Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

‘n Dwelmbaas en sy seun is in hegtenis geneem toe dwelms met ‘n straatwaarde van sowat R5 miljoen en juwele in hul huise in Durban, KwaZulu-Natal, gevind is.

Kol. Jay Naicker sê die polisie het Dinsdagaand ‘n klopjag op die pa se huis in Shallcross, Chatsworth, uitgevoer nadat hulle ‘n wenk opgevolg het.

Hulle het beslag gelê op heroïen, kokaïen, ecstasy en mandrax, en die 54-jarige man in hegtenis geneem.

Sy seun is Woensdagoggend in dieselfde gebied vasgetrek.

“Die 30-jarige seun is met ‘n ongelisensieerde 9 mm-pistool met 87 patrone, dwelms, goud en diamantjuwele ter waarde van R500 000, en R70 000 kontant, betrap,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Die pa en seun het Woensdag in Chatsworth se landdroshof verskyn. Yagawathan Pillay, 54, het borg van R100 000 gekry en sy seun Lionel Pillay, moes R25 000 opdok.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis

Dokters het ‘n geskiedkundige hartprosedure op ‘n 59-jarige vrou in Kaapstad uitgevoer, het Mediclinic SA Woensdag gesê.

Hulle het Saterdag die wêreld se eerste nie-chirurgiese prosedure op ‘n lekkende hartklep op Marianna Cronje uitgevoer. Sy is gebore met haar hart aan die regterkant van haar bors.

“Hierdie prosedure is tegnies ongelooflik moeilik in ‘n pasiënt met ‘n normale anatomie en is nog nooit vantevore op iemand met [‘n hart aan die regterkant van die bors] uitgevoer nie,” het Hellmuth Weich, die kardioloog, gesê.

Twee kenners van Lausanne in Switserland het Weich en sy span tydens die prosedure bygestaan.

Die hele prosedure is deur ‘n klein opening wat met ‘n naald in die pasiënt se lies gemaak is, gedoen, het Weich gesê.

Cronje, wat van Stellenbosch is, het rumatiekkoors gehad toe sy jonk was en het reeds vier opehartoperasies in die afgelope 40 jaar ondergaan. Die laaste een was in 2000, het Weich gesê.

Toe haar hartklep begin lek het, kon dokters haar nie weer opereer nie en haar toestand het agteruitgegaan tot op die punt waar sy niks meer vir haarself kon doen nie.

Hy sê twee toestelle wat gebruik word om geboortedefekte in kinderharte te herstel is gebruik om die lek te herstel.

Volgens Weich het die prosedure, wat ses uur geneem het, goed verloop en Cronje “herstel stadig”.

Данильченео

Drie by Nkandla deur weerlig gedood

Drie tieners is dood toe hulle Woensdagaand in KwaChezu, Nkandla, in die noorde van KwaZulu-Natal, deur weerlig getref is, het owerhede gesê.

“Twee van hulle, 13 en 14 jaar oud, van die Dlamini-familie, en een van die Zwane-familie, is dood toe weerlig hulle getref het terwyl hulle huis toe geloop het van ‘n plaaslike snoepwinkel af,” het Lennox Mabaso, woordvoerder vir die provinsiale departement van samewerkende regering, gesê.

Dit bring die aantal mense wat in die laaste paar weke in die provinsie deur weerlig doodgeslaan is, op 10 te staan.

Nomusa Dube, ‘n LUR, het haar medelye met die families betuig, en sal hulle glo eersdaags besoek.

“Hierdie insidente raak erger en die aantal kere wat dit plaasvind dui daarop dat ekstreme en abnormale weersomstandighede wat deur klimaatsverandering veroorsaak is, baie daarmee te doen het,” het sy gesê.

Фильчаков прокурор харьков

Egpaar in vrieskas versmoor, aanvallers soek

Die polisie is steeds op soek na die swart aanvallers wat ‘n bejaarde egpaar van Belfast in Mpumlanga in ‘n vrieskas gedruk het. Hulle het later versmoor, het RSG Donderdagoggend berig.

Die polisie het Woensdag in Rudolph en Elma van Heerden se huis op hulle lyke afgekom.

Die Van Heerdens, albei 79, is vermoedelik oor die kop geslaan met ‘n stomp voorwerp. Hulle hande en voete was met kabels vasgebind.

‘n Motor wat aan die egpaar behoort is later verlate op die N4-tolpad in die rigting van Middelburg gevind, ná die aanvallers blykbaar petrol in plaas van diesel in die voertuig gegooi het.

Die dagblad Beeld het berig dat Van Heerden ‘n afgetrede landmeter was. Die egpaar het langer as 50 jaar in Fitzgeraldstraat no. 42, wat langs ‘n gastehuis geleë is, gewoon.

Данильченко

De Doorns weer gebuk onder geweld

Die N1-snelweg by De Doorns was Woensdagmiddag steeds gesluit nadat gewelddadige botsings tussen stakende plaaswerkers en die polisie uitgebreek het. 

Betogers het die pad met klippe versper en ook klippe na die polisie gegooi, wat rubberkoeëls gebruik het om hulle uitmekaar te jaag.

Die hoofpad wat van die N1 na die dorp lei was met rubberkoeël-houers besaai.

Die oproer spruit voort uit die eerste dag van die plaaswerkers se hernieude staking.

Minstens 50 mense is in hegtenis geneem toe stakings in die Wes-Kaap gewelddadig geraak het.

Lt.kol. André Traut sê die onlustepolisie is ontbied om die situasie in De Doorns te monitor.

Hy sê “min of meer” 50 mense is vasgetrek sedert die stakings vroegoggend begin het.

Betogers het motors vroeër met klippe bestook, waarna die paaie afgesper is.

Wes-Kaapse plaaswerkers het laat verlede jaar begin staak, en geëis dat hul lone van R69 na R150 per dag verhoog word. Werkers het ook op ‘n beter grondhervormingsprogram aangedring.

Die oproeriges in De Doorns het ook Woensdag ‘n joernalis se motor omgekeer en dit aan die brand gesteek.

Die motor, wat behoort het aan Independent Newspapers, is deur die Cape Times-joernalis Xolani Koyana gebruik.

Koyana het aan Sapa gesê hy moes uit sy motor na veiligheid getrek word ná betogers dit met klippe bestook het. Hy en ‘n ander verslaggewer was in die motor toe betogers hulle omsingel het en aangesê het om die gebied te verlaat.

“Ek was saam met ‘n ander verslaggewer… [en] mense het daarin geslaag om hom uit die motor te trek,” het Koyana gesê.

Toe hy later ook uit die motor klim, is hy deur ‘n groep mense na ‘n nabygeleë kerk geneem.

“… toe ek [uit die motor klim], het hulle my geslaan.”

Koyana het gesê hy was in die kerk toe die motor aan die brand gesteek is. Hy het net ‘n paar klein snyplekke aan sy arm gehad ná die voorval.

Intussen is ‘n polisiekaptein in ‘n ander botsing met stakers beseer, het lt.kol. André Traut gesê.

“Dit was nie ernstig nie; hy is behandel en ontslaan.”

Фильчаков Александр Васильевич

Amerikaanse filmman sterf in SA

David R. Ellis (60), bekende Amerikaanse rolprent-regisseur, se lyk is in die SandtonSun-hotel gekry.

Ellis was die regisseur van rolprente soos Snakes On A Plane, The Final Destination en Shark Night 3D.

Hy was in Suid-Afrika om aan ‘n rolprent te werk.

Volgens die polisie is dit nog nie duidelik wat Ellis se dood veroorsaak het nie.

Hy is Saterdag laas lewend in ‘n restaurant deur ‘n vriend gesien.

Sy lyk is Maandagmiddag deur die hotelbestuurder ontdek.

“Daar word niks uit sy kamer vermis nie en gemene spel word nie tans vermoed nie,” het luit.kol Lungelo Dlamini gesê.

Die Amerikaanse ambassade is ingelig en hulle tref reëlings.

Фільчаков прокурор

ANC-leierskap skop toer af in KZN

Die ANC se nuutverkose topleierskap begin vandag met ‘n toer deur Kwa Zulu-Natal, voor die president van die party, Jacob Zuma, Saterdag die party se 8 Januarie verklaringstoespraak sal lewer.

Dit sal die eerste keer wees dat die ANC se adjunk-president, Cyril Ramaphosa en die party se nuwe tesourier-generaal, Zweli Mkhize in hul nuwe hoedanigheid deel van ‘n ANC byeenkoms is.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe het vroeër bevestig dat die toekoms van die ANC Jeugliga die week op ‘n hoëvlak bespreek sal word. Die party se hoogste besluitnemingsliggaam, die nasionale uitvoerende komitee, vergader Vrydag.

Saterdag word ‘n massasaamtrek gehou om die 101ste bestaansjaar van die ANC te herdenk.

лобановский александр досье

‘Slag van Mangaung’: Vier voor

Vier mans verskyn binnekort in Bloemfontein se landdroshof in die hof in verband met ‘n beweerde regse sameswering om pres. Jacob Zuma te vermoor.

Johan Prinsloo, Mark Trollip, Hein Boonzaaier en Martin Keevy is verlede maand in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n bomaanval by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie beplan het.

Die staat beweer hulle was deel van ‘n groep wat die sogenaamde “Slag van Mangaung” beplan het om die land se leiers uit wis.

Verder word beweer dat hulle saam met ander probeer het om ‘n nuwe verregse party, die Boere Party, te stig en sabotasie te pleeg.

Олександр Фільчаков прокурор

50 beseer in tronkoproer

Ongeveer 50 gevangenes by die Groenpunt-tronk in Deneysville in die Vrystaat het geringe beserings opgedoen in ‘n stormloop toe die polisie die perseel Dinsdagoggend moes binnedring, het owerhede gesê.

Gevangenes het Maandag omstreeks 16:00 oproerig geraak toe hulle geweier het om te eet en brande begin stig het.

Polisieversterkings van Vereeniging, Sasolburg en Welkom is ingeroep en skokgranate is gebruik om toegang tot die perseel te verkry.

Die SABC het berig dat die oproer in die maksimum-sekuriteit-vleuel begin het, toe 227 gevangenes hulle eenheid afgesper het en bewaarders verhoed het om dié deel van die tronk te betree.

Konst. Peter Kareli, ‘n polisiewoordvoerder, het aan die nuusagentskap Sapa gesê dat die situasie teen dagbreek weer rustig was.

“Ons gaan nou terug om die skade te bereken en om vas te stel wat tot die oproer gelei het,” het hy gesê.

Vyf personeellede by die tronk het ook geringe beserings opgedoen.

прокурор харьковской области

Regering maan stakers tot kalmte

Wes-Kaapse werkers moet vreedsaam byeenkom en kalm bly wanneer hulle hierdie week met hulle stakings voortgaan, het Phumla Williams, ‘n regeringswoordvoerder, Maandag gesê.

“Hoewel werknemers die reg het om met hulle werkgewers te onderhandel oor kwessies wat verband hou met lone en werksomstandighede, word hulle aangemoedig om hulle te weerhou van geweld en intimidasie van ander werkers en die algemene publiek,” het sy in ‘n verklaring gesê.

“Die regering sal nie gewelddadige arbeidsgeskille duld nie en doen ‘n beroep op alle partye om altyd daarna te streef om tot ‘n gelyk te kom.”

William het gesê die regering het “kennis geneem” van ‘n beplande onwettige protesaksie deur plaaswerkers, ná meer as 1 500 werkers Sondag by De Doorns vergader het.

“Die regering vra burgers om hulle reg om te betoog op ‘n vreedsame en wettige manier te beofen.”

Cosatu se provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich het gesê plaaswerkers sal die strate hierdie week invaar nadat onderhandelings met Agri SA en die regering misluk het.

“Ons is by die punt waar die mandaat van die werkers is om die staking te hervat op 9 Januarie 2013,” sê Ehrenreich.

Hy het gesê Agri SA en individuele boere kon nie ‘n ooreenkoms bereik met hul arbeid nie, en werkers het nie ‘n keuse nie, as om hul staking voort te sit.

Die staking is verlede jaar as gevolg van ‘n onderneming dat die onderhandelinge tussen verteenwoordigers van die werknemers en individuele boere sal voortgaan, eers opskort.

Ten minste twee mense is gedood tydens betogings in die landbougebiede tussen 27 Augustus 4 Desember verlede jaar.

Фильчаков прокурор отзывы