe George Mason Universiteit in Arlington, Virginia, besoek die RSA as gas van TLU SA oor die periode 23 – 26 Julie 2012. Dr Stanton is ook bekend as President van Genocide Watch.

“TLU SA sal trag om sy eie insigte ten opsigte van geweldsmisdade op plase en die onbenydenswaardige posisie waarin talle plaasbewoners hulself bevind, op te weeg teen die kennis en studies wat Dr Stanton versamel het. Hy word as sulks internasionaal erken en sy kommer oor die situasie in die RSA verg bespreking en oorweging”, aldus Mnr Louis Meintjes, President van TLU SA.

Benewens persoonlike gesprekke met etlike leiersfigure, sal Dr Stanton ook eerstehands die geleentheid hê om met boere gesprek te voer tydens ‘n vergadering van ‘n distrikslandbou-unie terwyl hy ook die gas van die FW de Klerk Stigting gaan wees tydens ‘n daglange konferensie wat “Nasionale Beleid op die Kruispad” as onderwerp het.

‘n Mediakonferensie, waartydens Dr Stanton sy indrukke en gevolgtrekkings sal opsom, vind Donderdag 26 Julie 2012 om 11h00 by TLU SA se hoofkantoor in Silverton plaas en die media is welkom om dit by te woon.

Фильчаков прокурор харьков

DA verwerp hul eie erfenis

Die DA is duidelik tot hulle sinne geruk deur die kiesers van Kaapstad se weerstand en afkeur van hulle polities gemotiveerde naamsverandering-eskapades. Die Vryheidsfront het van die begin af ‘n duidelike voorstel propageer: Voeg by maar moenie wegneem nie!

Daar is genoeg neutrale name vir belangrike roetes in Kaapstad om diegene wat in die verlede oorgesien is vir vernoeming te akkommodeer sonder om die geskiedenis oor te skryf deur bestaande straatname links en regs te verander. Dit help nie jy praat van versoening deur een groep te akkommodeer en ander die harnas in te jaag nie, sê André Fourie, VF Plus-raadslid in Kaapstad se metroraad.

In aanbevelings deur die Naamgewingskomitee word straatname soos Andries Pretorius, Jip de Jager, Willie van Schoor, DF Malan, Jan Smuts en Nico Malan behou, maar Hendrik Verwoerd en Coen Steytler bly in die slag. Waarom Coen Steytler in die slag moet bly, is onverstaanbaar.

Coen Steytler was nie ‘n politikus nie en was nie omstrede nie – inteendeel, hy was Voorsitter van die Komitee vir die Herwinning van die Seegrond wat vandag as die Waterfront en Heerengracht bekend staan. ‘n Monument van diens aan Kaapstad is vir hom opgerig, maar hy word gestraf en gebrandmerk in terme van DA-beleid as kontroversieel, aanstootlik, onsensitief en skadelik. ‘n Klap in die gesig van nie net Coen Steytler se nalatenskap nie, maar ‘n vernedering vir die hele Steytler-familie wat hartstogtelik gepleit het vir die behoud van sy naam.

Een van Coen Steytler se familielede was ironies genoeg dr. Jannie Steytler, stigterslid en eerste leier van die Progressiewe Party saam met Helen Suzman in 1959.

Die Vryheidsfront doen ‘n beroep op die DA-beheerde stadsraad om ander hoofroetes na Walter Sisulu te vernoem.

Buiten Verwoerd is daar nog ander kontroversiële politieke persoonlikhede – Adriaan van der Stel, Cecil John Rhodes, Milner, Kitchener ens. Die VF Plus se standpunt is dat die geskiedenis nie eensydig oorgeskryf moet word nie. Ons verlede is deurdrenk van storm-en-drang en van diversiteit – kom ons respekteer dit,” het mnr. Fourie, VF Plus-raadslid, gesê.

Данильченко Харьков

Statebond ondersoek SA menseregteskendings ná klag deur PRAAG

Ná ‘n klag deur PRAAG, ‘n Afrikaanse nie-regeringsorganisasie, is die Statebond besig om menseregteskendings te ondersoek wat tans in Suid-Afrika teen Afrikaners, buitelanders en ander minderhede gepleeg word.

Luidens ‘n reaksie van die kantoor van die Statebond-sekretaris-generaal, is PRAAG se klag na die Menseregte-eenheid vir verdere ondersoek verwys.

Sluit aan by PRAAG

Dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, het sy tevredenheid uitgespreek dat die Statebond binne twee tot drie weke gereageer het vanaf die datum toe die klag ingedien is. “Tot op hede, het ons gevind dat internasionale organisasies soos die VN en die internasionale strafhof traag is om op Suid-Afrika se toenemende menseregtekrisis te reageer. Ons het rede om te hoop dat die Statebond en Koningin Elizabeth II ons kwessies so gou as moontlik sal aanspreek.”

Suid-Afrika is ‘n stigterslid van die Statebond, wat 54 Engelssprekende lande regoor die wêreld byeenbring. As lid van die Statebond is die land verplig om internasionale menseregtestandaarde te eerbiedig, asook die Statebond se eie Bevestiging van Statebondwaardes en -beginsels wat in 2009 aangeneem is.

In sy brief aan die Statebond, het PRAAG die volgende geopper: die vervolging, diskriminasie en buite-geregtelike moorde wat op Statebond-onderdane soos Malawiërs, Mosambiekers en Zimbabwiërs gepleeg word. Maar wat Afrikaners betref, meen PRAAG dat daar ‘n “sistemiese skending van menseregte” plaasvind, waaronder “rassediskriminasie in die werkplek, by opvoeding en toegang tot kapitaal; taal- en kulturele diskriminasie; moorde, buite-geregtelike teregstellings en etniese vervolging; die verkragting van Afrikanervroue en – meisies; verdrywing vanaf tradisionele Afrikanergrondgebied en -plase; asook die gedwonge oordrag van kinders vanaf die Afrikanergroep na die Suid-Afrikaanse groep deur verengelsing, indoktrinasie en assimilasie”.

PRAAG is ook bekommerd oor “inmenging in tradisionele Afrikanerskole en opvoedingspraktyk waardeur sulke instellings afgebou word en die oordrag van die Afrikaanse taal, kultuur en identiteit aan die volgende geslag verhoed word, vandalisme wat teen die Afrikanererfenis, -museums, -letterkunde, -kuns en geskiedkundige terreine gepleeg word deur verwaarlosing, gebrek aan befondsing of opsetlike vernietiging, asook naamsveranderings van dorpe, strate en plekke ten einde die Afrikanererfenis en historiese teenwoordigheid in Suid-Afrika uit te wis”.

Die Statebond het voorheen stappe teen Suid-Afrika geneem toe daar in 1986 sanksies teen die land ingestel is, op aanbeveling van Biskop Trevor Huddleston van die Anglikaanse Kerk. Statebond-sanksies het uiteindelik tot bewindsverandering, of sogenaamde “regime change”, in Suid-Afrika gelei.

Die Statebond het ook in 2002 vir Zimbabwe weens sy menseregteskendings geskors, waarna die land in 2003 vanuit die Statebond onttrek het.

Sluit aan by PRAAG

Данильченко Харьков

Groot Afrikanerwetenskaplike vereer

Een van die mees vooraanstaande Afrikanerwetenskaplikes het as kind nog ossewa gery en  onder ‘n boom skoolgegaan in klein plaasskooltjies.

Prof. Jan van der Merwe (90) is Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Fisika-instituut (SAIP) vir sy lewenswerk vereer.

Hy het as kind saam met sy ouers in ‘n ossewa van Angola tot in Suidwes-Afrika getrek en moes gedurende die reis lank onder bome skoolgaan. Sy ouers het dit nie breed gehad nie.

Prof. van der Merwe is op ‘n spesiale geleentheid by die Voortrekkermonument vereer vir sy baanbrekerswerk in epitaksie. Epitaksie is ‘n proses waar ander stowwe soos nie-geleiers met dun lagies metaal bedek word.

Van der Merwe se navorsing het die grondslag gelê vir mikro-stroombane, wat uiteindelik rekenaars moontlik gemaak het.

Hy het by die Universiteit van Stellenbosch studeer en het later ‘n beurs gekry om in Bristol in Engeland verder te leer. Dit is waar hy in epitaksie begin belangstel het.

Фильчаков прокурор отзывы

Oerknal was ‘n Aprilgek-grap

Die oerknal was niks meer as ‘n Aprilgek-grap nie. So sê een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde wetenskaplikes, professor Jan Boeyens wat onder meer dekaan by Wits se Fakulteit Wetenskap was en tans by Tukkies se Departement Fisika betrokke is. Boeyens is al met verskeie toekennings vereer onder meer die Alexander von Humboldt-prys vir teoretiese chemie, die Suid-Afrikaanse Akademie se Havenga-prys en die Chemiese Instituut se goue medalje. Anita Visser praat met hom oor sy omstrede alternatiewe siening.

Hier volg dele uit die RSG onderhoud:

Jan Boeyens: Die oerknal het begin in 1948 by George Gamow (Russiese fisikus). Een van sy kollegas met die naam (Ralph) Alpher was betrokke by ‘n studie van die chemiese elemente in die kosmos en die twee saam het besluit dat hulle iets hieroor moet skryf. Toe praat hulle met ‘n ander kollega, wat niks met die saak te doen het nie, met die naam Bethe, en toe skryf hulle ‘n artikel onder Alpher, Bethe en Gamow. Dit word gepubliseer in een van die mees vooraanstaande chemiese joernale in die wêreld, die Physical Review, en hulle reël dat dit gebeur op 1 April 1948. Die inhoud van die artikel het hulle geleen van Edgar Allan Poe wat in 1848 ‘n storie geskryf het onder die naam van Eureka waarin hy spekuleer oor die ontstaan van die heelal – dat dit begin het met ‘n ontploffing uit ‘n enkele punt wat al die materie van die heelal bevat het. Vandag word dit aanvaar as die standaard model vir moderne kosmologie.1

Soos dit aanvanklik voorgestel is, kon dit natuurlik fisies glad nie werk nie, want as al die massa van die heelal in een punt saamgetrek word, moet daar ‘n oneindige saamtrekkings- of gravitasiekrag wees en is daarom onmoontlik vir die ding om uitmekaar te spat. Edgar Allan Poe het geweet dat dit onmoontlik was en het gesê dat dit gebeur het deur die wil van God. Alpher, Bethe en Gamow kon dít nie sê nie, omdat dit nie wetenskaplik sou wees nie2. In die plek daarvan kom hulle met die idee van inflasie. Dit is kwansuis ‘n krag wat gravitasie teenwerk. Dit het hulle van Einstein geleen wat dit gebruik het om te sê dat die heelal stabiel sal wees…

Uiteindelik het die Pous in Rome ook hierdie idee goedgekeur. Van daar is dit beskou as wetenskap…

Bo en behalwe hierdie een probleem van die swaartekrag, is daar hope ander probleme wat hierdie hele sogenaamde teorie totaal en al onaanvaarbaar maak. ‘n Gedeelte hiervan is wat hulle ondersoek het in CERN [met die Large Hadron Collider (LHC)3], waar daar ‘n sogenaamde finale bewys gevind is dat die oerknal wel plaasgevind het. Dit het etlike kere gebeur in die verlede dat gesê is dat die finale bewyse gevind is dat die oerknal gebeur het…

Anita Visser: En wat jy basies sê, professor, is dat dit onwaar is.

Boeyens: O natuurlik! Daar is nooit so iets soos ‘n oerknal gewees nie. Daar is geen bewyse daarvoor nie en geen rede dat daar ooit so iets moes wees nie.

Visser: Hoeveel kollegas dink soos jy?

Boeyens: Ag, ek sou sê derduisende kollegas dink soos ek. Die eerste een is Fred Hoyle wat begin het met die term “big bang”, wat hy ook as ‘n grap bedoel het. En ook John Maddox, die hoofredakteur van die tydskrif Nature wat in 1989 geskryf het “Down with the Big Bang” [Maddox is ‘n ateïs].

Visser: En wat interessant is, is dat daar ook ander mense is wat dit sterk betwyfel, maar dit nie in die openbaar sê nie.

Boeyens: Dit is baie gevaarlik vir ‘n wetenskaplike om dit te sê. Kyk, ek is afgetree – ek kan dit sê, maar mense wat nog aangewese is om hulle navorsing befonds te kry moet versigtig wees wat hulle sê. Ek dink ek moet jou net een voorbeeld noem van ‘n wêreldberoemde astrofisikus en astronoom met die naam van Halton Arp4 in Munchen in Duitsland. Hy was so bekend dat selfs een van die sterrestelsels na hom vernoem is en sedert hy homself uitgelaat het teen die oerknalteorie, is hy alle toegang tot alle teleskope dwars oor die wêreld ontsê5.

Luister gerus na die volledige onderhoud self.

topcargo отзывы сотрудников

Minderhede se probleme moet buitelandse aandag geniet, sê Mulder

“Dit is belangrik dat die probleme wat minderhede in Suid-Afrika ondervind nou reeds in die buiteland bekend gestel word al irriteer dit tans die ANC. Dit is ‘n versekeringspolis vir die toekoms,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus leier, na ‘n besoek aan België gesê.

Dr. Mulder het in België onder andere onderhoude gevoer met Piet de Bruyn, Belgiese senator en Karel Uyttersprot, lid van die Belgiese Federale Parlement.

“Die wêreld moet op hoogte gehou word van die positiewe en negatiewe gebeure in Suid-Afrika. Dit is deel van die internasionalisering van Suid-Afrika se situasie. As daar ‘n krisis in Suid-Afrika sou kom, moet die internasionale wêreld ingelig wees ten einde die nodige besluite betyds te kan neem. Dit is te laat om tydens ‘n krisis eers te begin met ‘n buitelandse inligtingspoging,” volgens Mulder.

Positiewe verwikkelinge soos die nuwe taalwet in Suid-Afrika asook die toename van korrupsie, misdaad en die negatiewe ekonomiese gevolge van regstellende aksie is tydens die gesprekke bespreek. Moontlike opvolgaksies is ook met die Parlementslede bespreek

“In Brussel het alle strate twee name ten einde die Frans- en Vlaamssprekende dele van die bevolking te akkommodeer. Die Belge het meer begrip vir die probleme in Suid-Afrika vanweë hulle eie taal- en kultuurverskille,” het Mulder gesê.

Dr. Mulder het ook die veertiende vergadering van die UNPO presidensie in Brussel bygewoon. By die vergadering het hy die aanwesiges ingelig oor die algemene politieke toestand in Suid-Afrika, oor die huidige posisie van Afrikaans asook oor geweld en plaasmoorde.

Dr. Mulder is in 2009 tydens ‘n kongres in Rome tot lid van UNPO se dagbestuur verkies. Die huidige UNPO president, Ngawang Choephel, is van Tibet. UNPO is ‘n internasionale organisasie wat optree in belang van minderhede regoor die wêreld. UNPO het tans ongeveer 50 lede wat meer as 200 miljoen mense van regoor die wêreld verteenwoordig. (Vir meer info oor UNPO kyk http://www.unpo.org)

топкарго отзыв

Afriforum sê ras is geen motief in plaasaanvalle nie

Die onlangse moord op die swart plaaswerker, Frans Modisa, ‘n 52-jarige van Ventersdorp, is ‘n rede waarom plaasmoorde tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word, sê Afriforum. Dié organisasie het pres. Zuma se stelling dat plaasmoorde nie rasgedrewe is nie, ondersteun.

AfriForum het ‘n beroep op die staatspresident en die minister van polisie gedoen om plaasmoorde soos renosterstropery te prioritiseer.

AfriForum het die moord op die swart Modisa betreur en president Jacob Zuma se kommentaar aan Volksblad beaam dat dit nie net wit boere is wat op plase vermoor word nie.

Roets het bygevoeg dat AfriForum Modisa se moord sal voeg by sy lys van plaasaanvalle wat sedert 1990 in Suid-Afrika plaasgevind het en dat dit as ‘n verdere motivering gebruik sal word waarom plaasmoorde tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar en spesialiseenhede vir landelike veiligheid ingestel moet word. Kraal Uitgewers het ook bevestig dat Modisa se moord in die volgende uitgawe van die boek Treurgrond, wat in Augustus verskyn, opgeteken sal wees.

Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het nadat hy Zuma se stelling beaam het oor die afwesigheid van ras as ‘n motief vir moord, gesê dat indien plaasmoorde as deel van die breër moordstatistiek beskou word, dit “nie gewig sal dra nie”.

Лобановский Харьков

Rapport berig oor wrede wit boer

‘n Boer van Carletonville en twee van sy vriende word daarvan beskuldig dat hulle ‘n plaaswerker oor ‘n periode van drie dae aangerand het, het Rapport Sondag berig.

Die Carletonville-landdroshof het Vrydag die saak van Jacques Gouws en sy medebeskuldigdes, Willem Meyer en Susan Janse van Rensburg, tot 20 Julie uitgestel.

Die drie is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk. Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding en ontvoering.

Puseletso Sibeko, 26, ‘n voormalige werknemer van Gouws, beweer die aanranding het op 1 Junie begin, toe Gouws hom gekonfronteer het oor harde musiek en geraas by die werkers se wonings op sy plaas.

Luidens Sibeko se verklaring het Gouws hom beledig, gedreig om hom te vermoor, en hom in die gesig geslaan met ‘n vuurwapen. Gouws het Sibeko die volgende dag glo met die vuis bygedam omdat hy weggebly het van die werk, en het hom toe in sy regtergewrig geskiet toe hy probeer het om weg te hardloop.

Gouws en Meyer het hom daarna na bewering vasgebind en ‘n lap in sy mond gedruk, waarna hy glo met elektriese skokke gemartel is. Die beweerde aanranding het glo tot 3 Junie voortgeduur.

данильченко юрій Харків

Boervrou sterf na plaasaanval

Gloudien van Rensburg is Donderdagnag in die Limpopo Medi-Clinic, in Polokwane, oorlede ná ‘n wrede plaasaanval.

Gloudien van Rensburg (62), wat ‘n parapleeg was ná die aanval op 20 Junie, is deur swart aanvallers in die rug geskiet. Sy is in die Limpopo Medi-Clinic, in Polokwane, behandel.

Haar man, wat langs haar in die bed was, is doodgeskiet in dieselfde aanval.

Vroeër vandeesweek het haar toestand versleg nadat sy ‘n beroerte gehad het, berig Beeld.

Haar kinders is Donderdag na die hospitaal ontbied om hulle op die ergste voor te berei.

Die vier swart plaasaanvallers is reeds in hegtenis geneem vir die aanval. Alle plaasaanvalle tot dusver was deur swartes op wit boere gemik. Pres. Zuma het gister verklaar dat plaasaanvalle nie rasgedrewe is nie.

 

Фільчаков Олександр Васильович