Groot noot

ImageDie Zimbabwiese reserwebank het Donderdag ’n Z$500 miljoen banknoot, wat ongeveer vyftien rand werd is, bekendgestel. Dit volg slegs ’n week nadat die Z$250 miljoen noot in gebruik geneem is. Met die nuutste banknoot kan mens ongeveer twee brode koop.
 

Die reserwebank het verder spesiale landboutjeks in note van Z$5 miljard, Z$25 miljard en Z$50 miljard bekendgestel. Die doel hiervan is om betalings aan boere te vergemaklik. Hierdie tjeks sal tot aan die einde van 2008 in gebruik wees. Boere moet gewoonlik enorme bondels banknote ronddra nadat hulle hul produkte aan staatsagentskappe verkoop het, terwyl verbruikers ook stapels note benodig om basiese alledaagse transaksies uit te voer.

Zimbabwe het tans die hoogste inflasiekoers in die wêreld, geraam op 165 000%. Daar is konstant lang rye mense wat by banke wag om hope note te kry sodat hulle basiese goedere kan koop. Tans word die Zimbabwiese dollar teen sowat 250 miljoen teen een Amerikaanse dollar verruil.

In die lig van die betwiste parlementêre verkiesingsuitslae en die tweede ronde van die presidensiële verkiesing wat nou eers aan die einde van Julie gaan plaasvind, is die einde van Zimbabwe se ekonomiese probleme nog lank nie in sig nie.


варианты освещения прихожейлобановский александр отзывы

Zuma se verhoor dalk uitgestel

Image

Jacob Zuma

Jacob Zuma se korrupsieverhoor gaan, volgens sy regsverteenwoordiger, waarskynlik uitgestel word en sal nie op 4 Augustus kan begin nie.

Dié verklaring is uitgereik ná 'n ontmoeting tussen aanklaers en 'n senior regter om 'n hofdatum te bepaal. Zuma se regsman, Michael Hulley, meen daar is ander kwessies wat opgelos moet word alvorens Zuma op klagtes van bedrog, omkopery en geldwassery rodom die wapentransaksie tereg kan staan.

Zuma gaan ook aanstaande maand 'n aansoek bring om die staat se besluit om hom te vervolg tersyde te stel.

Die nasionale vervolgingsgesag, wat die saak se staat hanteer, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

интернет магазин игрушек киевДанильченко Юрий Брониславович компромат

Mbeki veroordeel aanvalle op vreemdelinge

Image

Thabo Mbeki

President Thabo Mbeki het die aanhoudende aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika veroordeel. Hy het die polisie ook aangespoor om sterk op te tree teen diegene wat hulself aan sulke aanvalle skuldig maak.

Mbeki woon tans 'n vergadering van die Afrika-ontwikkelingsbank in Maputo, Mosambiek, by. Ten minste twee mense is vermoor en 60 beseer in Alexandra waar die plaaslike bevolking vanaf Sondag begin het om buitelanders aan te val.

Dieselfde tonele het hulle in Diepsloot afgespeel waar insgelyks twee mense in etniese gevegte tussen plaaslike en buitelandse swartes omgekom het.

Volgens die Rooikruis woon daar nou 1000 immigrante by die Alexandra- en Bramley-polisiestasies nadat hulle uit hul huise verjaag is.

линейные светодиодные светильникилобановский александр игоревич

Onderwysminister bekommerd oor uitvalsyfer

Die minister van onderwys, Naledi Pandor, kwel haar oor die hoë uitvalsyfer in Suid-Afrikaanse skole, veral na grade 9 en 10. Volgens

Image

Naledi Pandor

haar is die oplossing om tegniese hoërskole te vernuwe en te moderniseer.

Daar bestaan 100 sulke skole in Suid-Afrika en gefokusde belegging in dié skole kan 'n bydrae lewer om in die land se behoefte aan ambagsmanne en tegnici te voorsien.

