Withuis boos oor soen

Die Withuis en die Vatikaan is dit eens dat die mees onlangse reklameveldtog deur die kleremaatskappy Benetton totaal en al onvanpas is.

Hulle het beswaar gemaak teen die gebruik van Obama se gelykenis in die foto’s wat vir dié omstrede reklame-veldtog gebruik is.

In dié twee nagemaakte foto’s soen Obama sy eweknieë in China in een en Venezuela in die ander.

“Dit is die Withuis se beleid om die gebruik van die president se naam of gelykenis vir kommersiële doeleindes af te keur,” het ‘n woordvoerder van die Withuis gesê.

Die omstrede reklameveldtog is reeds ten sterkste deur die Vatikaan veroordeel.

Die Vatikaan het besluit om regstappe teen die kleremaatskappy te neem nadat hulle ‘n gemanipuleerde foto van die pous wat ‘n imam soen, gebruik het.

данильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae