Geen politici in nuwe Italiaanse kabinet

Mario Monti, nuwe premier van Italië, het ‘n nuwe regering uit bankiers, diplomate en sakelui gevorm.

Hy sê die tekort aan politici in sy kabinet sal politieke partye die “verleentheid” spaar om moeilike besluite te neem wat benodig word om die land uit ‘n finansiële ramp te lei.

Monti (68), ‘n voormalige kommissaris van die Europese Unie, en sy kabinet is Woensdag by die presidensiële paleis ingehuldig.

Hy sal Donderdag na verwagting sy wetgewende agenda aan die parlement voorstel.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae