Brand-na-dra

Brand-na-dra is die jongste modegier wat township-kinders besiel. Dit staan bekend as i’khothane en is besig om vlam te vat, by wyse van spreke, onder die swart jeug.

In hierdie dae en tye met werkloosheid wat genadeloos byt, loop sulke tienerbyeenkomste in lokasies dikwels op die brand van duur ontwerpersklere – en selfs geld – uit.

Dit gaan blykbaar daaroor om uit te staan ​​in die skare en aan jou vriende te bewys dat jy so ryk is dat duur besittings niks beteken nie. Die gebrandery stop nie by klere of R50 note nie.

Soms behels i’khothane ook die vernietiging van “partytjiekos” soos KFC, waar die dansers die gesogte duur hoenderstukkies in die grond intrap terwyl honger swart maats tevergeefs toekyk.

Volgens een i’khothane-legende in Pimville het iemand een keer ‘n hele groot emmer KFC-hoender gekoop om dit daarna in die stof in te trap. Daarna het hy sy Carvelaskoene uitgetrek, hulle aan die brand gesteek en verklaar: “Hulle [die skoene] het klaar geëet het en nou is hulle vol!”

I’khothane “gevegte” of uitdagings word gewoonlik by ‘n plaaslike park of in ‘n openbare ruimte gehou. Die nuus van die byeenkomste word versprei per riemtelegram en die spanne word deur honderde kinders en tieners toegejuig en bewonder as hulle aankom. Dit verleen kitsglanspersoonlikheidstatus aan die deelnemers.

Deelnemers spog dat as hulle by winkelsentrums opgemerk word, word sommiges selfs vir handtekeninge gevra.

Die i’khothane begin met jou skoene. Vir die seuns, sal niks minder as ‘n paar Carvelas deug nie. Dit is ‘n bekende handelsmerk in die townships en ‘n paar kos tussen R1 200 en R2 000. In die 1990’s is dié handelsmerk deur almal bewonder, en as jy ‘n paar besit het, was jy onmiddellik beskou as “middelklas”. Vandag moet jy egter bereid wees om hulle te vernietig in die openbaar om te wys hoe ryk jy is.

In Pimville se sone 6 sê een van die deelnemers: “Abuntu Baya kufatela mawudla isdwdwe [mense respekteer jou wanneer jy duur en mooi aantrek],” 

Kinders by die byeenkomste raak dikwels hoenderkop van Hennessy cognac en Red Square vodka. Die musiek is oorverdowend. Waarnemers sê die byeenkomste kan heel maklik in geweld ontaard.

Baie van die swart seuns en meisies is nie so ryk soos wat hulle voorgee om te wees nie. Sommige van hierdie kinders woon in ‘n vierkamerhuisie en leef hul ouma se pensioengeld.

Bekendes soos Metro FM se platejoggie Sbu het al gewaarsku teen die gevare van i’khothane en hy is betrokke by programme in swart hoërskole om jong mense uit te daag oor hulle gebrek aan moraliteit. “Ek is regtig teleurgesteld met hierdie tendens,” sê hy. “Hulle [die kinders] mors hulle geleenthede deur te spog oor die rykdom wat hulle nie eens het nie.”

Олександр Васильович Фільчаков

Roodt kry hofbevel teen ‘Zoeloe-grondeienaars’

‘n Landboukundige van KwaZulu-Natal het ‘n hofbevel verkry teen ‘n swartman wat aanspraak maak op sy grond en dit glo stuk vir stuk verkoop.

Hy voer aan dat hy daarop geregtig is, omdat die grond aan die Zoeloes behoort.

Die eienaar van die stuk grond van 82 hektaar, Rusty Roodt, het ‘n dringende aansoek in die Pietermaritzburgse hooggeregshof ingedien.

Regter Ron McLaren het die aansoek toegestaan, wat Philani Bha Ndlovu, of enige iemand namens hom, verbied om die eiendom te betree voor die saak op die 21ste van die maand aangehoor is nie.

Roodt sê sowat 20 mense het die afgelope Vrydag kleims afgesteek, terwyl ‘n stootskraper Sondag gebruik is om die grond gelyk te maak.

