Petisie teen Winnie Mandela geloods

Winnie M‘n Groep Johannesburgse aktiviste het ‘n petisie teen Winnie Mandela geloods waarin die president, die minister van polisie en ‘n luitenantgeneraal in die polisie gevra word om teen haar en haar magsmisbruik op te tree

DIe petisie is beskikbaar by Winniepetisie.

 

купить пижаму комбинезон для девочкиtopcargo отзыв

Verkragting van Britse toeris barbaars

Mnr. Abrie Oosthuizen, nasionale voorsitter en provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat, het vandag die soveelste verkragting in die provinsie as onmenslik en barbaars veroordeel. Die feit dat die twee verkragters die Britse toeris van R300,00 en haar selfoon beroof het en haar verkrag het dien as bewys van hoe min respek sulke oortreders vir ander mense en die reg het.

Die VF Plus doen reeds ‘n geruime tyd ‘n beroep op die provinsiale regering om ernstige aandag aan die reeks verkragtings, wat in Bloemfontein voorkom, te gee. Hierdie is weereens ‘n bewys dat die provinsiale regering nie beheer oor misdaad in die provinsie het nie en indien dit sou voortgaan, sal die nasionale regering moet begin oorweeg om self beheer oor die situasie te neem.

Buitelanders besoek Suid-Afrika oor die natuurskoon van Suid-Afrika en die VF Plus betreur die feit dat gebeure soos hierdie ‘n besliste negatiewe invloed op toerisme in die Vrystaat en die land sal hê. Geen regering kan hierdie tipe van optrede goedpraat of ignoreer nie.

Die feit dat dit so kort na die Dewani-moord gebeur het, plaas Suid-Afrika weereens in ‘n negatiewe lig in die buitelandse media.

сауна купитьлобановский александр

Arresteer Winnie!

“Me. Winnie Madikizela-Mandela behoort dadelik gearresteer te word vir dwarsboming van die gereg. Haar optrede getuig van minagting teenoor wetstoepassing en skep die indruk dat sy verhewe is bo die reg. Sou enige ander lid van die publiek so opgetree het, sou die lid summier gearresteer gewees het. As lid van die Parlement (LP) moet sy ‘n voorbeeld stel, maar haar gedrag is ‘n verleentheid vir ander parlementslede. Die Vryheidsfront Plus gaan die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, vra vir ‘n ondersoek na die aangeleentheid,” sê Pieter Groenewald (LP) en hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Die optrede van Gauteng se provinsiale kommissaris, lt.genl. Mzwandile Petros, getuig van bevoordeling en bevoorregting teenoor Winnie Madikizela-Mandela. Hy is veronderstel om sy lede te beskerm, maar sê hulle moet verskoning gaan vra. Dit plaas ‘n vraagteken oor sy integriteit as kommissaris in Gauteng. Ons sal ook vra dat dit ondersoek word,” het Groenewald gesê.

укладка паркета своими руками видеоурокОлександр Васильович Фільчаков

Hospitaal betaal vir ongewaste linne

Die verpleegvakbond Denosa is “ontsteld” oor mediaberigte wat beweer dat pasiënte en pasgebore babas by twee Oos-Kaapse hospitale tydens die feesseisoen op bebloede beddens moes slaap.

“Ons veroordeel die blootstelling van pasiënte aan sulke toestande ten sterkste,” het Asanda Fongqo, woordvoerder van die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika (Denosa), Maandag in ‘n verklaring gesê.

Die Sunday Times het vroeër berig dat ‘n privaatmaatskappy wat gekontrakteer is om Oos-Londen se Frere- en Cecilia Makhiwane-hospitale se linne te was, nie ‘n wasmasjien besit nie.

Die vakbond het gevra vir die “dringende” aanstelling van voltydse personeel, wat mense wat linne kan was, insluit.

“Ons het al male sonder tal gesê die uitkontraktering van dienste soos die was van linne is nie net ‘n mors van geld nie, maar het ook ‘n negatiewe impak op doeltreffendheid en gehalte,” het Fongqo gesê.

“Die situasie in hierdie hospitale ondermyn ook die mees basiese gesondheidsbeginsels van infeksiebeheer en stel net meer lewens in gevaar.”

купить липецк балансировочное и шиномонтажное оборудование для грузового транспорталобановский депутат

Zuma-familie se Chinese skakel

Jen-Chih “Robert” Huang, ‘n Taiwanese burger wat in Suid-Afrika woon, is blykbaar die middelman wat transaksies tussen Chinese maatskappye en President Jacob Zuma se broerskind Khulubuse Zuma vergemaklik.

Die Mail & Guardian berig dat die beleerde Aurora Empowerment Systems waarvan Khulubuse ‘n direkteur is, deur die Shandong Gold Groep uit die verknorsing gehelp gaan word.

Lees die berig hier.

диагностика авто черезОлександр Фільчаков прокурор

M-Net beboet oor geweld

Die Uitsaaiklagtekommissie van SA (UKKSA) het Woensdag ‘n boete teen M-Net uitgereik vir die uitsaai van grafiese tonele van geweld en angs gedurende gesinskyktyd.

“Die Registrateur het klagtes ontvang oor die uitsending van ‘n promosie-video vir ‘n grufilmfees op M-Net,” het UKKSA in ‘n verklaring gesê.

Die verhoor is Maandag gehou en M-Net is met R5 000 vir die oortreding van klousule 12 van die subskripsiekode beboet.

Die klousule bepaal dat ‘n uitsaaidienslisensiehouer materiaal wat ongeskik is vir kinders en/of naaktheid, eksplisiete seksuele gedrag, geweld of beledigende taal bevat, moet vermy.

Die UKKSA het klagtes ontvang van drie afsonderlike partye.

Een klaer het gesê “tydens ‘n advertensiepouse op 13 Oktober omstreeks 18:00 het M-Net ‘n grufilmfees adverteer met die mees verskriklike snitte” uit die verskillende flieks.

M-Net het om verskoning gevra vir die uitsaai van die advertensie tydens daardie tydgleuf, en gesê die skuif was as gevolg van ‘n interne fout.

“Die promo bevat tonele van verskeie horror titels. Na die lees van die promo, het ons interne klassifikasie span ‘n riglyn uitgereik dat die promo alleen geskeduleer moet word na 21:30.

“Die uitsending van die promo om 18:00 op 13 Oktober was ‘n gevolg van ‘n fout.”

Die UKKSA het beslis dat die advertensie grafiese tonele van geweld en verskrikking “en ander onverklaarbare tonele van verskrikking” bevat.

Hulle het bygevoeg dat kinders negatief beïnvloed sal word deur sulke beelde.

“Die meeste kinders sal, soos beweer word, ernstig versteur word deur sulke beelde, aangesien hulle nie oor die kognitiewe vermoë beskik om dit te verwerk nie, en ook nie ‘n verwysingsraamwerk waarbinne hulle dalk sin kan maak van wat hulle sien het nie.”

“Die negatiewe emosionele en sielkundige effek van sulke beelde sal dus vererger word, en sodanige effekte kan selfs permanent wees,” het die UKKSA gesê.

купить палаткуФильчаков прокурор харьков

Angie Motshekga gee haarself ‘n onderskeiding

Angie MotshekgaDie korpulente minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, geklee in ‘n styf spannende wit pakkie, het haarself op die skouer geklop oor vanjaar se matriekuitslae. Op ‘n vraag deur ‘n joernalis van etv oor die punt wat sy aan haarself sou toeken, het Motshekga met ‘n breë glimlag geantwoord: “’n A plus!”

Tydens die aankondiging van die matriekslaagsyfer, het Motshekga egter haarself weerspreek en gesê dat die slaagsyfer “six point seven” is, in plaas van 67,8%.

Die verbasende toename in die slaagsyfer van 7,2% vergeleke met verlede jaar, het geskied in ‘n jaar waartydens leerlinge ‘n wintervakansie van ses weke geniet het weens die wêreldsokkerbeker en ‘n uitgerekte staking van onderwysers plaasgevind het.

Volgens Motshekga het die onderwyserstaking “geen invloed gehad nie, behalwe dat dit ons die 70%-merk gekos het”. Volgens haar sou die slaagsyfer sonder die staking met 10% gestyg het.

Op ‘n vraag of sy aanstaande jaar nóg hoër mik met die slaagsyfer, het Motshekga geantwoord dat sy vir “72% mik”. Daar word verbeterings vir 2011 oor ‘n wye front beplan en “ICT’s” (sy het nie verduidelik wat dié afkorting beteken nie) sal “gaandeweg ingefaseer word”.

Motshekga meen ook dat “die privaatsektor en baie professionele mense na die partytjie gekom het… As ‘n provinsie het Gauteng baie hard gewerk.” Die provinsie Gauteng het met 78,6% die hoogste slaagsyfer van alle provinsies behaal, hoër as die Wes-Kaap.

Gille van blydskap het by verskeie hoërskole in Soweto losgebars toe die uitslae vanmôre beskikbaar gestel is.

Leerlinge aan Afrikaanse skole in Gauteng, veral in Pretoria, het rekordgetalle onderskeidings behaal met sommige wat tot elf onderskeidings aangeteken het.

кукольный домик купитьАлександр Фильчаков Васильевич

Swart polisieman vas ná verkragting van tiener

‘n 45-jarige swart sersant is in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n 15-jarige meisie in Senwamokgope naby Modjadjiskloof in Limpopo verkrag het.

Die beampte is ‘n hofordonnans by die Sekgosese-landdroshof, het kolonel Motlafela Mojapelo gesê.

Hy het na bewering die meisie by haar huis in Rotterdam in Hlanganani, buite Giyani, op 28 Desember gaan haal en het haar na Senwamokgope-polisie-enkelkwartiere geneem waar sy verkrag is.

Die saak is deur haar ouers by die polisie aangemeld nadat haar “vreemde gedrag” hulle opgeval het.

Die beampte is Maandag in hegtenis geneem.

Die Provinsiale Kommissaris Amon Mashigo het gesê hy veroordeel die beweerde gedrag van die sersant ten sterkste en gesê hy sal dienooreenkomstig hanteer word.

Na verwagting sal die beampte vandag in Sekgosese-landdroshof verskyn.

уличный светильник натопкарго кидалы

Majali se dood ‘nie selfmoord’

MajaliDie kans is skraal dat die omstrede sakeman, Sandile Majali, selfmoord gepleeg het, het sy prokureur, John Ngcebetsha, Maandagaand gesê.

“Daar is geen bewyse wat daarop dui dat Majali selfmoord gepleeg het nie. Dit is heel onwaarskynlik op hierdie stadium,” het Ngcebetsha gesê.

Die 48-jarige sakeman se lyk is Sondagoggend in die Sandton Quatermain-hotel in Johannesburg gevind.

Volgens Ngcebetsha was Majali se familie “baie bekommerd” oor die omstandighede van sy dood.

“Die familie het ook ‘n onafhanklike patoloog aangestel om Majali se lyk te ondersoek,” het  Ngcebetsha bygevoeg.

Na bewering het Majali “asemhalingsprobleme” die afgelope tyd ervaar. Hy het in die hotel gebly sodat hy kon rus en die nodige mediese sorg ontvang.

Die familie het ‘n beroep op die media gedoen om “weg te bly en hom toe te laat om in vrede te rus”.

Hy was betrek by ‘n sogenaamde olieskandaal ná onthullings in 2005 gemaak is dat PetroSA ’n voorskot van R15 miljoen aan Majali se Imvume Management betaal het, het Die Burger berig.

Imvume het vier dae ná hy die voorskot ontvang het en op die vooraand van die algemene verkiesing in 2004, ’n skenking van R11 miljoen aan die ANC gemaak.

Hy is in Oktober in hegtenis geneem nadat die direkteurskap van Kalahari Resources van Brian Amos Mashile en Daphne Mashile-Nkosi na ‘n groep van agt individue, insluitend Majali, verander het.

Die Sunday Times het op 23 Augustus 2008 berig Majali het transaksies met Irak aangegaan op ’n wyse wat VN-sanksies teen die vorige Irakse leier, Oudpres. Saddam Hoesein, oortree het.

играшкиФильчаков прокурор харькова

VN neem kennis van PRAAG-betogings teen volksmoord

Lindley-betogingOp ‘n koue, reënrige dag in die Vrystaat het ‘n groep PRAAG-betogers vandag voor die landdroshof in Lindley betoog waar die ses verdagtes in die grusame Potgieter-moordsaak in die distrik aansoek om borg
gedoen het. Borg is geweier.

Dt was PRAAG se derde anti-volksmoordbetoging binne drie dae. Die voriges het op Koster en Rustenburg plaasgevind. Die leier van die organisasie, dr. Dan Roodt, het gesê: “Suid-Afrika beleef tans ‘n lae-intensiteitvolksmoord waarvan die grusame moord op die Potgieter-gesin ‘n tekenende voorbeeld is. Daar is tans verskeie klagtes by die Internasionale Geregshof teen die ANC-bewind en van sy leiers wat hulle reeds jare lank aan aanhitsing tot volksmoord skuldig maak. Voovalle soos dié op Lindley is regstreeks of onregstreeks aan hierdie aanhitsing te wyte.”

Roodt het insgelyks verwys na die onlangse vonnis van 15 jaar tronkstraf wat aan die Rwandese popsanger Simon Bikindi opgelê is omdat hy hom in sy liedjies en konsertoptredes aan aanhitsing tot volksmoord skuldig gemaak het. “Dit is hoog tyd dat Malema en ander wat geweld teen Afrikaners en blankes haat aanblaas kragtens die internasionale reg vervolg word.”

Weens die gebruik van ‘n banier met die foto van Ban Ki-moon, het PRAAG verneem dat die Verenigde Nasies reeds op die hoogste vlak van die huidige betogings in Suid-Afrika kennis geneem het. Dr. Francis Deng, die VN se Spesiale Raadgewer vir die Voorkoming van Volksmoord monitor Suid-Afrika persoonlik, terwyl ‘n ondersoekspan gemoeid met volksmoord die land vroeg aanstaande jaar sal besoek.

PRAAG sit sy veldtog teen volksmoord en geweld voort. Dr. Roodt sal ook môre in sy Geloftedagtoespraak te Greenlands by Koppies in die Vrystaat na die oënskynlike willoosheid van die Afrikanervolk in die aangesig van geweld 172 jaar ná Bloedrivier verwys. Die tema van sy feesrede is: “Die gelofte en ons vrye wil.”

саун москваtopcargo отзывы