EU het bedenkinge oor miljoen ongetelde stemme in DRK

Verkiesingswaarnemers van die Europese Unie in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het die onlangse verkiesingsproses in dié land skerp gekritiseer.

“Die Europese Unie se verkiesingswaarnemingsending dink die gebrek aan deursigtigheid en die onreëlmatighede tydens die insameling, samestelling en publikasie van die verkiesing se uitslag is betreurenswaardig,” het die sending in ‘n verklaring oor die verkiesing gesê.

Pres. Joseph Kabila sal vir nog ‘n termyn van vyf jaar die president van die DRK wees.

Die EU-sending het 147 waarnemers na die DRK vir die verkiesing op 28 November gestuur.

Die sending het die “chaotiese” insameling van uitslae, uitsluiting van waarnemers en partyverteenwoordigers by die telsentrums en die feit dat die telsentrums versuim het om vasgestelde prosedures te volg, gekritiseer.

“In die laaste gedeelte van die verkiesingsproses was daar talle reëls wat verbreek is. Dit maak dat ons die geloofwaardigheid van die uitslag bevraagteken,” het die sending gesê.

Volgens die verklaring het die telsentrums versuim om 7.6% van die rofweg 64 000 stemlokale landwyd se stemme te tel. Dit het ‘n geskatte 1,6 miljoen burgers se stemme uit die finale uitslag gesluit.

Van die 4 875 stemlokale waar stemme nooit getel is nie, is 2 020 in Kinshasa, die hoofstad, wat ‘n vesting vir die opposisie is.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

DA wil dwelmhandelaars se regte beskerm

Die DA het ‘n beroep op die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, gedoen om te verseker dat Nolubabalo Nobanda se regte in die tronk in Thailand beskerm word, het RSG Woensdag berig.

Nobanda is vroeër die week in hegtenis geneem nadat sy kokaïne in haar rastalokke die land ingesmokkel het.

Die DA sê hy gaan ondersoek instel oor wat die departement doen om Nobanda se welstand te verseker.

Die party sê die teregstelling van nog ‘n Suid-Afrikaner, Janice Bronwyn Linden in ‘n tronk in China, ook weens dwelmsmokkelary, het vrae oor of die regering alles moontlik gedoen het om haar regte te beskerm, gelaat.

Linden is Maandag tereggestel.

Die familie van Nobanda sê sy is wel ‘n Wits-student ten spyte dat dié universiteit geen rekord van haar het nie.

“My kind was vir drie jaar by die Witwatersrand-universiteit geregistreer en was besig om vanjaar by Unisa klaar te maak, het haar pa, Partick Ncepu gesê.

“Ek kan selfs vir julle haar studente nommer wys.”

Vroeër het Wits gesê sy is nie as student by die universiteit geregistreer nie.

“Wits-universiteit wil op rekord plaas dat me. Nolubabalo Nobanda, ‘n vermeende dwelmmuil, nooit as ‘n student by Wits-universiteit geregistreer is nie,” het Shirona Patel, woordvoerder van die universiteit, in ‘n verklaring gesê.

“Die universiteit kan niemand onder dié naam opspoor nie.”

Wits het Woensdagmiddag ‘n tweede verklaring uitgereik om te sê dat, volgens nuwe inligting en ‘n verdere ondersoek, Nobanda wel in 2007 as student by die universiteit geregistreer was.

“Na ‘n verdere ondersoek kan die universiteit bevestig dat me. Nolubabalo Nobanda as ‘n student in 2007 geregistreer is. Ons het geen rekord dat sy geherregistreer het in 2008 nie. Die universiteit vra om verskoning dat ‘n misverstand oor die aangeleentheid kon onstaan het,” het die verklaring gelui.

The Star het Woensdag berig dat Nobanda volgens haar Facebook-profiel “iets in die regsrigting” by Wits-universiteit studeer.

Die 23-jarige is Maandag in Thailand deursoek nadat beamptes kort ná haar aankoms ‘n wit poeier in haar hare raakgesien het.

Die polisie het 1,5 kg kokaïne met ‘n geraamde herverkoopwaarde van $150 000 in haar rastalokke gevind.

Sy het aan owerhede erken dat sy die dwelms gesmokkel het en gesê sy is gehuur om die kokaïne na ‘n klant by ‘n hotel in Bangkok te neem.

Фильчаков прокуратура харьков

Eugene de Kock vir parool oorweeg

Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder en veroordeelde moordenaar Eugene de Kock gaan vir parool oorweeg word, het die departement van korrektiewe dienste gesê. 

“[Die verhoor] sou Woensdag plaasgevind het, maar dit is uitgestel,” het woordvoerder Phumlani Zimiya aan die nuusagentskap Sapa gesê.

Ximiya kon nie dadelik verduidelik hoekom die verhoor uitgestel is nie en kon ook nie ‘n nuwe datum vir die parool-verhoor bevestig nie.

De Kock is saam met Ferdi Barnard deel van ‘n groep gevangenes wat geraak word deur ‘n uitspraak in Julie vanjaar deur die Hoërhof in Pretoria.

Dié uitspraak bepaal dat enige persoon wat lewenslank tronkstraf voor 1 Oktober 2004 gekry het, outomaties vir parool oorweeg moet word sodra hulle 13 jaar en vier maande van hul tronkstraf uitgedien het.

Hy het gesê die standaardprosedure vir ‘n paroolaansoek begin met die bestuurskomitee wat ‘n profiel opstel oor die gevangene. Die komitee oorhandig dan die profielstudie aan die paroolraad en stel ‘n rigting vas waarin die aansoek moet gaan.

Die paroolraad kan dan ‘n besluit neem oor of die gevangene in aanmerking kom vir parool. Faktore soos die lengte van aanhouding, en of die gevangene rehabilitasieprogramme, soos woedebestuur of selfbeheersing bygewoon het, word ook oorweeg.

Die raad sal dan ‘n aanbeveling aan die Nasionale Raad maak. Die Minister het egter steeds die finale sê.

Ximiya het gesê die departement het voorheen ‘n oproep in die koerante gepubliseer vir die slagoffers of hul familie om voorleggings vir parool te maak in gevalle waar misdadigers gevonnis is tot lewenslange tronkstraf voor 1 Oktober 2004.

In Maart verlede jaar, het Rapport berig dat De Kock na sy ontmoeting met die president in 2009 aansoek gedoen het om presidensiële kwytskelding.

“Ek dink Jacob Zuma het meer begrip vir my posisie, want hy was self ‘n stryder. Miskien moes die Waarheid-en Versoeningskommissie se bestuur deur mede-soldate van beide kante saamgestel gewees het,” het die koerant hom destyds aangehaal .

De Kock was die bevelvoerder van die Vlakplaasveiligheidspolisie-eenheid, en is tans in die tronk waar hy twee keer lewenslank en 212 jaar in Pretoria se C-Max-gevangenis uitdien vir sy aandeel in die sluipmoorde op vermeende anti-apartheidsaktiviste.

Die Grondwetof, het in ‘n uitspraak aan die einde van Februarie verlede jaar, die president verbied van die toestaan ​​van kwytskeldings aan oortreders van politieke geweld sonder voorafgaande konsultasie van slagoffers.

De Kock het aan die koerant gesê dat hy uitsien om te werk in ‘n veranderde samelewing.

“Ek het geen idee hoe die wêreld daar buite lyk nie. Ek kan nie eens antwoord op ‘n selfoon nie,” het hy gesê.

Hy het ook nie voorsien dat hy probleme sal ondervind met die aanpassing in die nuwe Suid-Afrika nie.

“Ek was een van die paar polisiemanne, miskien die enigste een, wat nie ‘n rassis was nie.”

лобановский класс

Italiaanse bewonderaar van Tolkien brand op swartes los

‘n Man het twee swart straatsmouse in Florence, Italië, doodgeskiet en drie ander gewond in ‘n wat as ‘n “rasse-aanval” beskryf word, voordat hy selfmoord gepleeg het.

Gianluca Casseri (50), wat deur Italiaanse amptenare as ‘n “ekstremis” beskryf is, het sy motor naby die Dalmazia-plein in Florence parkeer, waarna hy met ‘n handwapen begin skiet het, het ooggetuies gesê.

Twee Senegalese mans is dood en een is ernstig beseer.

Na dié skietery het hy in sy motor teruggeklim en weggery, waarna hy twee ure later in die sentrale San Lorenzo-mark begin skiet het. Twee straatverkopers is in dié voorval gewond.

Daarna het Casseri na ‘n parkeerarea gevlug en homself in die keel geskiet, het polisie gesê.

Casseri was die redakteur en uitgewer van ‘n tydskrif vir bewonderaars van JRR Tolkien, die skrywer van die Lord of the Rings-trilogie.

лобановский александр отзывы

Regse Israeli’s wil swartes uitjaag

Regse Joodse betogers, gelei deur Dr Michael Ben Ari, het in Tel Aviv Sondag ‘n oproep gedoen vir die uitsetting van Afrikane en asielsoekers.

Die betogers het versamel naby Levinsky Park in die suide van Tel Aviv, ‘n gebied wat deur die swart immigrante bewoon word. Die betogers het gedreunsing “Die mense eis die uitsetting van infiltreerders,” en “Ons het gekom om die duisternis te verdryf,” en “Tel Aviv is vir Jode, Soedan vir Soedanese”.

Ben Ari het eerste minister Netanyahu gekritiseer vir die feit dat Afrikane in die land aanbly as hulle eers vastrapplek kry. Hy het gesê Netanyahu se kabinet is “die swartste regering ooit in Tel Aviv.”

Sondag, het die Kabinet ‘n plan goedgekeur om ‘n bykomende NIS 630 miljoen te spandeer op projekte wat gemik is op die voorkoming van instroming van Afrika-immigrante en ander wat Israel via die Sinaï infiltreer.

Dit sluit in die bespoediging van konstruksie van ‘n grensdraad met Egipte in die komende jaar in en die bou en uitbreiding van detensiesentra om onwettige immigrante te huisves.

“Nou praat hy [Netanyahu] oor detensiesentra.. Dis te laat detensiesentrums! Waar gaan jy 40 000 mense sit? Jy kan ‘n aanhoudingsentrum vir 5000 of 6000 mense bou, dus vergeet maar van ‘n detensiesentrum. Net een ding sal werk: ons moet ‘n lugredery kry wat hulle bymekaar laat kom en hulle vertel die vakansie is verby!”sê Ben Ari.

‘n Skare van swartes en hul Israeliese ondersteuners het in ‘n aangrensende gebied van die park byeengekom, geskei deur ‘n metaal-hindernisse en polisielede.

Die swartes en hul plaaslike ondersteuners het dreunsing “Gevangenis – Nee! Vryheid-Ja!” in Engels en “Genoeg met die rassisme,” en “Almal van ons saam sonder haat of vrees” in Hebreeus.

Ben Ari, wat tans in ‘n Wes-Oewernedersetting bly, maar eers in suid-Tel Aviv gewoon het, het die Israeliese teen-betogers fel gekritiseer, en gesê hulle is vyande van die staat: “Ek sien hulle daar, dié wat in ons land wil vernietig. Ek sien hulle wat ‘n verwelkomingstafel voorberei vir die miljoene Afrikane wat oppad is hierheen,” het hy gesê.

Spanning het hoog geloop tussen die nasionalistiese betogers en die Afrikane se ondersteuners, maar het nie ge-eskaleer buite skreewedstryde nie.

Sien ‘n video van die betoging hier.

Фильчаков

Amsterdamse koerant berig oor plaasmoorde

Die grootste koerant in Amsterdam, “Het Parool”, het enkele dae gelede ‘n lang artikel oor plaasmoorde en aanvalle op Afrikaners geplaas. Dit is die jongste in ‘n reeks mediaberigte in Nederland waarin geweld en diskriminasie teen Afrikaners ter sprake kom. Hier volg die artikel.

‘Politie en justitie zijn een grote, corrupte, rotte bende’

Afrikaner boeren mikpunt bruut geweld

‘In Zuid-Afrika woedt een oorlog om land en bezit’

Boer Wim van den Bosch loopt ontspannen over een stoffig erf, langs het vroegere huis van zijn ouders. In de koeienstal, links van de boerderij, werken enkele zwarte arbeiders. Het kinderglijbaantje in de tuin lijkt een stuk minder onschuldig door het in Zuid-Afrika alomtegenwoordige elektrische hek dat de gehele tuin omringt. De boerderij in Boschkop, een plattelandsgebied nabij de hoofdstad Pretoria, ligt er vredig bij. De streng gereformeerde familie Van den Bosch kwam in 1982 van Oukoop in de provincie Utrecht naar Zuid-Afrika.

Twee jaar geleden stond Wims vader Johannes zoals gewoonlijk om vier uur in de ochtend op om de koeien te melken. In de stal werd hij aangevallen en neergeslagen. De linkerkant van zijn hoofd was verbrijzeld en hij overleed meteen. De dader pakte de huissleutel uit zijn jaszak en ging het huis binnen. Toen zijn vrouw Jacobi naar beneden kwam, stak hij haar meerdere keren in de rug en ook zij overleed ter plekke. De moordenaar nam de twee mobiele telefoons van het boerenstel mee, verder niets.

In Zuid-Afrika zijn de ongeveer 60.000 blanke boeren al jaren slachtoffer van wat in het Afrikaans ‘plaasmoorden’ heet: boerderijmoorden. Sinds 1990 zijn er 2617 gewelddadige aanvallen geweest op boerderijen in Zuid-Afrika.

De boerderijmoorden kregen lange tijd weinig aandacht. Het waren juist de boeren die tijdens het apartheidsregime gebruikmaakten van goedkope zwarte arbeidskrachten, die ze niet altijd goed behandelden. Nationaal en internationaal kreeg hun roep om hulp weinig bijval.

Daar lijkt nu verandering in te komen, met steun uit onverwachte hoek. PVV’er Lucas Hartong stelde onlangs in het Europees Parlement dat er een politieke klimaatverandering in Zuid-Afrika moet komen.

Hartong: “Het klimaat kan verschrikkelijk worden genoemd onder het ANC-apartheidsregime.”

Hartong vindt dat er wat gedaan moet worden aan de ‘zwarte radicalen die de boeren vermoorden op hun eigen land’. Eind november volgde een motie in de Tweede Kamer, die overigens niet werd aangenomen, van SGP’er Kees van der Staaij. Hij riep Nederland op internationaal een bijdrage te leveren aan het bestrijden van discriminatie en racistische geweldsmisdrijven tegen de Afrikaners.

Het is echter de vraag of de misdrijven racistisch gemotiveerd zijn. De Zuid-Afrikaanse regering vindt van niet. Zij stelt dat de boerderijmoorden weliswaar vreselijk zijn, maar bezien moeten worden in de context van het zeer gewelddadige Zuid-Afrika, waar geweldsmisdrijven aan de orde van de dag zijn. Vooral in townships vinden veel geweldsmisdrijven plaats.

De boerderijmoorden zijn echter veelal uitzonderlijk wreed: in het boek Treurgrond staan verhalen van vrouwen die voor hun echtgenoot verkracht worden en boeren die bewerkt worden met kokende olie of brandend plastic.

De boeren hebben niet alleen steun gekregen van hun verre neven en nichten in Nederland, de internationale organisatie Genocide Watch plaatste Zuid-Afrika in een alarmfase wat genocide betreft. Zij stellen dat Julius Malema, de controversiële, maar immens populaire en onlangs afgetreden ANC-jeugdleider, heeft bijgedragen aan het organiseren van een mogelijke genocide door een oud ANC-strijdlied te zingen: Kill the Boer.

Daarnaast bepleit Malema vergaande landhervormingen naar Zimbabwaans voorbeeld: onteigening zonder compensatie. Het extreme geweld plus deze retoriek zou een oproep zijn om de boeren uit te roeien en dus neerkomen op genocide, volgens Genocide Watch.

Wim van den Bosch trof zijn ouders twee jaar geleden op Goede Vrijdag levenloos aan. Op de veranda van zijn varkensboerderij steekt hij een sigaret op en kijkt uit over de groene heuvels van Donkerhoek, zoals het omringende natuurgebied heet.

Van Den Bosch denkt niet dat boerderijmoorden racistisch zijn: “Plaasmoorde zijn het gevolg van de omstandigheden: de boerderijen liggen vaak afgelegen, de daders meestal werknemers kennen het privéleven van hun baas en ze weten dat er geen vervolging plaatsvindt.”

Dat laatste aspect zit Van den Bosch erg dwars. “Zes maanden voor de moord werd er ingebroken bij mijn ouders. De politie arresteerde een werknemer van mijn ouders voor inbraak en diefstal. Ze gaven hem na het verhoor een lift terug naar huis. Hij woonde bij ons. Ik heb hem ons land afgeschopt. Tegen de rechercheur zei ik dat als zij niets zouden doen, ik mijn ouders binnen afzienbare tijd zou moeten begraven,” zegt Van den Bosch.

“Ik was bang dat hij terug zou komen. Maar de politie deed bar weinig en de werknemer werd niet vervolgd. Toen mijn voorspelling uitkwam, hebben ze hem wel gearresteerd, maar nu is het dossier ‘kwijt’, de rechercheur en de rechter zijn overleden en de aanklager stapte op. We zijn nu twee jaar verder en nog steeds is hij niet voor de rechter gebracht. Politie en justitie zijn een grote, corrupte, rotte bende. Daarom gebeurt er niets in deze zaak,”aldus Van den Bosch.

“Het motief van de dader was geld. Hij gaf mijn vader maar één klap tegen het hoofd en ging daarna op zoek naar geld. Maar mijn ouders hadden de kluis verplaatst, dus hij vond niets. Hij stak mijn moeder neer omdat zij hem herkende, denk ik.”

Van den Bosch rust niet totdat de onderste steen boven is. “Ik eis dat de overheid deze zaak onderzoekt. Ik ben zo kwaad en moedeloos. Ik heb nu een privédetective ingehuurd en tegen de politie gezegd dat ik een klacht zal indienen bij internationale organisaties als zij het onderzoek niet uitvoeren.”

De moord heeft Van den Bosch diepgaand veranderd. “Ik ben bikkelhard geworden.” Ook werkt Van den Bosch sinds de moord liever niet meer met Zuid-Afrikaanse werknemers en niemand komt zijn huis meer in. Werknemers uit Malawi, Mozambique en Botswana werken nu op zijn boerderij.

Louis Meintjes, een lange magere man met een gebruind gelaat en een bril, kwam tot een tegenovergestelde conclusie. Hij heeft een kwekerij voor inheemse planten, ongeveer vijftig kilometer verderop.

“Ik neem principieel alleen Zuid Afrikanen in dienst,” vertelt Meintjes in zijn woonkamer. “De criminaliteit wordt veroorzaakt door armoede en werkloosheid. Ik kan bijdragen aan de oplossing door Zuid- Afrikanen werk te bieden.”

Een jaar geleden schrok Meintjes midden in de nacht wakker. De honden blaften en hij hoorde lawaai. “Hier,” zegt hij en hij wijst op een gaatje in de muur. “Dit is het gat van de kogel.” Vier mannen stonden voor dit raam. Toen ze mij zagen, schoten ze. Ik schoot terug en raakte één van hen. Daarna vluchtten ze weg.”

Meintjes denkt wel dat de boerderijmoorden racistisch zijn. “Ik ken gevallen waarbij de overvallers ‘Viva Malema’ schreeuwden of ‘Kill the Boer’ zongen terwijl ze het geweld pleegden. Vaak wachten ze tot de boeren thuis zijn, in plaats van het huis in hun afwezigheid leeg te roven. Soms overlijden de slachtoffers na langdurige marteling. Waarom doen ze dat als het ‘gewone’ moorden zijn?”

In zijn kantoor laat Meintjes luchtfoto’s en stafkaarten van het gebied zien. Op de landkaart prijken ongeveer veertig rode, witte en roze punaises. “De rode punaises zijn gewelddadige aanvallen: meestal verkrachting en moord.”

De foto’s en kaarten doen bijna militaristisch aan. Meintjes was jarenlang lid van de zogenoemde boerencommandostructuur. Dit was een burgermilitie die de boeren oprichtten tijdens de Boer War, de oorlog tussen de boeren en de koloniale Engelsen, aan het begin van de vorige eeuw.

Na het einde van apartheid hielpen de commando’s de politie met het waarborgen van veiligheid in plattelandsgebieden. In 2003 kondigde de toenmalige minister van Justitie aan dat de commando’s opgeheven zouden worden, de politie zou alle taken overnemen.

Meintjes betreurt dit. “Er woedt een oorlog in dit land. De ons omringende Afrikaanse landen maakten veelal een bevrijdingsoorlog mee. In Zuid Afrika was er een tamelijk vreedzame transitie na de apartheid, maar er woedt nog steeds een oorlog om land en bezit.”

ANC-regeringen hebben geprobeerd de erfenis van apartheid, waarbij zwarten van hun land werden verdreven en ze geen land mochten bezitten, recht te zetten door landhervormingen door te voeren. De staat koopt veelal grond op van blanke boeren, die dan verhuizen.

Verder zijn er ‘land claims’: mensen die kunnen bewijzen dat ze van hun land zijn verdreven, kunnen een procedure starten om het terug te krijgen.

De boeren kiezen eieren voor hun geld en vertrekken massaal naar landen als Tanzania, Mozambique, maar ook naar Georgië. Maar Louis Meintjes wil voorlopig niet weg: “Ik ben Afrikaans. Dit is mijn land. Ik heb alleen een Zuid-Afrikaans paspoort. Waar kan ik naartoe?”

Данильченко Юрий отзывы

‘Dit was nie terroriste-aanval nie’

‘n Gewapende Marokkaan het op kersmarkkopers by ‘n markplein in die Belgiese stad Luik losgebrand, waartydens vier mense gedood is. 

Die Vlaamse pers kon nog nie die dood van ‘n vyfde slagoffer, ‘n 18-maande-oue baba wat volgens The Telegraph later in die hospitaal oorlede is, bevestig nie.

Die aanvaller het homself om die lewe gebring, het plaaslike media Dinsdag berig.

Twee van die oorledenes was tieners.

Nog 123 mense is in die aanval gewond. Die aanvaller het ook drie handgranate onder die skare inkopiegangers ingegooi.

Beamptes het gesê die skieter, Nordine Amrani (33), ‘n Marokkaan, was ‘n berugte misdadiger wat Dinsdagoggend deur die polisie ontbied is, maar nooit vir sy afspraak opgedaag het nie.

Amrani het glo oor ‘n indrukwekkende wapenarsenaal beskik, waaronder ook ‘n vuurpyllanseerder. Daar is 9 500 wapenonderdele by sy huis gevind.

Die Karachi Post in Pakistan beweer die aanval was gekoppel aan ‘n eremoordgeval.

Openbare aanklaer Danielle Reynders het verklaar dat dit nie ‘n terroriste-aanval was nie. Volgens die BBC is die granate egter vanuit ‘n gebou gegooi. Gerugte doen die ronde dat minstens vier aanvallers betrokke kan wees.

Minister van binnenlandse sake Joëlle Milquet het intussen gesê dat Amrani alleen opgetree het.

Gaspard Grosjean, ‘n joernalis vir La Meuse Liege het aan die Daily Telegraph gesê daar heers paniek in Luik. Hy het bygevoeg dat die polisie op soek is na nog ‘n skieter.

Swaargewapende polisielede in groot getalle het die gebied gefynkam en polisiehelikopters het oor die gebied gevlieg. Ooggetuies sê die atmosfeer is gespanne en voel soos ‘n “oorlogsgebied”.

Volgens berigte het die aanval Dinsdag om 12:30 in ‘n besige deel van Luik gebeur.

Place Saint-Lambert, die markplein waar die aanval plaasgevind het, hou ‘n jaarlikse Kersmark wat deur sowat 1.5 miljoen toeriste besoek word.

 

лобановский александр дети

Eerlike DA-LP van wangedrag aangekla

Die DA-LP Masizole Mnqasela is deur die party se federale regsraad van verskeie voorvalle van wangedrag aangekla, het die SABC Dinsdag berig.

Mnqasela het teenoor die uitsaaier bevestig dat hy deur die voorsitter van die party se regsliggaam, wat dissiplinêre sake hanteer, geskakel is. Hy is ingelig dat klagtes teen hom geformuleer is.

Hy het aan die uitsaaier gesê hy het die klagstaat, insluitende ‘n lys getuies, ontvang, maar wou nie sê waarvan hy aangekla word nie.

“Ek kan nie dit bespreek nie. Die mense wat my aangekla het, moet julle inlig. Ek sal dit aankondig sodra ek met my regspan gekonsulteer het.”

Mnqasela het onlangs opskrifte gehaal toe hy Helen Zille, DA-leier, se besluit om Lindiwe Mazibuko te ondersteun om Athol Trollip as parlementêre leier te vervang, bevraagteken het.

Фільчаков прокурор

Tiener skiet boer

‘n Sewentienjarige tiener is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n plaasboer van Merweville, in die Wes-Kaap, het die polisie Dinsdag gesê.

‘n Voorlopige ondersoek toon dat Frederick J v Z Snyders (35) en sy vrou Maandagaand op hul stoep gesit het toe een van hul plaaswerkers na hulle gegaan het, het kapt. Malcolm Pojie gesê.

“Die plaaswerker het die oorledene se haelgeweer uit sy bakkie, wat buite geparkeer was, geneem en ‘n skoot in die plaasboer se rigting geskiet. Die plaasboer is op die toneel dood.”

Die tiener het nóg skote na die boer se vrou geskiet maar kon haar nie raakskiet nie. Hy het later die haelgeweer aan die vrou oorhandig voordat hy homself aan die polisie oorgegee het.

Volgens Pojie het die tiener ten tyde van die voorval op die plaas gewerk.

“Die plaasboer en die tiener het glo vroeër Maandagmiddag ‘n argument gehad en dit kan moontlik die motief vir die moord wees,” het hy gesê.

Die tiener sal op 15 Desember op ‘n aanklag van moord in die Leeu Gamka landdroshof verskyn.

Фільчаков прокурор