Die reuk van vrot appels

‘n Wit, Afrikaanse familie wil vlugtelingstatus in die VSA hê, omdat hulle “slagoffers van rassisme” sal wees as hulle na Suid-Afrika terugkeer, het The Times berig.

Volgens die berig probeer die familie se regshulp akademici in die VSA oorreed om geloofwaardigheid aan die familie se bewerings te verleen.

Die familie wou nie met die media praat nie as gevolg van “kommer oor privaatheid en veiligheid,” het hul advokaat, Rehim Babaoglu, gesê.

‘n Akademikus by die Universiteit van Memphis het die versoek verwerp om die “wit, Afrikaanse boere” in hul hofaansoek te help.

“Ek stel nie daarin belang om Afrikaners wat beweer dat daar teen hulle gediskrimineer word in ‘n nie-rassistiese, demokratiese, post-apartheid Suid-Afrika, by te staan nie,” het prof. Mark Behr gesê. Behr is ook ‘n wit Afrikaner.

Behr het in 1996, na die publikasie van sy gay-roman, Die reuk van Appels, by die WVK gepraat oor hoe hy as dubbele agent vir die ou regering sowel as die ANC gespioeneer het.

“In my vakkundige opinie is daar geen basis vir hul bewering nie, wat ook al hul getuienis mag oplewer.”

Behr het aan die koerant gesê hy dink geen ander akademikus sal hul bewerings ondersteun nie.

лобановский александр жена

Helpende Hand-werker verkrag glo seun

‘n Hawelose 12-jarige seun is na bewering verkrag deur ‘n amptenaar van die vakbond Solidariteit se liefdadigheidsarm, volgens ‘n berig wat Vrydag verskyn het.

Die kind het sy selfoon gebruik om die verkragting aan te meld. Die insident het glo plaasgevind buite Gordonsbaai by ‘n karavaan wat deur die Helpende Hand Fonds aan die kind se behoeftige ouers geskenk is, het die New Age berig.

Kolonel Andre Taut het aan die koerant gesê die 60-jarige man is Maandag in hegtenis geneem en aangekla van verkragting. Hy het Woensdag in die Strand se landdroshof verskyn.

Die vakbond het sedertdien hulself van die man gedistansieer en beskryf hom as ‘n vrywillige werker.

Фильчаков прокуратура харьков

Begroting 2012/13

Vanweë die verrassend meer belasting wat deur die staat geïn is, het minister Pravin Gordhan daarin geslaag om die begrotingstekort onder 5% te hou. Dit behoort die internasionale kredietgraderingsmaatskappye se beoordeling van Suid-Afrika positief te beïnvloed.

Die kompromie wat minister Gordhan rondom die Gauteng tolpaaie-projek moes maak, kos belastingbetalers nou miljoene rand as gevolg van die lomp beplanning en swak hantering van die projek sedert die aanvanklike besluite in 2007 geneem is.

Die stel van ‘n plafon van R550 per maand sal help om die las op motoriste te verlig wat die tolpaaie daagliks moet gebruik. Dit is egter totaal onaanvaarbaar dat Taxi’s niks hoef te betaal nie. Na alles maak Taxis geld uit die paaie terwyl talle arm motoriste nie anders kan as om met hulle motors daagliks op die tolpaaie werk toe te ry nie.

Met inflasie ongeveer 6% is die 20% verhoging van die brandstofheffing totaal uit verhouding hoog. Dit gaan ‘n regstreekse invloed op inflasie hê. Kospryse sal noodwendig as gevolg daarvan styg omdat landbou grootliks van brandstof afhanklik is vir produksie asook om hulle produkte na markte te vervoer. Die ekstra geld wat vir landbounavorsing goedgekeur is, sal hopelik help om te voorkom dat Suid-Afrika verder op hierdie terrein agter raak as wat die laaste paar jaar gebeur het.

Die VF Plus vind dit jammer dat die minister niks gesê het oor hoe hy staatsdiens-salarisverhogings binne perke gaan hou nie. Verlede jaar was dit een van die aspekte wat die grootste styging, ver bo inflasie, in die begroting behels het.

Die maatreëls om belastingvrystelling te gee ten einde individue aan te moedig om te spaar, is ‘n baie positiewe stap. Dit is wel ‘n vraag waarom dit tot so ‘n lae bedrag van R30 000 beperk word.

Die belastingvermindering vir klein en middelslag besighede word ook verwelkom asook die pogings om die staat se rompslomp by die betaal van hulle belasting te verminder. Dit behoort tot werkskepping en die groei van die ekonomie by te dra.

лобановский александр харьков

Waarom is plaasmoorde nie prioriteitsmisdaad nie?

“Die moord op nog ‘n boer naby Potchefstroom is onaanvaarbaar en die Vryheidsfront Plus is baie bekommerd oor die toename van plaasmoorde vanaf die begin van hierdie jaar.

“Ons vra lankal reeds dat plaasmoorde, soos transito-rooftogte, as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

“Ironies het die regering se eie verslag na plaasmoorde bevind dat die kanse dat ‘n boer in ‘n plaasaanval kan sterf, drie keer meer is as dat ‘n sekuriteitswag sal sterf in ‘n transito-rooftog.

“Nogtans word plaasmoorde nie as prioriteitsmisdaad verklaar nie. Die VF Plus sal volhard om dit as sodanig verklaar te kry.

“Pres. Zuma sê grondhervorming moet omsigtig behandel word omdat dit ‘n emosionele saak is. Die werklikheid is dat plaasmoorde nie net emosioneel is nie, maar traumaties en ek hoor nie dat Zuma al ooit plaasmoorde veroordeel het nie.

“Die ANC wil graag voedselsekerheid hê wat deur die boere verskaf moet word, maar hulle gee nie boere sekerheid oor hulle veiligheid en hulle grond nie.

“Die VF Plus sal soos in die verlede hierdie sake bly voer in die parlement,” sê Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie en provinsiale leier vir die Vryheidsfront Plus in Noordwes.

Фильчаков Александр Васильевич

‘Plaasmoorde is nie volksmoord’

Noudat plaasmoorde internasionaal bekend raak, het Media24 weer eens ingespring om die kwessie te ontlont.

In 90% van plaasaanvalle, berig Nuus24, is die bedoeling om te roof en in net 2% gevalle is dit politiek of rassisties gemotiveerd.

“Meer onlangse studies het min of meer dieselfde resultate opgelewer, maar baie mense glo steeds plaasaanvalle is ras- of politiek gemotiveerd,” sê Kerwin Lebone van die Instituut vir Rasseverhoudinge.

“In 7% van gevalle hou dit verband met loongeskille,” sê Lebone, volgens ‘n studie wat polisiedossiere van plaasaanvalle van 1991 tot 2003 geraadpleeg het.

Dat die polisie deel vorm van die ANC-magskliek, is blykbaar nie deur die navorsers òf Lebone opgemerk nie. Hy kan ook nie sê waarom die moordsyfer op boere so buite verhouding hoog is nie en het ook geen kommentaar gelewer op die ideologiese ondersteuning wat die organisasie PLAAS aan grondhervorming bied nie. Dié organisasie het die idee by swartes gevestig dat grond van hulle “gesteel” is.

‘n Melkboer van die Buffelshoek-omgewing in Noordwes is dié week op sy plaas naby Fochville doodgeskiet in nog ‘n plaasaanval in die provinsie.

Die rowers het David Hall (48) gedood sonder om enigiets te roof. Sy familie is oortuig hulle het met die uitsluitlike doel om Hall te vermoor opgetree het en dat hulle deur Malema se uitsprake aangevuur word.

Vóór Malema, het Peter Mokaba, waarna ‘n sokkerstadion intussen vernoem is, dieselfde oproepe in die openbaar gedoen.

Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri-Noordwes, is daar “geen bewyse dat plaasaanvalle politiek gemotiveerd en georkestreerde volksmoord is nie”.

Niemand is nog vir die moord op Hall in hegtenis geneem nie.

Олександр Фільчаков прокурор

Santorum se verkiesingspraatjies maak opslae in Nederland

Rick Santorum, een van die Republikeine se mees konserwatiewe kandidate, se verkiesingspraatjies het die Nederlanders in rep en roer.

