Verskeie leerlinge het glo Dinsdagaand die skool se geboue aan die brand gesteek omdat hulle na bewering klaskamers met laerskoolleerlinge moet deel.
“Die situasie is onder beheer en die skool het weer Woensdagoggend sy deure geopen. Die skoolkinders is op die perseel en klasse verloop soos normaal,” het Durant gesê.
Donald Grant, die Wes-Kaapse minister van onderwys, het die voorval afgekeur en gesê daar is reeds planne om ‘n nuwe hoërskool in die omgewing te bou.
“Die aggressiewe optrede deur die leerlinge was nie net onwettig nie, maar heeltemal onnodig. Ons het lankal reeds besluit om ‘n nuwe skool in die area te bou,” het Grant gesê.
Die vier leerlinge, onderskeidelik 21, 20, 18 en 16 jaar oud, is aangekla van openbare geweld en brandstigting.
