Oud-president se vrou gearresteer

Image

Lang vingers

Die eggenote van die eertydse Zambiese president Frederick Chiluba is Maandag in hegtenis geneem nadat sy probeer het om van haar man se gesteelde bates te verkoop. ‘n Paar dae tevore het ‘n hof bevind dat daar nie genoeg getuienis teen Regina Chiluba is om haar van korrupsie aan te kla nie.

 
Sy is vanaf haar woning in Lusaka deur gewapende polisielede na die polisiestasie geneem. Nadat haar advokate tussenbeide getree het, is sy op borgtog vrygelaat. Die oud-president en ‘n tiental aanhangers het sy vrou na die stasie vergesel.
 
Die polsie wou nie kommentaar lewer nie en het bloot gesê dat ‘n spesiale ondersoek wat onderneem is om die Chiluba-regering (1991-2001) se korrupsie te ondersoek en dat daar mettertyd ‘n verklaring daaroor uitgereik sal word.

‘n Woordvoerder van die oud-staatshoof het gesê dat Chiluba sy vrou "in die sel gaan besoek het met sy lyfwagte". Regina Chiluba was glo briesend en het geweier om met die gereg saam te werk omdat hulle volgens haar haar onskuld misken.

Haar man word daarvan verdink dat hy $500 000 in sy sak getseek het. Die Zambiese hof sal in Februarie uitspraak lewer. Chiluba is deur ‘n Britse hof skuldig bevind aan die misbruik van openbare fondse ter waarde van miljoene en sy bates in Brittanje is bevries.

 
для насосовлобановский обыск