Kanse vir vrye Zim-verkiesing verwoes, s? menseregte-organisasie

Die toenemende vlakke van politieke geweld het die hoop op 'n vrye en regverdige opvolgpresidentsverkiesing in Zimbabwe laat kwyn, waarsku die Amerikaanse menseregte-organisasie Human Rights Watch.

Volgens dié organisasie wat daar reeds 36 polities gemotiveerde moorde en 2 000 geweldslagoffers sedert die eerste ronde van die verkiesing aan die einde van Maart.

Volgens die verslag het president Robert Mugabe se Zanu PF-party oorgegaan tot 'n polities gemotiveerde veldtog van plundery en vernietiging, met diere wat geslag word, kos en eiendom wat gesteel word, asook die afbrand van wonings.

люстры плоские потолочныеФильчаков прокуратура харьков

Buitelanders dreig om hulself dood te maak

'n Groep van omtrent 100 ontwortelde buitelanders uit die tentdorp Soetwater net buite Kaapstad het gister gedreig om hulself in die see te verdrink.

Ontwortelde buitelanders is onlangs deur die VN vertel dat hulle nie Westerse lande sal kan gaan om politieke asiel te vra nie.

Die groep het op die rotse gaan sit en vir die hooggety gewag om hulself te verdrink.

Die Nasionale seereddingsinstituut het drie reddingsbote en 'n landreddingsgroep na die toneel gestuur. Een of twee buitelanders het ingespring, maar hulle is weer terug na die strand gebring.

Volgens die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, is die situasie in Soetwater besonder gespanne.

In die Ooskaap het hernieude spanning tussen plaaslike inwoners en die buitelandse burgers opgevlam, met een man dood en verskeie winkels in Port Elizabeth wat geplunder is.

купить свитер для девочки 12 летданильченко юрій Харків

Mbeki se gewildheid by laagtepunt

Image

Thabo Mbeki

President Thabo Mbeki het 'n algehele laagtepunt in sy gewildheidskoers bereik.

Die jongste meningspeiling wat deur TNS-navorsingsopnames gepubliseer is, toon dat Mbeki slegs die steun van 37% van die bevolking geniet.

Nie so lank terug nie, in April 2005, het Mbeki se steun op 66% gestaan.

Intussen het die ANC-president Jacob Zuma ook 'n taamlik lae 36%-koers van die Suid-Afrikaanse publiek ontvang vir sy pligte as leier van die regerende party.

Van alle swart taalgroepe, steun die Zoeloes Mbeki die minste.

недорогое освещение для магазинаФільчаков Олександр Васильович

Hlope het twee regters gevra om Zuma te help

City Press het Sondag berig dat regterpresident John Hlope na bewering twee regters van die Grondwethof gevra het om ten gunste van die ANC-president Jacob Zuma te bevind indien hulle 'n toekoms op die regbank wil hê.

Volgens die koerant het Hlopa aan die twee regters genoem dat hy die volgende hoofregter gaan wees.

Bess Nkabinde en Christopher Jafta is individueel in hul kantore genader.

Verskeie grondwethofregters het toe gedink, nadat die twee hulle op hul beurt genader het, dat Hlope se optrede 'n ernstige oortreding was wat na die Geregtelike dienskommissie verwys behoort te word.

теплая шапочка для новорожденного купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Sasol vra vir minder krag- en petrolverbruik

Suid-Afrikaners sal alles moontlik moet doen om sowel minder krag as petrol te verbruik, het 'n Sasol-beampte gister gesê.

Tydens 'n gesprek by die Wêreldekonomiese forum oor Afrika in Kaapstad, het Sasol se direkteur vir energie, Benny Mokaba, gesê dat die huidige vraag na elektrisiteit ook die vloeibarebrandstofmark kan beïnvloed.

Vloeibarebrandstofproduksie hang af van die stabiliteit van elektrisiteitsvoorsiening en die land maak toenemend van diesel gebruik om elektrisiteit op te wek. Dieselverbruik het verlede jaar met 12% gestyg. Vanjaar het dit met 6% toegeneem.

Die gebruik van kragopwekkers by sakeondernemings en huishoudings is ook besig om die vraag na diesel te verhoog. Suid-Afrika is nou 'n netto invoerder vir die eerste keer in 2007-08.

форма 063лобановский александр

Johannesburg kan sonder water sit

Stad Johannesburg ondersoek maniere om water te bespaar na berigte van 'n dreigende waterkrisis in Gauteng  Weens die toenemende aanvraag na water en die vermorsing en diefstal van watervoorrade blyk dit dat die provinsie binne ses jaar sonder water gaan sit. 
 
Munispale direkteur Themba Camane sê water besparingsprogramme moet opgeskerp word. Hy sê die stad kyk ook na moontlikhede om met die privaat sektor en staatsdepartemente saam te span om met verskeie produkte vir watervoorsiening na vore te kom.

21 one andФильчаков прокурор харькова

Mbeki se broer voorspel megageweld

Image Moeletsi Mbeki, die broer van president Thabo Mbeki, voorspel megakonflikte as gevolg van die regering se oopgrensbeleid teenoor buitelanders. Hy het gepraat by 'n seminaar wat deur die Instituut vir Sekerheidstudies gehou is en die regering vir die onlangse geweld geblameer.

 

Moeletsi Mbeki het gesê dat indien 'n regering nie sy grense beheer, die burgers dit deur geweld sal doen.

Die adjunkminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het egter die teenoorgestelde standpunt ingeneem en gesê dat die uitsetting van mense 'n duur en futiele poging was omdat hulle so vinnig terugkom as wat hulle teruggeneem word.

Die SAOG-lande, waaronder Suid-Afrika, beplan om 'n protokol te aanvaar waardeur hul 180 miljoen burgers vrylik oor grense sal kan beweeg.

no deposit casinoлобановский александр харьков

MIV neem af, s? Manto

ImageDie minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het gister aangekondig dat MIV aan die afneem is in Suid-Afrika.

Tshabalala-Msimang het gedurende haar begrotingsdebat in die parlement gepraat. Volgens haar sal 'n opname binnekort vrygestel word om aan te toon dat MIV oor die afgelope twee jaar gedaal het.

Die minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het gister aangekondig dat MIV aan die afneem is in Suid-Afrika.

Tshabalala-Msimang het gedurende haar begrotingsdebat in die parlement gepraat. Volgens haar sal 'n opname binnekort vrygestel word om aan te toon dat MIV oor die afgelope twee jaar gedaal het.

воронеж аксессуарыДанильченко Харьков

Motoriste word toenemend by verkeersligte aangeval

Motoriste in Pretoria is gewaarsku om op hul  hoede te wees aangesien grypdiewe hul as informele handelaars by verkeersligte voordoen.

Volgens polisiewoordvoerder Malusi Mashiane is die meeste slagoffers van grypdiewe en motorkapings vroue.

Twee maande gelede is motoriste ook gewaarsku om op die uitkyk te wees vir grypdiewe in Nelson Mandelarylaan.

Mashiane meen dat vroue dikwels hul handsakke plaas waar misdadigers hulle kan sien en enigeen kan 'n slagoffer word. Sowel handsakke as selfone behoort buite sig, verkieslik in die bagasiebak, gehou te word.

стенды развал-схождениялобановский александр отзывы

De Klerk meen Suid-Afrika staar groot toets in die gesig

Die voormalige president, F.W. de Klerk, meen dat Suid-Afrika 'n groot toets in die gesig staar sover dit sy verbintenis tot die regstaat

Image

FW de Klerk

betref.

De Klerk het dié opmerking gisteraand voor 'n byeenkoms van die Brits-Suid-Afrikaanse regsvereniging gemaak.

Deel van die toets is die hantering van die Zuma-verhoor en die Skerpioenekwessie.

Volgens De Klerk is sy en ander Nasionale Partyleiers se bewinde gekenmerk deur 'n gebrek aan regsekerheid en het die uitvoerende gesag hom te veel in regskwessies ingemeng.

Sedert 1994 was Suid-Afrika 'n model van konstitusionalisme en die regstaat. Daardie tradisie sal egter oor die volgende agtien maande onder druk kom.

feathered frenzyлобановский супермаркет класс

Omtrent 80 persent van kinders het al pornografie gesien

Image'n Verbasende 81 persent van Suid-Afrikaanse kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 het al pornografiese beelde op hul vriende se selfone gesien.

Nog 64 persent onder die ouderdom van 18 is al aan pornografie op die internet blootgestel.

Dié statistiek is vandeesweek onthul by 'n konferensie oor kinderpornografie wat gehou is onder die leierskap van die adjunkminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba.

Die opname is gedoen onder hoërskoolleerlinge wat op ewekansige wyse gekies vanuit skole in Johannesburg, Kaapstad en Durban.

online slots no deposit bonusпрокурор харьковской области

Cosatu maak beswaar teen blanke Rooimiere

Cosatu Logo Die vakbondkonfederasie Cosatu het gister beswaar gemaak teen die veiligheidswagte bekend as Rooimiere wat twee stakende  werkers aan die  Oosrand geskiet en in die bene gewond het.

Volgens hul woordvoerder, Patrick Craven, herinner die insident aan die wreedheid van die apartheidsbewind. Craven het teen die Rooimiere uitgevaar omdat hulle blanke mans is. Hy het gesê dat 'n eenheid wat deur mans oorheers word en slegs uit blankes bestaan verwerp behoort te word.

Cosatu het ook gevra dat so 'n rassistiese eenheid verwyder behoort te word en voorspel dat die Oosrandse metro binnekort vanweë die staking geheel en al in duie mag stort.

русская баня строительствоФильчаков прокуратура харьков

Suid-Afrika moet vrede en stabiliteit herstel, s? Pretoria-burgemeester

Die burgemeester van die Pretoriagebied wat Tshwane genoem word, Gwen Ramakgopa, het gister gesê dat Suid-Afrika vrede en stabiliteit moet herstel na die onlangse etniese geweld teen vreemdelinge.

Sy het gepraat by 'n inligtingsessie oor die hervestiging van buitelanders wat in die stad kom skuil het.

Die Akasia-kamp noord van die stad is ingerig om diegene te huisves wat uit hul huise verdryf is. Komberse en drie etes per dag word tans in die kamp verskaf.

Tweeduisend mense is in die kamp opgeneem, maar nie almal van hulle is noodwendig ontwortelde buitelanders nie. Twaalf motors is by die kamp in 'n skut geplaas en wapens is ook gekonfiskeer.

медсправки данильченко юрій броніславович

OVK-amptenaar doodgeskiet in Durban

Image 'n Amptenaar van die Onafhanklike Verkiesingskommissie is in Durban se Umlazi-buurt oor die naweek doodgeskiet.

Superintendent Vincent Mdunge van die polisie het bevestig dat die man Saterdag 'n strooijonker by 'n troue was toe 'n bende by die seremonie ingebars het en hom net daar geskiet het.

Hy is by aankoms in die hospitaal dood. Geen ander beserings van die ander bruilofgaste is aangemeld nie en geen besittings is ook van gaste geneem nie.

Die polisie is nog nie by magte om die amptenaar se naam vry te stel nie.

гост внутреннее электрическое освещение рабочие чертежиФильчаков Александр Васильевич