Obama probeer China paai

Pres. Barack Obama van Amerika en Julia Gillard, premier van Australië, het Woensdag planne bekend gemaak om die Amerikaanse militêre teenwoordigheid in die Stille Oseaan-gebied by Asië uit te bou.

China het reeds hulle besorgheid uitgespreek oor Amerika se planne maar Obama het in antwoord op hul vrese belowe om groter samewerking met Beijing na te streef.

“Ek maak dit met my besoek aan die streek duidelik dat Amerika sy toewyding aan die hele Stille Oseaan-streek verskerp,” het Obama by ‘n mediakonferensie gesê.

Die VSA se militêre magte wil die “fokus weg van Irak en Afghanistan neem en meer in die algemeen op Asië, veral Suidoos-Asië, konsentreer, meer buigsaam wees en help bou aan streeks-kapasiteit”, het hy aan die Australiese
parlement gesê.

“Aan die einde ons huidige oorloë, het ek my nasionale veiligheidspan gevra om ons teenwoordigheid en missies in die Asië-Stille Oseaanstreek ‘n topprioriteit te maak,” het Obama gesê in ‘n belangrike toespraak oor Washington se visie vir die Asië-Stille Oseaan-streek.

“As gevolg hiervan, sal die besnoeiing in die VSA se verdedigingsbegroting nie, ek herhaal, sal nie,  ten koste van die Asië-Stille Oseaan wees nie.”

Hy het bygevoeg: “Ons het meer geleenthede vir samewerking met Beijing, insluitende groter kommunikasie tussen ons om begrip te bevorder en misrekening te vermy.”

Senuagtig oor China se groeiende invloed, het die Amerikaanse bondgenote soos Japan en Suid-Korea ook waarborge van die Verenigde State gesoek dat die VSA ‘n sterk teenwig in die streek sal bly.

‘n Eerste stap in die uitbreiding van die VSA se militêre mag in Suidoos-Asië sal die ontpooiing van seesoldate, vlootskepe en vliegtuie in die noorde van Australië vanaf 2012 wees.

Die ontplooiing in Australië, wat teen 2016 ‘n taakgroep van 2 500 Amerikaanse seesoldate sal wees, is klein in vergelyking met die 28 000 troepe gestasioneer in Suid-Korea en 50 000 in Japan.

Maar die teenwoordigheid in Darwin, slegs 820 km van Indonesië, sal toelaat dat die Verenigde State vinnig Suidoos-Asië en die Indiese Oseaan sal kan bereik.

Vanaf aanstaande jaar gaan Amerikaanse soldate en vlie­g­tuie opereer vanuit die tropiese stad Darwin, wat slegs 820 km van Indonesië is. Van daar kan hulle vinnig reageer op huma­nitêre of veiligheidskwessies in Suidoos-Asië, waar spanning toe­neem weens twiste oor die Suid-Chinese See.

Obama het beklemtoon dit is nie ‘n poging om China te isoleer nie. China is besorg dat die VSA hom probeer omsingel met basisse in Japan en Suid-Korea, en nou met soldate in Australië.

“Die idee dat ons China vrees, is verkeerd. Die idee dat ons China graag wil uitsluit, is verkeerd,” het hy gesê en bygevoeg China word nie uitgesluit van die beplande Trans-Pasifiese handelsverdrag nie. Ons verwelkom die opkoms van ‘n vreedsame China.”

Hy het bygevoeg China se toenemende mag beteken dié land moet gro­ter verantwoordelikhede aanvaar om vrye handel en veiligheid in die streek te verseker.

Die Amerikaanse ontplooiing in Australië is die grootste sedert die Tweede Wêreldoorlog. Destyds het Japan meer bomme op Darwin gegooi as op Pearl Harbour in Hawaii.

“Dit was hier in Darwin dat ons alliansie met Australië se ‘Pearl Harbor’ gebore is,” het Obama, met sy moue opgerol, aan 2000 Australiese en Amerikaanse troepe in die tropiese hawe gesê, waar hy aangedoen het op pad na Indonesië.

Meer bomme is op Darwin laat val tydens ‘n Japannese aanval gedurende die Tweede Wêreldoorlog as op Hawaii, maar Obama het gesê die VSA-Australiese troepe het gehergroepeer om groot Stille Oseaan-oorwinnings te behaal.

“Hier in Darwin en die noorde van Australië sal ons die volgende trotse hoofstuk in ons alliansie skryf,” het Obama gesê, en bygevoeg dat Amerikaanse en Australiese magte die veiligheid van Asiatiese seeroetes na die noorde sal verseker wat van kritieke belang vir beide ekonomieë is.

China het die nuwe ontplooiing van die VSA bevraagteken, en ‘n buitelandse woordvoerder het sy twyfel uitgespreek oor of die bevordering van sulke alliansies sal bydra om die streek saam te snoer in moeilike ekonomiese tye.

Die reaksie van sommige staatsbeheerde media was nog skriller, met ‘n bytende kommentaar van die amptelike nuusagentskap Xinhua Donderdag wat lui: “Elke land in die streek … het ‘n goeie rede om die Verenigde State se ambisie te bevraagteken.”

“Trouens, sou dit nie as ‘n verrassing kom as die Verenigde State besig is om hegemonie in die streek, in ooreenstemming met sy aspirasies as ‘n globale supermag, te soek nie,” het Xinhua gesê.

Indonesië, Suidoos-Asië se grootste land en versigtig vir buitelandse militêre teenwoordigheid in die streek, het ook gewaarsku dat die Australiese ooreenkoms risiko’s inhou.

“Wat sou ek haat om te sien, is dat sodanige ontwikkelings ‘n reaksie en teen-reaksie uitlok en ‘n bose kringloop van spanning en wantroue skep,” het minister van buitelandse sake in Indonesië Marty Natalegawa aan verslaggewers gesê.

Obama het gesê die Verenigde State van Amerika wil nouer saamwerk met China om ekonomiese welvaart en veiligheid in die streek te verseker, maar sal openhartig moet praat oor kwessies soos menseregte en verhoogde veiligheidsaangeleenthede soos die Suid-Chinese See waardeur $5 triljoen dollar in handel jaarliks vaar.

China eis groot dele van die seegebied op, ook ryk in olie, minerale en vissery-hulpbronne. Vietnam, die Filippyne, Taiwan, Maleisië en Brunei hou mededingende eise wat verskeie dispute in die afgelope jaar veroorsaak het.

Die Amerikaanse buitelandse minister Hillary Clinton het pertinent tydens haar besoek aan die Filippyne Woensdag, gesê dat geen eiser homself na intimidasie moet wend nie.

Obama het gesê die verhoogde fokus op die Asië-Stille Oseaan-streek is noodsaaklik vir Amerika se ekonomiese toekoms.

“As die wêreld se mees snelgroeiende gebied – en die tuiste van meer as die helfte van die globale ekonomie – is die Asië-Stille Oseaan van kritieke belang in die bereiking van my hoogste prioriteit: die skep van werk en geleenthede vir die Amerikaanse volk,” het hy gesê.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae