Hond lewend verbrand

‘n Hond moes Maandag uitgesit word nadat hy in Daleside, Vereeniging, aan die brand gesteek is, het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Maandag gesê.

“Die hond het doodstil gestaan omdat dit te pynlik was om te beweeg. Geen dier verdien dié barbaarse, wrede teistering nie,” het Marlien Pieterse, bestuurder van die DBV in Vereeniging gesê.

Die Shar Pei-teefhond was nog lewend toe sy Maandag gevind is. Sy is met elektriese drade vasgemaak en haar hele lyf was verbrand.

“Haar wonde was te erg, so die beste ding wat ons kon doen was om haar uit te sit.”

Die DBV en die plaaslike polisie is op soek na die oortreders.

Die skuldiges sal ingevolge die Wet op Dierebeskerming aangekla word.

что такое справка 086Лобановский Харьков

Weermag takel renosterstropers

Vier vermeende renosterstropers is in twee verskillende voorvalle oor die naweek vasgetrek, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Maandag gesê.

Twee mans is Sondag in hegtenis geneem in ‘n gesamentlike operasie van die SANW en die polisie in Belfast Trust, KwaZulu-Natal, het woordvoerder lt. kol. Marinda Meyer gesê.

Hulle was na bewering betrokke by renosterstropery in en om die Kruger Nasionale Park in Mei.

Twee vermeende stropers, wat in besit van drie renosterhorings betrap is, is Vrydag in die Kruger Nasionale Park in hegtenis geneem.

Soldate wat op voetpatrollie in die park was, het hulle vasgetrek.

Hulle is ook in besit van ‘n AK-47, ‘n CZ550-jaggewer, ‘n byl en ‘n mes betrap. Een van die stropers is in die regtervoet geskiet toe hy na bewering die AK-47 op die soldate gerig het.

игры длядєвочєкФільчаков Олександр Васильович прокурор

Malema waarsku teen ondergrondse operasies

Die ANC-jeugliga (ANCJL) se president, Julius Malema het Saterdag gesê daar is mense wat deur die groot korporasies befonds word om jeugliga-leiers wat die nasionalisering van myne ondersteun, te verwyder.

Malema, wat na berig word ‘n tweede termyn as die jeugligapresident wil hê, is ‘n dryfveer agter die beweging om Suid-Afrikaanse myne te nasionaliseer.

“Hulle het gegaan na hierdie mense (groot besigheid) en gesê, gee ons geld sodat ons hierdie mense wat myne wil nasionaliseer kan verwyder,” het hy gesê.

ANCJL-lede moet bewus wees van mense wat deur groot besighede gesteun word, want hulle ondermyn die stryd, het hy gesê.

Volgens berigte in die media, sal Gautengvoorsitter, Lebogang Maile, Malema vir die presidentskap by die kongres uitdaag.

Malema het ook gesê daar is mense wat die komende konferensie in Johannesburg gaan probeer ontwrig.

“Hulle wil ‘n tussentydse leierskap tydens die konferensie verkies,” het hy gesê.

Hy het gewaarsku dat mense wat die konferensie wil ontwrig, gaan moeilikheid optel.

“Swak dissipline sal nie geduld word nie. Moenie chaoties wees nie. Ons is gereed vir mense wat anargie wil saai,” het hy gesê.

ANCJL-lede moet soortgelyke chaos soos by die vorige konferensie in Mangaung, vermy.

Malema is hartlik verwelkom deur die afgevaardigdes by die liga se provinsiale kongres by die Durbanse Stadsaal Saterdag. Hulle het slagspreuke uitgeroep wat vra vir ‘n tweede termyn.

Hulle het ook gesing “UMalema uyabuya” (Malema kom terug).

Die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal word gelei deur Malema se twee sterk bondgenote. Die jeugvleuel se provinsiale sekretaris, Bheki Mtolo en die provinsiale voorsitter, Mthandeni Dlungwana het Malema se bod vir die tweede termyn openlik ondersteun.

By die bekendstelling van Malema Saterdag, het Dlungwana gesê: “Ons sal hom weer kies”.

Malema het ook die jeug van KwaZulu-Natal geloof dat hulle vir die ANC gedurende die plaaslike regeringsverkiesings gestem het.

“Julle het die IVP vermoor,” het hy gesê.

Hy het ‘n beroep op die jeug gedoen om die leierskap van die werkersklas oor te neem, en gesê daar is ‘n gebrek aan militante leierskap.

no deposit free bonusданильченко юрій броніславович

Nuwe veldtog wil swart wesies laat krimp

‘n Nuwe televisie-advertensie wat hierdie maand uitgesaai sal word, wil bewustheid oor aanneming wek en sodoende die antwoord op Suid-Afrika se hoë persentasie swart weggooibabas bied.

Aannemingsagentskappe en oorwerkte maatskaplike werkers sal dié nuwe platform wat deur ‘n groep bemarkers daargestel is, kan gebruik om bewustheid oor aanneming te verhoog en die voorkoms van swart weggooibabas te bekamp.

“Add adoption as an option,” lui die slagspreuk vir die nuwe advertensieveldtog wat hierdie maand begin.

Gratis lugtyd vir die advertensie is op Dstv se Home Channel, TopTV, Soweto TV, MTV se Netwerk-Afrika, SABC en e.tv beding. Die produksiemaatskappy het glo ook hulle prys vir die verfilming van die advertensie verlaag.

Die 30-sekonde lange advertensie, is geskiet in swart en wit. Die veldtog en die advertensie was na aanleiding van ‘n voorbladfoto wat verlede jaar in The Times verskyn het van ‘n swart weggooibaba wat dood op ‘n vullishoop in Orlando, Soweto, gevind is.

Heelwat mense in die advertensiebedryf het hul dienste gratis aangebied om die saak te bevorder. Die bemarkers wou hulself nie uitlaat oor die swart ouers se verantwoordelikheid teenoor hulle babas nie. Een bemarker, wat anoniem wou bly, het egter aan Praag gesê dat swart kinders nie vir “hul ouers se losse sedes gestraf moet word nie”.

Die nasionale aannemingshulplyn is 0800 864 658, en ‘n inligting is beskikbaar by www.adoption.org.za.

люстры италия брендыФильчаков Александр Васильевич

ANC klap sweep oor Jeugliga

Leiers wat uitgevang word dat hulle invloed probeer werf vir gunsteling kandidate of inmeng by die ANC-Jeugliga se verkiesingskonferensie, kan dissiplinêr verhoor word, het ‘n woordvoerder van die ANC Sondag gesê.

“Ons wil nie enige inmenging in die verkiesingsproses sien of dat lede van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) met kandidaat-gunstelinge vorendag kom wat hulle in die leierskap van die ANCJL wil sien nie,” het Brian Sokutu aan Sapa gesê.

“Die organisasie sal nie huiwer om sulke leiers voor die ANC se Nasionale Dissiplinêre Komitee te daag nie.”

Sulke inmenging sal die ANC se naam ontsier, het die ANC in ‘n verklaring gesê.

“In hierdie opsig wil ons beklemtoon dat nie die NUK of die ANC enige kandidaat-gunstelinge vir die presidensie of enige ander leiersposisie in die Jeugliga het nie,” het die verklaring gelui.

“Teen hierdie agtergrond wil die ANC-leierskap saamwerk met enige leierskap van die ANC-Jeugliga wat demokraties verkies word by hul volgende konferensie.”

Sokutu het beklemtoon dat die ANCJL-konferensie niks met die ANC-leierskap te doen het nie en dat dit nie ‘n voorganger is vir die ANC se verkiesingskongres in 2012 nie.

курорты хорватии описаниеtopcargo отзывы сотрудников

Tolhekke: Hoe meer antwoorde, hoe meer vrae

“Hoe meer antwoorde hoe meer vrae,” was die VF Plus se reaksie na aanleiding van die minister van vervoer se antwoord op ‘n parlementêre vraag wat aandui wat die metode is waarvolgens die toltariewe bepaal is.

“Die ekonomiese modelle wat deur SANRAL/SANPAB toegepas is, is die welbekende koste-voordele (cost-benefit analysis), makro-ekonomiese en mikro-ekonomiese analise,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê. “Alhoewel die parlementêre antwoord meer lig werp op die metode wat gebruik is, word daar nie presies uiteengesit hoe by die resultate uitgekom is nie. Al die resultate dui op goeie redes om die tolprojek te inisieer. Daar is egter steeds kommer by die VF Plus oor die proses waarvolgens die hele projek aangepak is.

“Onreëlmatighede, soos dat die maatskappy Tolplan blykbaar deel was van die aanvanklike lewensvatbaarheidstudie en ook volgens berigte later die oprig van die tolstelsel bestuur het, skep meer vrae oor die lewensvatbaarheid en wettigheid van die projek. Die VF Plus gaan verdere parlementêre vrae in die verband aan die minister rig,” het Alberts verder verduidelik.

Die VF Plus het hierdie week ook aangedui dat die party gaan aansoek doen, in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, om alle dokumentasie van SANRAL/SANPAB te versoek wat sal aandui wat die werklike kostes van die Gautengse snelwegopgraderings sovêr is en wat die formule is wat gebruik word om die tariewe te bereken. Die VF Plus sal steeds voortgaan met die aansoek aangesien die antwoorde wat die minister verskaf het net nog meer vrae as antwoorde skep. “Ons sal veral wil sien presies hoe die ekonomiese modelle toegepas is om die toltarief te bereken sodat eksterne ekonome die integriteit van die navorsing kan ondersoek,” het Alberts gesê.

Die VF Plus beskou ook die terughou van kerninligting rondom die projek as gronde vir die tersydestelling van die huidige konsultasieproses aangesien die deelnemers ontneem word van hulle reg om behoorlik te reageer op die besluit wat SANRAL/SANPAB geneem het.

гидроаккумулятор минскДанильченко Юрий Брониславович компромат

Moet Suid-Afrika bekommerd wees?

Moet Suid-Afrikaners bekommerd wees vir die skynbaar nuwe e-Coli-variant wat al sowat 20 lewens in Europa geëis het, en nou reeds na die VSA versprei het?

Kenners is dit nog nie eens of dit ‘n nuwe variant is of nie. Terwyl ‘n Sjinese laboratorium bevind het dis nuut, vra ander deskundiges hoe dit nuut kan wees as dit reeds immuun teen bestaande antibiotika is. Daar is ongeveer 700 variante bekend.

Intussen waarsku ander dat die gebruik van antibiotika vermei moet word, omdat dit ander bakterieë in die aangetaste persoon se liggaam kan vernietig en dan die e-Coli-variant vryer teuels gee. Veral nierskade kan weens antibiotika-dosering opgedoen word.

E-Coli is maar te bekend in Suid-Afrika. Die variant wat hier aangetref word, word gewoonlik met riool-besoedelde water geassosieer. Omdat dit maklik opspoorbaar is, word dit as goeie klikbek beskou dat die groeimedium ook geskik is vir ander, gevaarliker, siektes soos cholera en maagkoors (tifoïde). Die afgelope klompie jare is cholera onder meer in ‘n waterpoel in Soweto aangetref, en tifoïde het sterftes by Delmas veroorsaak.

E-Coli – die variant wat in Suid-Afrika aangetref word – is selde op sy eie dodelik. Mense wat siek is aan Vigs en ander toestande, of ondervoed is, veral babas, kan egter sterf as hul gestelle afgetakel is. Dit is onder meer deur ‘n Amerikaanse studie in Oos-Afrika gestaaf.

In die VSA veroorsaak ‘n variant wat met kitskos, soos hamburger-patties geassosieer word ‘n reuse impak op die land se produktiwiteit en gesondheidsrekening. Dit beloop saam ongeveer $500 per jaar, en 60 Amerikaners sterf jaarliks daaraan, of weens komplikasies. Ongeveer 2 000 Yanks beland jaarliks in die hospitaal.

In die VSA word e-Coli-besmetting dikwels met salmonella-vergiftiging geassosieer. Dit is verskillende siektes wat soortgelyke simptome toon.

In Suid-Afrika is dit egter rioolbesoedelde water wat die groot probleem veroorsaak. ‘n Tweede, kleiner bron is reënwater wat oor die veld afloop waarop diere gemis het.

As dit by drinkwater kom, is die vereiste dat daar géén e-Coli-telling mag wees nie. Water met ‘n e-Colitelling van 30 bakterieë per 100 milliliter water moet liefs vir watersport vermei word. Bykans alle waterstrome in die Vrystaat het e-Coli-tellings is. By Loch Logan in Bloemfontein het die water by geleentheid ‘n telling van ongeveer 800 bakterieë per 100 ml water gemeet, wat verskriklik hoog is – hoewel tellings van miljoene al in Suid-Afrika geneem is soos in die Jukskeirivier by Alexandra.

Juis omdat die voorkoms in Suid-Afrika dikwels met drinkwater geassosieer word, is dit so belangrik dat die verskillende waterbronne groen- en bloudruppelstatus handhaaf, en dat riool-aanlegte behoorlik in stand gehou moet word. Dit blyk egter dat ongeveer net 3 % van Suid-Afrika se riooluitvalwerke aan die groendruppestatus voldoen. Uitvoerders het al gewaarsku dat Suid-Afrika op ‘n swartlys van onder meer groenteuitvoere na Europa geplaas kan word, sou e-Coliebesoedeling van waterbronne nie onder beheer gebring word nie.

