Alexandra steeds by kookpunt

Image

Alexandra van bo

'n Skare wat deur die polisie as baie aggressief beskryf is, het gister laatmiddag tussen 6de en 8ste Strate langs Londonweg in Alexandra gemaal.

Hoofsuperintendent van die polisie, Wayne Minnaar, het gesê tussen 2 000 tot 5 000 inwoners van Alexandra is daarna uiteengejaag met behulp van rubberkoeëls.

Volgens berigte is heelwat buitelanders gister na 'n onbekende bestemming geneem.

Zimbabwe het 'n beroep gedoen op sy burgers om die onrusgeteisterde lokasie te verlaat en die konsul-generaal se kantoor te skakel om gerepatrieer te word.

Tente is gister opgeslaan deur die Johannesburgse stadsraad by die Alexandra polisiestasie nadat buitelanders daarheen gestroom het vir veiligheid.

Die DA het gevra dat die weermag ingeroep word om die golf van aanvalle teen buitelanders in Alexandra te stuit.

детские лосины для девочекДанильченко Юрий Харьков

Griep kos maatskappye miljarde

ImageGriep en verwante siektes kos maatskappye R2,7 miljard per jaar in afwesigheid sê die statistiekmaatskappy CAM Solutions.

Die direkte koste is aansienlik en dit sluit nie eens addisionele kostes in soos om vir vir ekstra hulp wat in die geval van afwesigheid ingeroep moet word, te betaal nie.

Die syfers is nietemin effens laer. Uit 10 000 Suid-Afrikaners wat in 2005 gemonster is, was 14,2% siek as gevolg van griep, terwyl 12,8% in 2006 was. Vir 2007 is die syfer 14,1%.

Die maatskappy sê lugweg- en griepkwale het laerugpyn vervang as die nommer een rede vir wegbly verlede jaar.

Mense in die ouderdomsgroep tussen 31 en 40 neem die meeste siekverlof.парусные яхты купитьдепутат лобановский

Kaapstad wil watermeters installeer

ImageKaapstad se munisipaliteit het aangekondig dat hulle meer as 20 000 watermeters sal installeer binne die volgende jaar. Watermeters is egter pas deur die Johannesburgse Hooggeregshof as ongrondwetlik en onwettig verklaar.

Die aansoekers in die Mazibuko v Stad van Johannesburg saak het suksesvol geargumenteer dat die gratis volume water van 6 kiloliter te min is.

Die regter het die Stad van Johannesburg beveel om op te hou om watermeters te installeer.

Hierdie week het die Suid-Afrikaanse Munisipalewerkersunie, Samwu, aangekondig dat hulle die Mazibuko-beslissing as die grondslag vir 'n regsaksie teen die Stad van Kaapstad sal gebruik.

Kaapstad se beoogde stelsel is gelyksoortig aan die van Phiri, Soweto, waar munisipale watermeters tans uitgeruk word, het die unie gesê. Hulle het herbevestig dat die fundamentele probleem die beperking van mense se reg tot water is.

тамбов тележкилобановский александр биография

Vals Mboweni besteel sakeman

'n Buitelandse sakeman het meer as R2 miljoen verloor aan 'n Franse bedrieër wat voorgegee het dat hy Tito Mboweni is.
Adam Toure en vier van sy medepligtiges het in die Randburgse Landdroshof verskyn op twee aanklagte van bedrog.

Die vyf het na wat beweer word sakeman Ali Javadi se maatskappy, Financial Intelligence Centre, in 2006 gekontak. Hulle het Javadi in Hongkong ontmoet nadat die vals Mboweni geëis het dat hy BTW van R500 000 betaal.

Javadi is daarna gedwing om verskeie ander betalings te doen van ongeveer R2 miljoen.

Die beskuldigde het die sakeman egter te ver gedruk toe hy versoek het dat Javadi $20 miljoen aan die Reserwebank oorbetaal.

Die Skerpioene het die vyf by die Montecasino Hotel in Johannesburg in hegtenis geneem.

online cluedo gameДанильченко Харьков

Alexandra nog nie kalm nie

Die onluste in Alexandra na wedersydse moorde tussen plaaslike inwoners en buitelanders het gisternag voortgeduur met inwoners wat die polisie met klippe bestook het.

Die polisie het in ruil rubberkoeëls afgevuur.

Die woordvoerder van die Gautengse polisie, Lungelo Dlamini, kon nie die voorval bevestig nie.

Ek is nie oor so 'n voorval ingelig nie, ek sal u kontak sodra iemand van Alexandra my gebel het om my oor die jongste verwikkelinge in te lig, het hy gesê.

Die geweld in die lokasie noord van Johannesburg het begin toe plaaslike inwoners buitelanders aangeval het omdat hulle daarvan verdink word dat hulle vir die misdaadgolf in Alexandra verantwoordelik is.

траверсы дляФильчаков прокурор харьков

N?g arrestasies in Zim

President Robert Mugabe se regering het die aanslag op sy politieke opponente verskerp, terwyl opposisieleier, Morgan Tsvangirai,

Image

Morgan Tsvangirai

voorberei vir sy terugkeer na Zimbabwe om aan die uitklopverkiesing deel te neem.

Verskeie joernaliste, vakbondleiers en honderde aktiviste is al in hegtenis geneem sedert die verkiesing in Maart wat die regerende party verloor het.  Gister is die eerste gesagsfiguur wat deel is van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) egter gearresteer.

Heya Shoko, ‘n parlementslid vir die MDC in Masvingo-provinsie – wat voorheen regeer is deur Zanu-PF – is gister in hegtenis geneem na beweerde geweld in sy kiesafdeling.

Ernest Mudavanhu, ‘n kollega van Shoko, was saam met hom toe drie “inspekteurs” hom gearresteer het.

Dié nuus volg nadat die president en die sekretaris-generaal van die vakverbond van Zimbabwe (ZCTU) se aansoek om borgtog geweier is na hul eerste hofverskyning.  Hulle is in aanhouding op gronde van beweerde opstokery.

Die MDC se leier, Morgan Tsvangirai, en voormalige president van die ZCTU sal dié week terugkeer na ongeveer ‘n maand in die buiteland.  Hy het die verkiesing gewen, net kort van ‘n volstrekte meerderheid.

Tsvangirai het egter voorwaardes vir die beplande uitkloprondte gestel:  hy sal slegs deelneem indien die geweld in die land heeltemal gestaak word, die verkiesingskommissie hersien word en laastens as daar buitelandse waarnemers in die land ontplooi word.

Die regering sê op hulle beurt dat Westerse waarnemers nie nodig is nie en dat Tsvangirai nie rede het om vir sy lewe te vrees nie.

“Indien Tsvangirai wel in gevaar is, het ons polisielede wat hom wel kan beskerm,” sê die adjunk-minister van Inligting, mnr. Bright Matonga.

“Ons het geen idee gehad dat hy die land verlaat het omdat hy klaarblyklik vrees vir sy lewe nie.  Ons het bloot gedink hy is met vakansie terwyl hy terselfdertyd probeer om steun op te bou in sy poging om Zimbabwe te demoniseer.”

Tsvangirai wat bedreig word deur ‘n klag van hoogverraad is verlede jaar erg aangerand tydens polisie-aanhouding.

Mugabe se minister van Justisie, mnr. Patrick Chinamasa, sê die regering sal nie buitelandse waarnemers toelaat nie, veral nie dié wat sanksies teen hulle handhaaf nie. “Hulle sal weer ons guns wen as hulle die sanksies teen ons lig, andersins is daar geen rede vir ons om ‘n verhouding met hulle te bou nie.”

Geen Westerse waarnemers is in die eerste rondte van die verkiesing toegelaat nie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is erg gekritiseer omdat hulle die verkiesing as vry en regverdig bestempel het.

Die uitslae van die eerste verkiesing is vir vyf weke nie bekendgemaak nie en ‘n datum vir die uitkloprondte is nog nie bekend nie, hoewel die wet sê dit moet binne 21 dae van die vorige verkiesing plaasvind.

Mugabe regeer al vanaf 1980 met Zimbabwe se onafhanklikheidswording en het die laaste verkiesing met 43,2% verloor teen Tsvangirai se 47,9%.

Die Verenigde Nasies en die Europese Unie handhaaf sanksies teen Zimbabwe, nadat Mugabe na bewering die 2002-verkiesing gekook het.

Mugabe sê Zimbabwe se swak ekonomiese toestand, wat gekenmerk word deur inflasie van ongeveer 165 000%, tagtig persent werkloosheid, ‘n ernstige tekort aan voedsel en ander noodsaaklike benodighede, is aan dié sanksies te wyte.

гидроаккумулятор 100 ллобановский александр дети

Polisie in Alexandra ontplooi

Polisie is in Alexandra ontplooi nadat die dodetal in geweld teen buitelanders tot drie gestyg het. 'n Man is Maandagaand doodgeskiet en een is beseer, het die polisie vandag bekend gemaak. Albei slagoffers is Suid-Afrikaners.
Twee van die drie mense wat die lewe gelaat het sedert Sondag, is ook Suid-Afrikaans.

'n Totaal van 39 mense is gister in die Johannesburgse lokasie in hegtenis geneem.

Kriminele het intussen die situasie uitgebuit en plundery kom voor.

Die polisie-eenheid vir Openbare Orde is ontplooi om die toestand te monitor en kalmte te herstel.

кварцвиниловая плитка укладка на фанерулобановский александр фото

Ses gearresteer by ANC-konferensie

Ses mense is in hegtenis geneem by Sun City gister nadat hulle probeer het om die ANC se provinsiale konferensie by te woon. 'n Groep mense het deur 'n versperring van ANC-toesighouers by die ingang gebreek en die polisie met klippe bestook. 

Die polisie het van rubberkoeëls gebruik gemaak om hulle uiteen te jaag. Mbeki se volgelinge is in die meerderheid by die konferensie en Zuma-ondersteuners glo dit is 'n manier om hulle daarvan te weerhou om deel te neem.

Die mense wat nie kon inkom nie, glo dat die konferensie nie verteenwoordigend is nie. Sondagaand het die polisie 40 mense hardhandig uit die luukse oord verwyder nadat hulle aan die konferensie wou deelneem.

тамбов подъемникиФильчаков прокуратура харьков

Die einde van ‘n bus-era

Swart kinders en geel skoolbusse, wat swartes in staat gestel het om skole in hoofsaaklik wit gebiede by te woon, het geskiedenis

Image

Skoolbus in die VSA

gemaak in die VSA. Maar dit is op die punt om te verander in Milwaukee. Milwaukee is die grootste stad in die deelstaat Wisconsin.

Die Milwaukee Skoolraad het verlede week besluit om die getal busse drasties te verminder omdat hulle die $57 miljoen wat daarop bestee word as 'n vermorsing op 'n mislukte beleid beskou.

'n Lid van die Skoolraad en onderwysspesialis sê dat hulle besig was om skole in die mees stabiele swart woonbuurte in die stad te sluit as gevolg van die busse en dat iets met die prentjie geskort het.

Kennelik is skooldesegregasie in Milwaukee iets wat tot die verlede behoort soos die bekende 1945 hofuitspraak van Brown v. Board of Education, om nie van ware integrasie te praat nie.

какой генератор выбратьлобановский александр игоревич

SOO-verslag s? Zim is op Suid-Afrika se drumpel

'n Verslag wat deur die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, die SOO, uitgereik is hierdie week sê 'n rassistiese Zimbabwe-styl houding jeens grondsake is besig om gestalte te verkry in Suid-Afrika. Volgens die verslag het grondhervormingsbeleid daartoe bygedra dat 'n situasie heers waar niemand wen nie en almal verloor.

Voorts beweer die verslag dat swart kommersiële boere wat vooruit boer ook met grondeise worstel, wat suksesvolle swartmense ontmagtig. Ten minste 50% van gondhervormingsprojekte word as totale mislukkings beskryf in die verslag.

Sloering met oordragte en gebrekkige ondersteuning van opkomende boere het voedselproduksie drasties verminder en het bygedra tot hemelhoë kospryse.

In Limpopo se Levubu-vallei, bekend as die vrugtemandjie van landbou, waar al die plase grondeise in die gesig staar, het produksie dramaties afgeneem die afgelope drie jaar vanaf 300 ton tot 60 ton.

cluedo gameЛобановский Харьков