Cosatu maak beswaar teen blanke Rooimiere

Cosatu Logo Die vakbondkonfederasie Cosatu het gister beswaar gemaak teen die veiligheidswagte bekend as Rooimiere wat twee stakende  werkers aan die  Oosrand geskiet en in die bene gewond het.

Volgens hul woordvoerder, Patrick Craven, herinner die insident aan die wreedheid van die apartheidsbewind. Craven het teen die Rooimiere uitgevaar omdat hulle blanke mans is. Hy het gesê dat 'n eenheid wat deur mans oorheers word en slegs uit blankes bestaan verwerp behoort te word.

Cosatu het ook gevra dat so 'n rassistiese eenheid verwyder behoort te word en voorspel dat die Oosrandse metro binnekort vanweë die staking geheel en al in duie mag stort.

русская баня строительствоФильчаков прокуратура харьков