Of die krisis wat Europa nou getref het, ook na Suid-Afrika kan versprei, hang af van heelwat faktore soos wat die groimedium is, en of die land dit doeltreffend buite sy grense kan hou. In Europa stry hulle nog en pak die skuld op mekaar.

Meer kan oor die siekte gelees word by http://www.about-ecoli.com/

свитер для мальчика купить в москвеЛобановский Харьков

Studente vandaliseer kampus

Sestien studente van die Walter Sisulu Universiteit se Ibika-kampus in Butterworth is Donderdag in hegtenis geneem vir openbare geweld, brandstigting en vandalisme, het die polisie in die Oos-Kaap verklaar.

Volgens kapt. Jackson Manatha is 10 mans en ses vroue in hegtenis geneem nadat hulle die universiteit se snoepwinkel gevandaliseer het asook ‘n veiligheidswagvertrek aan die brand gesteek het tydens betogings op die kampus.

Die betogings het Woensdag begin, nadat geen ooreenkoms bereik kon word tussen studente en die universiteit oor verskeie kwessies nie.

Betogende studente het ook Woensdag vyf polisievoertuie beskadig, maar niemand is in hegtenis geneem nie, het Manatha gesê.

Die 16 wat Donderdag in hegtenis geneem is, word onder meer van openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging aangekla.

Hulle sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Butterworth verskyn.

пуско зарядное устройство купить в спбОлександр Фільчаков прокурор

Albertina Sisulu oorlede

Albertina Sisulu, veteraan-aktivis en weduwee van die voormalige ANC-adjunkpresident Walter Sisulu, is Donderdagaand in haar huis in Linden, Johannesburg, op die ouderdom van 92 oorlede.

Albertina Sisulu was ‘n anti-apartheid vaandeldraer wat nou betrokke by die ANC-Vroueliga was.

Besonderhede oor haar afsterwe is nog nie beskikbaar nie.

Een van haar dogters, Beryl – ‘n voormalige ambassadeur in Noorweë – het haar sterfte bevestig.

Brian Sokutu, ANC-woordvoerder, het aan Sapa gesê Sisulu “het haar hele lewe toegewy aan die ANC, die afbou van apartheid en die inlui van ‘n grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika”.

Haar man, Walter, is in 2003 oorlede.

swarovski headbandОлександр Фільчаков прокурор

Kovsies tjilp oor Oprah-besoek

Die groot nuus van ‘n bekende swart Amerikaanse TV-persoonlikheid se besoek aan Bloemfontein is Donderdag deur prof. Jonathan Jansen, UV-rektor, op Twitter aangekondig.

“You heard it here first… On 24 June Oprah Winfrey lands on the campus of the University of the Free State,” het Jansen se twiet gelui.

Die Burger berig dat die kletskoningin Oprah Winfrey ‘n eredoktorsgraad in onderwys van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan ontvang. Sy sal die toekenning op 24 Junie ontvang.

Volgens ingeligte bronne, sal Oprah nie veel met van die stad of universiteit sien nie en slegs ‘n paar uur vertoef. Sy sal glo ook belydenisse van “gerehabiliteerde wit rassiste” aanhoor tydens haar besoek.

Lacea Loader, UV-woordvoerder, wou nie oor die besoek uitbrei nie, maar het bevestig dat Oprah kom. Besonderhede oor die besoek sal glo later bekend gemaak word.

“Ek kan net bevestig sy besoek die kampus en sy ontvang ‘n eregraad,” het Loader aan media24 gesê.

Die universiteit is nie skaam om linkse bekendes te vereer nie. Nelson Mandela het in 2001 ‘n eredoktorsgraad van die UV ontvang en Desmond Tutu is vanjaar uitgesonder vir ‘n eregraad.

Oprah se verbintenis met Suid-Afrika is reeds in omstredenheid gehul, nadat die swart spogskool vir meisies wat sy help oprig het, vir ‘n reeks skandale gesorg het. Die kletskoningin is nie ‘n voorstander van inheemse swart kultuur nie en haar werksaamhede is veral daarop gemik om swartes te verwesters.

bridesmaid necklace and earring setпрокурор Фильчаков