'n Kelner by Huntershill, waar sy tuis was, het die dier kort tevore geskop nadat hy 'n asblik by die kroeg omgestamp het. Nie lank daarna nie, het die vlakvark Brunhilde aangeval en haar bene en bors wreed verskeur.
Haar man sê sy het hulpeloos in 'n groot plas van haar eie bloed bly lê na die aanval.
Die bestuurder sê die vlakvark is intussen vankant gemaak.
