Hulle verwag ook verdere verhogings oor die volgende twee tot drie maande wat die pompprys van petrol met tot meer as een rand sal opstoot.
Petrol kan dus binnekort tot soveel as R8,53 per liter kos.
Suid-Afrikaanse nuus, d.w.s. sowel nuus uit Suid-Afrika én Suider-Afrika.
Motorvoertuigeienaars kan hulself maar voorberei op ʼn reeks petrolprysstygings wat aanstaande week sal begin met die hoogste enkele verhoging in die geskiedenis.
Ekonome voorsien dat die prys van brandstof aanstaande week met tot 63 sent per liter kan styg.
Hulle verwag ook verdere verhogings oor die volgende twee tot drie maande wat die pompprys van petrol met tot meer as een rand sal opstoot.
Petrol kan dus binnekort tot soveel as R8,53 per liter kos.
Gesamentlike optrede deur polisie en doeanebeamptes by Jan Smuts-lughawe het vroeg vanoggend daartoe gelei dat daar op 122 kilogram kokaïne beslag gelê is.
Die dwelms het op ʼn vlug van Brasilië gearriveer.
Die besending is as masjienonderdele beskryf op die dokumentasie van die kratte waarop dit ingevoer is.
Die besending is in sportsakke vervoer en is met koffie bestrooi om polisiehonde op ʼn dwaalspoor te bring.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Koerantberigte dui aan dat die ANC-president, Jacob Zuma, verlede week blykbaar privaatontmoetings met die eerste minister van Mauritius, Navichandra Ramgoolam, gehad het. Dit wil voorkom asof die vergadering deel uitmaak van Zuma se pogings om die Suid-Afrikaanse owerheid te verhoed om getuienis teen hom uit daardie land te verkry.
Amptenare van Mauritius het blykbaar volstrek geweier om op oproepe van Zuma se regsverteenwoordiger te antwoord.
Zuma het verlede week ʼn beëdigde verklaring van 12 bladsye by die Hooggeregshof van Mauritius ingedien.
Dit is deel van sy pogings om die land te verhoed om getuienis aan die Suid-Afrikaanse owerheid te oorhandig wat teen hom gebruik kan word in sy komende verhoor op klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery.
Eskom beding vir ‘n prysverhoging van meer as die 14.2 persent wat laasjaar toegeken is. Die nutsmaatskappy wat met ‘n landswye energiekrisis worstel, sê die stygende steenkoolprys dwing hom daartoe. Cosatu dreig met protesaksies as elektrisiteitspryse verhoog word. Dit sal die krisis wat mynbou bedrywighede ontwrig, en beleggers bekommerd gemaak het, vererger. Die sentrale bank weier om op Eskom se versoek kommentaar te lewer. Die bank sê buitensporige tariefverhogings gaan druk plaas op die inflasiekoers wat reeds hoog is weens stygende voedsel- en brandstofpryse. Eskom verlang die tariefverhoging van meer as die 18.7 persent wat hy aanvanklik laasjaar aangevra het. Die syfer is deur die nasionale energiereguleerder verwerp. Finansiële segsman Bongani Nqwababa sê Eskom en die Reguleerder gaan oor twee weke oor die saak gesels.
Die uMkhanyakude-distrik in die noorde van Kwazulu-Natal is ook onderaan die lys. Limpopo is die armste provinsie in die land. Byna sewe uit 10 huishoudings leef op minder as 800 Rand per maand. Die rykste drie distrikte in die land, Weskus, Overberg en die Kaap-wynlande is almal in die Weskaap. Al ses Weskaapdistrikte is in die top 20 persent saam met Wesrand, Johannesburg, Ekhuruleni en Pretoria in Gauteng. Die distrikte eThekwini, Uthungulu en uMgungundlovu in Kwazulu-Natal, met van die hoogste MIV-skale in die land, vaar die swakste met MIV-toetse vir verwagtende vroue.
Hy sê die mense wat nou op grond aangrensend aan ‘n behuisingsprojek bly, verloor hulle werk. Kinders gaan nie skool nie en daar is geen toiletgeriewe nie. Cassim sê die groep het huise wat vir die N2 Gateway-projek opgerig word, vir meer as twee maande beset omdat die proses van toekenning volgens hulle onregverdig was. Sommige mense wat nie op die waglys was nie het voorkeur gekry bo ander wat reeds 12 jaar vir huise wag. Kaapstad se Hooggeregshof het Maandag beveel dat hulle besetting van die huise onwettig is en dat hulle uitgesit moet word. CASSIM sê hulle reik uit na mense om water en kos te verskaf. ‘n Islamitiese organisasie het die veldtog al gehelp om die mense se nood te verlig.
Goud was die uitsondering met nog ‘n dag van hoë pryse. Die rand het egter teruggeval met Trevor Manuel se aankondiging dat valutabeheer vir institusionele beleggers geskrap gaan word. Dit het vrese ontketen dat meer geld die land sal uitvloei. Die rand het tot sy laaste vlak in amper ‘n jaar-en-‘n-half geval en het op een stadium teen R6,90 teenoor die dollar verhandel. Die olieprys het die honderddollarvlak verby gesteek voordat dit teruggesak het om in posisie te wees vir nog ‘n aanslag vandag.
Die styging is nog ‘n terugslag vir Mugabe se poging om die ekonomiese ineenstorting om te keer. Kritici skryf die land se ekonomiese ramp toe aan wanbestuur en Mugabe se politieke beleid. Die regering het verlede jaar ondernemings regoor die land beveel om die prys van basiese noodsaaklikhede soos melk en kookolie te vries, om die wegholpryse stop te sit. Zimbabwe se kantoor vir statistieke het berig dat die inflasie van Desember af die hoogte ingeskiet het.
Die regering het beamptes van die departement van minerale en energie asook openbare ondernemings na Engeland afgevaardig. Die besoek geskied onder leiding van adjunkminister van Finansies, Jabo Moleketi en die regering se hoofbeampte van kommunikasie, Themba Maseko. Die afgevaardigdes sal die kragkrisis met beleggers in die mynbedryf bespreek. Hulle sal ook samesprekings met aandeelhouers van Anglo American hou.