Nog klaskamers brand

Geweldpleging het vir ‘n tweede dag voortgeduur by die Sekondêre Skool Naphakade in Malmesbury Woensdag nadat swart skoolkinders nog klaskamers aan die brand gesteek het.

Polisiebeamptes wat die skoolterrein betree het om orde te hou, is onder klippe gesteek.

Die skool sal tot Maandag gesluit wees. Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, het ook ’n dringende interdik aangevra om slegs amptenare van die Wes-Kaapse onderwysdepartement tot die perseel toe te laat.

Die polisie moes kinders Dinsdag met rubberkoeëls uitmekaar jaag nadat hulle hulself tot brandstigting gewend het.

In simpatie met vier leerlinge wat aangehou word ivm Dinsdag se voorval, het leerlinge by die landdroshof betoog. By die skool het het hulle ruite van die klaskamers begin stukkend gooi.

Voorvalle van plundery by immigrante se spazawinkels is ook Dinsdag aangemeld.

справкиДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae