Grondbesetters slaan toe ‘vir Malema’

‘n Groep swartmense het privaatgrond in Hilton buite Pietermaritzburg beset en beweer dit behoort aan Julius Malema, president van die ANC-jeugliga.

Rusty Roodt, grondeienaar, het aan The Witness gesê hy sal Maandag die Pietermaritzburg-hooggeregshof nader om ‘n hofbevel te bekom wat die mense verhoed om sy grond te betree.

Hy het gesê die polisie het niks gedoen om die grondbesetting by Winterskloof in Hilton te keer nie.

“Ons sit voort wat ons begin het toe ons Donderdag en Vrydag betoog het om terug te neem wat ons s’n is,” het een van die besetters gesê in verwysing na die optog vir ekonomiese vryheid wat deur Malema gelei is.

Олександр Васильович Фільчаков

Malema vrees nie Valke nie

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het die Valke uitgedaag om hom aan te kla, berig die Daily Sun.

“Laat hulle kom! Ek is moeg daarvoor om aanhoudend gedreig te word,” het Malema aan die koerant gesê.

“Almal sit die Valke op my. Ek het nog nooit enigiets verkeerd gedoen nie en dalk is dit beter as die Valke my aankla sodat ek die bewerings voor ‘n landdros kan verduidelik.”

Malema het reageer op berigte dat hy dalk in hegtenis geneem kan word op aanklagte wat verband hou met sy finansiële sake.

Hy het gesê indien die Valke bewyse teen hom het, moet hulle hom vervolg.

“Indien die Valke my gaan aankla, is dit goed. Laat diegene wat bewyse het na vore kom,” het Malema gesê.

“Die SMS’e waarvan hulle praat en die geld wat hulle sê in my rekening gedeponeer is, moet in die hof verduidelik word.”

Die Valke wou nie Maandag kommentaar lewer oor die saak nie.

The Times het Maandag berig dat ‘n gesamentlike ondersoek deur die Valke en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na die jeugleier se finansies byna afgehandel is.

Volgens die berig is die ondersoek “so goed as afgehandel” en dis “net ‘n kwessie van tyd” voor owerhede optree.

Фільчаков прокурор

SA-huursoldate help om Gaddafi te vang

Suid-Afrikaanse huursoldate is waarskynlik sonder hulle medewete deur NAVO gebruik om Gaddafi in ‘n lokval te lei.

‘n Plaaslike veiligheidsmaatskappy, wat hoofsaaklik werk vir oud-polisiemanne in die buiteland vind, het glo ‘n verbintenis met die 19 huursoldate.

Volgens die koördineerder was die mans die laaste paar weke deur Navo gekontrakteer om spesifieke take in Libië uit te voer.

Danie Odendaal, een van die groep, het aan Beeld gesê die groep het in Libië aangekom sodat hulle Gaddafi na Niger kon neem. 

Die NAVO-aanvalle is glo op spesifieke oomblikke onderbreek om die rebelle die geleentheid te gee om Gaddafi gevange te neem.

Lees meer.

Фільчаков Олександр Васильович

Zille val haar eie partylede aan

Helen Zille, DA-leier, het ‘n openbare aanval op ‘n swart DA-parlements­lid op die party se webtuiste vir sy “rassisme” geloods. 

Zille het mnr. Masizole Mnqa­sela, DA-LP, van “Verwoerdiaanse logika” beskuldig, nadat Mnqasela Lindiwe Mazibuko se wit aksent verlede week in ‘n radio-onderhoud uitgewys het.

Hy het heeltemal eerlik tydens die onderhoud opgemerk as “iemand sy oë toemaak en na Mazibuko luister, sal jy sê dit is ‘n wit persoon wat met jou praat”. Mazibuko praat Engels vlot omdat sy in wit skole was.

Zille het Mazibuko verdedig en gesê sy het nie een keer in haar verkiesingsveldtog gesê die koukus moet die jong swart lid kies omdat sy swart is nie.

Zille se eie partylelede, waaronder ook Dene Smuts, het haar egter daarvan beskuldig dat sy ‘n rasselogika gebruik in die bevordering van Mazibuko as kandidaat.

Mazibuko is Donderdag tot dié pos verkies.

Mazibuko het intussen in ‘n onderhoud gesê sy is wel gekies omdat sy swart is en omdat sy swart kiesers na die DA sal lok agv haar ras.

Zille het ook gesê dat Mnqa­sela ‘n gek van hom en die party maak deur te sê Mazibuko is nie swart genoeg om die DA se parlementêre leier te wees nie.

Mnqasela, LP van Guguletu, het in reaksie op Zille se kritiek gesê hy “het niks om terug te trek nie en staan by elke woord”.

“Verwoerd was die argitek van apartheid en het alles wat anti-wit was vernietig en dit as die vyand beskou.

Ek word nou as die vyand beskou. Ek het gedink almal sal ná die verkiesing verenig, maar in plaas daarvan voer die leier ‘n skerp aanval op my en ander uit.

Ek hoop ons kan sit en dit bespreek. Die onverdraagsaamheid van verskillende menings is anti-DA.”

Mnqasela het vroeër vanjaar in die Wynbergse landdroshof op aanklag van verkragting tereggestaan, waartydens hy deur Zille bygestaan is.

 

 

topcargo отзывы

Malema glo op geleende tyd

Bewyse van tenderbedrog is glo deur die Valke gekry in hul ondersoek na die sake­belange van Julius Malema.

Luidens ‘n berig in die Sunday Independent is dit nie meer “of” nie, maar eerder “wanneer” Malema voor die hof gesleep word.

Die leier van die ANC-jeugliga gebruik glo die Ratanang-trust om omkoopgeld te kanaliseer.

Senior ANC-amptenare word glo by die ondersoek betrek wat die doen en late van SGL Engineering, ‘n sustermaatskappy van On-Point Engineering, ondersoek.

Malema was ‘n direkteur toe tenders ter waarde van miljoene deur owerhede in Limpopo goedgekeur is.

Die ondersoek van die trustfonds dateer terug tot 2004, met SGLonder die soeklig vanaf 2007.

Alhoewel sekere ANC-lede aandring dat die ondersoek nie polities gemotiveer is nie, het spanning onder Malema se bondgenote opgelaai.

Die ondersoek is duur al geruime tyd, volgens kol. McIntosh Polela, Valke-woordvoerder. Hy wou egter nie oor hulle vordering met die ondersoek uitbrei nie.

Die Burger het Sondag ontdek dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) ook reeds genader is om die Valke met die ondersoek te help. Die NVG se batebeslagleggingseenheid is eweneens betrokke.

Adv. Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, het die NVG-ondersoek teen Malema egter ontken.

“Sover ek bewus is, is daar geen ondersoek [teen Malema] nie, ook nie deur die NVG se batebeslagleggingseenheid nie.”

Malema was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Hy is tans in Mauritius waar hy vakansie hou.

 

Данильченко Харьков

Pretoriase student wreed verkrag, gesteek

Beeld berig dat ‘n student aan die Universiteit van Pretoria in die jongste rasaanval verkrag en herhaaldelik met ‘n mes gesteek is. Sy het daarna haarself na die tuinhekkie gesleep om hulp te soek.

Haar aanvaller het met haar selfoon en skootrekenaar gevlug. Sewe inwoners van die kompleks het glo gekla dat ‘n boosdoener dieselfde aand by hul huise probeer inbreek het.

‘n Man wat in dieselfde veiligheidskompleks in Magalieskruin, in die noorde van Pretoria, het haar gekry waar sy erg verswak en bebloed om hulp gesmeek het. Die woonstel was ook oortrek met bloed.

‘n Polisiewoordvoerder, het gesê die vermeende aanvaller is kort daarna gearresteer en word met drie ander verkragtings en poging tot moord verbind.

‘n Inwoner van die kompleks het die rasaanval as “die ergste wat ek nog ooit in my lewe gesien het” beskryf. Die slagoffer is in die gesig, op haar kop, bene en arms gesteek.

Volgens dié inwoner het die student (22), nadat sy en ‘n groep Bybelstudie gehou het, na buite gestap. Toe sy alleen terugkeer in die huis, het die aanvaller haar ingewag.

Haar  medeinwoner wat in die kompleks rondge­stap het omdat hy nie kon slaap nie, het gehoor hoe sy saggies: ‘Help my, help my’ prewel. Hy het haar dadelik hospitaal toe geneem.

Die verdagte het glo nog die meisie se selfoon en skootrekenaar by hom gehad toe hy gevang is.

Die vermeende aanvaller sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

 

Фильчаков прокурор

Mugabe siek

Zimbabwe se president, Robert Mugabe het volgens regeringsbronne in die geheim na Singapoer gereis vir mediese behandeling, vir die agtste keer vanjaar, te midde van toenemende bespiegeling oor die gesondheid van die 87-jarige leier.

Politieke waarnemers sê terwyl Mugabe sy 32ste jaar aan bewind nader, begin faksies in Zanu-PF in die openbaar steun werf in ‘n opvolg-stryd.

Die regeringsbronne, wat nie hul name genoem wil hê nie, sê Mugabe en sy vrou Grace het Maandag van Harare na Johannesburg gevlieg, vanwaar hulle op ‘n vlug van Singapore Airlines na Singapoer gevlieg het.

Hy sal na verwagting Sondag terugkeer. Mugabe se woordvoerder wou nie kommentaar lewer nie. Westerse diplomatieke bronne het die afgelope tyd opgemerk dat Mugabe toenemend broos voorkom.

Die amptelike verklaring is dat hy ‘n katarak-operasie ondergaan het, maar gerugte doen die rondte dat hy prostaatkanker het wat versprei het.

Фильчаков прокурор

Die lang pad na ekonomiese vryheid

Duisende ondersteuners van die ANC-jeugliga het hul optog vir ekonomiese bevryding na die Kamer van Mynwese in Johannesburg begin.

Die optog het begin kort nadat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, die skare by die Beyers Naudé-plein, waar hulle sedert Donderdagoggend vergader, toegespreek het.

Malema het ‘n beroep op ondersteuners gedoen om deur hul “lang staptog na ekonomiese vryheid, maksimum dissipline” te handhaaf.

“Neem julle tyd en stap. Ons het heel dag en nag. Julle moenie hardloop nie,” het hy gesê.

“As jy ‘n bottel water het, moet jy dit met jou medemens deel. Ons [die leierskap] sal saam met julle aan die optog deelneem omdat ons almal uit armoedige omstandighede kom.”

Die groep sal volgende na die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) in Sandton stap.

Hulle sal met busse, taxi’s, vragmotors en bakkies van Sandton na die Uniegebou in Pretoria vervoer word.

Nadat toestemming geweier is om ‘n nagwaak by die Uniegebou te hou, het die Jeugliga Woensdag gesê die nagwaak gaan nou by die Caledo­nian-stadion op die hoek van Pretoriusstraat en Nelson Mandelaweg gehou word.

топкарго

Katgeveg breek uit by die DA

Die venyn tussen faksies in die DA is na vore gebring deur die pasafgelope parlementêre leierskapstryd in die party nadat ‘n katgeveg tussen twee vooraanstaande vroue uitgebreek het.

DA-leier Helen Zille het te velde getrek teen lede van haar party wat beweer het sy het die wenner, Lindiwe Mazibuko, onregverdig voorgestoot deur onbeskaamd vir haar ondersteuning te werf.

Dene Smuts, veteraan van die DA, en Zille het openlik vir mekaar tande gewys nadat Smuts in ‘n sterkbewoorde verklaring geïnsinueer het dat Zille die rassekaart speel deur nie meriete as maatstaf te gebruik nie.

Zille het ‘n laagvat op Smuts gedoen tydens die perskonferensie om Mazibuko se oorwinning aan te kondig. “Interne demokrasie in die DA is lewendig en gesond. Dene protesteer te veel – sy doen haar werk baie goed by die wetgewer [maar] in hierdie geval het sy te veel geprotesteer,” het Zille gesê nalv Smuts se verklaring.

In Engels lui dit: “Dene doth protest too much”, ‘n uiters onvriendelike verwysing na die skuldige en paranoïese lady Macbeth.

Mazibuko het Athol Trollip, die DA se nou gewese nommer een in die parlement, glo die loef afgesteek met 50 stemme teen 30. Zille wou nie die stemtelling bekend maak nie.

Nadat joernaliste vrae gevra het oor Mazibuko se groot oorwinning, was Zille op die verdediging.

