Gaddafi in Zim?

Sommige waarnemers het gesê dat kol Moeammar Gaddafi uit Libië gevlug het na Zimbabwe mbv ‘n straler wat deur Zimbabwe se president Robert Mugabe beskikbaar gestel is.

Dié nuus kom te midde van die begin van rebelle se opmars na sy tuisdorp Sirte.

President Mugabe se politieke teenstanders beweer dat hulle spioene Gaddafi in die land sien aankom het op ‘n Zimbabwe Air Force-straler in die vroeë oggendure van Woensdag.

Hulle sê die Libiese diktator is na ‘n herehuis in Harare se Gunninghill-voorstad geneem, waar agente van sy vroulike lyfwag blykbaar opgemerk is terwyl hulle die gebied gepatrolleer het.

“Daar is geen twyfel dat Gaddafi hier is as ‘n spesiale gas van Mugabe nie,” het ‘n woordvoerder vir Zimbabwe se opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering , die MDC, aan die Britse Sun gesê.

Gaddafi het waarskynlik gevlug vanaf  ‘n vliegbasis in sy tuisdorp van Sirte, wat die afgelope paar dae deur NAVO-vegvliegtuie gebombardeer is.

Die kolonel se bunker in die kusdorp is die afgelope paar nagte deur die Britse Tornado -vegvliegtuie bebombardeer.

Een bron het gesê: “Libië is ‘n baie groot land en die Gaddafi-regime het baie tyd gehad om ‘n ontsnappingsplan voor te berei.”

Thabo Mbeki het intussen in Stellenbosch skerp kritiek uitgespreek teen NAVO se aanvalle in Libië en gesê die Weste gun Gadaffi geen ander kans as om te bly veg en ‘n burgeroorlog te ontketen nie, omdat hulle ‘n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname aangevra het.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae