Hond lewend verbrand

‘n Hond moes Maandag uitgesit word nadat hy in Daleside, Vereeniging, aan die brand gesteek is, het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Maandag gesê.

“Die hond het doodstil gestaan omdat dit te pynlik was om te beweeg. Geen dier verdien dié barbaarse, wrede teistering nie,” het Marlien Pieterse, bestuurder van die DBV in Vereeniging gesê.

Die Shar Pei-teefhond was nog lewend toe sy Maandag gevind is. Sy is met elektriese drade vasgemaak en haar hele lyf was verbrand.

“Haar wonde was te erg, so die beste ding wat ons kon doen was om haar uit te sit.”

Die DBV en die plaaslike polisie is op soek na die oortreders.

Die skuldiges sal ingevolge die Wet op Dierebeskerming aangekla word.

что такое справка 086Лобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae