Tolhekdubbelpratery

Die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, se vroeëre uitspraak dat die Gauteng-tolprojek tot in Februarie 2012 op ys is, strook nie met sy nuutste verklaring dat die stelsel steeds in Februarie 2012 geïmplementeer sal word indien geen alternatief vir die befondsing van die padopgraderings gekry kan word nie.

Die Vryheidsfront Plus beskou dit as dubbelpratery en skep groter verwarring met die gevolg dat padverbruikers die regering toenemend wantrou. Daar is alreeds baie sinvolle alternatiewe befondsingmetodes aan die regering vanuit die publiek voorgelê.

Volgens adv Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, skep die feit dat padgebruikers ook nou al die “e-tag”-transponder kan aankoop ten einde op ‘n laer tarief aangeslaan te word, die indruk dat die tolstelsel wel in Februarie 2012 geïmplementeer gaan word en dat die huidige proses van openbare konsultasie bloot ‘n skyn is om die publiek te paai.

“Dit is boonop ook onduidelik hoe enige prysverlagings wat die minister dalk mag maak op bestaande “e-tags” sal impakteer en of die stelsel sulke soort veranderinge kan hanteer.

‘n Situasie kan in die toekoms ontstaan waar duurder “e-tags” wat nou aangekoop is gebruik word terwyl die amptelike tarief goedkoper is. Dit sou ‘n verbreking van die Wet op Verbruikersbeskerming teweeg bring.

Daarom adviseur die VF Plus padverbruikers om nie nou al die “e-tags” aan te koop nie, maar te wag tot in Januarie 2012 om te sien wat die werklike stand van sake is,” het Alberts gesê.

Die VF Plus gaan voort om die tolstelsel teen te staan en versoek die publiek om deel te neem aan die party se aanlyn protesaksie by www.tolhekpetisie.org.za.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op die minister te plaas om die tolhekstelsel heeltemal te skrap en die nodige fondse by wyse van die bestaande brandstofheffing te verhaal,” het Alberts bygevoeg.

Die tolhekinisiatief kom uit die Vryheidsfront wat dit uit die staanspoor gedryf het en dit is verblydend om te sien dat die DA hulself agter dié inisiatief skaar.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

DA ignoreer hofuitspraak

Die ANC in die Suid-Kaap het die DA-leier, Helen Zille, daarvan beskuldig dat sy nie opgetree het teen die partyspeaker in die Bitou-munisipaliteit, Johan Brummer, nie.

Brummer is onlangs deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof ongeskik bevind om speaker te wees.

Die hof het ook Brummer se aansoek verwerp om ‘n ANC-raadslid, Lulama Mvimbi, te verbied om die raadsaal te betree.

Volgens ‘n ANC-woordvoerder, Putco Mapitiza, verwag hulle nou van die DA om teen Brummer op te tree.

 

лобановский александр дочь

Cope ontken saamsmeltvoornemens met DA

Die Congress of the People het ontken dat dié party enige planne maak om met die Demokratiese Alliansie saam te smelt.

“Ons wil dit kategories stel dat Cope sy eie identiteit en visie het,” het Hilda Ndude, senior lid van Cope, Donderdag by die Parlement aan verslaggewers gesê.

“Daar is geen voornemens van Cope se LP’s om by die DA of enige ander party aan te sluit nie.”

Berigte dat die party ‘n samesmelting beplan, is “baie kwaadwillig”, het sy gesê.

Die Sowetan het vroeër vandeesweek berig die party wil hê sy lede moet by die DA aansluit ná die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se eerste swart parlementêre leier.

“Die Sowetan het betroubaar verneem by bronne binne beide Cope en die DA dat Mosiuoa Lekota, leier van Cope, ‘n dokument opgestel het waarin hy vra vir meer samewerking met die DA…” het die koerant Maandag berig.

Die koerant het ‘n bron “binne die DA” aangehaal wat gesê het “sleutel-persone sal na die DA oorloop…”.

Die DA se federale voorsitter, James Selfe, het Donderdag by navraag gesê daar was geen amptelike gesprekke tussen die twee partye nie.

Op ‘n vraag of hy deur Cope genader is om ‘n samesmelting te bespreek, het Selfe, wat haastig was om ‘n vergadering van die DA-koukus by te woon, geantwoord: “Nee.”

Ndude het aan verslaggewers gesê die berig in die Sowetan was “verspot en baie moedswillig”.

Sy het gesê Cope se LP’s “verwerp saam berigte dat ons gesels oor samesmeltings, wat gesien kan word as ‘n eksodus van ons LP’s wat by die DA aansluit, betrokke is”.

Dit sluit egter nie die moontlikheid van “samewerkende reëlings” met ander opposisiepartye in die 2014-verkiesings in nie.

Alhoewel die “herranskikking” van opposisiepartye ‘n Cope-droom bly, is daarby nog nooit ‘n samesmelting bedoel nie, het Ndude gesê.

Dit sal egter nie “koöperatiewe reëlings” met ander opposisie partye in die 2014-verkiesing uitsluit nie.

Die oorlewing van Cope sal nie afhang van ander opposisiepartye nie, het sy gesê.

Cope-LP Dennis Bloem, het gesê van die party se 37 lede, “het nie ‘n enkele een … aangedui hulle is gereed om by enige ander politieke party aan te sluit nie”.

Terwyl die meeste lede van Cope se koukus teenwoordig was by Donderdag se vergadering, was die party-leier, Mosiuoa Lekota nie.

“Hy het nog ‘n vergadering in sy kantoor,” het Bloem aan joernaliste gesê.

александр лобановский класс

Beste staatsamptenaar is glo Jeugliga-kader

Die ANC-jeugliga het Clifford Motsepe vir sy aanwysing as die beste Openbare Sektor-bestuurder in Suid-Afrika gelukgewens.

Motsepe is by die jaarlikse Black Business Quarterly (BBQ)-toekennings vir 2011 vereer. Kameraad Motsepe, ‘n Jeugliga-man en leier van die ANC in Limpopo is een van die beste, indien nie die beste nie, staatsamptenaar in die hele Suid-Afrika, sê die liga in ‘n persverklaring.

Oor die afgelope 3 jaar, het Motsepe 19 toekennings van uitnemendheid ontvang en al die staatsdepartemente en munisipaliteite wat hy gelei het, het skoon verslae gekry. Dit sluit in die Departement van Samewerkende Regering, nedersettings en Tradisionele Sake, waar hy tans as hoof van die departement dien.

Die ANC-jeugliga het gesê hy kom sy verpligtinge teenoor die mense van Suid-Afrika na.

Die liga het Motsepe geprys as een van hul eie, ‘n uitstaande staatsamptenaar en ‘n ​​ware kader van die ANC. Die ANC Jeugliga is trots op hulle lede, het die liga se verklaring afgesluit.

топкарго кидалы

Elfjarige seun by skool verkrag

‘n Elfjarige seun is na bewering om die beurt deur vier ander seuns by ‘n skool in Eldorado Park, ‘n hoofsaaklik bruin gebied suid van Johannesburg, verkrag, het die polisie Woensdag gesê.

Die seun ontvang berading van maatskaplike werkers terwyl ‘n saak van verkragting ondersoek word, het kapt. Phil Khorombi gesê.

Volgens hom het die verkragting Vrydagoggend op die skoolterrein plaasgevind.

“In hierdie stadium kan ons nie veel meer besonderhede oor die saak bekend maak nie,” het hy gesê.

Die Gautengse onderwysdepartement het ook sy eie ondersoek na die gebeure geloods, het Charles Phahlane, woordvoerder, gesê.

“Die gebeure het ons geskok en ons beskou dit in ‘n ernstige lig,” het hy gesê.

Phahlane het nie die naam van die skool bekend gemaak nie.

