Die groot nuus van ‘n bekende swart Amerikaanse TV-persoonlikheid se besoek aan Bloemfontein is Donderdag deur prof. Jonathan Jansen, UV-rektor, op Twitter aangekondig.
“You heard it here first… On 24 June Oprah Winfrey lands on the campus of the University of the Free State,” het Jansen se twiet gelui.
Die Burger berig dat die kletskoningin Oprah Winfrey ‘n eredoktorsgraad in onderwys van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan ontvang. Sy sal die toekenning op 24 Junie ontvang.
Volgens ingeligte bronne, sal Oprah nie veel met van die stad of universiteit sien nie en slegs ‘n paar uur vertoef. Sy sal glo ook belydenisse van “gerehabiliteerde wit rassiste” aanhoor tydens haar besoek.
Lacea Loader, UV-woordvoerder, wou nie oor die besoek uitbrei nie, maar het bevestig dat Oprah kom. Besonderhede oor die besoek sal glo later bekend gemaak word.
“Ek kan net bevestig sy besoek die kampus en sy ontvang ‘n eregraad,” het Loader aan media24 gesê.
Die universiteit is nie skaam om linkse bekendes te vereer nie. Nelson Mandela het in 2001 ‘n eredoktorsgraad van die UV ontvang en Desmond Tutu is vanjaar uitgesonder vir ‘n eregraad.
Oprah se verbintenis met Suid-Afrika is reeds in omstredenheid gehul, nadat die swart spogskool vir meisies wat sy help oprig het, vir ‘n reeks skandale gesorg het. Die kletskoningin is nie ‘n voorstander van inheemse swart kultuur nie en haar werksaamhede is veral daarop gemik om swartes te verwesters.