Pandor het gesê dat dit belangrik is om 'n breër siening van onderwys te ontwikkel. So 'n siening behoort verby academiese skole te streef na meer gefokusde, goed toegeruste skole vir tegniese onderwys.

big bad woolfФильчаков прокурор харькова

Vlakvark val toeris aan

'n Kanadese toeris, Brunhilde Galka, 69, is deur 'n vlakvark aangeval op 'n wildsplaas in die Oos-Kaap. Galka is steeds besig om aan te sterk na die grusame aanval in die St. Dominic-hospitaal in Oos-Londen.
 
'n Kelner by Huntershill, waar sy tuis was, het die dier kort tevore geskop nadat hy 'n asblik by die kroeg omgestamp het. Nie lank daarna nie, het die vlakvark Brunhilde aangeval en haar bene en bors wreed verskeur.
 
Haar man sê sy het hulpeloos in 'n groot plas van haar eie bloed bly lê na die aanval. 

Die bestuurder sê die vlakvark is intussen vankant gemaak.подоконник дублобановский александр компромат

Anti-vreemdelinggeweld kring uit na Diepsloot

Anti-vreemdelinggeweld het gisteraand uitgekring na Diepsloot, tussen Pretoria en Johannesburg. Twee mense is glo gedood in geweld wat tussen inwoners uitgebreek het.

Intussen is die polisie in Diepsloot ontplooi om die vrede tussen die plaaslike bevolking en vreemdelinge van elders in Afrika te handhaaf. 'n Pad verby Diepsloot is met klippe en rommel versper, maar die versperrings is intussen verwyder.

Oor die afgelope paar dae reeds woed gevegte tussen Suid-Afrikaans-gebore swartes en immigrante uit die res van Afrika in Alexandra, langs Sandton.

Plaaslike inwoners glo dat vreemdelinge hulle van werkgeleenthede ontneem en ook vir die buitensporige graad van misdaad verantwoordelik is.

ТепловойДанильченко Харьков

Malawiese amptenare vas vir hoogverraad

Malawi het twee senior weermagoffisiere in hegtenis geneem omdat hulle na bewering planne gesmee het om die regering omver te werp. Dit kom 'n dag na die arres van twee opposisieleiers op gelyksoortige aanklagte.
Krisissamesprekinge tussen die regering en die opposisie is nou op breekpunt as gevolg van die aanhoudings. Noodsaaklike internasionale skenkersprogramme is ook tans in die weegskaal.

Die hoof van die weermag se intelligensie, Brigadier-generaal Cosgrave Mituka, en Majoor-general Mathews Chirwa word albei aangehou op 'n klag van hoogverraad.

Die owerhede het ook die inhegtenisname van voormalige president Bakili Muluzi beveel. Muluzi, kandidaat vir volgende jaar se presidentsverkiesing, is nie in die land nie.

uslugi-poligraf.comлобановский александр игоревич класс

‘Eise om Eskomuitvoere te staak belaglik’

Eise dat Eskom ophou om elektrisiteit uit te voer na naburige lande kom neer op ekonomiese vreemdelinghaat, het die minister van Openbare Werke, Alec Erwin gister gesê.
Hy het by 'n mediakonferensie by die parlement gesê dat Suid-Afrika hulle klante in buurlande soos klante moet behandel. Dit is 'n onnosele benadering om dit nie te doen nie, het hy voortgegaan.

Absolute ongeoorloofde, rampspoedige en barbaarse aktiwiteite vind in Alexandra plaas en leiers behoort nie op die koop toe nog 'n soort ekonomiese vreemdelinghaat aan te wakker nie, het Erwin gesê.

Hy het gesê dit is nonsens en moet ophou.

джинсы для девочкилобановский александр отзывы

Alexandra steeds by kookpunt

Image

Alexandra van bo

'n Skare wat deur die polisie as baie aggressief beskryf is, het gister laatmiddag tussen 6de en 8ste Strate langs Londonweg in Alexandra gemaal.

Hoofsuperintendent van die polisie, Wayne Minnaar, het gesê tussen 2 000 tot 5 000 inwoners van Alexandra is daarna uiteengejaag met behulp van rubberkoeëls.

Volgens berigte is heelwat buitelanders gister na 'n onbekende bestemming geneem.

