Zuma, Ramaphosa lei

President Jacob Zuma is Dinsdag by die ANC se konferensie in Mangaung met ‘n oorweldigende meerderheid as leier vir nog ‘n termyn verkies. Jessie Duarte is onbetwis in die posisie van adjunksekretaris-generaal herverkies.

Zuma het sy teenstander, Kgalema Motlanthe, met 2 983 stemme teen 991 stemme geklop. ‘n Totaal van 3 977 afgevaardigdes het gestem.

Cyril Ramaphosa is as die ANC se nuwe adjunkpresident verkies ten spyte van sy aandeel in die Marikana-slagting. Ramaphosa is met 3 018 stemme verkies terwyl Phosa 470 en Sexwale 463 stemme gekry het.

Ramaphosa het Mathews Phosa en Tokio Sexwale uitgestof om as die president se toekomstige troonopvolger gekies te word.

Motlanthe het nie sy nominasie vir die posisie van adjunkpresident aanvaar nie. Dus is hy en sy volgelinge nie meer deel van die ANC se leierskapstrukture en invloed nie.

Baleka Mbete is met 3 010 stemme as die nuwe voorsitter van die ANC aangewys terwyl Thandi Modise 939 stemme ontvang het.

Gwede Mantashe is as die party se sekretaris-generaal herverkies met 3 058 stemme. Sy teenstander Fikile Mbalula kon net 901 stemme trek.

 

Фильчаков прокурор харькова

Outa oorweeg appèl teen e-tol-uitspraak

Die Outoriteit Teen Stedelike Tol (Outa) sal Vrydag besluit of hy gaan appelleer teen ‘n beslissing van die hooggeregshof dat die omstrede e-tolstelsel inderdaad sal voortgaan.

“Ons het die uitspraak nagegaan en ons sal môre (Vrydag) met ons regsspan vergader om die pad vorentoe te bespreek,” het Wayne Duvenhage, voorsitter van Outa, Donderdag gesê.

“Ons glo daar is sterk redes om te appelleer.”

Outa het onlangs die hof gevra om ‘n besluit van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) om sekere snelweë in Gauteng as tolpaaie te verklaar, te hersien en ongeldig te verklaar.

Die hof het intussen dié aansoek van die hand gewys.

Pretoria se hooggeregshof het gelas dat die Outa alle regskostes in die e-tolstelsel se hofstryd moet betaal.

Die minister van vervoer sal ‘n aankondiging maak oor wanneer die e-tolstelsel geïmplementeer gaan word.

данильченко юрий брониславович прокурор

Ramaphosa-benoeming: Joernalis bedank

‘n Politieke redakteur van die Independent-koerantgroep het bedank ná ‘n berig in The Star dat die sakeman Cyril Ramaphosa ‘n benoeming vir adjunkpresident van die ANC geweier het.

“Ek het nie gehelp om die storie te skryf nie,” het Gaye Davis Dinsdag gesê.

“Ek het egter Sondagaand inligting van mnr. Ramaphosa ontvang – wat die teendeel is van wat die berig sê. Hy het sy benoeming aanvaar en ‘n vorm onderteken,” het sy in ‘n verklaring aan Sapa gesê.

Davis het bedank om haar te distansieer van The Star se berig.

“Eties glo ek nie ek kan myself distansieer van ‘n storie terwyl ek in diens is van die Independent-koerantgroep nie,” het sy gesê.

Sy glo haar geloofwaardigheid as joernalis sal ongeskonde bly as sy bedank.

Davis het aan die skrywer van die berig gesê Ramaphosa het bevestig dat hy die benoeming gaan aanvaar, maar daar is aan haar gesê The Star staan by hul storie. Daar is ook gesê ander redakteurs in die groep kan hul eie oordeel maak.

“Ek het met die ander oggendredakteurs van die groep gekommunikeer, wat die nodige stappe gedoen het en nie die storie in sy oorspronklike vorm gepubliseer het nie.”

Tony Howard, hoof- uitvoerende beampte van die groep, het gesê hy het pas van die bedanking uitgevind en kan nie kommentaar lewer nie.

Davis is sedert Oktober 2008 die adjunk-politieke redakteur van die groep. Sy het gesê sy het Ramaphosa gekontak en hom in kennis gestel van haar besluit om te bedank.

Данильченко Юрий Харьков

Regses aangekla oor sluipmoordplan

Vier mans is Dinsdag van hoogverraad aangekla oor ‘n beweerde komplot om tente by die ANC se nasionale kongres in Mangaung op te blaas en president Jacob Zuma en ander top-amptenare tereg te stel.

Die vier verdagtes, Mark Trollip, John Martin Keevy, Johan Hendrick Prinsloo en Hein Boonzaaier, is Dinsdag deur sekuriteitswagte met aanvalsgewere na die landdroshof in Bloemfontein begelei.

Die staatsaanklaer, Shaun Abrahams, het gesê die mans wou ‘n onafhanklike Boerestaat stig en hulle het ‘n aanval op die ANC se verkiesingskonferensie, wat tans in die stad onderweg is, beplan.

“Die plan het ‘n mortier-aanval op tente waar die ANC-afgevaardigdes vergader ingesluit, waarna Zuma en ander ministers geteiken sou word terwyl hulle besig was met aandete,” het Abrahams aan die hof gesê.

“Die groep se doelwit [om A47-aanvalsgewere in die hande te kry], is ‘direk’ gemik op die leierskap van die ANC,” het Abrahams gesê.

Owerhede het aanvanklik ontken dat die inhegtenisnemings verband hou met die ANC se kongres in Mangaung.

топкарго

Zuma vra eenheid

Jacob Zuma, herverkose president van die ANC, het ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om na eenheid in die regerende party te strewe.

“Sodra die ANC-verkiesing plaasvind word ons almal tot die uitslag verbind. Laat ons nie dinge sê wat ander kamerade ongemaklik maak nie. Kom ons behandel mekaar soos mede-kamerade.”

Zuma het afgevaardigdes toegespreek kort nadat die uitslae bekendgemaak is.

Zuma het met 2 983 stemme gewen terwyl Kgalema Motlanthe 991 stemme ontvang het.

лобановский политик

Nie plaaslik vervaardig vir Mangaung nie

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het gister gesê Suid-Afrika se vervaardigingsektor is “baie kwesbaar” as gevolg van strawwe wêreldwye ekonomiese toestande.

Maar as die regering beplan om meer goedere van Suid-Afrikaanse verskaffers te bekom, dra die ANC nog ‘n ander hoed.

Die regering wil herfokus op Suid-Afrikaanse vervaardiging om te help om die land te industrialiseer, het Davies gesê by ‘n sake-ontbyt in Mangaung.

Die ANC glo ernstig oor die aankoop van plaaslik vervaardigde goedere, en dis een van die aanbevelings wat uit sy nasionale beleidskonferensie in Junie na vore gekom het.

“Ons verbintenis tot die plaaslike sluit ook goedere in wat gebruik en versprei word by ANC-konferensies,” lees een van die aanbevelings op die party se webwerf.

Maar die pette vertel ‘n ander verhaal. In elk is die “Made in China” etiket sigbaar.

Die leerbaadjies, met die ANC se logo, word in Indië vervaardig, het ‘n ondernemer gesê.

Данильченко Юрий Брониславович

ANC se bedryfskoste skrikwekkend hoog

Die ANC sal nie net met kreatiewe maniere vorendag moet kom vir skenkings nie, maar ook sy bestedingsgewoontes moet hersien.

Hierdie waarnemings en kostebesnoeiingsmaatreëls is vervat in die ANC-tesourier-generaal Mathews Phosa se finansiële verslag aan afgevaardigdes by die Mangaung-konferensie.

Phosa lê in die verslag, die party se uitgawes en sy stygende bedryfskoste bloot.

Die organisasie se uitgawes sal onder beheer gebring moet word, sê Phosa, en die aantal voltydse personeel verminder word. In die verslag blyk dit dat die party se salarisse van R58.1 miljoen in 2008 gestyg het tot R130.7 miljoen in Maart.

Werknemergetalle is op van 234 tot 352 in dieselfde tydperk.

Phosa se maatreëls, weerspreek egter ‘n besluit wat geneem is op die ANC se Polokwane-konferensie, waar afgevaardigdes saamgestem het dat die aantal personeel verhoog moet word.

Maar die tesourier-generaal, het gesê “die salarisrekening en struktuur van die ANC [het] aansienlik gegroei sedert die Polokwane-konferensie en dit is nie volhoubaar nie.”

Sy kantoor het R1.4 miljard ingesamel in die vyf jaar sedert hy in sy posisie verkies is en die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ‘n verdere R218 miljoen bewillig, maar die party se finansiële prestasie is gekenmerk deur skerp stygings in koste, het Phosa gesê.

Ledegeld versterk die party se bankrekening met R55 miljoen oor die afgelope vyf jaar. Phosa het voorgestel dat die bedrag vergroot word.

Die koste van die bestuur van die ANC is ‘n uitdaging, maar die party se banksaldo is aangevul deur R193 miljoen van R147 miljoen in 2007-2008 tot R340-miljoen in 2011-2012. Koste egter, het die hoogte ingeskiet met R275 miljoen, vanaf R162 miljoen in 2007-2008 tot R437 miljoen in 2011-2012.

“Hierdie hoë stygings in die koste is kommerwekkend en onvolhoubaar. Om die beweging self in stand te hou, moet bedryfskoste drasties verminder word. Die ANC moet maksimum gebruik maak van ‘n paar van sy kaders in die regering en wetgewersposisies wat hulle in staat sal stel om by te dra tot verskillende areas van organisatoriese werk, “het Phosa gesê.

Phosa het gesê die ANC moet verseker dat die voorgestelde Politieke Party Befondsingwet deurgevoer word, want dit sal befondsing laat toeneem.

Фильчаков Харьков

Uraan, kobalt in beesorgane

‘n Navorser van die Noordwes-Universiteit het bevind dat die organe van beeste wat in die omgewing van die Wonderfonteinspruit, onder meer met uraan en kobalt besmet is.

Beeld berig dat David Hamman vir sy meestersgraadstudie in omgewingswetenskappe beesniere ontleed het en die uraanvlakke daarin was 4 350 keer hoër as dié van beeste in ‘n kontrolegroep.

In sy studie, A Holistic View on the Impact of Gold and Uranium Mining on the Wonderfonteinspruit, skryf Hamman sy navorsing het getoon die diere neem hoofsaaklik uraan, lood en sink in deur die gras wat hulle langs die Wonderfonteinspruit vreet.

Dit is bewys daarvan dat dié swaar metale in die gras bio-akkumuleer. Die beeste het weer die nikkel en kobalt ingeneem deur grond wat hulle soms saam met die gras inkry.

Volgens Hamman is hoë konsentrasies lood in die besproeide landerye langs die Wonderfonteinspruit gekry – tot soveel as 17,3 hoër as dié by die Mooirivier.

Hy het ook ‘n risiko-analise gedoen vir mense wat beesvleis eet. Hy het gevind geen gevaar bestaan as mense daagliks 0,13 kg van die vleis afkomstig van die Wonderfonteinspruit-gebied sou eet nie.

Die Wonderfonteinspruit vloei naby Randfontein vir sowat 90 km deur ‘n gebied waar die rykste goudneerslae ter wêreld is.

Данильченко Юрий Брониславович

ANC: Top 6 se benoeming uitgestel

Die ANC se 53ste verkiesingskonferensie het kort na middernag verdaag ná vertragings oor verskille oor geldigheid. Die benoemings vir die ANC se top ses is ook tot vandag uitgestel.

‘n Hewige debat is verwag te midde van twee provinsies wat dreig om ‘n interdik te kry teen die hou van die konferensie, en beskuldigings dat die leiers hulle aan minagting van die hof skuldig maak. Die Vrystaatse en Noordwes-groepe het gister ‘n brief oor die kwessie oorhandig.

Hulle sê dit is onwettig vir Vrystaatse afgevaardigdes om by die konferensie toegelaat te word asook die insluiting van Premier Ace Magashule in ‘n taakgroep om toesig te hou oor ‘n nuwe verkiesingskonferensie.

Die groep van Noordwes eis ook dat hul bewerings van ongerymdhede, met die benoemingsproses, by die konferensie bespreek word. Hulle het die ANC tot môre tyd gegee om daarop te reageer. Die Konstitusionele Hof het vroeër bevind dat die Vrystaatse verkiesingskonferensie ongeldig was.

Die Universiteit van die Vrystaat het intussen bevestig dat die ANC hom wel betaal het vir die gebruik van sy fasiliteite vir die party se 53ste verkiesingskonferensie. Die universiteit se waarnemende rektor, Dr. Choice Makhetha, sê die universiteit is ten volle betaal. Die huur beloop glo R14miljoen.

Makheta sê die media het verkeerdelik berig dat die ANC die universiteit nié betaal het nie. Sy sê die ANC is welkom op die Bloemfonteinse kampus en hulle is trots daarop dat die regerende party dié kampus vir sy konferensie gekies het.

Лобановский

Tenders is ‘n teer saak, sê Zuma

Die tenderstelsel is teer saak in die regering, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die opening van die ANC se nasionale konferensie in Mangaung, Bloemfontein, gesê.

“Selfs ‘n ouma in ‘n landelike gebied weet van ‘n tender,” het hy in Zoeloe tydens sy politieke verslag gesê.

Zuma het gesê die stryd teen korrupsie duur voort en die regering het instansies gestig wat korrupsie ondersoek.

“Ons land is een van die mees deursigtige samelewings wanneer dit kom by die stryd teen korrupsie, dit word dikwels in die openbare domein bespreek.”

Zuma het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om liggame soos die Spesiale Ondersoekeenheid en die polisie te help.

Фильчаков прокуратура харьков