Олександр Васильович Фільчаков

‘Ek wil wit wees’

Die swart kwaito-musikant Mshoza is vasbeslote om haar pigmentasie te bowe te kom. Sy is tans besig om haar vel te bleik en chirurgies haar voorkoms te verander.

Onverstoord deur neerhalende uitsprake en grappies op sosiale netwerk-webwerwe, sê Mshoza (ook bekend as Nomasonto Mnisi) sy het hard gewerk om die lewe wat sy nou lei, te kan bekostig.

“Ek verstaan ​​nie hoekom mense nou ‘n probleem het dat ek met my geld doen wat ek wil nie. Dit is my lewe.

“Miskien moet hulle begin lewe in plaas daarvan om uit ‘n bak van negatiwiteit te eet al die tyd,” het sy gesê.

Volgens die sanger, wat reeds honderde duisende op rhinoplastie [vir haar neus], ‘n borsmaatvergroting en maagvetverwydering, spandeer het, is haar voorkoms waaraan sy miljoene bestee, net die begin van ‘n lang en ingewikkelde proses.

“Ek sien tans drie velspesialiste. Hulle het die eerste fase voltooi. Ek lyk nie regtig op die oomblik bleek nie. Maar ja, wanneer alles voltooi is, sal ek lyk soos ‘n wit persoon. Van kop tot tone. Ek kan ook die rhinoplastie oordoen om my nuwe vel te pas. Maar dit beteken nie dat ek popmusiek sal begin sing of anders optree nie.

“Ek sal nog steeds dieselfde persoon bly wat my ondersteuners ken.”

Die sanger, algemeen bekend vir haar liedjie Kortez, het gesê sy weet nie wanneer die hele proses voltooi gaan wees nie.

Die ma van twee het aan die lig gebring dat die redes agter haar besluit om haar velkleur te verander vir haar ‘n teer onderwerp is.

Gevra of sy ontevrede is met die manier waarop sy gebore is, het ‘n selfversekerde Mshoza egter geantwoord: “Ek het nie ‘n probleem met die manier waarop God my geskape het nie. Om die waarheid te sê is ek lief vir Hom. Ek bid die hele tyd.

“Ek doen maar net waarvan ek hou. Dieselfde mense wat kritiek oor my uitspreek, het vals hare, naels en wimpers.

“Ek het baie oproepe ontvang van mense wat sê hulle wil graag dieselfde ding doen.” Haar man en kinders hou ook van die gedagte, sê sy.

Intussen het ‘n paar Twitter-gebruikers so ver gegaan as om te sê dat Mshoza wit massas wil werf vir die Demokratiese Alliansie.

Фильчаков прокурор отзывы

Grondbesetters slaan toe ‘vir Malema’

‘n Groep swartmense het privaatgrond in Hilton buite Pietermaritzburg beset en beweer dit behoort aan Julius Malema, president van die ANC-jeugliga.

Rusty Roodt, grondeienaar, het aan The Witness gesê hy sal Maandag die Pietermaritzburg-hooggeregshof nader om ‘n hofbevel te bekom wat die mense verhoed om sy grond te betree.

Hy het gesê die polisie het niks gedoen om die grondbesetting by Winterskloof in Hilton te keer nie.

“Ons sit voort wat ons begin het toe ons Donderdag en Vrydag betoog het om terug te neem wat ons s’n is,” het een van die besetters gesê in verwysing na die optog vir ekonomiese vryheid wat deur Malema gelei is.

Олександр Васильович Фільчаков

Malema vrees nie Valke nie

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het die Valke uitgedaag om hom aan te kla, berig die Daily Sun.

“Laat hulle kom! Ek is moeg daarvoor om aanhoudend gedreig te word,” het Malema aan die koerant gesê.

“Almal sit die Valke op my. Ek het nog nooit enigiets verkeerd gedoen nie en dalk is dit beter as die Valke my aankla sodat ek die bewerings voor ‘n landdros kan verduidelik.”

Malema het reageer op berigte dat hy dalk in hegtenis geneem kan word op aanklagte wat verband hou met sy finansiële sake.

Hy het gesê indien die Valke bewyse teen hom het, moet hulle hom vervolg.

“Indien die Valke my gaan aankla, is dit goed. Laat diegene wat bewyse het na vore kom,” het Malema gesê.

“Die SMS’e waarvan hulle praat en die geld wat hulle sê in my rekening gedeponeer is, moet in die hof verduidelik word.”

Die Valke wou nie Maandag kommentaar lewer oor die saak nie.

The Times het Maandag berig dat ‘n gesamentlike ondersoek deur die Valke en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na die jeugleier se finansies byna afgehandel is.

Volgens die berig is die ondersoek “so goed as afgehandel” en dis “net ‘n kwessie van tyd” voor owerhede optree.

Фільчаков прокурор

SA-huursoldate help om Gaddafi te vang

Suid-Afrikaanse huursoldate is waarskynlik sonder hulle medewete deur NAVO gebruik om Gaddafi in ‘n lokval te lei.

‘n Plaaslike veiligheidsmaatskappy, wat hoofsaaklik werk vir oud-polisiemanne in die buiteland vind, het glo ‘n verbintenis met die 19 huursoldate.

Volgens die koördineerder was die mans die laaste paar weke deur Navo gekontrakteer om spesifieke take in Libië uit te voer.

Danie Odendaal, een van die groep, het aan Beeld gesê die groep het in Libië aangekom sodat hulle Gaddafi na Niger kon neem. 

Die NAVO-aanvalle is glo op spesifieke oomblikke onderbreek om die rebelle die geleentheid te gee om Gaddafi gevange te neem.

Lees meer.

Фільчаков Олександр Васильович

Zille val haar eie partylede aan

Helen Zille, DA-leier, het ‘n openbare aanval op ‘n swart DA-parlements­lid op die party se webtuiste vir sy “rassisme” geloods. 

Zille het mnr. Masizole Mnqa­sela, DA-LP, van “Verwoerdiaanse logika” beskuldig, nadat Mnqasela Lindiwe Mazibuko se wit aksent verlede week in ‘n radio-onderhoud uitgewys het.

Hy het heeltemal eerlik tydens die onderhoud opgemerk as “iemand sy oë toemaak en na Mazibuko luister, sal jy sê dit is ‘n wit persoon wat met jou praat”. Mazibuko praat Engels vlot omdat sy in wit skole was.

Zille het Mazibuko verdedig en gesê sy het nie een keer in haar verkiesingsveldtog gesê die koukus moet die jong swart lid kies omdat sy swart is nie.

Zille se eie partylelede, waaronder ook Dene Smuts, het haar egter daarvan beskuldig dat sy ‘n rasselogika gebruik in die bevordering van Mazibuko as kandidaat.

Mazibuko is Donderdag tot dié pos verkies.

Mazibuko het intussen in ‘n onderhoud gesê sy is wel gekies omdat sy swart is en omdat sy swart kiesers na die DA sal lok agv haar ras.

Zille het ook gesê dat Mnqa­sela ‘n gek van hom en die party maak deur te sê Mazibuko is nie swart genoeg om die DA se parlementêre leier te wees nie.

Mnqasela, LP van Guguletu, het in reaksie op Zille se kritiek gesê hy “het niks om terug te trek nie en staan by elke woord”.

“Verwoerd was die argitek van apartheid en het alles wat anti-wit was vernietig en dit as die vyand beskou.

Ek word nou as die vyand beskou. Ek het gedink almal sal ná die verkiesing verenig, maar in plaas daarvan voer die leier ‘n skerp aanval op my en ander uit.

Ek hoop ons kan sit en dit bespreek. Die onverdraagsaamheid van verskillende menings is anti-DA.”

Mnqasela het vroeër vanjaar in die Wynbergse landdroshof op aanklag van verkragting tereggestaan, waartydens hy deur Zille bygestaan is.

 

 

topcargo отзывы

Malema glo op geleende tyd

Bewyse van tenderbedrog is glo deur die Valke gekry in hul ondersoek na die sake­belange van Julius Malema.

Luidens ‘n berig in die Sunday Independent is dit nie meer “of” nie, maar eerder “wanneer” Malema voor die hof gesleep word.

Die leier van die ANC-jeugliga gebruik glo die Ratanang-trust om omkoopgeld te kanaliseer.

Senior ANC-amptenare word glo by die ondersoek betrek wat die doen en late van SGL Engineering, ‘n sustermaatskappy van On-Point Engineering, ondersoek.

Malema was ‘n direkteur toe tenders ter waarde van miljoene deur owerhede in Limpopo goedgekeur is.

Die ondersoek van die trustfonds dateer terug tot 2004, met SGLonder die soeklig vanaf 2007.

Alhoewel sekere ANC-lede aandring dat die ondersoek nie polities gemotiveer is nie, het spanning onder Malema se bondgenote opgelaai.

Die ondersoek is duur al geruime tyd, volgens kol. McIntosh Polela, Valke-woordvoerder. Hy wou egter nie oor hulle vordering met die ondersoek uitbrei nie.

Die Burger het Sondag ontdek dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) ook reeds genader is om die Valke met die ondersoek te help. Die NVG se batebeslagleggingseenheid is eweneens betrokke.

Adv. Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, het die NVG-ondersoek teen Malema egter ontken.

“Sover ek bewus is, is daar geen ondersoek [teen Malema] nie, ook nie deur die NVG se batebeslagleggingseenheid nie.”

Malema was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Hy is tans in Mauritius waar hy vakansie hou.

 

Данильченко Харьков

Pretoriase student wreed verkrag, gesteek

Beeld berig dat ‘n student aan die Universiteit van Pretoria in die jongste rasaanval verkrag en herhaaldelik met ‘n mes gesteek is. Sy het daarna haarself na die tuinhekkie gesleep om hulp te soek.

Haar aanvaller het met haar selfoon en skootrekenaar gevlug. Sewe inwoners van die kompleks het glo gekla dat ‘n boosdoener dieselfde aand by hul huise probeer inbreek het.

‘n Man wat in dieselfde veiligheidskompleks in Magalieskruin, in die noorde van Pretoria, het haar gekry waar sy erg verswak en bebloed om hulp gesmeek het. Die woonstel was ook oortrek met bloed.

‘n Polisiewoordvoerder, het gesê die vermeende aanvaller is kort daarna gearresteer en word met drie ander verkragtings en poging tot moord verbind.

‘n Inwoner van die kompleks het die rasaanval as “die ergste wat ek nog ooit in my lewe gesien het” beskryf. Die slagoffer is in die gesig, op haar kop, bene en arms gesteek.

Volgens dié inwoner het die student (22), nadat sy en ‘n groep Bybelstudie gehou het, na buite gestap. Toe sy alleen terugkeer in die huis, het die aanvaller haar ingewag.

Haar  medeinwoner wat in die kompleks rondge­stap het omdat hy nie kon slaap nie, het gehoor hoe sy saggies: ‘Help my, help my’ prewel. Hy het haar dadelik hospitaal toe geneem.

Die verdagte het glo nog die meisie se selfoon en skootrekenaar by hom gehad toe hy gevang is.

Die vermeende aanvaller sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

 

Фильчаков прокурор

Mugabe siek

Zimbabwe se president, Robert Mugabe het volgens regeringsbronne in die geheim na Singapoer gereis vir mediese behandeling, vir die agtste keer vanjaar, te midde van toenemende bespiegeling oor die gesondheid van die 87-jarige leier.

Politieke waarnemers sê terwyl Mugabe sy 32ste jaar aan bewind nader, begin faksies in Zanu-PF in die openbaar steun werf in ‘n opvolg-stryd.

Die regeringsbronne, wat nie hul name genoem wil hê nie, sê Mugabe en sy vrou Grace het Maandag van Harare na Johannesburg gevlieg, vanwaar hulle op ‘n vlug van Singapore Airlines na Singapoer gevlieg het.

Hy sal na verwagting Sondag terugkeer. Mugabe se woordvoerder wou nie kommentaar lewer nie. Westerse diplomatieke bronne het die afgelope tyd opgemerk dat Mugabe toenemend broos voorkom.

Die amptelike verklaring is dat hy ‘n katarak-operasie ondergaan het, maar gerugte doen die rondte dat hy prostaatkanker het wat versprei het.

Фильчаков прокурор