Matrieksertifikaatswendelaars vas

Twee mans is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle vervalste matrieksertifikate in ‘n winkel in Turffontein, suid van Johannesburg, verkoop het, het die polisie in Gauteng gesê.

Hulle is omstreeks 14:00 in hegtenis geneeem, het kapt. Pinky Tsinyane gesê.

“Die sertifikate lyk nes regte sertifikate, jy sal hulle nie uitmekaar kan ken nie,” het sy gesê.

Die sertifikate is teen R2 000 elk verkoop.

“Die mans het ook vervalste ID’s en ander dokumente verkoop.”

Dit is onseker hoe die dokumente gemaak is.

Die polisie vermoed nog mense is betrokke by die maak van hierdie sertifikate en ondersoek die kwessie.

Die twee is aangekla van bedrog en sal binnekort in die Booyens-landdroshof verskyn, het Tsinyane gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae