praag.co.za

Zille val haar eie partylede aan

Written by

in

Helen Zille, DA-leier, het ‘n openbare aanval op ‘n swart DA-parlements­lid op die party se webtuiste vir sy “rassisme” geloods. 

Zille het mnr. Masizole Mnqa­sela, DA-LP, van “Verwoerdiaanse logika” beskuldig, nadat Mnqasela Lindiwe Mazibuko se wit aksent verlede week in ‘n radio-onderhoud uitgewys het.

Hy het heeltemal eerlik tydens die onderhoud opgemerk as “iemand sy oë toemaak en na Mazibuko luister, sal jy sê dit is ‘n wit persoon wat met jou praat”. Mazibuko praat Engels vlot omdat sy in wit skole was.

Zille het Mazibuko verdedig en gesê sy het nie een keer in haar verkiesingsveldtog gesê die koukus moet die jong swart lid kies omdat sy swart is nie.

Zille se eie partylelede, waaronder ook Dene Smuts, het haar egter daarvan beskuldig dat sy ‘n rasselogika gebruik in die bevordering van Mazibuko as kandidaat.

Mazibuko is Donderdag tot dié pos verkies.

Mazibuko het intussen in ‘n onderhoud gesê sy is wel gekies omdat sy swart is en omdat sy swart kiesers na die DA sal lok agv haar ras.

Zille het ook gesê dat Mnqa­sela ‘n gek van hom en die party maak deur te sê Mazibuko is nie swart genoeg om die DA se parlementêre leier te wees nie.

Mnqasela, LP van Guguletu, het in reaksie op Zille se kritiek gesê hy “het niks om terug te trek nie en staan by elke woord”.

“Verwoerd was die argitek van apartheid en het alles wat anti-wit was vernietig en dit as die vyand beskou.

Ek word nou as die vyand beskou. Ek het gedink almal sal ná die verkiesing verenig, maar in plaas daarvan voer die leier ‘n skerp aanval op my en ander uit.

Ek hoop ons kan sit en dit bespreek. Die onverdraagsaamheid van verskillende menings is anti-DA.”

Mnqasela het vroeër vanjaar in die Wynbergse landdroshof op aanklag van verkragting tereggestaan, waartydens hy deur Zille bygestaan is.

 

 

topcargo отзывы

Comments

Leave a Reply