Parlement ontaard in klug

Speaker Baleka Mbete het Mike Waters van die DA se gedrag in die parlement as "buitensporig, sonder respek en heeltemal onbeskof" beskryf. Waters sal vir ‘n tydperk van vyf werksdae geskors word.
 
In ‘n klugtige atmosfeer wat Woensdag in die parlement geheers het, het die Britsgebore Waters en die Speaker in ‘n oor-en-weer relletjie oor die kwessie van die omstrede minister van gesondheid se verlede, op mekaar begin gil.

Mbete het geëis dat Waters die huis en parlementêre kompleks dadelik verlaat. Dit kom nadat Waters Woensdag skriftelik gevra het of  Manto Tshabalala-Msimang in 1976 wel van diefstal beskuldig is en gevra is om die hospitaal in Botswana waar sy gewerk het, te verlaat.

Maar die Speaker het geweier dat die vraag behandel word. Mbete se reëling het Waters laat opvlam: "Hierdie is ‘n grap, ‘n absolute grap … u probeer ‘n dief beskerm, Madame Speaker." Mbete het Donderdag herhaal dat die kwessie nie oop is vir bespreking nie. Volgens die Speaker was Waters nie bereid om die gebou te verlaat nie en het hy haar gesag openlik uitgedaag.

Sy het verder gemeen dat Waters se teregwysing nie gepas genoeg is nie en dat hy swaarder gestraf behoort te word. Die meeste DA-lede het ná die onderonsie Woensdag die saal verlaat om "demokrasie te verdedig". Sandra Botha, die DA se parlementêre leier, het gesê dat demokrasie "ondermyn" word.

мебель дляФильчаков прокурор отзывы

Moetiemoord in Noordwes

Die geskende liggaam van ’n 17-jare seun is gister naby Pellastat in Madikwe gevind, het die Noordwespolisie gesê.

Superintendent Louis Jacobs het verklaar dat die seun se lyk langs die pad deur ’n verbyganger vroeg Donderdagoggend ontdek is.

Sy tong en skaamdele is verwyder. Dit wil voorkom asof die seun elders aangeval, geskend en vermoor is en sy lyk langs die pad gelos is, het Jacobs gesê.

Hy is Woensdagoggend laas lewendig gesien en het saam met sy twee broers in die omgewing gewoon.

Die polisie poog tans om met sy ouers in aanraking te kom om hulle van die voorval in kennis te stel.

Intussen verkeer ’n 13-jarige seun wat op 5 Augustus in ’n geskende toestand naby sy stat buite Rustenburg gevind steeds in ’n ernstige toestand, het Jacobs gesê.

Die polisie is besig om albei insidente te ondersoek. Jacobs wou nie spekuleer oor die motiewe toe hy gevra is of dit rituele aanvalle was nie.

дитячи машиниФильчаков Александр Васильевич

Rwanda wil nie meer SAOG-lid wees

Rwanda se president, Paul Kagame, het Woensdag gesê dat sy land nie langer belangstel om deel te word van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) nie. Hy wou nie dat Rwanda te veel "oorvleuelende" rolle met ander blokke speel nie.

"As ‘n land moet ons ons lidmaatskap rasionaliseer," het hy aan joernaliste verduidelik aan die einde van sy driedaagse amptelike besoek aan Malawi. Rwanda het twee jaar gelede aansoek gedoen om deel te word van SAOG. Tans is daar 14 state wat deel is van die Ontwikkelingsgemeenskap.

Kagame meen dat lidmaatskap aan SAOG dalk nie so ekonomies voordelig sal wees as wat oorspronklik gemeen is nie. Hy het aangedui dat Rwanda wel binne die Oos- en Suid-Afrikaanse gemeenskap sal aanbly. Kagame was in Malawi om handels- en landboubetrekkinge uit te brei.

Kagame hoop om sy land in die Dubai van Suider-Afrika te omskep. Microsoft se Bill Gates, Riley Bechtel van Bechtel, Steve Forbes en topbestuurders van Google, Merrill Lynch, Starbucks, Columbia Sportswear, Morgan Stanley, en General Electric was al gaste van die president.

Die eertydse guerillaleier het ‘n diploma in sakestudies gedoen dmv korrespondensie toe hy as staatshoof ingetree het. Hy het sy eksamen onder toesig van die Britse ambassadeur afgelê. Die president hoop dat Amerikaanse sakevernuf sy land beter sal kan dien as hulporganisasies.

