praag.co.za

Arresteer Winnie!

Written by

in

“Me. Winnie Madikizela-Mandela behoort dadelik gearresteer te word vir dwarsboming van die gereg. Haar optrede getuig van minagting teenoor wetstoepassing en skep die indruk dat sy verhewe is bo die reg. Sou enige ander lid van die publiek so opgetree het, sou die lid summier gearresteer gewees het. As lid van die Parlement (LP) moet sy ‘n voorbeeld stel, maar haar gedrag is ‘n verleentheid vir ander parlementslede. Die Vryheidsfront Plus gaan die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, vra vir ‘n ondersoek na die aangeleentheid,” sê Pieter Groenewald (LP) en hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Die optrede van Gauteng se provinsiale kommissaris, lt.genl. Mzwandile Petros, getuig van bevoordeling en bevoorregting teenoor Winnie Madikizela-Mandela. Hy is veronderstel om sy lede te beskerm, maar sê hulle moet verskoning gaan vra. Dit plaas ‘n vraagteken oor sy integriteit as kommissaris in Gauteng. Ons sal ook vra dat dit ondersoek word,” het Groenewald gesê.

укладка паркета своими руками видеоурокОлександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply