Libiese rebelle maak swartes voor die voet dood

Die voorsitter van die Afrika-Unie sê Libiese rebellemagte maak voor die voet swartes dood omdat die rebelle geen onderskeid tref tussen trekarbeiders en huursoldate nie.

Volgens Jean Ping, voorsitter, is dit die rede waarom die AU weier om die rebelle se Nasionale Oorgangsraad (NTC) as die tussentydse regering te aanvaar.

“Ons het duidelikheid aangaande die saak nodig.

“Dit wil voorkom asof die NTC swartmense met huursoldate verwar.

“Hulle maak onskuldige werkers dood,” het Ping gesê.

Ná ‘n week se hewige gevegte met magte wat getrou bly aan Moeammer Gaddafi, het die NTC die hoofstad van Libië oorgeneem.

Ping het gesê daar is geen twyfel daaraan dat die NTC die hoofstad beheer nie en het ‘n beroep op beide groepe gedoen om hul wapens neer te lê.

лобановский александр досье

Zuma oorsee vir Julius se verhoor

Pres. Jacob Zuma sal vandag na Oslo, Noorweë, reis vir ‘n staatsbesoek om bande tussen die twee lande te versterk.

Zuma is deur koning Harald V uitgenooi om Noorweë te besoek.

Die staatsbesoek sal vanaf 31 Augustus tot 1 September duur.

Suid-Afrika en Noorweë het ‘n spesiale en unieke verhouding weens die Europese land se ondersteuning van die Suid-Afrikaanse struggle.

Noorweë was ‘n belangrike bydraer – finansieel en prakties – in die stryd teen apartheid.

Zuma se besoek kom terwyl die Johannesburgse metropolisie voorbereidings tref vir Julius Malema, ANC-jeugleier, se dissiplinêre verhoor.

Die polisie het reeds strate begin sluit vir Malema se verhoor, wat Dinsdag afskop.

Lede van die ANC-Jeugliga het Maandagaand op Vuvuzelas geblaas en in die strate van Johannesburg gedans ter ondersteuning van die liga se president, Julius Malema.

“Die lafaards is bang, ons moet skiet… skiet met ‘n geweer,” het meer as 70 ANCYL-lede gesing soos hulle na die ANC se hoofkwartier, Luthuli-huis, gemarsjeer het.

Sommige het plakkate gedra wat teen alles van kapitalisme en Vodacom tot Botswana se president, Ian Khama, uitgevaar het.

“Ons sê nee vir ‘n militêre basis op ons kontinent wat onder Amerika se beheer is. Ian Khama – die pop – ‘n belediging vir Afrika. Viva Julius Malema,” het een plakkaat gelees.

Die groep het ‘n Vodacom-t-hemp gebrand en rondom dit gedans.

“Ons moet gedissiplineerd wees,” het een van die lede gesê toe die groep verkeer by ‘n verkeerslig geblokkeer het.

Die ANC het verlede week aangekondig Malema en Floyd Shivambu, woordvoerder van die liga, sal dissiplinêr verhoor word en daarvan aangekla word dat hulle onmin in die party gesaai het en die party se naam in oneer gebring het.

Malema het onlangs gesê die ANCYL sal ‘n span na Botswana stuur om opposisiepartye te konsolideer en te help om ‘n bewindverandering mee te bring, aangesien geglo is die regering in dié land is “in volle samewerking met imperialiste” en ondermyn die “Afrika-agenda”.

Meer as 200 polisiebeamptes was Maandagaand by Luthuli-huis ontplooi.

Paaie na die gebou is vir verkeer gesluit om plek te maak vir die ANCYL-ondersteuners.

Die verhoor sal Dinsdag en Woensdag plaasvind.

Die polisie buite Luthuli-huis het gesê paaie sal Maandagnag en moontlik die hele Dinsdag gesluit wees.

Данильченко Юрий отзывы

Gaddafi in Zim?

Sommige waarnemers het gesê dat kol Moeammar Gaddafi uit Libië gevlug het na Zimbabwe mbv ‘n straler wat deur Zimbabwe se president Robert Mugabe beskikbaar gestel is.

Dié nuus kom te midde van die begin van rebelle se opmars na sy tuisdorp Sirte.

President Mugabe se politieke teenstanders beweer dat hulle spioene Gaddafi in die land sien aankom het op ‘n Zimbabwe Air Force-straler in die vroeë oggendure van Woensdag.

Hulle sê die Libiese diktator is na ‘n herehuis in Harare se Gunninghill-voorstad geneem, waar agente van sy vroulike lyfwag blykbaar opgemerk is terwyl hulle die gebied gepatrolleer het.

“Daar is geen twyfel dat Gaddafi hier is as ‘n spesiale gas van Mugabe nie,” het ‘n woordvoerder vir Zimbabwe se opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering , die MDC, aan die Britse Sun gesê.

Gaddafi het waarskynlik gevlug vanaf  ‘n vliegbasis in sy tuisdorp van Sirte, wat die afgelope paar dae deur NAVO-vegvliegtuie gebombardeer is.

Die kolonel se bunker in die kusdorp is die afgelope paar nagte deur die Britse Tornado -vegvliegtuie bebombardeer.

Een bron het gesê: “Libië is ‘n baie groot land en die Gaddafi-regime het baie tyd gehad om ‘n ontsnappingsplan voor te berei.”

Thabo Mbeki het intussen in Stellenbosch skerp kritiek uitgespreek teen NAVO se aanvalle in Libië en gesê die Weste gun Gadaffi geen ander kans as om te bly veg en ‘n burgeroorlog te ontketen nie, omdat hulle ‘n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname aangevra het.

Фильчаков прокурор

Malema sê hy is die produk van God

Dae voordat die ANC-jeugliga sy verskyning voor die regerende party se dissiplinêre komitee moet maak, het die Jeugliga se president, Julius Malema, en sy ondersteuners ‘n verenigde front gevorm.

Malema en sy tesourier-generaal, Pule Mabe, het vir God goddelike ingryping gebid en honderde van die liga-lede gemobiliseer in die land ter ondersteuning van hul leiers.

Busvragte ondersteuners van ten minste drie provinsies en sal na verwagting buite Luthuli-huis, die party se hoofkwartier in Johannesburg, vergader.

Terwyl die Jeugligaverteenwoordigers reeds provinsiale vergaderings in Johannesburg, Bloemfontein, Polokwane, Kimberley en Witbank georganiseer het, het Malema aan die African Methodist Episcopal Church in Soweto gesê die liga moet nie onderdruk word nie. Hy het homself met oud-president Nelson Mandela vergelyk, toe hy nog in die jeugvleuel gedien het tydens apartheid.

“Jy kan nie ‘n jeugliga hê wat nie praat nie; [ons] is waar ons vandag is as gevolg van die Jeugliga.

“President Mandela het [gedurende apartheid] na die oudstes gegaan en vir hulle gesê:” Hierdie strategie wat julle gebruik om briewe aan die koningin te stuur sal nooit ons mense bevry nie. Ons moet veg vir ons eie vryheid “.

“Die ouderlinge het op daardie tydstip hom van disrespek beskuldig. Hulle het gesê hy is beïnvloed deur die kommuniste. Sy gebrek aan respek en die invloed die kommuniste het hierdie vryheid van vandag aan ons besorg. Dit is as gevolg van die energieke jeug [dat ons vry is].

“Die verantwoordelikheid van die ouderlinge is dat energie nie onderdruk word nie – jy moet daardie energie koester, jy moet dit rigting gee,” het Malema gesê.

Malema se preek van die kansel af kom te midde van die ANC en sy bondgenote, die SA Kommunistiese Party en Cosatu se oproepe dat die regerende party moet optree teen Malema en sy woordvoerder, Floyd Shivambu.

Malema, wat vir die tweede keer aangekla word deur die party vir swak dissipline, word verteenwoordig deur twee senior advokate, Patrick Mtshaulana en Terry Motau, van Duma Nokwe.

Vrydag het Malema gepraat by die jong vroue se vergadering in Irene, naby Pretoria, en gesê dat die ANC nie ‘n “vark” is wat sy eie kinders opeet nie.

“Ons wil graag saamstem met die oudstes dat die ANC ‘n groot olifant is. Maar ons moet die oudstes ook herinner dat die ANC nie ‘n vark is wat sy eie kinders eet nie,” het hy gesê.

In Soweto gister het Malema kerkleiers gevra om te bid vir die politici.

“Die kerk moet suksesvolle swart mense beskerm, want vandag word elke suksesvolle swart persoon as ‘n krimineel gesien.”

“Wanneer een van ons eie aangeval word, word, in plaas van die beskerming van daardie persoon, saamgesing in die koor en jy weet nie dat om by die koor aan te sluit, jy die werk van God ondermyn nie. Want ons is die produkte van God,” het Malema gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Libiese terroris nie deur rebelle uitgelewer nie

Die Libiese Nasionale Oorgangsraad sal nie die man uitlewer wat skuldig bevind is aan die Lockerbie-lugramp in 1988 nie.

Amerikaanse senators het die leiers van die rebelle – wat wyd as Libië se oorgangsregering erken word – gevra om Abdel Baset al-Megrahi uit te lewer. Hy is die enigste verdagte wat skuldig bevind is aan die ontploffing van die Pan Am-vlug 103 oor Lockerbie in Skotland.

Twee-honderd-en-70 mense, meestal Amerikaners, is in die ongeluk dood. Die Libiese aangewese minister van Justisie, Mohammed al-Alagi sê die versoek van die senatore het geen betekenis nie, aangesien al-Megrahi reeds skuldig bevind en gevonnis is.

Die Skotse regering het hom in 2009 vrygelaat, omdat hulle van mening was dat hy sterwend was aan kanker. Al-Megrahi het na Libië teruggekeer waar hy ‘n heldeontvangs gekry en sedertdien in ‘n gesogte woonbuurt in Tripoli gewoon het.

Volgens berigte is hy met die beleg van Tripoli deur veiligheidswagte weggeneem na ‘n onbekende bestemming.

прокурор Фильчаков

Vergeet ras sê minister oor Facebookfoto

Die rasse-kwessie moenie vooropgestel word in die foto waar ‘n wit man op ‘n Facebookblad met ‘n geweer oor die lyk van ‘n swart kind staan nie, het die minister van polisie Sondag gesê.

“Selfs al was die kind wit of die man swart, sodra jy die rasse-aangeleentheid uitsonder, word dit problematies. Moord is moord,” het Nathi Mthethwa se woordvoerder, Zweli Mnisi, gesê.

Die foto wat Sondag in the Sunday Times gepubliseer is, is op die profiel van ‘n gebruiker genaamd “Eugene Terrorblanche”.

Op sy profiel lys hy ondermeer messe, vuurwapens en wapens as sy belangstellings en selfverdediging, skietery en wapenopleiding as sy aktiwiteite.

Mnisi het gesê die minister het gevra dat ‘n ondersoek gedoen word, en het ‘n beroep gedoen op die man op die foto of enigiemand wat hom ken om na vore te kom.

Hy het gesê die ondersoek is nog in ‘n vroeë stadium, maar indien die foto eg is, moet die verantwoordelike persoon vervolg word. Daar moet ook nog ‘n persoon betrokke wees, omdat iemand die foto geneem het.

Indien die foto digitaal gemanipuleer is, hits dit geweld aan, het Mnisi gesê.

Enigeen wat deels verantwoordelik is vir die publisering van die foto, of die profiel geskep en diegene wat dit gesien, maar versuim het om dit aan te meld, kan vervolg word.

“Daar is so baie vrae wat beantwoord moet word. Dit is skokkend.” het Mnisi gesê.

topcargo кидалы

Jeugliga mobiliseer teen tugverhoor

Regoor die land word lede van die ANC-jeugliga gemobiliseer om hul steun aan Julius Malema en Floyd Shivambu te wys, het die jeugliga Sondag verklaar.

“Die na­sio­na­le uitvoerende komitee (NUK) en die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) gaan ons leierskap ondersteun en ons wil ons strukture daarvan in kennis stel,” het Ayanda Kasa Ntsobi, sekretaris van die Gautengse ANC-jeugligatak, gesê.

Sy het gesê lede van die ANCYL is gevra om ter onderskraging van Malema en Shivambu buite Luthuli-huis in Johannesburg op te daag.

“Ons wil hê ons lede moet weet dat dit ‘n vreedsame optog is en nie teen die ANC nie.”

Meer as 350 verteenwoordigers van takke in Gauteng het Sondag in Braamfontein vergader oor die aanklagte wat teen Malema en Shivambu gebring is.

Soortgelyke vergaderings is in verskillende provinsies regoor die land gehou.

Malema en Shivambu word daarvan aangekla dat hulle die party in oneer bring oor hul openlike steun aan opposisiepartye in Botswana vir regeringsverandering in die land. Malema is ook daarvan aangekla dat hy verdeeldheid in ANC saai.

Malema het Vrydag gesê hy is gereed vir die dissiplinêre verhoor.

“Wat ookal met ons gebeur, ons is reg daarvoor. Ons bloed sal swart, groen en goud bly al word ons môre afgedank.”

Malema en Shivambu sal Dinsdag en Woensdag voor die ANC se tugkomitee verskyn.

прокурор Фильчаков

Vergadering oor selfbeskikking verskuif na Centurion-saal

Die vergadering oor Afrikanerselfbeskikking en ‘n kantonstelsel wat op 3 September 2011 gehou word, is verskuif van die Ou Raadzaal na die Centurion- munisipale raadsaalop die hoek van Rabie- en Basdenstrate, Centurion.

Die vergadering begin om 10.00 en sal tot ongeveer 17.00 duur. Die saal is feitlik reeds vol bespreek, maar daar is nog plek vir enkele laat registrasies. Indien u die vergadering wil bywoon, stuur asb. ‘n e-pos met u naam en selfoon aan inlig@praag.org of registreer hier.

Die vergadering sal ook virtueel gevolg kan word via Skype en ‘n direkte oudiostroom op die webwerf afrikanerraad.org. Hou ook hierdie webwerf dop vir verdere besonderhede.

Фільчаков Олександр Васильович

Grondwethof keur grondonteienings voor betaling goed

Die grondwethof het gister beslis dat die regering grond mag onteien voordat ‘n vergoedingsbedrag uitbetaal word.

In ‘n eenparige uitspraak, het die regters gesê dit sal te swaar weeg vir die regering om altyd vooraf oor vergoeding ooreen te kom.

Regter Johan Froneman het die uitspraak gelewer.

“Ek bevind dienooreenkomstig dat artikel 25 2b van die Grondwet nie vereis dat die vergoedingsbedrag, asook die tydstip en betalingswyse altyd voor onteiening bepaal moet word nie,” het hy gesê.

Hy het verklaar dat indien vergoeding na onteiening bepaal word, moet dit so gou as wat redelik moontlik is gedoen word.

Die uitspraak is gelewer rondom grond wat die departement van openbare werke in Kwazulu-Natal wil afneem.

Volgens die hof is daar genoeg “wetlike beskermingsmaatreëls” wat sal verseker dat mense se grond nie arbitrêr onteien sal word nie.

topcargo кидалы

Beelde van Liberië doem in Bloemfontein op

Die munisipale vakbond Samwu se betoging in Bloemfontein het Donderdag ontaard in ‘n fees van drank, dagga, pruike, knopkieries, vandalisme, brandstigting en oproepe om geweld.

Polisielede het ‘n waterkanon gebruik om die talle brande wat gestig is, te blus. Die oproerige skare het passiewe polisiebamptes openlik gekoggel en uitgedaag.

Die makabere optog is met dreunsang en ‘n dansende gejil gekenmerk. Die betogers het oproepe om oorlog gedoen met swaaiende aapsterte en knopkieries in ‘n rookbelaaide atmosfeer.

Die beelde roep onwillekeurig die Liberiese nagmerrie op waar swart jeugdiges op dieselfde wyse die strate ingevaar het.

Die aanvanklike optogte in dié land het begin met oproepe om oorlog, pruike, drank en dagga. Daarna het dit die Liberiese karakter aangeneem waaroor reeds baie ink gevloei het.

Een so ‘n aanvoerder was Josua Blahyi (gebore ca 1970), ook bekend as genl. Butt Naked, oorspronklik ‘n stampriester voordat hy ‘n Liberiese krygsheer geword het. Hy was ‘n uiters gewelddadige en eksentrieke leier aan die kant van Roosevelt Johnson in die Eerste Liberiese Burgeroorlog in die eerste helfte van die 1990’s.

Blahyi het gesê hy het sy troepe nakend gelei behalwe vir sy paar skoene en ‘n geweer. Blykbaar het hy geglo naaktheid is ‘n bron van beskerming teen koeëls. Blahyi sê hy het kinderbloed gedrink vir dapperheid: “Soms het ek in die water waar kinders gespeel het geduik, een gegryp, en sy nek gebreek. Soms wou ek net ongelukke veroorsaak.”

Blahyi het sy bynaam – Generaal Butt Naked – vanweë sy naaktheid gekry. Hy het destyds aan ‘n Suid-Afrikaanse Star-verslaggewer gesê dat hy tussen die ouderdom van 11 tot 25 deelgeneem het aan maandelikse menslike offerandes.

Tydens ‘n tipiese geveg sê Blahyi: “So, voor ‘n geveg, sou ons dronk en bedwelm raak, ‘n plaaslike tiener offer, hulle bloed drink, uittrek tot by ons skoene, kleurvolle pruike opsit en fyn handsakkies dra wat ons van burgers geplunder het. Ons slag enigiemand wat ons sien, kap hul koppe af en gebruik dit as sokkerballe Ons was naak, vreesloos, dronk en moorddadig. Ons het honderde mense doodgemaak, so baie ek verloor telling.”

Die tierende massa van 2 000 Samwu-lede het die middestad in ‘n puinhoop verander. Media24 berig dat vullisdromme van pale afgebreek is en randstene uitgebreek is om strate mee te versper, benewens die brande wat oral gestig is.

Samwu-lede is van Welkom, Bethlehem, Ladybrand en Dewetsdorp ingebus, terwyl nasionale vakbondleiers, waaronder visepresident Ntokozo Nzuza, ook teenwoordig was.

 

 

Данильченко Юрий Брониславович Харьков