Zimbabwe het 'n beroep gedoen op sy burgers om die onrusgeteisterde lokasie te verlaat en die konsul-generaal se kantoor te skakel om gerepatrieer te word.

Tente is gister opgeslaan deur die Johannesburgse stadsraad by die Alexandra polisiestasie nadat buitelanders daarheen gestroom het vir veiligheid.

Die DA het gevra dat die weermag ingeroep word om die golf van aanvalle teen buitelanders in Alexandra te stuit.

детские лосины для девочекДанильченко Юрий Харьков

Griep kos maatskappye miljarde

ImageGriep en verwante siektes kos maatskappye R2,7 miljard per jaar in afwesigheid sê die statistiekmaatskappy CAM Solutions.

Die direkte koste is aansienlik en dit sluit nie eens addisionele kostes in soos om vir vir ekstra hulp wat in die geval van afwesigheid ingeroep moet word, te betaal nie.

Die syfers is nietemin effens laer. Uit 10 000 Suid-Afrikaners wat in 2005 gemonster is, was 14,2% siek as gevolg van griep, terwyl 12,8% in 2006 was. Vir 2007 is die syfer 14,1%.

Die maatskappy sê lugweg- en griepkwale het laerugpyn vervang as die nommer een rede vir wegbly verlede jaar.

Mense in die ouderdomsgroep tussen 31 en 40 neem die meeste siekverlof.парусные яхты купитьдепутат лобановский

Kaapstad wil watermeters installeer

ImageKaapstad se munisipaliteit het aangekondig dat hulle meer as 20 000 watermeters sal installeer binne die volgende jaar. Watermeters is egter pas deur die Johannesburgse Hooggeregshof as ongrondwetlik en onwettig verklaar.

Die aansoekers in die Mazibuko v Stad van Johannesburg saak het suksesvol geargumenteer dat die gratis volume water van 6 kiloliter te min is.

Die regter het die Stad van Johannesburg beveel om op te hou om watermeters te installeer.

Hierdie week het die Suid-Afrikaanse Munisipalewerkersunie, Samwu, aangekondig dat hulle die Mazibuko-beslissing as die grondslag vir 'n regsaksie teen die Stad van Kaapstad sal gebruik.

Kaapstad se beoogde stelsel is gelyksoortig aan die van Phiri, Soweto, waar munisipale watermeters tans uitgeruk word, het die unie gesê. Hulle het herbevestig dat die fundamentele probleem die beperking van mense se reg tot water is.

тамбов тележкилобановский александр биография

Vals Mboweni besteel sakeman

'n Buitelandse sakeman het meer as R2 miljoen verloor aan 'n Franse bedrieër wat voorgegee het dat hy Tito Mboweni is.
Adam Toure en vier van sy medepligtiges het in die Randburgse Landdroshof verskyn op twee aanklagte van bedrog.

Die vyf het na wat beweer word sakeman Ali Javadi se maatskappy, Financial Intelligence Centre, in 2006 gekontak. Hulle het Javadi in Hongkong ontmoet nadat die vals Mboweni geëis het dat hy BTW van R500 000 betaal.

Javadi is daarna gedwing om verskeie ander betalings te doen van ongeveer R2 miljoen.

Die beskuldigde het die sakeman egter te ver gedruk toe hy versoek het dat Javadi $20 miljoen aan die Reserwebank oorbetaal.

Die Skerpioene het die vyf by die Montecasino Hotel in Johannesburg in hegtenis geneem.

online cluedo gameДанильченко Харьков

Alexandra nog nie kalm nie

Die onluste in Alexandra na wedersydse moorde tussen plaaslike inwoners en buitelanders het gisternag voortgeduur met inwoners wat die polisie met klippe bestook het.

Die polisie het in ruil rubberkoeëls afgevuur.

Die woordvoerder van die Gautengse polisie, Lungelo Dlamini, kon nie die voorval bevestig nie.

Ek is nie oor so 'n voorval ingelig nie, ek sal u kontak sodra iemand van Alexandra my gebel het om my oor die jongste verwikkelinge in te lig, het hy gesê.

Die geweld in die lokasie noord van Johannesburg het begin toe plaaslike inwoners buitelanders aangeval het omdat hulle daarvan verdink word dat hulle vir die misdaadgolf in Alexandra verantwoordelik is.

траверсы дляФильчаков прокурор харьков

N?g arrestasies in Zim

President Robert Mugabe se regering het die aanslag op sy politieke opponente verskerp, terwyl opposisieleier, Morgan Tsvangirai,

Image

Morgan Tsvangirai

voorberei vir sy terugkeer na Zimbabwe om aan die uitklopverkiesing deel te neem.

Verskeie joernaliste, vakbondleiers en honderde aktiviste is al in hegtenis geneem sedert die verkiesing in Maart wat die regerende party verloor het.  Gister is die eerste gesagsfiguur wat deel is van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) egter gearresteer.

Heya Shoko, ‘n parlementslid vir die MDC in Masvingo-provinsie – wat voorheen regeer is deur Zanu-PF – is gister in hegtenis geneem na beweerde geweld in sy kiesafdeling.

Ernest Mudavanhu, ‘n kollega van Shoko, was saam met hom toe drie “inspekteurs” hom gearresteer het.

Dié nuus volg nadat die president en die sekretaris-generaal van die vakverbond van Zimbabwe (ZCTU) se aansoek om borgtog geweier is na hul eerste hofverskyning.  Hulle is in aanhouding op gronde van beweerde opstokery.

Die MDC se leier, Morgan Tsvangirai, en voormalige president van die ZCTU sal dié week terugkeer na ongeveer ‘n maand in die buiteland.  Hy het die verkiesing gewen, net kort van ‘n volstrekte meerderheid.

Tsvangirai het egter voorwaardes vir die beplande uitkloprondte gestel:  hy sal slegs deelneem indien die geweld in die land heeltemal gestaak word, die verkiesingskommissie hersien word en laastens as daar buitelandse waarnemers in die land ontplooi word.

Die regering sê op hulle beurt dat Westerse waarnemers nie nodig is nie en dat Tsvangirai nie rede het om vir sy lewe te vrees nie.

“Indien Tsvangirai wel in gevaar is, het ons polisielede wat hom wel kan beskerm,” sê die adjunk-minister van Inligting, mnr. Bright Matonga.

“Ons het geen idee gehad dat hy die land verlaat het omdat hy klaarblyklik vrees vir sy lewe nie.  Ons het bloot gedink hy is met vakansie terwyl hy terselfdertyd probeer om steun op te bou in sy poging om Zimbabwe te demoniseer.”

Tsvangirai wat bedreig word deur ‘n klag van hoogverraad is verlede jaar erg aangerand tydens polisie-aanhouding.

Mugabe se minister van Justisie, mnr. Patrick Chinamasa, sê die regering sal nie buitelandse waarnemers toelaat nie, veral nie dié wat sanksies teen hulle handhaaf nie. “Hulle sal weer ons guns wen as hulle die sanksies teen ons lig, andersins is daar geen rede vir ons om ‘n verhouding met hulle te bou nie.”

Geen Westerse waarnemers is in die eerste rondte van die verkiesing toegelaat nie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is erg gekritiseer omdat hulle die verkiesing as vry en regverdig bestempel het.

Die uitslae van die eerste verkiesing is vir vyf weke nie bekendgemaak nie en ‘n datum vir die uitkloprondte is nog nie bekend nie, hoewel die wet sê dit moet binne 21 dae van die vorige verkiesing plaasvind.

Mugabe regeer al vanaf 1980 met Zimbabwe se onafhanklikheidswording en het die laaste verkiesing met 43,2% verloor teen Tsvangirai se 47,9%.

Die Verenigde Nasies en die Europese Unie handhaaf sanksies teen Zimbabwe, nadat Mugabe na bewering die 2002-verkiesing gekook het.

Mugabe sê Zimbabwe se swak ekonomiese toestand, wat gekenmerk word deur inflasie van ongeveer 165 000%, tagtig persent werkloosheid, ‘n ernstige tekort aan voedsel en ander noodsaaklike benodighede, is aan dié sanksies te wyte.

гидроаккумулятор 100 ллобановский александр дети