Tsvangirai trou met politieke vyand

Politieke vyandskap in Zimbabwe is blykbaar ‘n gemoedelike affêre as dit uit die huwelik gehou word.

Morgan Tsvangirai, die Zimbabwiese premier, het met Locadia Tembo, getrou. Tembo is ‘n sakevrou van Harare wie se suster ‘n wetgewer vir pres. Robert Mugabe se party is, is Woensdag berig.

Tsvangirai het Maandag met Tembo getrou tydens ‘n tradisionele seremonie. Hy het labola van $36 000 (sowat R300 000) en 15 beeste aan sy nuwe skoonfamilie betaal, het die staatbeheerde Herald-koerant berig.

Tsvangirai se eerste vrou is twee jaar gelede oorlede. Sy nuwe bruid is ‘n geskeide vrou wie se suster, Biata Nyamupinga, Mugabe se Zanu-PF-party in die parlement verteenwoordig.

“Politiek sal uit premier Morgan Tsvangirai se huwelik met Locadia Tembo gehou word omdat beide hulle families aan mededingende partye behoort,” het The Herald berig.

Tsvangirai se kantoor het geweier om kommentaar oor die berigte te lewer.

Лобановский Харьков

Waar’s Winnie?

Dit is nie bekend of Winnie Madikizela-Mandela (75), voormalige eggenoot van oudpres. Nelson Mandela, steeds in die hospitaal is nie.

Erin Walsh, ‘n woordvoerder van die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg, het gesê sy is nie gemagtig om oor die kwessie te praat nie.

Walsh is Vrydag deur die Mandela-familie gemagtig om op dié dag alleen te sê Madikizela-Mandela is vir mediese waarneming in die hospitaal opgeneem.

Die ANC-vroueliga kon ook nie sê of Madikizela-Mandela intussen ontslaan is nie.

Madikizela-Mandela is verlede Vrydag in die hospitaal opgeneem vir ‘n diabetes-verwante toestand, het Zindzi Mandela, haar dogter, in ‘n verklaring gesê.

Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, het Dinsdag gesê hy glo sy was nog Maandag in die hospitaal, maar het sedertdien geen inligting ontvang nie.

Hy kon nie Woensdag onmiddellik kommentaar lewer nie, omdat hy in ‘n vergadering was.

Mthembu het Dinsdag gesê die party sal ‘n verklaring uitreik wanneer Madikizela-Mandela uit die hospitaal ontslaan word.

Madikizela-Mandela is in September vir ‘n operasie aan haar enkel in die Life Brenthurst-kliniek in Parktown opgeneem.

лобановский александр игоревич харьков

VSG spreek kommer uit oor Inligtingswet

Verslaggewers Sonder Grense het hul teleurstelling en kommer uitgespreek omdat die Suid-Afrikaanse parlement die nuwe Wet op die Beskerming van Staatsinligting goedgekeur het.

“Terwyl dit te verstane is dat sensitiewe dokumente geklassifiseer mag word, moet die proses duidelik gedefinieer en beperk word, en moet nie vryheid van inligting en joernaliste se vryheid bedreig nie.

“Hierdie wet in stel ondersoekende joernalistiek in gevaar,” het die organisasie gesê.

Hulle dring daarop aan dat president Jacob Zuma nie die wet onderteken nie. Die omstrede wetsontwerp sal die publikasie van sensitiewe dokumente deur die media beperk en joernaliste wat sulke materiaal openbaar maak aan die moontlikheid van gevangenisstraf blootstel, sê VSG.

Die finale weergawe sal volgens VSG nie toelaat dat fluitjieblasers of joernaliste die openbare belang as gronde vir die openbaarmaking van geklassifiseerde inligting gebruik nie.

Dit is nog nie duidelik hoe die wet in die praktyk geïmplementeer sal word nie, maar dit lyk asof daar min twyfel bestaan dat dit die joernaliste se vermoë om gedetailleerde ondersoeke na sensitiewe onderwerpe soos hoë-vlak politieke korrupsie, finansiële skandale, wanregering en nepotisme te loods, beperk.

Onder die Suid-Afrikaners wat die wet gekritiseer het, is Nadine Gordimer en Desmond Tutu. Politici soos die voormalige ANC-intelligensie-minister Ronnie Kasrils en Wes-Kaapse premier Helen Zille van die Demokratiese Alliansie het ook hul teenkanting uitgespreek.

Die wet is voorts gekritiseer deur organisasies soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum Forum en die Nelson Mandela-stigting, wat gesê het dit is onaanvaarbaar in sy huidige vorm. Mandela het in 1997 plegtig belowe dat mediavryheid nooit in Suid-Afrika bedreig sal word “so lank as wat die ANC die regerende party is nie.”

Protes teen die voorgestelde wet is in Pretoria, Johannesburg, Soweto en Kaapstad gehou en is swak bygewoon, meesal deur joernaliste van die gedrukte media.

Max du Preez, wat gereeld kritiek lewer teen vryheid van spraak op die internet, en pleidooie lewer dat sodanige meningsvryheid beperk behoort te word, is ook gekant teen die wet.

Данильченео

SA: Korrupsie en omkopery vererger

Korrupsie en omkopery is aan die vererger in Suid-Afrika, volgens ‘n meningspeiling deur die teenkorrupsie-organisasie, Transparency International.

In vier van die ses lande in suider-Afrika wat deelgeneem het, het mense aangedui dat hulle omkoopgeld betaal om dienste te versnel. In Suid-Afrika en die Demokratiese Republiek van die Kongo is meer omkoopgeld betaal om probleme met die owerheid te vermy.

In die peiling is meer as ses duisend mense in die DRK, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe uitgevra. In die streek is 62 persent van die mense van mening dat korrupsie in die afgelope drie jaar erger geword het.

Diegene wat in al ses lande deelgeneem het aan die peiling, het die polisie as die mees korrupte diensverskaffer uitgewys.

Александр Фильчаков прокурор

SA help DRK stem

Suid-Afrika gaan help met die logistieke reëlings vir die verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo wat Maandag gehou word.

Die Minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu, was in die land om toesig te hou oor die aflewering van stembriewe wat in Suid-Afrika gedruk is.

Die Kongolese Verkiesingskommissie wil nou hê Suid-Afrika moet help met die vervoer van die stemmateriaal na meer as 200 sentrums.

Sisulu sê Suid-Afrika sal put uit sy ervaring van die land se algemene verkiesing in 2006 om die Kongolese by te staan.

Фильчаков прокурор

Swart Dinsdag of Woensdag ‘n foefie

In die beste bewys nog dat swart Suid-Afrikaners hoegenaamd nie oor die voorgestelde Inligtingswet bekommer soos drukgroepe voorhou nie, het net 20 mense Sondag ‘n openbare vergadering bygewoon daaroor.

Die ANC het die byeenkoms in Sophiatown, Johannesburg, gehou as deel van hul openbare konsultasieproses. Dié en ander vergaderings word sedert Vrydag gehou.

Die ANC het die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting in September tydelik van die parlementêre program onttrek om sy eie konsultasieproses buite die parlement te volg, nadat die Right2Know-veldtog die regering daarvan beskuldig het dat hulle lede deelname aan ‘n ad hoc-komitee om die wetsontwerp te wysig, geweier word.

Wette wat burgers in staat stel om te weet wat gebeur in hul regerings het wêreldwyd alledaags geword oor die afgelope dekade. ‘n Nuwe verslag van Associated Press wat pas vrygestel is, dui egter daarop dat meer as die helfte van die lande met vryheid-van-inligtingswette, nie werklik hul eie wette gehoorsaam nie.

In Januarie het AP ‘n toets van stapel gestuur in 105 lande wat sulke wetgewing het, of grondwetlike bepalings van dieselfde ding, of hulle werklik sulke vryheid toestaan. Binne een week het hulle vrae voorgelê het aan al hierdie lande. Dieselfde ses vrae is gevra van elke land, naamlik die hoeveelheid en die omstandighede van terreurarrestasies en skuldigbevindinge die afgelope dekade.

Die resultate was redelik neerdrukkend. Slegs 14 van die 105 lande, het binne die spertyd gereageer. ‘n Totaal van 38 lande “het uiteindelik die meeste vrae beantwoord”. Vier-en-vyftig het nog nie enige antwoorde, 10 maande later, ingehandig nie en ses het geweier om inligting op grond van die feit dat dit nasionale veiligheid in gevaar stel, te openbaar.

In Afrika, natuurlik, het 11 uit 15 van die Afrika-lande die versoek heeltemal geïgnoreer. Kanada het gevra vir ‘n 200-dae verlengtyd, en die FBI het namens die VSA “ses maande laat met ‘n enkele vel met vier datums, twee woorde en ‘n groot gedeelte oop spasie” gereageer, volgens die verslag.

Suid-Afrika het vinniger as die VSA gereageer, 170 dae na die sperdatum. Mosambiek het dadelik aan die vereistes voldoen. Sy voorlegging het ‘n lys van die datums van terrorisme-arrestasies die afgelope dekade bevat, met inligting van die nasionaliteit van die individu wat aangehou is, en die gedeelte van die wet wat oortree was.

Indië het ten volle, binne ‘n maand, meer detail as wat versoek is, gegee. Oor die die algemeen, sê AP, het “nuwer demokrasieë” baie beter gereageer as ontwikkelde lande.

Die agentskap waarsku egter dat Indië die bewys is dat sulke wette nie noodwendig net goeie gevolge inhou nie, aangesien honderde mense reeds vermoor en vervolg is nadat die wette in 2005 in Indië ingestem is.

China en Pakistan het sulke wette geïmplementeer om by die Wêreld Handel Organisasie aan te sluit en hulp van die IMF te ontvang, onderskeidelik. Lande wat die wette aanvaar as gevolg van finansiële aansporings, slaan geen ag op die toepassing nie of beperk sulke wette, sê AP.

 

Фильчаков прокурор харьков

Mazibuko praat in lugleegte op Fokus

Lindiwe Mazibuko, wat Sondagaand die gas op Lynette Francis se geselsprogram Fokus op SABC2 was, sê swart armoede tans is die gevolg van apartheid.

Mazibuko is die omstrede nuutverkose parlementêre leier van die DA.

Gesoute DA-lede het haar aanstelling vroeër gekritiseer en as die party se rassekaart beskryf om swart lede te werf. Hulle het Zille daarvan beskuldig dat sy Mazibuko vanweë haar velkleur voorgestoot het en nie weens haar bekwaamheid nie.

Mazibuko het in vlot Engels, met ‘n wit aksent, dit weer beklemtoon dat swart armoede wat tans heers uitsluitlik die gevolg van apartheid is, en dat die party transformasie sal nastreef.

Sy het ook gesê sy wil die party saamsnoer om beter dienslewering te verseker.

Op ‘n vraag of die verskille binne die party oor haar aanstelling steeds aanwesig is, het sy gesê die party ondersteun haar en aanvaar die beslissing van die demokratiese meerderheid.

Sy het het haar nie uitgelaat oor die Midvaalkorrupsieskandaal waarby die DA betrokke is nie en ook nie op die nuutste omstrede uitlatings van Zille dat manlike Vigslyers tronkstraf opgelê behoort te word vir onbeskermde seks nie.

Zille het intussen probeer ontken dat sy die stelling gemaak het wat baie ongewild by haar swart kiesers is, en deur grondwetkenners as ongrondwetlik beskryf is.

Zille het teruggekrabbel en gesê Suid-Afrikaners moet hulle seksuele gedrag verander en aanspreeklikheid daarvoor aanvaar, om die verspreiding van die MI-virus te voorkom.

Ontleders meen Zille het die Vigs-uitlatings gemaak om die fokus van die DA se korrupte bedrywighede in Midvaal af te neem.

 

 

Данильченко Юрий отзывы

Gordimer: Swart stemreg ‘was kinderagtige idee’

Selfverklaarde Afrikanerhater en Nobelpryswenner Nadine Gordimer het stry gekry met haar eertydse bondgenote, die ANC. Sy het die regering daarvan beskuldig dat hulle Suid-Afrika na apartheid wil terugneem met die nuwe Inligtingswet.

Gordimer het in 1991 die Nobelprys vir letterkunde ontvang vir haar “vreeslike groot bydrae tot die mensheid”. Sy het in Afrikanervroue in een van haar romans beskryf as “net so goed soos vetplante om mee te kopuleer”.

Gordimer, het Sondag in Johannesburg tydens ‘n 88ste verjaardagviering gepraat luidens timeslive, en gesê dat die wetsontwerp “heeltemal teen alle idees van vryheid” indruis. Gordimer was eers een van die grootste ondersteuners van die ANC.

“Mense het geveg en gesterf vir die geleentheid van ‘n beter lewe, wat deur korrupsie geruïneer en besmet is.

“Die korrupte praktyke en nepotisme wat toelaat dat hulle [politici] blootgestel word, is as ons oor die vryheid van uitdrukking beskik. Toe ons almal saam gaan stem het, wat ‘n groot oomblik in my lewe was, het ons gedink alles sou regkom. Dit was ‘n kinderagtige idee,” het sy gesê.

Gordimer en die Egiptiese feminis Nawaal Sadaawi was altwee gassprekers by ‘n simposium aangebied deur die Departement van Kuns en Kultuur in samewerking met die Windybrowteater en die Skool vir Tale en Letterkunde by Wits Universiteit. Die geleentheid is swak bygewoon, en was ‘n “vermorsing van belastinginkomste” volgens lede in die gehoor.

Die Egiptiese skryfster het aan Gordimer gevra, “Hoe kan Suid-Afrikaanse mense polities bevry word soos hulle ekonomies bevry is?” Gordimer het bondig gereageer: “Ons moet nog die apartheid binne onsself verower.”

Die Wet op die Beskerming van Inligting sal môre voor die Nasionale Vergadering dien.

Die Nasionale Persklubklub het intussen ‘n nuwe Swart Woensdag-veldtog van stapel gestuur om die gebeure van 19 Oktober 1977, toe die NP-regering twee koerante verbied het, te herdenk. Hulle het gevra dat mense swart Woensdag dra as ‘n teken van hul teenkanting teen die wetsontwerp.

Die kantoor van die ANC-hoofsweep Mathole Motshegka sê die vergelyking van ‘n “suiwer demokratiese en oop proses tot een van die donkerste dae van apartheid” is “ernstig sinneloos”.

In ‘n verklaring laat Sondagaand, het Motshekga se kantoor gesê mense moet nie die diep pyn en lyding wat deur die meerderheid van mense onder apartheid ervaar is, goedkoop maak nie.

Die verklaring herhaal die vorige verklarings gemaak deur die hoofsweep dat die wetsontwerp in lyn met internasionale standaarde is, asook dat daar verdere geleentheid vir gesprek sal wees.

Die teenstanders van die wet vrees dat die Britse en Amerikaanse greep op die ANC sal verslap omdat hulle nie meer geheime inligting aan die koerante sal kan lek om die ANC in die verleentheid te stel en sodoende beheer oor die politieke verloop te behou nie.

In geen Westerse land word sulke inligting vryelik beskikbaar gestel aan joernaliste nie, en die onlangse gebeure by Rupert Murdoch se News of the World in Brittanje, toon duidelik dat die verhouding tussen die joernaliste en luistervinke indringende vrae oor joernalistieke etiek opper.

“Die regering sal nooit, en het geen voorneme om joernaliste te verbied, te martel en te vermoor nie,” lui die verklaring voorts.

ANC-woordvoerder Jackson Mthembu het die voormalige intelligensie-minister Ronnie Kasrils ook daarvan beskuldig dat hy Suid-Afrika se intelligensiediens vanuit die “graf” probeer regeer.

лобановский политик

Zuma se regterhand wil M&G muilband

Die Mail & Guardian moes noodgedwonge dele van ‘n ondersoekende verslag wat bedoel was om vandag gepubliseer te word, uithaal nadat die weekblad dreigemente van strafregtelike vervolging deur die presidensiële woordvoerder ontvang het.

Redakteur Nic Dawes het gesê die koerant wou inligting publiseer oor ‘n ​​Nasionale Vervolgingsgesag Artikel 28-onderhoud met Maharaj.

Dawes het Donderdag getwiet: “Ons wou aan julle die besonderhede van ‘n ondersoek na Mac Maharaj bring wat ontstellende vrae opper. Ons is verbied deur die pyn van tronkstraf.”

“Net soos die #inligtingswet straf die NVG-wet bekendmaking van S28 rekords met tot 15 jaar, selfs as jou doel is om ernstige oortreding te openbaar,” het ‘n ander twiet gelees.

Dawes het in ‘n TV–onderhoud gesê: “Dit lyk vir ons baie duidelik dat Mac Maharaj ​​aan die Skerpioene gelieg het.”

Die grooste deel van die artikel deur die ondersoekende verslaggewers Sam Sole en Stefaans Brümmer is gesensor nadat die koerant se prokureurs aangeraai is om publikasie te weerhou.

Die koerant sal die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging Menzi Simelane versoek om toe te laat om die materiaal in volgende week se uitgawe te publiseer. As die versoek afgekeur word, sal die koerant “hierdie slegte wette toets” in die hof, het Dawes gesê.

“Ons glo ons het die volste reg om die inligting te publiseer, wat aanleiding gee tot ernstige vrae oor die optrede van ‘n man wat namens die president praat,” het Dawes gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

Matrieksertifikaatswendelaars vas

Twee mans is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle vervalste matrieksertifikate in ‘n winkel in Turffontein, suid van Johannesburg, verkoop het, het die polisie in Gauteng gesê.

Hulle is omstreeks 14:00 in hegtenis geneeem, het kapt. Pinky Tsinyane gesê.

“Die sertifikate lyk nes regte sertifikate, jy sal hulle nie uitmekaar kan ken nie,” het sy gesê.

Die sertifikate is teen R2 000 elk verkoop.

“Die mans het ook vervalste ID’s en ander dokumente verkoop.”

Dit is onseker hoe die dokumente gemaak is.

Die polisie vermoed nog mense is betrokke by die maak van hierdie sertifikate en ondersoek die kwessie.

Die twee is aangekla van bedrog en sal binnekort in die Booyens-landdroshof verskyn, het Tsinyane gesê.

Олександр Васильович Фільчаков