данильченко юрий брониславович прокурор

Shabangu slaan vure dood vir myne

Nasionalisering van die land se myne is nie die beleid van die regering of dié van die regerende party nie, het die minister van minerale hulpbronne, Susan Shabangu, Woensdag gesê.

“Ek is heeltemal bewus dat my eie herhaalde versekerings, asook verskeie verklarings deur die regering en ons president, nie die beleggers se besorgdheid in dié verband opgeklaar het nie,” het sy in ‘n toespraak wat voorberei is om by ‘n internasionale mynkonferensie in Londen gelewer te word, gesê.

“Dit maak nie saak hoe dikwels ons regering die voor die hand liggende – dat nasionalisering nie Suid-Afrikaanse regeringsbeleid of ANC-beleid is nie – stel nie, die omstredenheid en gewaande vrese wil net nie verdwyn nie.”

Shabangu se kommentaar oor nasionalisering volg op die ANC-Jeugliga se optog vir “ekonomiese vryheid” verlede week.

Die liga het nasionalisering van die land se meine geëis.

Shabangu het gesê haar party het nog nie afgewyk van die beleid van ‘n gemengde ekonomie wat hulle sedert 1994 volg nie.

“Hierdie stryd [oor die kwessie van nasionalisering] is al vir ‘n lang tyd daar en ek is seker dit sal voortduur – en dit behoort voort te duur, aangesien dit ‘n vereiste vir ‘n lewendige demokrasie is,” het sy gesê.

“Dit is egter die ANC wat aan die mag is en nie gedeeltes wat die breë kerk waaruit die ANC bstaan nie. Dit is dus ANC-beleid wat sal seëvier en niks anders nie.”

топкарго отзыв

Zuma waarsku hofsaakmakers dat die stembus praat

Die bevoegdhede van die howe kan nie beskou word as hoër as ‘n mandaat van die meerderheid nie, het president Jacob Zuma gesê.

Dit is nodig om te onderskei tussen die verskillende verantwoordelikhede van die regbank en die verkose takke van die staat, het Zuma Dinsdag gesê tydens ‘n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies.

Die spesiale vergadering is gehou om afskeid te neem van die voormalige hoofregter Sandile Ngcobo en Hoofregter Mogoeng Mogoeng te verwelkom.

Die uitvoerende gesag, as verkose amptenare, het die uitsluitlike diskresie om die beleid vir die regering te bepaal. Die beginsel van die skeiding van magte beteken die inmenging van een arm van die staat op die terrein van ‘n ander moet ontmoedig word, het die president gesê.

“Ons respekteer die magte en die rol wat toegeken word deur ons Grondwet aan die wetgewer en die regbank,” het Zuma gesê. “Terselfdertyd, verwag ons dieselfde van hierdie baie belangrike instellings van ons demokratiese bestel.”

Die bevoegdhede van die howe kan nie beskou word as verhewe bó die van ‘n mandaat van die mense nie, het Zuma gesê.

Om ondersteuning te bied aan die regbank en die howe om hul werk te doen, sal dit help “as politieke geskille polities opgelos word”.

“Ons moet nie ‘n gevoel kry dat daar mense is wat die land wil saamregeer deur die howe, as hulle nie die nodige stemme tydens verkiesings gewen het nie,” het Zuma gesê.

“Dit sal inmeng met die onafhanklikheid van die regbank.”

“Die geregtelike tak van die regering sal die vertroue van die mense wen net as dit werklik onafhanklik is,” het Ngcobo by die geleentheid gesê. 

Олександр Васильович Фільчаков

JuJu kla oor Valke inligting uitlek

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, voel sy menseregte word benadeel deur inligting wat gelek word van die polisie, het die SABC Dinsdag berig.

Die uitsaaier het berig Malema oorweeg dit om die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie oor die kwessie te nader.

Malema het in ‘n onderhoud gesê hy is bekommerd oor wat hy as die aanhoudende lek van inligting deur ‘n onbekende bron binne die Valke-eenheid bestempel.

“Daar kan nie lekkasies by ‘n organisasie soos die Valke wees nie. Dit beteken mense wat daar werk is nie lojaal aan die interne prosesse nie,” het Malema gesê.

“Die Valke moet self besorg wees oor waarom ‘n individu só sal optree. Hulle moet hulself ondersoek, want daardie individu ondermyn ondersoeke en die integriteit van die organisasie self.”

Verskeie nuusberigte het daarop gedui dat Malema deur die Valke aangekla gaan word sodra hy terugkeer van ‘n vriend se swierige troue in Mauritius.

Die Sunday Independent het eerste berig dat die Valke prima facie-bewyse van korrupsie teen Malema het. Dit hou verband met die toekenning van tenders aan maatskappye waarin Malema belange het.

Luidens die berigte sal Malema in hegtenis geneem word en voor ‘n hof moet verskyn ná bewerings van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Malema het gesê hy is bereid om saam te werk.

Floyd Shivambu, ANCYL-woordvoerder, het Maandag in ‘n verklaring gesê daar was nog nooit enige kommunikasie tussen Malema en die Valke nie.

“Die gesiglose bronne wat in die koerante aangehaal word, versprei sensasionalistiese gerugte,” het Shivambu gesê.

лобановский класс

Honderde beset kerkgrond

Honderde mense het grond beset wat aan die Verenigende Hervormde Kerk buite Mthatha in die Oos-Kaap behoort, het die SABC Dinsdag berig.

Kerkverteenwoordigers het gesê die grondbesetters het ‘n komitee gevorm, wat die 57 hektaar grond opgedeel en teen R7 000 per erf verkoop, het die uitsaaier berig.

Die kerk het reeds aansoek gedoen vir ‘n uitsettingsbevel, wat verlede Vrydag van krag gemaak is. Sommige mense het egter aangebly op die grond en teen Woensdag nog op die opgedeelde erwe gebou.

‘n Lid van die besetters se komitee, Jonas Ntsabile, het na 150 jaar gelede se geskiedenis verwys vir sy reg om die grond te beset.

Hy het die verkoop van die lappies grond betwis en gesê die gemeenskap vat terug wat jare gelede van hulle weggeneem is deur die NG Kerk en wit boere.

“Dit is met geweld afgeneem en gegryp deur sendelinge. Mense het die besluit geneem om terug te gaan en hul voorvaders se grond as begunstigdes te vat. Daar is geen verkoop van grond betrokke nie.”

– ‘n Ander groep mense het Maandag private grond in Hilton buite Pietermaritzburg beset en gesê dit behoort aan Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga.

Een van die leiers wat erwe verkoop het, het gesê hy kan dit doen omdat “die grond aan die Zoeloe-mense behoort”.

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het die respondent, Philani Bha Ndlovu, of enigiemand wat namens hom optree, verbied om die eiendom te betree tot die kwessie op 21 November gefinaliseer kan word.

Фильчаков прокурор харькова

Zuma prys Mazibuko

Die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê.

“Ek dink dit voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika,” het Zuma by ‘n sake-ontbyt in Kaapstad gesê.

“Ek dink dit is ‘n aanduiding dat ons demokrasie, sowel as die bemagtiging van vroue werk.”

Mazibuko is bo die hoogs ervare Athol Trollip tot die posisie verkies.

“Ek dink die feit dat jy ‘n ervare man wat ‘n teenstander was en deur ‘n jong dame geklop is, wys dat demokrasie in die land werk.”

“Dit gee ‘n geleentheid aan alle Suid-Afrikaners van alle ouderdomme om deel te neem.”

Zuma het gesê die Demokratiese Alliansie sal nie permanent beheer hê oor die Wes-Kaap nie.

“Mense in die Wes-Kaap het ‘n spesifieke voorkeur in terme van politiek. Dit is nie ‘n permanente kwessie nie”.

Фільчаков прокурор