Die VF Plus doen reeds ‘n geruime tyd ‘n beroep op die provinsiale regering om ernstige aandag aan die reeks verkragtings, wat in Bloemfontein voorkom, te gee. Hierdie is weereens ‘n bewys dat die provinsiale regering nie beheer oor misdaad in die provinsie het nie en indien dit sou voortgaan, sal die nasionale regering moet begin oorweeg om self beheer oor die situasie te neem.
Buitelanders besoek Suid-Afrika oor die natuurskoon van Suid-Afrika en die VF Plus betreur die feit dat gebeure soos hierdie ‘n besliste negatiewe invloed op toerisme in die Vrystaat en die land sal hê. Geen regering kan hierdie tipe van optrede goedpraat of ignoreer nie.
Die feit dat dit so kort na die Dewani-moord gebeur het, plaas Suid-Afrika weereens in ‘n negatiewe lig in die buitelandse media.
