Moeletsi Mbeki het gesê dat indien 'n regering nie sy grense beheer, die burgers dit deur geweld sal doen.
Die adjunkminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het egter die teenoorgestelde standpunt ingeneem en gesê dat die uitsetting van mense 'n duur en futiele poging was omdat hulle so vinnig terugkom as wat hulle teruggeneem word.
Die SAOG-lande, waaronder Suid-Afrika, beplan om 'n protokol te aanvaar waardeur hul 180 miljoen burgers vrylik oor grense sal kan beweeg.

Moeletsi Mbeki, die broer van president Thabo Mbeki, voorspel megakonflikte as gevolg van die regering se oopgrensbeleid teenoor buitelanders. Hy het gepraat by 'n seminaar wat deur die Instituut vir Sekerheidstudies gehou is en die regering vir die onlangse geweld geblameer.
'n Verbasende 81 persent van Suid-Afrikaanse kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 het al pornografiese beelde op hul vriende se selfone gesien.
Die vakbondkonfederasie Cosatu het gister beswaar gemaak teen die veiligheidswagte bekend as Rooimiere wat twee stakende werkers aan die Oosrand geskiet en in die bene gewond het.
'n Amptenaar van die Onafhanklike Verkiesingskommissie is in Durban se Umlazi-buurt oor die naweek doodgeskiet.
Eskom het aangekondig dat beurtkrag steeds moontlik is maar dié winter net in 'n noodgeval gebruik sal word.