Geloftevolk roskam Zuma

Die ANC het ‘n poging deur die regse groep die Geloftevolk om ‘n klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma te lê, verwerp.

“Dit het mode geword vir onbekende en nie-verteenwoordigende regse randorganisasies… om aandag te probeer trek deur ons president en struggle-geskiedenis te gebruik,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Saterdag gesê.

“Hulle klag wat poog om ons historiese erfenis sleg te praat en dit as ‘n bron van haat te probeer voorstel, sal nie onbetwis bly nie, want ons geskiedenis kan nie anders verduidelik word op ‘n ander wyse of wat voldoen aan diegene se weergawe wat dit wil wegwens nie.”

Die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg het Vrydag bevestig dat die Geloftevolk en sy leier, André Visagie, ‘n reeks amptelike klagtes ingedien het.

Die eerste klag van die groep is teen die haatspraak wat pres. Zuma gebesig het. Hy het glo die ANC-liedjie met die woorde “skiet die Boer” vroeër vanjaar tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein gesing.

Die groep het ook ‘n klag teen die minister van polisie gelê omdat die polisie nie ingegryp het toe swartes by die moordverhoor van die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’blanche plakkate omhoog gehou het met die woorde “Boere word gebleksem” (sic) nie.

Die derde klag hou verband met die ANC-regering se “mislukking” om ‘n spesiale taakmag aan te wys om boere na die ontbinding van die kommandostelsel te beskerm.

Mthembu het ontken dat Zuma die lied “Bubul’ ibhunu” by die ANC se eeufees gesing het, maar bevestig dat die ANC gekant is teen die verbod en hulle dit sal beveg.

“Ons wil die feit weer stel dat president Zuma tydens die eeufees in Mangaung nie die lied gesing het wat deur die Gautengse hooggeregshof verbied word nie… en wat ons tans teenstaan nie.”

Hy het gewaarsku teen die “polarisering” van die Suid-Afrikaanse samelewing wat deur die klagtes aangemoedig kan word.

“Ons vind hul bewering dat President Zuma is nie hul president is nie en dat hy anti-wit is, absurd en jammer,” het hy gesê.

“Die ANC het en sal voortgaan om ‘n voorstander van nie-rassigheid in hierdie land te wees en sal nie afgeskrik word deur enige persoon of organisasie [wa]t hierdie land na die koloniale en apartheidsbewind wil terugneem nie.”

Visagie het gesê hy hoop die saak sal die internasionale media se aandag trek, want “ons word in hierdie land vermoor, net omdat ons wit velle het”.

Die Geloftevolk is deur Visagie, voormalige sekretaris-generaal van die AWB, gestig.

[Praag wil lesers se aandag daarop vestig dat hierdie SAPA-berig, soos talle ander, ‘n volledige vertaling van die oorspronklike berig verteenwoodig wat in Media24 slegs in ‘n “aangepaste” vorm verskyn. Red.]

данильченко юрій броніславович компромат

Bosma se besoek ontketen herrie in SA

Die besoek van die heer Martin Bosma uit Nederland het, soos te wagte kan wees, ‘n herrie onder SA se linkse meningsmouse veroorsaak. Hieronder tel joernaliste van die dagblad Beeld.

Bosma is ondervoorsitter van die Nederlandse senaat (tweede kamer) en voorsitter van die interparlementere kommissie van die Nederlandse Taalunie (Nederland, Vlaandere en Suriname).

Sy party, die Partij voor de Vrijheid (PVV), is krities oor die omskepping van die Nederlandse samelewing tot ‘n multi-kulturele een. Tradisioneel is die Nederlande hoofsaaklik bewoon deur taalsprekers wat algemeen beskaafde Nederlands (ABN) as gemeenskaplike omgangstaal gebruik het en die Christelike geloofsrigting gevolg het.

Die werklike rede waarom Bosma nie hier met ope arms ontvang word nie, is polities van aard en handel oor die Moslemvraagstuk in Europa in die algemeen en in Nederland in die besonder.

Om enigsins te begryp waaroor die standpunte van die PVV gaan moet iets van die Nederlandse situasie as konteks verstaan word. Nederland is histories ‘n land waar mense van dieselfde beskawing (die Christelike) met min of meer ‘n uniforme kultuur van mense woon, met hier en daar ander aksente, soos in Friesland. Onder die invloed van die liberalisme en materialisme is die grense van Nederland vir vreemdes (waaronder Moslems) oopgegooi. Die materialisme het die protestantse werksetiek dusdanig ondergrawe, dat Nederlanders mense moes invoer om handearbeid, of dan die vuilwerk, te kom doen. Insgelyks het die liberalistiese antropologie verwag dat immigrante as leë doppe na Nederland sou kom en binne een geslag die Nederlandse lewens- en wêreldbeskouing sou aanvaar. Wel, dit het nie gebeur nie! Immigrante het gewoon hulle taal en kultuur asook hulle godsdiens behou.

Terwyl Nederlanders al minder en minder kinders verwek en al meer en meer gesekulariseerd geword het, en ‘n volstrekte skeiding tussen staat en kerk en politiek en godsdiens gemaak is, het die Moslems veral (a) hulle kultuur behou, en ook (b) hulle godsdiens beoefen. Hiervolgens is daar in die Moslemgeloof geen skeiding te maak tussen godsdiens en politiek nie en is dit die hoogste strewe van Moslemgelowiges om die koninkryk van Allah op aarde te vestig – dus ook in die Nederlande.

Daar kan dus op redelike gronde gekonstateer word dat as die demografiese tendense ontwikkel soos tans blyk die geval te wees, die Nederland binne ‘n honderd jaar en minder ‘n Moslemland sal wees.

Daar is ander, miskien belangriker faktore, as die verdwyning van die Westerse beskawing in Nederland. Op die korter termyn is daar (a) die Iranese kernkragwedloop en (b) die Iranese oogmerk om Israel met die grond gelyk te maak, asook die wêreldwye onstabiele ekonomiese omstandighede wat in die verlede onvermydelik tot oorlog gelei het.

Die veiligheid en sekerheid van Israel word in die laaste instansie deur Christelik-Westerse lande gewaarborg. As en indien die voorsiende godsdiensoorlog tussen Judaïsme en Islam uitbreek en Europese lande tot die beskerming van Israel toetree, sit Europese lande met ‘n groot Moslembevolking en ‘n enorme interne veiligheidskrisis.

Binne die konteks van Suid-Afrika is Bosma ewe onwelkom, want sien, agter elke kabinetsminister is een of ander Indiër te vinde.

Dit is duidelik dat die buitelandse beleid van Suid-Afrika uit en uit pro-Palestyns is, pro-Gadaffi was en sekerlik nou pro-Iran sal wees. Dink bv. aan die Universiteit van Johannesburg wat onlangs bande met ‘n Israeliese universiteit verbreek het. Die gevaar is dat indien ‘n Derde Wêreldoorlog uitbreek, hierdie regering se simpatie nie by Israel of selfs by die Weste sal lê nie, maar duidelik by die Islamiste en hulle bondgenote.

Teen hierdie agtergrond is Bosma uiteraard nie welkom in SA nie en sing die Afrikaanstalige joernaliste hartlik in dieselfde koor as die regering saam. G’n wonder hierdie land en sy mense gaan weens gebrekkige kennis onder nie.

лобановский класс

Praag se middagnuusbulletin

In die Hooftrekke:

Studenteverkragter gearresteer.

Bylmoordenaar geskik om verhoor te word

Nog geweld by Implats

VSA trek renosterhoringsmokkelring vas

Die eerste Super Rugby-wedstryde

Die jongste markaanwysers

’n  Jongman is in hegtenis geneem vir die verkragting en roof van drie studente van die Universiteit van Limpopo in Mankweng, het Limpopo-polisie gesê.

Dit blyk dat die man in die vroue se kamers van die kampus af ingebreek en hulle verkrag het tussen Woensdag 22h00 en 03h00 Donderdag, het konstabel Moses Molepo in ’n  verklaring gesê. Selfone en skootrekenaars is ook gesteel. Die arres volg na ’n  wenk van die publiek.

Bylmoordenaar geskik om verhoor te word.

Die voormalige Blou Bul-flank Phindile Ntshongwana is geestelik bevoeg om vir die moord op drie mense met ’n  byl in die hof te verskyn, het die Durbanse Hooggeregshof gehoor.

Regter Kate Pillay het gesê die beskuldigde is geskik om verhoor te word.

Ntshongwana staan ook tereg op aanklagte van poging tot moord, ontvoering en verkragting.

Hy het na bewering twee van sy slagoffers met ’n  byl doodgekap. Een is onthoof.

Dr Soobian Moodley het in Januarie getuig dat Ntshongwana nie enige tekens van geestelike onstabiliteit tydens mediese ondersoeke getoon het nie.

Nog geweld het vanoggend by Impala Platinum

’n  Amptenaar van Implats, Johan Theron, het gesê dat daar nog ernstige voorvalle van geweld vanoggend plaasgevind het. Dit is deur die Noordwes polisiesegsman, Brigadier Thulani Ngubane, bevestig.

Implats-werkers is al vir ’n  maand lank op ’n  onwettige staking wat die ontslag van 17,200 werkers tot gevolg gehad het.

Dit het tot gewelddadige oproere en die dood van ten minste twee mense gelei.

 

Afghanistan: Die land hou asem op vir vierde dag van geweld na verbranding van Korans

Afghaanse owerhede het hulleself gestaal vir ’n  vierde dag van gewelddadige protes na Vrydag-bidure oor die verbranding van eksemplare van die Koran deur die Amerikaanse weermag, ten spyte van ’n verskoning wat deur die VSA se president, Barack Obama, aangebied is.

Die segsman vir die Binnelandse Ministerie, Sediq Seddiqi het gesê hulle sal ekstra waaksaam wees.

Volgens amptenare het onlusbeheerpolisie in Kaboel ontplooi.

Dit Taliban het Donderdag ’n  oproep op Afghaanse Moslems gedoen om vreemdelinge “te slaan en dood te maak” om die Koran-verbranding te wreek.

Onluste het regoor die land na die insident uitgebreek en ten minste 17 mense, insluitende twee Amerikaanse soldate is gedood.

 

Sewe mense is in hegtenis vir die smokkel van bedreigde renosterhorings in Los Angeles, New Jersey en New York oor die afgelope week vasgetrap, het federale beamptes gister gesê.

Vier van die verdagtes is in Los Angeles betrap. Die mees onlangse arres het Woensdagnag by die Los Angeles Internasionale Lughawe aangekeer, het Thom Mrozek, ’n  segsman vir die VSA se aanklaerskantoor gesê.

Dzjin Zjao Feng, ’n  Sjinese burger, is by die lughawe in hegtenis geneem. Hy word daarvan verdink dat hy die vervoer van dosyne renosterhorings van die VSA na Sjina toegesien het.

Die arrestasies was die gevolg van ’n  18-maandelange ondersoek genaamd “Operasie Crash.”

Markaanwysers:

Goud verkoop teen $1,799-65 per fynons en Platinum teen $1,717-25.

Jy kan ’n  dollar koop vir R7-56.

Brent Ruolie verkoop teen ’n  pynigende $125-38 ’n  vat.

Sport

Die Super Rugby-toernooi het vanoggend met twee wedstryde weggespring.In Australië het die Brumbies onder Jake White die Western Force 19-17 geklop. Jesse Mogg en Robbie Coleman het drieë vir die Brumbies aangeteken en James Stannard het die Force se enigste drie behaal.

Vroeër het die Crusaders hulle landgenote, die Blues, net-net met 19-18 getroef. Chris Lowrey en David Raikuna het drieë vir die Blues gedruk en die Crusaders kon net een behaal – deur Robbie Fruean. Tyler Bleyendaal het die res van die punte met skoppe aangeteken.

Sri Lanka het die Australiese krieketspan geskud toe hulle die eendagwedstryd met twee paaltjies geklop het. Australië het eerste gekolf en in ’n  groot mate danksy ’n  honderdtal deur Forrest 280 lopies na 50 beurte behaal.

Vir Sri Lanka het Jayawardene met 85 en Chandimal met 80 uitgeblink. Die wenlopies is in met vier balle oor in die laaste boulbeurt behaal.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Oud-Noor met warm yster doodgeslaan

‘n Vrou is gemartel en doodgeslaan met ‘n warm yster in haar huis in Dullstroom, Mpumalanga, volgens ‘n berig wat Vrydag verskyn het.

Johanna Moore (78) is in ‘n plas bloed Donderdagoggend gevind waarin sy gelê het. Sy het ernstige brandwonde oor haar gesig en arms gehad, het Beeld berig. Sy is vermoedelik Woensdagaand aangeval.

Sy was ‘n Suid-Afrikaner van Noorse afkoms. Moore het die afgelope 22 jaar in Dullstroom gewoon en daar ‘n blomkwekery bedryf.

Hy lyk gevind is deur haar tuinier, Andre Mlwazu, wat vir haar gewerk het vir 21 jaar lank.

Sersant Johannes Maseko het gesê die motief vir die moord was waarskynlik roof, omdat Moore se huis geplunder is en haar beursie weg is.

Die plaaslike polisie het gevra dat enigiemand met inligting oor die saak na vore sal kom.

‘n Geskokte inwoner van Dullstroom Anita Minnaar, en ‘n goeie vriendin van Moore, beskryf haar as “die dierbaarste persoon denkbaar, iemand wat nie in staat was om iemand anders te benadeel nie”.

Фільчаков прокурор

Twee Metropolisielede vas

Twee Johannesburgse metropolisiebeamptes is Donderdag in hegtenis geneem vir bedrog, afpersing en dwarsboming van die gereg.

Die departement se interne eenheid het hulle in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n uitkenningsparade uitgewys is, het sup. Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê.

Die beamptes het na bewering die bestuurder van ‘n maatskappy onder valse voorwendsels in hegtenis geneem. Die twee het beweer die maatskappymotor se spesiale permit is vervals. Hulle het ‘n handgeskrewe kaartjie uitgeskryf, met vals name en vals polisienommers, vir ‘n boete van R300.

Volgens Minnaar word die beamptes aangehou by die Johannesburg Sentraal-polisiekantoor en hulle sal waarskynlik Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Zuma-teenstand met geweld onderdruk

Twee mense is in hegtenis geneem na aanleiding van geweld tydens president Jacob Zuma ANC se Sefako Makgatho-eeufeeslesing in Kaapstad Donderdag, het die polisie gesê.

‘n Kameraman van SABC is aangerand terwyl hy ‘n betoging teen Zuma buite die sentrum afgeneem het.

“Ons het twee mense hegtenis geneem op aanklagte van aanranding. Die voorval is onder beheer gebring so gou soos dit begin het,” het nasionale polisie-woordvoerder kolonel Vish Naidoo gesê.

“Daar was ‘n opstootjie wat deur ons lede wat daar ontplooi was, opgemerk is, hulle het ingegryp, en ontdek dat twee mense beseer is, een van hulle ‘n joernalis.”

Verskeie ANC-jeugliga-lede is uitgegooi van die Goeie Hoop-sentrum waar hulle tydens Zuma se toespraak begin sing het, het SABC-radio berig. ‘n SABC-kameraman is getref met ‘n stoel, terwyl hy besig was met die verfilming van ‘n ​​anti-Zuma protes buite die lokaal.

African National Congress woordvoerder Jackson Mthembu het aan die uitsaaier gesê die betogers wou Zuma se toespraak duidelik ontwrig.

Die ANC in die Wes-Kaap het die kameraman wat beseer is tydens die geveg intussen om verskoning gevra. Rudi le Roux was besig om die lesing van president Jacob Zuma op te neem, toe ‘n gestoeiery uitgebreek het.

Die ANC het die optrede van ANCYL-lede wat Donderdagmiddag President Jacob Zuma se eeufeeslesing in Kaapstad ontwrig het, veroordeel.

Die provinsiale sekretaris, Songezo Mjongile, sê die party sal optree teen enige van sy lede wat by die voorval betrokke was. Mjongile sê hulle ondersoek die voorval.

Verskeie ANCYL-lede is deur die polisie en Zuma se lyfwagte uit die Goeie Hoop Sentrum verwyder toe hulle begin sing het terwyl Zuma gepraat het, het die SABC berig.

Twee mense is in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

“Ons het twee mense in hegtenis geneem. Vir nou is dit op aanklagte van aanranding. Die voorval is so vinnig onder beheer gebring soos dit begin het,” het Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

“Daar was ‘n rumoer wat ons beamptes wat daar ontplooi was, opgemerk het. Toe hulle gegaan het om dit te ondersoek, het hulle gesien twee mense is beseer, waarvan een ‘n joernalis was.”

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê die voorval is “betreurenswaardig”.

“Dit is betreurenswaardig dat ‘n onskuldige joernalis van die SABC beseer is tydens die skermutseling toe die ontwrigtende elemente uit die lesing verwyder is.”

Hy het gesê die ANC sal ondersoek instel. As daar bevind word dat enige ANC-lede verantwoordelik was, sal daar dissiplinêr teen hulle opgetree word. Die party het ‘n beroep op die polisie gedoen om op te tree teen dié wat lewens in gevaar gestel het by die toespraak.

Zuma het om verskoning gevra aan deelnemers by die lesing.

Zuma het vroeër Donderdag in Johannesburg gesê die ANCYL is deel van die ANC, nie ‘n onafhanklike entiteit nie.

Zuma gesê die ANC-jeugliga is nie ‘n “noodwiel” nie. Sy idees moet aan die ANC self en binne ANC-strukture voorgelê word, en tensy sy voorstelle deur die ANC aanvaar word, is dit nie ANC-beleid nie, het hy gesê.

Op 16 Februarie het ANCJL se adjunk-president Ronald Lamola gesê dat die liga se president Julius Malema nie uit sy pos verwyder sal word deur iemand anders as die strukture van die liga nie.

Malema, sy woordvoerder Floyd Shivambu, liga-sekretaris-generaal Sandiso Magaqa, Lamola, en twee ander liga-amptenare is skuldig bevind in November verlede jaar aan party-oortredeings. Hulle wag op die uitslag van die argumente ter versagting en verswaring van hul skorsings.

Фильчаков прокурор харьков

VF+ skrik nie vir toldreigemente nie

“Die Vryheidsfront Plus glo dat die minister van Finansies, Pravin Gordhan, ‘n diskriminerende pryslokval vir die padverbruikers van die Gauteng-tolhekstelsel in sy begroting gister gestel het. Die party is nie gelukkig met die klaarblyklike toegewing van ‘n plafon van R550 wat gestel is vir die betaal van tolfooie nie. Die projek moet eerder in sy geheel geskrap word,” sê adv. Anton Alberts, die parlementêre woordvoerder oor Ekonomie vir die VF Plus.

“Die minister het nie die versekering gegee dat hierdie R550 plafon nie jaarliks sal styg nie. Padverbruikers kan daarom verwag dat daar ‘n jaarlikse toename in die maksimum bedrag wat betaalbaar is vir tolfooie, kan wees. Die jaarlikse toename kan oor ‘n periode van 4 jaar geskied totdat die staatskuld vir die projek gedelg is. Die minister stel dus ‘n lokval vir padverbruikers om te glo dat hulle nooit meer as R550 gaan betaal nie,” het Alberts verduidelik.

Die praktyk is ook diskriminerend omdat motoriste wat noodwendig nie van openbare vervoer gebruik kan maak nie, tolfooie gaan betaal terwyl taxi’s en busse geen fooie hoef te betaal nie. Tog maak beide taxi’s en busmaatskappye geld uit die gebruik van die tolpaaie. Die meeste motoriste se begrotings is reeds onder soveel druk en die tolfooie is te veel om in hul begrotings te pas. Selfs met die klaarblyklike toegewings gaan die Gautengse ekonomie geknou word deur die instel van tolfooie in April.

Dit sou meer logies gewees het indien die minister aangekondig het dat die bou en instandhouding van paaie uit brandstofheffings betaal sal word. Indien die regering vanjaar ‘n ekstra R5 miljard in die begroting kon vind vir die afbetaling van die tolpad-projek, kan die regering oor die volgende vier jaar dieselfde bedrag in die begroting vind totdat die regering die skuld afbetaal het. Die regering is ondeurdag met die beplanning van die projek gewees en is onbeholpe met die vind van ‘n oplossing om die skuld vir die tolpad-projek te delg.

“Die VF Plus is nie geïntimideer deur die dreigement van die regeringswoordvoerder, Jimmy Manyi, dat motorist wat weier om tolfooie te betaal, vervolg sal word nie. Die party wil ‘n ferm boodskap aan hom en die regering stuur dat die tolpadprojek immoreel en diskriminerend is en geen legitimiteit het nie. Die party sal daarom afsonderlik en in samewerking met vakbonde en burgerlike organisasies voortgaan met die beplanning vir regstappe en burgerlike protesaksies teen die tolpadtariewe,” het adv. Alberts gesê.

лобановский политик

Wit asielaansoeke klim

‘n Suid-Afrikaanse gesin wat desperaat is om in die VSA te bly weens rassisme in Suid-Afrika, was geskok om te hoor dat die media weet van hulle aansoek.

“Hulle was geskok om te hoor dat ‘n verslaggewer inligting soek en hulle het geen kommentaar nie. Hulle wil beslis nie uitpraat nie as gevolg van privaatheid en veiligheid,” sê hul regsverteenwoordiger.

Intussen het studentemaats van professor Mark Behr, van Rhodes College, in Memphis, Tennessee, wat die gesin se aansoek verwerp het op grond daarvan dat hulle wit en Afrikaans is, gesê Behr het nooit in sy studenteloopbaan Afrikaans gepraat nie, en hulle verstaan ook nie waarom hy skielik na homself as ‘n Afrikaner verwys nie.

Sy bekroonde roman is glo uit Engels vertaal en as ‘n “Afrikaanse” boek aangebied deur sy Kaapse uitgewer.

Jaco Strauss “onthou hom as iemand wat vreeslik graag Engels gepraat het”. Strauss is verbaas oor Behr se aanspraak op Afrikanerskap. “Moet sê dis die eerste keer dat ek hoor iemand verwys na hom as ‘n Afrikaner,” het hy gesê.

Strauss sê Behr sou homself destyds verseker nie as Afrikaner “ge-etiketeer” het nie omdat hy so polities links was.

Dit het ook “jare later aan die lig gekom dat hy ‘n kampusspioen was” sê Strauss. Behr het self later gebieg dat hy ‘n dubbele agent was.

Volgens Strauss het Behr “selfs destyds een nag sy motor se eie bande gesny om slagofferstatus te probeer kry. Nou wil hy nie regte slagoffers bystaan nie.”

Behr – wat ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer is, het gesê hy glo nie enige “regdenkende akademikus” sal die gesin ondersteun nie.

“Dit is, helaas, net ‘n rassisme van hul eie maaksel, in hul eie gedagtes.

“Laat ek byvoeg, dat ek ook praat as ‘n wit Afrikaner, uit ‘n familie van boere, mense wat hulle plase verloor het wat hulle besit het in Afrika, en met my eie diep empatie vir alle mense wat lewe van die grond in Suid-Afrika,” het Behr gesê.

Behr se gesin moes uit Tanzanië na Suid-Afrika vlug nadat hul plaas daar onteien is. Die Behrs was boere in die distrik van Oljorro, Arusha, Tanzanië, toe nog Tanganjika.

Na afloop van die nasionalisering van plase in wit besit tydens die implementering van President Julius Nyerere se Ujamaa-beleid van Afrika-sosialisme in 1964, het die Behr-gesin na Suid-Afrika gekom.

Die wit gesin in die VSA tans is nie alleen in ‘n poging om te vlug van post-apartheid Suid-Afrika nie.

Volgens die jongste statistiek van die Amerikaanse Departement van Binnelandse Veiligheid, is daar aan sowat 129 Suid-Afrikaners tussen 2001 en 2010 asiel verleen.

Immigrasiebeamptes in Nieu-Seeland het gesê dat reeds 48 Suid-Afrikaners sedert 2006 aansoek gedoen het om die status van vlugtelinge. Almal is verwerp.

Duitsland se Federale Buro vir Migrasie en Vlugtelinge het nege aansoeke om asiel tussen 2009 en 2011 ontvang.

Russell Kaplan, die prokureur vir die Suid-Afrikaanse Brandon Huntley, wat nog veg vir vlugtelingstatus in Kanada, het gesê die tendens is aan die toeneem.

“My firma is betrokke in ander Suid-Afrikaanse eise – ek verkies om nie om te sê hoeveel nie – en ek praat voortdurend met baie wit Suid-Afrikaners elke maand wat toenemend vrees vir hulself en hul gesinne,” het Kaplan gesê.

Gary Eisenberg wat spesialiseer in immigrasie-wetgewing, het gesê dat, hoewel die onderwerp baie kompleks is, hy glo dat baie aansoekers ‘n geldige saak het.

“Daar bestaan, byvoorbeeld, inskrywingskwotas vir blankes aan universiteite, en ‘n SEB-beleid, die beperking op die huur van die wit kandidate in die privaatsektor,” sê Eisenberg.

“As hierdie maatreëls geïnterpreteer word as die staat wat diskriminasie borg of ondersteun op grond van kleur of rasseklassifikasie, byvoorbeeld, dan is ‘n dit ‘n duidelike geval van diskriminasie in terme van die asielreëls van Westerse lande, soos die Verenigde Koninkryk, Kanada en die VSA. “

Maar Eisenberg het gesê dit sal moeilik wees vir iemand om vir asiel aansoek te doen op die basis dat hy gevoel het dat die staat die hoë vlakke van misdaad in die land steun of borg.

Adriana Stuijt, ‘n afgetrede Nederlands-gebore joernalis wat in Suid-Afrika gewerk het, het beraam dat daar byna 800 Suid-Afrikaners is wat as vlugtelinge regoor die wêreld woon.

Stuijt het ‘n blog wat die aantal vlugtelinge monitor en is ‘n lid van die Afrikaner Reddings-Aksie Fonds, wat in Nederland begin is om arm Afrikanergemeenskappe te help.

“Die jongste geval is ‘n Suid-Afrikaanse Afrikaans-sprekende man van Duitse afkoms wat drie maande gelede in die noorde van Duitsland aansoek gedoen het. Hy het as gevolg van verskeie voorvalle van geweld en dreigemente vir sy lewe gevlug,” sê Stuijt.

“In die nuutste groep asielsoekers, vanaf 2011 en 2012, vind ek dikwels Afrikanerindividue of gesinne, die meeste van hulle van boerderygebiede.

“Sommige word geborg deur die Amerikaanse gesinne en godsdienstige gemeenskappe en is steeds in die asielproses in verskeie deelstate.”

Honduras het die hoogste moordsyfer in die wêreld – 159 moorde per 100,000 inwoners. In Suid-Afrika is die moordsyfer op boere meer as 300 per 100,000, volgens kriminoloë.

Maar Lucy Holborn, navorsingsbestuurder by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het gesê statistiek toon nie aan dat Afrikaners meer geneig is om misdaadteikens te wees nie.

“Die meerderheid van die slagoffers van misdaad in Suid-Afrika is swart,” sê Holborn.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, het gesê Suid-Afrika is ten spyte van ‘n “paar bedreigings” ivm basiese menseregte, soos die Inligtingswet, hoegenaamd nie in ‘n situasie waar mense moet aansoek doen om asiel nie.

“Die situasie op die plase is redelik krities, maar of dit ‘n gevolg is van regeringsaktiwiteit – dikwels die vereiste vir politieke asiel – is ‘n ander saak.”

Gister het die woordvoerder vir Binnelandse Sake, Ronnie Mamoepa gesê dit is onmoontlik om te sê hoe baie Suid-Afrikaners het asiel of is by vlugtelingeprogramme ingeskakel.

лобановский александр

Helpende Hand-werker verkrag glo seun

‘n Hawelose 12-jarige seun is na bewering verkrag deur ‘n amptenaar van die vakbond Solidariteit se liefdadigheidsarm, volgens ‘n berig wat Vrydag verskyn het.

Die kind het sy selfoon gebruik om die verkragting aan te meld. Die insident het glo plaasgevind buite Gordonsbaai by ‘n karavaan wat deur die Helpende Hand Fonds aan die kind se behoeftige ouers geskenk is, het die New Age berig.

Kolonel Andre Taut het aan die koerant gesê die 60-jarige man is Maandag in hegtenis geneem en aangekla van verkragting. Hy het Woensdag in die Strand se landdroshof verskyn.

Die vakbond het sedertdien hulself van die man gedistansieer en beskryf hom as ‘n vrywillige werker.

Фильчаков прокуратура харьков

‘Plaasmoorde is nie volksmoord’

Noudat plaasmoorde internasionaal bekend raak, het Media24 weer eens ingespring om die kwessie te ontlont.

In 90% van plaasaanvalle, berig Nuus24, is die bedoeling om te roof en in net 2% gevalle is dit politiek of rassisties gemotiveerd.

“Meer onlangse studies het min of meer dieselfde resultate opgelewer, maar baie mense glo steeds plaasaanvalle is ras- of politiek gemotiveerd,” sê Kerwin Lebone van die Instituut vir Rasseverhoudinge.

“In 7% van gevalle hou dit verband met loongeskille,” sê Lebone, volgens ‘n studie wat polisiedossiere van plaasaanvalle van 1991 tot 2003 geraadpleeg het.

Dat die polisie deel vorm van die ANC-magskliek, is blykbaar nie deur die navorsers òf Lebone opgemerk nie. Hy kan ook nie sê waarom die moordsyfer op boere so buite verhouding hoog is nie en het ook geen kommentaar gelewer op die ideologiese ondersteuning wat die organisasie PLAAS aan grondhervorming bied nie. Dié organisasie het die idee by swartes gevestig dat grond van hulle “gesteel” is.

‘n Melkboer van die Buffelshoek-omgewing in Noordwes is dié week op sy plaas naby Fochville doodgeskiet in nog ‘n plaasaanval in die provinsie.

Die rowers het David Hall (48) gedood sonder om enigiets te roof. Sy familie is oortuig hulle het met die uitsluitlike doel om Hall te vermoor opgetree het en dat hulle deur Malema se uitsprake aangevuur word.

Vóór Malema, het Peter Mokaba, waarna ‘n sokkerstadion intussen vernoem is, dieselfde oproepe in die openbaar gedoen.

Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri-Noordwes, is daar “geen bewyse dat plaasaanvalle politiek gemotiveerd en georkestreerde volksmoord is nie”.

Niemand is nog vir die moord op Hall in hegtenis geneem nie.

Олександр Фільчаков прокурор