‘n Franse regter Jean-Louis Bruguière, het Kagame en 10 van sy militêre personeellede verlede jaar gelas om in Frankryk voor die gereg te verskyn omdat hulle klaarblyklik die noodlottige missiel op  Hoetoe-president Juvenal Habyarimana se vliegtuig afgevuur het. Dié insident het die begin van ‘n volkskaalse volksmoord in Rwanda tot gevolg gehad.

Rwanda se buurlande, die DRK en Tanzanië, is albei SAOG-lede. Rwanda en Malawi het ook onderneem om hul kulturele bande te versterk.

концепция архитектурного освещенияЛобановский Харьков

Oud-president se vrou gearresteer

Image

Lang vingers

Die eggenote van die eertydse Zambiese president Frederick Chiluba is Maandag in hegtenis geneem nadat sy probeer het om van haar man se gesteelde bates te verkoop. ‘n Paar dae tevore het ‘n hof bevind dat daar nie genoeg getuienis teen Regina Chiluba is om haar van korrupsie aan te kla nie.

 
Sy is vanaf haar woning in Lusaka deur gewapende polisielede na die polisiestasie geneem. Nadat haar advokate tussenbeide getree het, is sy op borgtog vrygelaat. Die oud-president en ‘n tiental aanhangers het sy vrou na die stasie vergesel.
 
Die polsie wou nie kommentaar lewer nie en het bloot gesê dat ‘n spesiale ondersoek wat onderneem is om die Chiluba-regering (1991-2001) se korrupsie te ondersoek en dat daar mettertyd ‘n verklaring daaroor uitgereik sal word.

‘n Woordvoerder van die oud-staatshoof het gesê dat Chiluba sy vrou "in die sel gaan besoek het met sy lyfwagte". Regina Chiluba was glo briesend en het geweier om met die gereg saam te werk omdat hulle volgens haar haar onskuld misken.

Haar man word daarvan verdink dat hy $500 000 in sy sak getseek het. Die Zambiese hof sal in Februarie uitspraak lewer. Chiluba is deur ‘n Britse hof skuldig bevind aan die misbruik van openbare fondse ter waarde van miljoene en sy bates in Brittanje is bevries.

 
для насосовлобановский обыск

Zimbabwe is ‘landbouleier’

Image

Obiang

Teodoro Obiang Nguema Mbasogo het Vrydag gesê dat Zimbabwe se ervaring en landboukennis oorgedra behoort te word na die mense van Ekwatoriaal-Guinee. Hy het Robert Mugabe geprys omdat Zimbabwe se landbousektor die "mees gevorderde in Afrika" is en ‘n "leier" op dié gebied. Obiang, die neef van eertydse president Francisco Macías Nguema, was die internasionale gas by die landbouskou in Harare.

Obiang se voorloper word daavan verdink dat hy ‘n derde van sy bevolking binne 11 jaar uitgewis het. Hy is deur sy neef, die huidige staatshoof, in 1979 laat vermoor tydens ‘n militêre oorname. Human Rights Watch beskou Obiang nietemin as een van die ergste menseregtevergrypers en in 1995 het die VSA besluit om hul ambassade te sluit in dié land.

Meer as 70% van landbougrond in Zimbabwe was voorheen in die hande van wit boere, maar in 2000 het Mugabe se plan om van kommersiële boere ontslae te raak in werking getree en het sogenaamde "oorlogsveterane" plase beset. Die inflasiekoers staan tans op 7 600% danksy die ekonomiese ineenstorting wat gevolg het op die grondhervormingsbeleid.

Die olieryke Ekwatoriaal-Guinee verskaf tans olie aan energiegestremde Zimbabwe. In 2004 het 70 huursoldate ‘n staatsgreep beplan om van Obiang ontslae te raak. Die eertydse Britse premier se seun, Mark Thatcher, en Simon Mann, ‘n spesialissoldaat, het die plan bedink wat ter elfder ure op die rotse geloop het nadat sy span Suid-Afrikaanse helpers in Harare aangekeer is.

стоит построитьлобановский александр игоревич класс

Burgemeester van moord aangekla

Die burgemeester van Dundee, ’n dorp in Noord-Natal, is op ’n moordklag in hegtenis geneem, tesame met twee medepligtiges.

Die polisiewoordvoerder, direkteur Phindile Radebe, het gister bevestig dat “die burgemeester van een van die munisipalititeite in die Dundee-gebied” gearresteer is.

Volgens ’n Sapa-korrespondent, is die burgemeester Donderdag in hegtenis geneem tesame met twee medepligtiges op klagtes wat verband hou met die skiet van die ANC-takvoorsitter, Grishen Bujram (42) op 15 Junie vanjaar.

