Malema: Wittes moet betrokke raak, swartes gaan grond vat

Jong wit mense moet meer betrokke raak by Suid-Afrika se sosiale en politieke lewe, sê Julius Malema.

Die ANC-jeugleier het Vrydag tydens ‘n toespraak voor die unie vir jong Joodse studente, SAUJS, dié beroep in Kaapstad gedoen.

“Ons vra die wit jeug om die grondwet te koester en aktief betrokke te raak by die politieke en sosiale lewe van die land,” het Malema gesê.

Hy het voorts gesê “baie min” jong wittes neem deel aan aktiwiteite om nasionale vakansiedae soos Vryheidsdag, Menseregtedag en Jeugdag te herdenk, “ten spyte van die feit dat die aktiwiteite oop vir almal is om deel te neem.”

Malema het die gehoor gevra om by die ANC en sy jeugliga aan te sluit en “by te dra tot die bou van die party en die land.”

“Net die ANC bied ‘n regverdige en billike ruimte, en ‘n geleentheid, om by te dra tot die ontwikkeling van die land.”

Malema het ook gesê swart mense is nie vergoed vir grond wat sedert 1913 deur witmense beset is nie. Alhoewel hy Zimbabwe se grondbeleid gekritiseer het, het hy ook gesê dit sal net regverdig wees indien swartes wit grond afneem sonder om daarvoor te betaal.

Malema het tov mynwese, betrekkinge met China en die grondkwessie gesê die Jeugliga se beleid verskil van die ANC s’n. Die jeugliga sal komende Dinsdag ‘n omvattende konsepbeleid oor Suid-Afrika se ekonomiese toekoms bekendstel.

China se koloniale rol in Afrika is volgens Malema problematies aangesien hulle nie plaaslike arbeid gebruik nie en die vasteland se hulpbronne plunder.

Malema het die nuwe die ekonomiese blok Bric-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China) gekritiseer en en gesê die groter lande sal Suid-Afrika bloot oordonder. Hy het weer die nasionalisering van die myne benadruk en gesê dit sal maatskaplike ontwikkeling aanhelp.

купить рюкзак школьный для мальчика ортопедическийОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae