Situasie in Sasolburg versleg

Twee vragmotors is Maandag deur inwoners van die Zamdela-lokasie in Sasolburg aan die brand gesteek, het die polisie in die Vrystaat, gesê.

“‘n Vragmotor wat ‘n paar meter ver van die polisiekantoor gestaan het, is deur die skare verwoes. Dit brand tans,” het konst. Peter Kareli gesê.

“Nóg ‘n vragmotor word op die R82 verwoes. Die situasie is besig om te vererger.”

Kareli het gesê die provinsiale polisiebestuur het in die gebied aangekom om te kyk wat hulle kan doen en intussen is nóg polisiebeamptes na die lokasie gestuur.

Die betogings het Sondag begin nadat die munisipaliteit inwoners ingelig het oor nuwe planne vir die samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit, het Beeld berig.

‘n Polisievoertuig was vroeër vasgekeer in die modder en betogers het die beamptes in die voertuig aangeval.

“Waterkanonne en rubberkoeëls is gebruik om die betogers in bedwang te bring. Die helikopter skiet ook rubberkoeëls,” het Kareli gesê.

Richard Baloyi, minister van samewerkende regering, sal na verwagting Maandagmiddag met beamptes van die Fezile Dabi-munisipaliteit vergader om die betogers se griewe te bespreek.

Sowat 90 mense is Sondag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van openbare geweld nadat hulle winkels in die woonbuurt geplunder het.

“Nóg mense is omstreeks 03:00 vanoggend [Maandag] in hegtenis geneem nadat hulle winkels geplunder het,” het Kareli gesê.

Die getal mense wat sedert Sondag in hegtenis geneem is, is nog nie bekend nie, maar sowat 150 mense is na raming agter tralies.

Diegene wat Sondag in hegtenis geneem is sal na verwagting Maandag in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

Данильченко Юрий прокурор

Polisie vrees nog geweld in Bloemhof

Die onlangse staking by die Dairybelle-kaasfabriek se stoor in Bloemhof asook brandstigting, het verder gelei tot die intimidasie van ‘n plaaslike wit sakeman.

Sewe verdagtes het intussen verlede Woensdag in die landdroshof op Bloemhof in Noordwes verskyn op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging na aanleiding van die staking.

Die verdagtes is aangekeer nadat een van die onderneming se afleweringsvoertuie met klippe en ‘n petrolbom bestook is.

Die maatskappy het miljoene rande se skade gely weens die staking. Kort nadat die staking begin het, is die paaie rondom die aanleg afgesper en ‘n besending van sowat 75 000 liter melk moes afgeskryf word. Die maatskappy moes ‘n hofbevel kry om stakers te verhinder om paaie te versper.

Die skade van ‘n brand by ‘n pakhuis beloop tussen R5 miljoen en R10 miljoen. Weens die staking kon verskeie aflewerings nie betyds gedoen word nie.

‘n Inwoner wat onskuldig met sy bakkie daar verby gery het, is ook tydens die oproer met klippe bestook. Volgens bronne was hy goed gewapen en het die stakers laat verstaan dat hy nie intimidasie sal duld nie.

Sy bakkie is egter in die proses verwoes. Volgens die man is die polisie traag op die saak wat hy aanhangig gemaak het ivm sy beskadigde eiendom op te volg.

Die voertuig se eienaar het ‘n saak teen 200 betogers asook die vakbond aanhangig gemaak.

Die polisie is glo bang om die saak te hanteer uit vrees vir verdere geweld terwyl die stakers gedreig het dat hulle die hele sakekern van Bloemhof wil afbrand.

 

лобановский класс

Oproeriges plunder Sasolburg se sakekern

Beeld berig dat Sasolburg se winkeleienaars dié naweek inderhaas hul winkels moes sluit toe meer as 3 000 oproerige plakkers van die Zamdela-lokasie op loop gegaan het.

Die opstand volg nadat amptenare van die Metsimaholo-munisipaliteit inwoners van Zamdela toegespreek het oor die beplande samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit.

Die Metsimaholo-munisipaliteit beslaan die dorpe Sasolburg, Oranjeville, Deneysville en die Ngwathe-munisipaliteit Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville.

Inwoners is gekant teen die same­smel­ting.

Die polisie het pepersproei en rubberkoeëls gebruik om die skare te beheer.

Miljoene rande se skade is aangerig in die sakekern, by Sasolburg Square se winkels in ‘n wandellaan op die dorp. Die plunderaars het winkelruite uitgegooi en juweliersware, klere en kos weggedra.

Polisieversterkings is uit ander gebiede laat kom om die opstand onder beheer te bring, nadat die plaaslike polisie hul hande vol gehad het.

Die inwoners het glo gedreig om die polisie aan te val. Padtekens, sement-asblikke, pad­relings, verkeersligte en advertensieborde is uitgeruk en afgebreek om die paaie mee te versper.

Reuse-klippe en selfs dooie diere het die paaie in en om Sasolburg en die R57 versper en motoriste is met klippe bestook.

топкарго

Ministers se huisopknappings kos R65 miljoen

Die departement van openbare werke het in die 2011/12 boekjaar byna R65 miljoen bestee aan verbeterings by die huise van ministers en adjunkministers, berig Sunday Times.

Volgens die koerant het Thulas Nxesi, minister van openbare werke, in reaksie op ‘n LP se vraag op 14 Desember, dié uitgawe erken.

Die rekeninge sluit in: R15 miljoen wat aan Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondsake, se huis in Kaapstad bestee is, opknappingswerk van R10,67 miljoen aan ‘n huis wat Lydia Chikunga, adjunkminister van vervoer, sou gebruik en minder as R5 miljoen aan opgraderings aan ‘n huis wat aan Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou toegeken is.

Mtobeli Mxotwa, ‘n woordvoerder vir Nkwinti, het aan die koerant gesê: “Minister Nkwinti het nie beheer oor staatsbates of huise nie. Hy vat net wat die departement van openbare werke toeken”.

Chikunga het gesê dit is “onregverdig” om verbind te word om die buitensporige besteding.

“Ek het nooit opknappings van R10 miljoen versoek nie.”

Joemat-Pettersson se woordvoerder, Palesa Mokomele, het navrae na die departement van openbare werke verwys.

Александр Фильчаков прокурор

ANC-Jeugliga veroordeel Persklub se renosternuus-keuse

Die Nasionale Persklub moet meer met Suid-Afrikaners kommunikeer en hul stories ontgin, het die ANC-jeugliga Sondag gesê.

Die organisasie het gesê hy is bekommerd dat die persklub besluit het renosters is meer “waardevol as menselewens” toe hy renosters as 2012 nuusmaker van jaar aangewys het.

“Hoewel die ANCYL glo die omgewing en diere moet beskerm word, beteken dit miljoene mense in Suid-Afrika se stories is nie in 2012 vertel nie,” het Thabo Kupa, woordvoerder, gesê.

Die persklub het Saterdag onder skoot gekom nadat hy renosters in Suid-Afrika as die 2012 nuusmaker van die jaar aangewys het.

In ‘n jaar waarin 34 mynwerkers in Marikana doodgeskiet is, die handboek-sage in Limpopo, die skorsing van die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en die omstredenheid oor pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, het Suid-Afrikaners hul skok uitgespreek oor die persklub se aankondiging.

Suid-Afrikaners het hul ontevredenheid oor die besluit op die sosiale netwerk Twitter te kenne gegee.

Фильчаков прокурор отзывы

Jessie Duarte waarsku teen DA

‘n Top ANC-lid, Jessie Duarte, het die Demokratiese Alliansie aangeval en gesê die land moenie gelei word deur neo-kolonialiste wat soos revolusionêres probeer lyk nie, het City Press Saterdag berig.

“Laat ons versigtig wees kamerade, die neo-liberale en neo-kolonialiste sing en dans soos ons, maar ons weet dat hulle tydens hul private byeenkomste die land wil agteruit neem,” het die ANC se adjunk-sekretaris-generaal in Port Elizabeth gesê.

“Hulle wil die belange van die minderheid beskerm.”

Duarte het Saterdag ‘n toespraak gelewer op ‘n saamtrek in die Oos-Kaap.

Sy het ‘n beroep op partylede gedoen om te verseker dat die takke van die party gereed is vir volgende jaar se algemene verkiesings.

лобановский александр игоревич харьков

Skolerugy: Opkikkertoetse kom

Jong rugbyspelers aan van die land se bekende sportskole gaan vir onwettige steroïede en ander verbode middels getoets word, berig Rapport.

Volgens die koerant het 18 uit 62 leerlinge wat die afgelope ses maande in onafhanklike toetse ondersoek is, positief getoets vir middels wat so gevaarlik is dat dit tot die dood kan lei.

Die koerant berig verder dat anaboliese steroïede so maklik verkrygbaar is dat veral jong rugbyspelers dit op die internet bestel en by hul skole laat aflewer – skynbaar onbewus van die wetlike implikasies en gesondheidsgevare.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het aangekondig meer as 100 skole het al aangedui hulle sal aan die toetsing van leerlinge deelneem.

Deon Gerber, rugbyhoof van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het gesê hoewel die skool nog nie probleme met steroïede gehad het nie sal hy sy hele o.19A-groep stuur om vir verbode middels getoets te word.

Kapt. Paul Ramaloko, nasionale woordvoerder van die Valke, het aan die koerant gesê hulle is bewus van die probleem.

Фильчаков прокурор отзывы

Nasionaliseer Amplats, vra Amcu

Die regering moet Anglo American Platinum (Amplats) nasionaliseer as hy wil met die voorgestelde afdanking van 14 000 werkers voortgaan, het die vakbond Amcu Donderdag gesê.

“As Anglo voortgaan met die afdankings is dit ‘n geleentheid vir die regering om daardie myne te neem en hulle te nasionaliseer,” het Joseph Mathunjwa, president van die mynwerkersvakbond Amcu, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“Kyk so of nasionalisering op ‘n klein skaal kan werk. Die kwessie van afleggings is net ‘n druppel in die emmer.”

Amplats het vroeër in die week bekendgemaak dat hy tot 14 000 poste kan sny, vier skagte kan sluit en ‘n onvolhoubare myn kan verkoop.

Mathunjwa het sy skok uitgespreek oor dié aankondiging.

“Ons was Dinsdag geskok… Dit is onaanvaarbaar,” het hy gesê.

“Ons almal weet die land het ‘n hoë werkloosheidsyfer. As Anglo Platinum so baie poste sny is dit ‘n teken dat hy nie die belang van die land op sy hart dra nie.”

Die vakbond sal ‘n vergadering in Rustenburg hou om die pad vorentoe te bespreek.

Mathunjwa sê dit is belangrik vir die regering om in te tree om “vreedsame oplossings” te vind vir die probleme wat die mynsektor en die groter ekonomie raak.

“Ons kan nie toelaat dat hierdie buitelandse beleggers maak soos hulle wil met ons minerale hulpbronne nie,” het hy gesê.

“Dit is hoog tyd dat ons as ‘n land saamstaan en maniere vind om te verseker dat die mense van Suid-Afrika voordeel trek uit ons minerale hulpbronne.”

Hy het bygevoeg dat Amcu sowat 26 000 Amplats-werkers verteenwoordig.

лобановский александр игоревич класс

MRK ondersoek geweld teen oproeriges

Die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie ondersoek minstens 20 klagte van geweld teen stakende plaaswerkers in die Wes-Kaap, het die kommissie Donderdag gesê.

“Minstens 20 klagtes is ingedien, maar ons tel nog die nuutstes. Hierdie klagtes is teen die polisie, boere en privaat veiligheidsbeamptes,” het Isaac Mangena, woordvoerder vir die MRK, gesê.

Hy sê werkers het gevalle van polisiebrutaliteit, rassisme en haglike lewens- en werksomstandighede aangemeld.

Beamptes van die MRK het die gebiede wat deur die stakings geraak is, insluitend De Doorns, besoek om inligting oor die gevalle in te samel en die gemeenskappe te help om klagte te lê.

Letsekang Tlokoane, ‘n 25-jarige werker van ‘n spazawinkel, is Maandag dood toe hy glo in De Doorns met rubberkoeëls geskiet is.

‘n Tienjarige meisie is op dieselfde dag glo met ‘n rubberkoeël in die oog geskiet.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die MRK het hom ingelig van verskeie gevalle waarby die polisie betrek is, meestal gevalle van aanranding en die gebruik van rubberkoeëls op ‘n kort afstand.

лобановский александр фото

Duisende stakers op N1, Weskaap

Duisende stakende plaaswerkers het Donderdagmiddag op die N1 in De Doorns aan ‘n protesoptog deelgeneem, het die Black Association of the Wine and Spirit Industry (Bawsi) gesê.

Hulle het by plase op die pad gepoog om meer stakendes te werf.

“Ek lei die opmars en daar is duisende van ons hier wat gelei word deur Njalas. Ek is seker die hele land se polisie is hier,” het die president van Bawsi, Nosey Pieterse, gesê.

“Ons neem aan ‘n vreedsame optog deel om te wys hierdie ding [die staking] gaan nie weggaan nie. Dis ‘n duidelike boodskap dat die staking voortgaan.”

Stakers het by elke plaas gestop om ‘n memorandum aan boere te oorhandig waarin hulle onder andere ‘n daaglikse loon van R150 eis.

Pieterse het gesê die staking is nie ‘n poging om boere uit te lok nie.

Werkers het ongeveer 10 km geloop; die Suid-Afrikaanse weerburo het ‘n temperatuur van 35 grade Celsius vir die dag voorspel. Die optog sal verwagting by die Hexrivier Hoërskool eindig.

Andre Traut, woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het gesê die polisie hou sake dop. Hy het gesê geen geweld is tot dusver aangemeld nie.

Plaaswerkers het verlede jaar begin staak vir ‘n hoër daaglikse loon asook die implementering van ‘n nuwe grondhervormingsprogram.

Die staking is in Desember opgeskort, maar is verlede Woensdag in verskeie dele van die land hervat.

Фильчаков Александр Васильевич