Die drie persone sal waarskynlik more in die landdroshof op Dundee verskyn.

Bujram is in sy motor doodgeskiet gedurende die nag van 15 Junie in die Sibongile-woonbuurt.

cветодиодный светильникФільчаков Олександр Васильович

Zimbabwiese landbouskou

Image

Te koop

"Hier is niks vir ons nie. Nie kunsmis nie, nie saad nie… Dis baie teleurstellend." So praat Mildred Chitada wat suikerriet en mielies verbou en vrees dat landbouers wat die landbouskou in Harare bywoon hierdie week met leë hande huistoe sal gaan.

"Die regering moes ten minste probeer het om kunsmis in die hande te kry vir ons, die nuwe boere. Die nuwe boere moet gehelp word want ons het niks," het sy bygevoeg. Die landbouskou is ‘n skadu van wat dit voorheen was nadat 4000 wit boere van hulle plase verwyder is.

Duisende Zimbabwiese boere het in Harare bymekaar gekom vir die landbouskou wat Vrydag amptelik deur Teodoro Obiang Nguema van Ekwatoriaal-Guinee geopen sal word.

‘n Wit boer met ‘n Holstein-kudde probeer ook by die skou van sy diere ontslae raak. Sy plaas is verdeel tussen 34 nuwe boere en dus is sy weiding van meer as 600 hektaar verminder na 20 en kan hy nie meer die kudde aanhou nie.

Nuwe boere maak geen vordering nie omdat elektrisiteitsvoorsiening, voorrade en kennis ontbreek. Zesa, die Zimabwiese nasionale elektrisiteitsvoorsieningsliggaam, was ook teenwoordig om gemoedere te probeer kalmeer. Die twee kragsentrales kan nie behoorlik funksioneer nie omdat daar nie genoeg steenkool is nie.

Drie kunsmisfabrieke moes verlede maand sluit omdat ekonomiese toestande in die land so agteruitgegaan het. Vóór 2000 het Zimbabwe mielies na Zambië en Malawi uitgevoer. Mugabe hou egter vol dat droogte verantwoordelik is vir die haglike omstandighede.

Organiseerders het Dinsdag probeer om optimisties te bly, teen alle waarskynlikheid en getuienis in, en aan die media gesê dat Zimbabwe nie op die rand van ‘n ineenstorting is nie en dat die landbouskou ‘n yslike sukses gaan wees.

 

сайт игрушекАлександр Фильчаков Васильевич

Moetie-aanval in Noordwes

Die man wat die laaste persoon was wat ’n jong swart seun twee weke gelede gesien het, net voor hy wreedaardig vermink is, is die pas afgelope naweek dood aangetref in die dorpie Phela, in Noordwes. Dit is nog nie bekend wie hom vermoor het nie. Sy liggaam is sowat 500 meter gevind van die veekraal waar hy die dertienjarige seun die laaste keer gesien het.

Die seun, Bahumi Mogorosi, is op 5 Augustus naby Rustenburg aangeval. Hy was besig om sy pa se vee op te pas toe hy oorval is. Sy aanvallers het sy tong, geslagsdele en lippe uitgesny. Sy regterarm is by die elmboog afgekap. Ná die aanval het hy sowat 150 meter gekruip om hulp te kry. Hy verkeer tans in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Toordokters glo dat ’n afgesnyde hand wat onder ’n winkeldeur begrawe word, vir die winkeleienaar goeie geluk en flinke sake kan beteken. Die hand wink naamlik klante en geld nader.

Volgens dr Gerard Laubschagne, wat aan die hoof staan van ’n polisie-eenheid wat moetiemoorde- en aanvalle ondersoek, kom sulke aanvalle nog gereeld voor. Hierdie moorde word egter dikwels nie by die polisie aangemeld nie. Alhoewel amptelike statistiek nie beskikbaar is nie, glo hy dat tot 300 sulke moorde jaarliks plaasvind. Polisielede hanteer sulke gevalle dikwels soos gewone moorde, wat beteken dat Labuschagne en sy eenheid nie daarby betrek word nie.

Die meeste tradisionele genesers beperk hulle tot die gebruik van kruie, boombas en dele van dierkarkasse, maar die geloof bestaan dat menslike ledemate oor geweldige krag beskik en die konkoksie wat verkoop word dus baie duurder maak. Volgens Labuschagne is dit moeilik om sulke gevalle op te los, aangesien verskillende partye betrokke is. Die geneser sal aan die moordenaar beskryf watter liggaamsdele hy benodig.

Dit moet verwyder word terwyl die slagoffer nog leef. Testikels is gewild vir viriliteitsresepte, tonge word verwyder om mans te help om vroue met hulle woorde te bekoor en vet van die maag of borste word gebruik om geluk te bring. Indien die moordenaar gevang word, wil hy dikwels nie die naam van die geneser verklap nie, omdat hy vrees dat hy getoor kan word.

Labuschagne het geen illusies dat sy eenheid hierdie praktyk gaan beëindig nie. “Die praktyk gaan al vir eeue lank aan, dit is niks nuuts nie. Ek dink nie enigiemand glo dat ons moetiemoorde gaan verhoed nie, net so min soos mens kan beweer dat prostitusie beëindig kan word.“

лучшее пуско зарядноеФильчаков Харьков

Mbeki val ‘onetiese media’ aan

President Thabo Mbeki het Vrydag woedend gereageer op berigte in die Business Day dat SAOG-lande die probleme in Zimbabwe geïgnoreer het om solidariteit tussen lidstate te bevorder. Hy het na ‘n "totaal gefabriseerde storie" in die koerant verwys. Die storie maak melding van ‘n vergadering in Lusaka "wat nooit plaasgevind het nie".

Hy het bygevoeg dat dit algemeen is vir sekere media-instellings in Suid-Afrika om oneties op te tree en nuus en inligting uit hul duime te suig en vir die waarheid aan te bied. Die koerant het blykbaar ‘n verdeeldheid tussen lidstate voorgehou en ‘n verlamming onder leiers om Zimbabwe aan te spreek waargeneem tydens ‘n vergadering wat nooit plaasgevind het nie.

"Die vyandige aanklag dat ons lande roekeloos hul oë weggedraai het van die probleme van Zimbabwe omrede hulle solidariteit wou aanmoedig, was nog altyd ‘n stuk propaganda wat alle denkende mense as sulks sal herken." Hy het ook gesê dat Zimbabwe se probleme Suid-Afrika se probleme is, maar dat Zimbabwe ongekwalifiseerde respek vir sy onafhanklikheid en die reg van sy mense om oor hul lot te besluit, verdien

Suid-Afrika en die Gemeenskap sal onder geen omstandighede soos ‘n supermag optree nie en sal nie die reg tot selfbeskikking van die mense van Zimbabwe wegneem soos "imperiale Brittanje" gedoen het nie, het hy voortgegaan.

детские белые футболки без рисунка купитьтопкарго развод

Alles wel in Zimbabwe…

President Robert Mugabe se regering het gister ’n wetsontwerp aan die parlement voorgelê ingevolge waarvan Zimbabwiërs die meerderheidsaandeel in buitelandse maatskappye gaan bekom.

Volgens ekonomiese kenners kan hierdie wetgewing die ekonomiese krisis in die land aansienlik vererger. Dit sal aan die regering ongekende magte verleen om te besluit hoe buitelandse firmas, ook in die mynbedryf, moet funksioneer.

Mugabe is vas van plan om die wetsontwerp goedgekeur te kry. Sy ZANU-PF-party het immers die meerderheid setels in die parlement. Die nuutste poging van die regering om sy greep op die land se ekonomie te verstewig, kom net ná ’n aankondiging dat die land se inflasiekoers nou op 7 634% staan.

Chroniese tekorte aan petrol, kos en buitelandse valuta is toenemend aan die orde van die dag. Die nuwe inflasiekoers volg op die regering se onlangse besluit dat alle prysverhogings gestaak moet word, wat winkelrakke leeg gelaat en tekorte vererger het. Sowat 80% van die bevolking is tans werkloos.

Intussen het die Suid-Afrikaanse regering Donderdag sy tevredenheid uitgespreek oor die moontlikheid van vrye en regverdige verkiesings in Zimbabwe. Die kabinet het ’n verslag van president Thabo Mbeki aanvaar waarin beweer word dat die president se pogings om ’n ooreenkoms tussen ZANU-PF en die MDC-opposisie te beding “volgens plan verloop.”

Volgens Themba Maseko, regeringswoordvoerder, word vertroue in die verslag uitgespreek dat “hierdie samesprekings tot ’n ooreenkoms sal lei wat die fondament vir vrye en regverdige verkiesings in Zimbabwe sal lê.“

Dit volg op verlede week se SAOG-byeenkoms in Lusaka, waar leiers van suidelike Afrika saamgestem het dat die probleme in Zimbabwe “oordryf word.“

 

gambling websites ukЛобановский Харьков