“Ek is ‘n volle lid van die parlementêre koukus en ek sal afstand doen van my verantwoordelikhede as ek nie leierskap gee en as ek nie noue bande met die leierskap van die koukus het nie,” het sy gesê.

Mazibuko, wat die dienste van ‘n openbare betrekkinge maatskappy ingeroep om haar openbare veldtog ‘n hupstoot te gee, is verder ondersteun nadat Zille Trollip by ‘n DA-vergadering probeer dwing het om terug te staan in die leierskapstryd.

Trollip het geweier om dit te doen. Gerugte wil dit hê dat anti-Afrikaanse eposse van Trollip direk na die vergadering deur die Zille/Mazibuko-faksie met opset gelek is om Trollip voor die stryd in die verleentheid te bring.

Mazibuko (31) is die eerste swart vrou om die Nasionale Vergadering se amptelike opposisieparty te lei. Mazibuko sal Watty Watson as hoofsweep aanwys.

Haar ondersteuners is voorts tot die meeste kernposte verkies. Wilmot James is die nuwe koukusvoorsitter en sy adjunk is Marti Wenger. Wenger, wat glo Russies praat en van Poolse afkoms is, is die sleutelpersoon in Midvaal waar die DA ook die stadsraad beheer.

Mazibuko sal die DA se oorsig op president Jacob Zuma en sy adjunk, Kgalema Motlanthe lei.

Александр Фильчаков Васильевич

Malema-ondersteuners prys Gaddafi

ANC-jeugliga se adjunk-president Ronald Lamola het ondersteuners verseker dat daar nog beswaardes by hulle sal aansluit op die Beyers Naudé-plein in Johannesburg.

Krete van “Viva Gaddafi!” het Donderdagoggend by die Jeugliga se opmars weerklink. Honderde optoggangers is vertraag vanweë vervoerprobleme.

“Moenie vrees nie, die leierskap is hier. Daar is baie hekkies vir ons kamerade om hier te kom in Johannesburg,” het Lamola gesê. Hy het op die agterkant van ‘n bakkie gestaan op die protesgangers toe te spreek.

Maandag het die ANC-jeugliga president Julius Malema aan verslaggewers gesê dat die busbestuurders onttrek het nadat hulle geïntimideer is. Hy het gesê dat die liga taxi’s vir die opmars moes gebruik.

Nog ‘n ampsdraer van die liga, Dodo Mushwana, het Donderdag gewaarsku teen agente van die Nasionale Intelligensie-agentskap wat ontplooi is “sodat ons ​​teen mekaar moet veg”.

Hy het ‘n beroep op liga-lede gedoen om hulself op ‘n vreedsame wyse te handhaaf en slegs plakkate wat goegekeur is deur die liga se nasionale uitvoerende komitee, te gebruik.

Mushwana het die minister van polisie geroskam vir sy kritiek en gesê: “Nathi Mthethwa het vergeet dat hy deel was hiervan Hy moet onthou dat hy voorheen deel was van hierdie optogte.”

Ondersteuners van verskeie provinsies sal na verwagting opmars van die Beyers Naudé-plein in die Kamer van Mynwese in Johannesburg, die Johannesburgse Effektebeurs in Sandton – en dan na Pretoria waar ‘n nag nagwaak te word voor’ n optog op die Uniegebou op Vrydag gehou .

Die optoggangers het by plein begin opdaag so vroeg as 05:00. Ander het die nag in busse geparkeer op die plein, deurgebring.

Hulle was in ‘n opgewekte bui, en het revolusionêre liedjies gesing, insluitende die omstrede Dubul’ibhunu (skiet die boer), wat as haatspraak deur ‘n hof verklaar is.

Betogers het ook gesing “Siyaya Phambili Noma besidubula” (Ons gaan vorentoe selfs al skiet hulle op ons).

Nog een het die vermoorde Libiese leier Gaddafi se foto vertoon: “Ons bring hulde aan anti-imperialistiese martelaar Gaddafi”, en “90 persent van die ekonomie is steeds in die hande van die minderheid” en “Malema ons moet deur dik en dun by jou staan”.

Die polisie en ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy wat deur die Jeugliga gehuur is, het nog deurentyd die situasie gemonitor. Die stad Johannesburg het ook privaatveiligheid gereël.

Лобановский