Chaos heers toe sokkerkaartjiestelsel vashaak

Chaos het uitgebreek toe die rekenaarstelsel vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi Donderdag oorlaai is met kaartjieverkope en die polisie moes op sekere plekke van traanrook gebruik maak om orde te herstel.

Een kaartjiekoper is aan ’n hartaanval dood terwyl hy in die tou by Fifa se kantoor gewag het.

Die sokkerskouspel skop 11 Junie af en eindig op 11 Julie in Johannesburg.

Duisende Suid-Afrikaners, meestal swart, het ure lank tougestaan by die kaartjiesentrum in Kaapstad en by FNB-takke. Die agt wedstryde in die Kaapstad-sta­dion is nou uitverkoop.

купить липецк стойки трансмиссионныеданильченко юрій Харків

‘Skiet die boer’ klink weer op

Die omstrede lied “Skiet die boer” is Donderdag deur kongreslede van die National Union of Mineworkers (NUM) gesing ten spyte dat die liedjie verbied is.  

Kongreslede van dié mynvakbond, die regering asook verskeie finansiële instellings het ‘n indaba in Johannesburg bygewoon om die probleem met mynwerkers se behuising aan te spreek.

Die liedjie is gesing om Oupa Komane, NUM se adjunk-sekretaris-generaal, van die podium af te begelei.

Komane het kongreslede met die lied geterg voor sy toespraak en slegs die “Ayesab’ amagwala”-gedeelte aan die einde gesing.

Dit het veroorsaak dat kongreslede die hele lied sing.

Die suid-Gauteng hooggeregshof in Johannesburg het onlangs dié lied verbied aangesien dit geweld aanhits.

[Die dagblad Beeld dra dieselfde berig van SAPA hierbo. Die laaste sin is as volg in Afrikaans vertaal om die leser te verseker dat die liedjie nie geweld aanhits nie: “Die suid-Gauteng hooggeregshof in Johannesburg het onlangs dié lied verban aangesien dit glo geweld aanhits.”]

bridal accessories beltЛобановский Харьков

Terre’Blanche-saak uitgestel tot 10 Mei

Puna Moroko, prokureur van die 28-jarige beskuldige in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak, het Woensdag aan verslaggewers buite die hof gesê dat dit goed gaan met sy kliënt.

“Hy is glad nie senuweeagtig nie. Nee, ons het ook geen doodsdreigemente of intimiderende boodskappe ontvang nie. My kliënt het nie ‘n selfoon in die tronk nie en ek het nog net boodskappe van ondersteuning ontvang,” het Moroko gesê. Hy wou egter nie uitbrei oor wie die mense is wat sy kliënt ondersteun nie.

Volgens hom is hy Paasmaandag deur “goeie samaritane” gekontak wat hom gevra het om Chris Mahlangu (28) te verteenwoordig. Sedertdien het die Black Lawyers Association (BLA) ook gesê dat hulle Moroko sal ondersteun.

Moroko was daarvan oortuig dat sy kliënt borgtog toegestaan sal word en ook dat Mahlangu onskuldig bevind sal word vir die moord op Terre’Blanche.

“Alhoewel Mahlangu en sy medepligtige, ‘n 15-jarige seun, oor die telefoon aan die polisie gesê het dat hulle Terre’Blanche vermoor het, tel dit nie as ‘n erkenning van skuld nie,” het Moroko gesê.

Mahlangu het met groot oë die hofverrigtinge dopgehou Woensdagoggend, terwyl Terre’Blanche se familielede hom aangegluur het vanuit die voorste ry van die publieke galery.

Sy borgaansoek is uitgestel tot 10 Mei as gevolg van onsekerheid oor waar hy sal bly as hy borgtog ontvang.

Moroko het weereens bevestig dat daar ‘n dispuut oor lone was.

Die media sal toegelaat word om die borgtogaansoek van die 28-jarige man by te woon wat verdink word van die moord op die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.

“Die media sal toegelaat word by die borgtogaansoek van Chris Mahlangu,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), buite die landdroshof in Ventersdorp gesê.

Die 15-jarige verdagte sal nie aansoek doen om borgtog nie.

“Ek kan nie sê waarom die minderjarige besluit het om nie aansoek te doen nie,” het Mhaga gesê.

“Die verhoor van die minderjarige is onderweg en ons sal moet wag om te sien hoe die saak hanteer sal word. Hierdie is die eerste keer wat ‘n saak gedoen word onder die Wet op Kindergeregtigheid wat onlangs inwerking gestel is.”

Na afloop van sy voorlopige, private verhoor sal die minderjarige na ‘n plek van veiligheid geneem word. Nadat hy uit die hof geneem is sal die media en die publiek toegelaat word om Mahlangu se borgtogaansoek in die hof by te woon.

Die hof is egter baie klein en kan slegs vyf verslaggewers akkommodeer.

As gevolg van die nuutste verwikkelinge sal etv, Media 24, Independent Newspapers en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) hulle aansoek om die verhoor in ‘n ope hof te laat plaasvind vir eers uitstel.

Мильстримtopcargo

Diensleweringsprotes styg dramaties

Die aantal diensleweringsbetogings het ‘n hoogtepunt bereik in die eerste kwartaal van 2010, met soveel as 54 protesaksies landwyd deur die navorsingsmaatskappy Munisipale IQ getel.
  
Hierdie aantal in die eerste vier maande van hierdie jaar, is baie hoog as in ag geneem word dat ‘n totaal van 105 oor 12 maande in die vorige jaar plaasgevind het Munisipale IQ se besturende direkteur Kevin Allan, gesê.

“Dit is betekenisvol dat die eerste kwartaal van 2010 meer as die helfte soveel van al 2009 se protesaksies gelewer het,” het Allan in ‘n verklaring Donderdag gesê.
  
“Trouens, Maart se protes vergelyk met verlede jaar se ongekende hoogtepunt in Julie,” het hy bygevoeg, met die navorsing wat toon dat ongeveer 25 protesaksies getel is in hierdie twee maande. 
  
Sedert Munisipale IQ begin het met die samestelling van die verslag in 2004, was die kalmste jaar 2006, toe net twee diensleweringsopstande aangeteken is.
  
Verlede jaar is die meeste protesaksies (105) aangeteken, maar hierdie jaar lyk dinge die ergste Oos-Kaap (albei 11 persent), Limpopo (sewe persent), die Vrystaat (vyf persent) en Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Noord-Kaap (almal vier persent).  
  
Munisipale IQ tel “volgehoue protes” as protes wat oor ‘n paar dae op een plek strek as net een aksie. Dit sluit ‘n vreedsame en gewelddadige betogings wat gerig is op munisipaliteite wat van die swak dienstlewering beskuldig word, in.

шорты девочке 8 летФільчаков прокурор

Nog klaskamers brand

Geweldpleging het vir ‘n tweede dag voortgeduur by die Sekondêre Skool Naphakade in Malmesbury Woensdag nadat swart skoolkinders nog klaskamers aan die brand gesteek het.

Polisiebeamptes wat die skoolterrein betree het om orde te hou, is onder klippe gesteek.

Die skool sal tot Maandag gesluit wees. Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, het ook ’n dringende interdik aangevra om slegs amptenare van die Wes-Kaapse onderwysdepartement tot die perseel toe te laat.

Die polisie moes kinders Dinsdag met rubberkoeëls uitmekaar jaag nadat hulle hulself tot brandstigting gewend het.

In simpatie met vier leerlinge wat aangehou word ivm Dinsdag se voorval, het leerlinge by die landdroshof betoog. By die skool het het hulle ruite van die klaskamers begin stukkend gooi.

Voorvalle van plundery by immigrante se spazawinkels is ook Dinsdag aangemeld.

справкиДанильченко Юрий отзывы

Slagoffer eien aanvaller as polisiebevelvoerder

’n Misdaadslagoffer het een van sy aanvallers glo herken in sy… polisie-uniform, berig Beeld.

Die slagoffer van ‘n rooftog het dokumente by ’n polisiekantoor oos van Pretoria laat sertifiseer toe hy met skok besef het dat sy aanvaller ‘n skofbevelvoerder van die Boschkop-polisiekantoor is.

Die polisieman, Joshua Raboshaba (50), sal vandag in die hof verskyn op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Die slagoffer, ‘n sakeman van 60,  wou nie sy naam gee nie omdat hy verdere viktimisasie vrees. Hy het Raboshaba herken as een van die rowers wat hom in Augustus verlede jaar by sy onderneming in Silverton beroof het.

Lees verder.

 

86 купитьtopcargo

Ses vas vir brandstigting

Ses mense is vir ondervraging Woensdag in hegtenis geneem nadat 19 busse by die Buscor-depots in Nelspruit vroeg Dinsdag uitgebrand is, het Mpumalanga polisie gesê.
  
“Ons het ses mense in die Laeveld-gebied in Mpumalanga vir ondervraging ingeneem,” het Kaptein Leonard Hlathi gesê.
  
Die ses is Woensdag gearresteer gedurende die vroeë oggendure nadat inligting aan die polisie oorhandig is.
  
Hulle word in verband met die busse wat aan die brand gesteek is Dinsdagoggend aangehou. Die voertuie was in die depot te Oggo in Daantjie, buite Nelspruit geparkeer .
  
Die brand het versprei van die een bus na die ander omdat hulle naby aan mekaar geparkeer was. Daar is 17 busse  verwoes, sê Hlathi.
  
Nog ‘n bus is aan die brand gesteek by die Spelenyana-depot, ook in Daantjie, en ‘n ander by Kabokweni naby Malkutu, Witrivier.
  
Sleutels is ook verwyder uit die ses busse wat uit gebrand het by die Masoyi-depot naby Hazyview.
  
Hlathi sê die vroeë getuienis is dat dit gekoppel word aan die afdanking van ‘n aantal werknemers en’ n advertensie wat geplaas is in ‘n koerant om hul posisies te vul.
  
Die maatskappy, wat gesê het hulle het R45 miljoen verloor, het aangebied om ‘n R50 000 beloning vir inligting wat sal lei tot ‘n arrestasie sal betaal.

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting.

детектор лжи минскФильчаков прокуратура харьков

Mugabe gaan voort met verinheemsing

Zimbabwe se president Robert Mugabe het Woensdag beweringe deur Eerste Minister Morgan Tsvangirai se kantoor verwerp dat die regering ‘n wet omkeer het wat buitelandse maatskappye dwing om ‘n meerderheidsbelang aan die breë bevolking oor te dra.

Mugabe het gesê dat die opmerkings dat verinheemsing en bemagtigingsregulasies geskrap is, nie waar is nie, maar dat die kabinet aan die verbetering van die reëls werk. 

“Dit (die kommentaar) is heeltemal onwaar,” het Mugabe aan verslaggewers gesê na afloop van ‘n toer van die tabakveilingvloere.

“Daar is geen nietigverklaring van verinheemsing en die ekonomiese bemagtigingswet nie, geen kansellasie van die regulasies wat gemaak is nie,” het hy gesê.

“Wat is daar, is dat die regulasies bestudeer word deur ‘n komitee van die kabinet net om hulle te verbeter.”  Die wet wat van krag geword het op 1 Maart, sal buitelandsbeheerde maatskappye ter waarde van 500,000 dollar (€ 369,000) of meer raak. 

Hulle is 45 dae gegee om bewyse te lewer van hoe hulle poog om te voldoen aan die voorgestelde vereistes.

Morgan Tsvangirai se kantoor het Dinsdag gesê die regering het verklaar dat die verinheemsingswet van “geskrap” is.

Die grootste maatskappye sluit plaaslike filiale van die Britse banke Barclays en Standard Chartered in, asook mynmaatskappye soos Impala Platinum, Anglo Platinum en Rio Tinto.

Saviour Kasukuwere, minister van verinheemsing, het bevestig dat die wet nie geskrap sal word nie.

“Ons is nog steeds aan die gang met die wet,” het hy aan AFP gesê.

“Ja, die kabinet het gesê dat ons meer tyd aan ondernemings moet bied, maar ons gaan voort met die wet,” sê Kasukuwere.

Mugabe het die regulasies verdedig as ‘n maatreël om die  ekonomiese wanbalanse geskep deur Zimbabwe se koloniale verlede, te herstel.

free uk slots no depositОлександр Фільчаков прокурор

VSA en SA versterk diplomatieke bande

Die Verenigde State en Suid-Afrika het Woensdag ‘n ooreenkoms  onderteken wat ‘n hupstoot sal verleen diplomatieke bande, ‘n nuwe teken van die belangrikheid waarmee die VSA-administrasie Pretoria se rol in die streek bejeën.

Die “strategiese dialoog” wat deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton en haar Suid-Afrikaanse eweknie Maite Nkoana-Mashabane in die vooruitsig gestel word, sal poog om die samewerking tussen die twee lande te versterk oor ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe.

Onder die kwessies wat die twee partye sal aanspreek sal wees gesondheid, onderwys, voedselsekuriteit, openbare veiligheid, handel, beleggings, energie en non-proliferasie, het die Amerikaanse State Department gesê.

“Suid-Afrika se leierskap is van kritieke belang vir die welvaart en veiligheid van die Suid-Afrikaanse bevolking en Afrika en die wêreld, ” het Clinton gesê met die ondertekening van die ooreenkoms.

Suid-Afrika, ‘n lid van die Groep van 20 en die mees invloedryke land in die streek, word beskou as een van Washington se drie belangrikste spelers in Afrika, saam met olieprodusente Nigerië en Angola.

Die Verenigde State het reeds ‘n soortgelyke ooreenkoms met Nigerië en sal na verwagting ‘n soortgelyke ooreenkoms sluit met Angola.

Die eerste jaarlikse bilaterale forum tussen die Verenigde State en Suid-Afrika sal in Pretoria gehou word op 12-13 Mei het Amerikaanse diplomatieke bronne gesê.

медицинская карта форма № 026лобановский александр жена

Skool afgebrand deur leerlinge

Vier swart leerlinge sal Woensdag in Malmesbury in die landdroshof verskyn nadat hulle glo drie klaskamers by hul skool aan die brand gesteek het, omdat die skool oorvol was. 
Volgens Henry Durant, polisiewoordvoerder, patrolleer die  polisie die area rondom Hoërskool Naphakade om te verhoed dat soortgelyke voorvalle plaasvind. 

Verskeie leerlinge het glo Dinsdagaand die skool se geboue aan die brand gesteek omdat hulle na bewering klaskamers met laerskoolleerlinge moet deel.

“Die situasie is onder beheer en die skool het weer Woensdagoggend sy deure geopen. Die skoolkinders is op die perseel en klasse verloop soos normaal,” het Durant gesê.

Donald Grant, die Wes-Kaapse minister van onderwys,  het die voorval afgekeur en gesê daar is reeds planne om ‘n nuwe hoërskool in die omgewing te bou.

“Die aggressiewe optrede deur die leerlinge was nie net onwettig nie, maar heeltemal onnodig. Ons het lankal reeds besluit om ‘n nuwe skool in die area te bou,” het Grant gesê.

Die vier leerlinge, onderskeidelik 21, 20, 18 en 16 jaar oud, is aangekla van openbare geweld en brandstigting.

машинки мультикФильчаков