Swart Dinsdag of Woensdag ‘n foefie

In die beste bewys nog dat swart Suid-Afrikaners hoegenaamd nie oor die voorgestelde Inligtingswet bekommer soos drukgroepe voorhou nie, het net 20 mense Sondag ‘n openbare vergadering bygewoon daaroor.

Die ANC het die byeenkoms in Sophiatown, Johannesburg, gehou as deel van hul openbare konsultasieproses. Dié en ander vergaderings word sedert Vrydag gehou.

Die ANC het die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting in September tydelik van die parlementêre program onttrek om sy eie konsultasieproses buite die parlement te volg, nadat die Right2Know-veldtog die regering daarvan beskuldig het dat hulle lede deelname aan ‘n ad hoc-komitee om die wetsontwerp te wysig, geweier word.

Wette wat burgers in staat stel om te weet wat gebeur in hul regerings het wêreldwyd alledaags geword oor die afgelope dekade. ‘n Nuwe verslag van Associated Press wat pas vrygestel is, dui egter daarop dat meer as die helfte van die lande met vryheid-van-inligtingswette, nie werklik hul eie wette gehoorsaam nie.

In Januarie het AP ‘n toets van stapel gestuur in 105 lande wat sulke wetgewing het, of grondwetlike bepalings van dieselfde ding, of hulle werklik sulke vryheid toestaan. Binne een week het hulle vrae voorgelê het aan al hierdie lande. Dieselfde ses vrae is gevra van elke land, naamlik die hoeveelheid en die omstandighede van terreurarrestasies en skuldigbevindinge die afgelope dekade.

Die resultate was redelik neerdrukkend. Slegs 14 van die 105 lande, het binne die spertyd gereageer. ‘n Totaal van 38 lande “het uiteindelik die meeste vrae beantwoord”. Vier-en-vyftig het nog nie enige antwoorde, 10 maande later, ingehandig nie en ses het geweier om inligting op grond van die feit dat dit nasionale veiligheid in gevaar stel, te openbaar.

In Afrika, natuurlik, het 11 uit 15 van die Afrika-lande die versoek heeltemal geïgnoreer. Kanada het gevra vir ‘n 200-dae verlengtyd, en die FBI het namens die VSA “ses maande laat met ‘n enkele vel met vier datums, twee woorde en ‘n groot gedeelte oop spasie” gereageer, volgens die verslag.

Suid-Afrika het vinniger as die VSA gereageer, 170 dae na die sperdatum. Mosambiek het dadelik aan die vereistes voldoen. Sy voorlegging het ‘n lys van die datums van terrorisme-arrestasies die afgelope dekade bevat, met inligting van die nasionaliteit van die individu wat aangehou is, en die gedeelte van die wet wat oortree was.

Indië het ten volle, binne ‘n maand, meer detail as wat versoek is, gegee. Oor die die algemeen, sê AP, het “nuwer demokrasieë” baie beter gereageer as ontwikkelde lande.

Die agentskap waarsku egter dat Indië die bewys is dat sulke wette nie noodwendig net goeie gevolge inhou nie, aangesien honderde mense reeds vermoor en vervolg is nadat die wette in 2005 in Indië ingestem is.

China en Pakistan het sulke wette geïmplementeer om by die Wêreld Handel Organisasie aan te sluit en hulp van die IMF te ontvang, onderskeidelik. Lande wat die wette aanvaar as gevolg van finansiële aansporings, slaan geen ag op die toepassing nie of beperk sulke wette, sê AP.

 

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae