Malema-ondersteuners ingebus

‘n Bus vol ondersteuners van Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het Donderdag by die hof hul opwagting gemaak.

Malema word deur die burgerregtegroep, AfriForum, van haatspraak aangekla oor die sing van die woorde “Skiet die Boer” of “awudubhule ibhunu”.

“My president, my president, los my president uit,” het een van die ondersteuners geskree.

Malema was in ‘n grys pak met ‘n pers hemp geklee vir sy verskyning in die gelykheidshof.

Hy het Woensdag buite die hof aan ondersteuners gesê hy gaan die saak wen.

“Ons gaan wen, want ons is kinders van wenners,” het hy gesê.

Malema was deur lyfwagte en die ANC-LP, Winnie Madikizela-Mandela, vergesel.

“Ons doen goed, ons prokureurs doen baie goed… julle is ware vriende, ware comrades,” het Malema gesê.

Hy het Madikizela-Mandela bedank en na haar verwys as “sy ma”.

demo slot machineлобановский александр биография

Vrae oor aanvalsgewere

Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, moet antwoord oor die gebruik van outomatiese aanvalsgewere vir die beskerming van Julius Malema by die Gelykheidshof in Pretoria. Mnr. Pieter Groenewald (LP) woordvoerder van polisie vir die VF Plus het ‘n vraag by die parlement ingedien waarin hy vra of die wapens gelisensieerd is en aan wie dit gelisensieerd is asook of elkeen van die veiligheidswagte ‘n bevoegdheidsertifikaat besit om ‘n vuurwapen te mag hanteer.

“Die gebruik van outomatiese aanvalsgewere deur die veiligheidswagte van Julius Malema het ‘n lewensgevaar geskep vir die publiek. Die hofsaak op sig self wek redelik emosies op wat tot gevolg het dat die publiek hoogs emosioneel is. ‘n Situasie kon vinnig ontstaan het waar konflik skielik kon uitbreek en waarna die wagte blindelings op die mense sou kon skiet. Mens sou verwag dat die polisie die wagte met hulle aanvalsgewere onmiddellik sou verwyder het om die veiligheid van die publiek te verseker,” het mnr. Groenewald gesê.

games bigbangлобановский александр игоревич класс

Jeugliga is ‘n bedreiging vir voorspoed

Die grootste enkele bedreiging vir volgehoue ekonomiese voorspoed en vrede in Suid-Afrika, is die Jeugliga van die ANC, sê die VF Plus. Die party het gesê die land het vele uitdagings wat oorkom moet word, waarvan een van die ernstigste is om radikale elemente soos die ANCJL vas te vat.

Dit volg op die ANCJL se voorstel dat die Grondwet gewysig moet word om die staat toe te laat om privaat-eiendom sonder vergoeding te onteien. Hierdie voorstelle is vervat in die ANCJL se besprekingsdokumente vir hul kongres wat in Junie 2011 sal plaasvind.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-woordvoerder oor finansies, word alle Suid-Afrikaners – beide swart en wit – deur die ANCJL bedreig. Dit het tyd geword dat alle Suid-Afrikaners begin saamstaan teen radikale elemente wat die land se toekomstige voorspoed en vrede bedreig.

“Die ANCJL sal die onderhandelde skikking rondom 1994 in die snippermandjie gooi sonder om ‘n oog te knip. Dit is ongetwyfeld ‘n resep vir chaos en ‘n tweede Zimbabwe,” het Beyers gesê.

Die VF Plus het ook gesê dat die ANC se onvermoë om armoede en werkloosheid in die land aan te spreek, ruimte skep vir radikale groepe soos die ANCJL om hulle bose planne te bevorder.

“Armoede en werkloosheid behoort die regering se nommer een prioriteit te wees. Onder die ANC-regering neem armoede en werkloosheid daagliks toe ten spyte van die duur, korrupte en onvolhoubare projekte wat die regering sonder effek aanpak,” het Beyers bygevoeg.

липецк воротки,Фильчаков

ANC kritiseer weer gedrukte media

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het in Johannesburg aan die media gesê die leierskap van die ANC is bekommerd oor die rol van die media.

Die ANC het die media beskuldig daarvan dat hulle die rol van ‘n opposisieparty speel in aanloop tot die munisipale verkiesing op 18 Mei.

Mantashe sê veral die gedrukte media se berigte is negatief en ongebalanseerd oor die ANC.

Hy het verwys na die onlangse nuusberigte waarin beweer is dat daar ‘n komplot teen president Jacob Zuma beplan word.

Dié komplot wat glo deur lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee onder aanvoering van Tokyo Sexwale uitgedink is, is van alle waarheid ontbloot het Mantashe gesê.

best social mediaДанильченко Харьков

Shiceka moet die trekpas kry

“Baie ernstige bewerings word teen minister Sicelo Shiceka gemaak oor die misbruik van openbare fondse, onder andere om sy ‘meisie’ in Switserland te besoek waarvoor die publiek meer as R370 000 moes opdok,” aldus dr. Christo Landman, woordvoerder van grondwetlike sake.

“Hierdie afkeuringswaardige toedrag van sake moet beskou word teen ‘n wyer agtergrond. Toe ek kommissaris was van die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe (TGK) het ek die minister – toe minister van Provinsiale en Plaaslike Regering, meermale skriftelik ingelig oor wanbestuur in die kommissie. Hy het nooit eens erkenning van ontvangs gegee nie.

“Die ad hoc-kommissie van die Parlement wat ondersoek ingestel het na Hoofstuk 9-instellings het bewys dat ek die saak korrek beoordeel het. Toe nuwe komissarisse aangestel is, het die minister glo sy eie predikant as voorsitter van die kommissie aangestel.

“Die CDP glo die afkeuringswaardige optredes van die minister moet swaar gestraf word, en die aanstelling van kennisse in hoë ampte, is ‘n resep vir die ineenstorting van enige betekenisvolle regering.

“Die CDP doen ‘n beroep op die aanstelling van ‘n kommissie van ondersoek na die hantering van die TGK en dat die minister die trekpas kry.”

bridesmaid necklace and earring setАлександр Фильчаков Васильевич

Aurora-skenking skandalig

“Aurora se mede-eienaar, Khulubuse Zuma, se skenking van R1 miljoen aan die ANC is skandalig. Terwyl werkers van Aurora in Orkney en Grootvlei honger ly omdat hulle salarisse nie betaal word nie, is R1 miljoen beskikbaar vir die ANC. Dit bevestig dat Aurora sy invloed by die ANC-regering koop en waarom die regering traag is om op te tree teen Aurora, ten spyte van oortredings van landswette,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus.

“Die eienaars het ‘n arrogante en uitdagende houding en misbruik die regstelsel om betalings van salarisse te vertraag. Ministers en die ANC maak altyd ‘n groot ophef oor boere wat nie hulle werkers die minimum loon betaal nie, maar Aurora betaal glad nie sy werkers nie. Hieroor is die ANC stil en is dit duidelik omdat die eienaars familiebande het met pres. Zuma, maar nou ook geld skenk aan die ANC. Indien die ANC ernstig is oor werkskepping en die belange van werkers, moet hy die skenking weier,” het Groenewald gesê.

выбрать бензиновый илиФильчаков Александр Васильевич

McBride se grondwetlike teenspoed

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) meen die belangwekkende uitspraak van die Grondwetlike Hof oor die McBride-aangeleentheid is belangrik in die sin van:

1) Dat dit nie die wandade deur wat politieke revolusionêre teen onskuldige burgers van die land gepleeg is in die niet laat verdwyn nie

2) Dat dit ‘n morele verpligting op die media plaas om voorvalle, gebeurtenisse en selfs die aksies van revolusionêre in ‘n behoorlike en objektiewe perspektief moet plaas.

Dr. Christo Landman, Grondwetwoordvoerder van die CDP, sê volgens die CDP het McBride politieke immuniteit vir wandade gekry, maar sy rekord sal altyd aantoon dat hy dade gepleeg het wat onder normale omstandighede as ernstige misdade beskou sou wees.

“Die CDP ondersteun persvryheid om feitelik en objektief te rapporteer, maar meen tog dat die media dikwels in propaganda eerder as objektiewe verslaggewing verstrengel raak.

casino slotОлександр Фільчаков прокурор

Skole het kraamsale geword

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het gesê skole het kraamsale geword. Hy het hom opnuut sterk teen groeiende tienerswangerskappe uitgespreek.

Na beraming het 50 000 skoolmeisies in 2009 babas verwag.

Die minister sê hy gaan die hulp van afgetrede verpleegsters in roep om meisies en seuns by skole oor gesinsbeplanning te onderrig.

Die verpleegsters sal ook swanger meisies van hulp wees en gesondheidsonderrig gee.

Die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane het Saterdag gesê dit is belangrik om gesinsbeplanning by skole te doen om tienerswangerskappe sowel as MIV/vigs te bestuur.

центробежные насосы для воды промышленныеОлександр Фільчаков прокурор

Komplot teen Zuma oopgevlek

Zweli Mkhize, voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, het Sondag met afkeur gereageer op berigte dat hy en ander senior partyleiers saamspan om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak.

“Dit is ‘n leuen. Daar is nie so ‘n komplot nie,” het hy gesê.

Mkhize het talle ANC-ondersteuners by ‘n manifesto-bekendstelling vir die eThekwini-streek buite Amanzimtoti toegespreek.

Die Sunday Independent het Sondag berig dat hy ‘n dokument van 22 bladsye gesien het waarin genl. Bheki Cele ten gunste is van die toekomstige leierskap van Tokyo Sexwale.

Dié koerant het berig dat Sexwale aan stuur van ‘n groep is wat tydens volgende jaar se verkiesingskonferensie van Zuma ontslae gaan raak.

Die groep sluit in Mkhize, Julius Malema, Mathews Phosa, Fikile Mbalula, Jeff Radebe, Paul Mashatile, David Mabuza, Cassel Mathale, Thandi Modise, Enoch Godongwana, Bathabile Dlamini en Tony Yengeni.

освещение архитектурных сооруженийалександр лобановский класс

Malema: Wittes moet betrokke raak, swartes gaan grond vat

Jong wit mense moet meer betrokke raak by Suid-Afrika se sosiale en politieke lewe, sê Julius Malema.

Die ANC-jeugleier het Vrydag tydens ‘n toespraak voor die unie vir jong Joodse studente, SAUJS, dié beroep in Kaapstad gedoen.

“Ons vra die wit jeug om die grondwet te koester en aktief betrokke te raak by die politieke en sosiale lewe van die land,” het Malema gesê.

Hy het voorts gesê “baie min” jong wittes neem deel aan aktiwiteite om nasionale vakansiedae soos Vryheidsdag, Menseregtedag en Jeugdag te herdenk, “ten spyte van die feit dat die aktiwiteite oop vir almal is om deel te neem.”

Malema het die gehoor gevra om by die ANC en sy jeugliga aan te sluit en “by te dra tot die bou van die party en die land.”

“Net die ANC bied ‘n regverdige en billike ruimte, en ‘n geleentheid, om by te dra tot die ontwikkeling van die land.”

Malema het ook gesê swart mense is nie vergoed vir grond wat sedert 1913 deur witmense beset is nie. Alhoewel hy Zimbabwe se grondbeleid gekritiseer het, het hy ook gesê dit sal net regverdig wees indien swartes wit grond afneem sonder om daarvoor te betaal.

Malema het tov mynwese, betrekkinge met China en die grondkwessie gesê die Jeugliga se beleid verskil van die ANC s’n. Die jeugliga sal komende Dinsdag ‘n omvattende konsepbeleid oor Suid-Afrika se ekonomiese toekoms bekendstel.

China se koloniale rol in Afrika is volgens Malema problematies aangesien hulle nie plaaslike arbeid gebruik nie en die vasteland se hulpbronne plunder.

Malema het die nuwe die ekonomiese blok Bric-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China) gekritiseer en en gesê die groter lande sal Suid-Afrika bloot oordonder. Hy het weer die nasionalisering van die myne benadruk en gesê dit sal maatskaplike ontwikkeling aanhelp.

купить рюкзак школьный для мальчика ортопедическийОлександр Фільчаков прокурор