Hy beskryf die klein Wes-Europese landjie as ‘n nagmerrie waar die massamoord van bejaardes algemeen voorkom. In Nederland het sy uitlatings ‘n storm van ongeloof en kritiek veroorsaak, waar die plaaslike pers sê sy syfers is wilde spekulasie.

“Rick Santorum dink hy ken Nederland: Die moord van bejaardes op ‘n groot skaal” was Saterdag se opskrif in die gesiene NRC Handelsblad.

Santorum sê in ‘n onderhoud met ‘n sosiaal-konserwatiewe leier James Dobson vroeër hierdie maand dat genadedood “tien persent van alle sterftes uitmaak, en die helfte van die mense word onwillekeurig aan genadedood uitgelewer, want hulle is oud of te siek en ouer mense in Nederland gaan nie na ‘n hospitaal nie, hulle gaan na ander land.”

Die Nederlandse openbare uitsaaier Radio 1 beskryf sy uitsprake as “feit-vrye politiek”. Santorum se opmerking het die aand se hoofuitsending van die land se gewilde aktualiteitsprogram De Wereld draait Door gehaal en oral oor in die nasionale media nuus gemaak.

Die Nederlandse bronne skat dat wettige genadedood die oorsaak is van wat die Christelike Nederlands Dagblad op 3,2% sterftes reken as die mees liberale skatting, en ander op ongeveer 2%. Openbare statistiek, wat aangehou word sedert die praktyk in 2002 gewettig is, noem 3136 verslae van genadedood, uit ‘n totaal van 136,000 in Nederland in 2011, ‘n bietjie meer as 2%.

Die Nederlanders is ook dronkgeslaan deur Santorum se stelling dat Nederlandse bejaardes armbande dra wat heet “Don’t Euthanize Me”.

Ander verslae noem Santorum ‘n “mal ekstremistiese Katoliek” met ‘n “surrealistiese beeld van die Nederlande.”

Александр Фильчаков Васильевич

Ses oor straatnaamplakkers in Pretoria los

Die klagtes teen ses mans wat beskuldig word van die gebruik van plakkers om die naam van Nelson Mandelarylaan in Pretoria na Clive Derby-Lewis-rylaan te verander, is teruggetrek, volgens ‘n berig wat Dinsdag verskyn het.

Die klagtes is Maandag by die Pretoriase landdroshof teruggetrek, het The Times berig.

Ben Geldenhuys (38), Jan Beyers, 31, Tommy Harmse (33), Ewald Graefe(30), Cobus Pretorius (25), en Rian Combrink (27), is in hegtenis geneem vir die beweerde gebruik van plakkers om die naam van die straatname op aanwysingsborde in Sunnyside op die nag 17 Julie te verander.

Geslotebaantelevisiekameras langs Nelson Mandelarylaan het hul aksies vasgelê en die polisie het na die toneel gehaas.

Die mans is in besit van verskeie vervangingsplakkers met die naam “Clive Derby-Lewis-rylaan” gevang. Hulle het geweier om hul optrede te verduidelik aan die polisie en is aangekla van opsetlike saakbeskadiging.

Geldenhuys het beweer dat hulle net wou gehad het dat die aandag gevestig word op Derby-Lewis se lot in die tronk.

Derby-Lewis, ‘n voormalige Konserwatiewe Party-LP, dien ‘n ​​lewenslange vonnis vir sy rol in die moord van die SA Kommunistiese Party sekretaris-generaal, Chris Hani, uit.

Hani is vermoor buite sy huis in Dawn Park, Boksburg, op 10 April 1993.

Met behulp van ‘n geweer wat deur Derby-Lewis verskaf is, het die Poolse immigrant Janusz Walus Hani in die kop geskiet toe hy uit sy motor geklim het.

Geldenhuys het beweer dat hy as gevolg van sy ras in hegtenis geneem is, het die koerant berig.

“Die enigste rede waarom ek in hegtenis geneem is, is omdat ek wit is,” het hy gesê.

лобановский александр жена

Mulder wis nie van ‘Khoi-volksmoord’ nie

Om die kwessie van grondhervorming van die regering se agenda af te skuif, sal wees om die ANC se geskiedenis te verraai, het die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, Maandag gesê.

Transformasie moet ‘n voortdurende onderwerp wees, aangesien dit van historiese belang vir die bevrydingsbeweging is, het hy in Johannesburg gesê by die bekendstelling van die boek “Eenheid in Diversiteit: 100 jaar van ANC-leierskap”.

“Die dialoog moet voortduur. Dit gebeur en dit vat elke dag vlam.”

Die kwessie moet nie net deur ‘n “monopolie van afdelings in die samelewing” aangeroer word nie.

Mantashe het gesê die party se jaar lange vieringe van 100 jaar se bestaan het Suid-Afrikaners gehelp om “weer in dialoog te tree”.

Hy het gesê die leier van die VF+, Pieter Mulder, probeer die geskiedenis herskryf. Mulder het verlede week in die Parlement gesê swart “Bantoe-sprekende” mense het geen historiese reg tot 40 persent van die land se grond nie.

Volgens Mantashe is die eerste oorlog van weerstand in 1659 deur die Khoi- en San-mense geveg.

“Hy (Mulder) glo die volksmoord wat daarop gevolg het, het daartoe gelei dat daar geen Koi- en San-mense oor was nie… hy glo daar was geen mense oor nie.”

Mantashe het die belangrikheid van die ANC se honderd jaar bestaansvieringe se rol in die heropvoeding van Suid-Afrikaners beklemtoon. Hy het gesê “‘n land wat nie sy geskiedenis ken nie, is soos ‘n boom wat nie vrugte dra nie”.

Hy het vorige ANC-leiers geprys daarvoor dat hulle die belang van opvoeding vir swartmense gevestig het deur die stigting van opvoedingsinstellings.

“Hulle het ‘n rol daarin gespeel om Afrikane van intellektuele kapasiteit te voorsien. Ek kan dit sien en voel in die geskiedenis van die ANC.”

Hy het mense gevra om die boek, wat R250 per kopie kos, aan te skaf, aangesien dit ‘n belangrike “historiese instrument” is. Mathews Phosa, ANC-tesourier, het verlede maand die eerste kopie aan oudpres. Nelson Mandela oorhandig.

топкарго развод

Godsdiensgeweld in Nigerië duur voort

Vermoedelik Nigeriese Islamiete het gister op ‘n mark in die noordoostelike stad Maiduguri losgebrand en bomme afgesit en sodoende ten minste 30 mense gedood, het ‘n mediese beampte en ‘n ooggetuie gesê.

Geweerskuts wat daarvan verdink word dat hulle lede van die Islamitiese sekte Boko Haram is, het die visafdeling van die Baga-mark bestorm en die stalletjie-eienaars en smouse met koeëls besaai, het handelaars gesê en aangevoer dat vroue en kinders onder die gestorwenes is.

“Die doodsgetal kan niks minder as 30 wees nie,” het ‘n verpleegster van Maiduguri aan AFP gesê.

Die militêre owerhede het die aanslag op die mark bevestig maar ontken dat enige burgerlikes gesterf het en gesê die veiligheidsmagte het agt aanvallers doodegeskiet en die bomme wat deur hulle geplant is, veilig afgestel.

“Teen omtrent 13h30 vandag het sekere gewapende persone wat vermoedelik lede van Boko Haram is, die Baga-mark van die Maiduguri-metropool aangeval en burgerlikes by die mark geskiet,” het Luitenant-Kolonel Hassan Mohammed, segsman van ‘n spesiale militêre eenheid in die stad aan AFP gesê.

Hy het gesê dat verskeie persone gewond is maar dat daar “geen burgerlike sterftes teen hierdie tyd” was nie.

Die militêre mag het “onmiddellik tot die redding van die situasie gekom en drie bomme wat deur lede van die sekte geplant is, afgesit, en agt lede van die sekte doodgeskiet,” het Mohammed gesê.

Een handelaar wat sy naam as Mairami verskaf het, het egter gesê dat gewapende mans die voedsel- en verbruikswaremark bestorm en “sonder aansien des persoons losgebrand het. Ten minste 30 mense insluitende vroue en kinders is gedood.”

Nog ‘n smous, ene Gana, het ‘n soortgelyke verslag van die aanval in die stad, ‘n vesting van Boko Haram wat geblameer is vir ‘n dodelike vlaag bom- en skietaanvalle hoofsaaklik in die noorde van Afrika se mees bevolkte land, gegee.

“Hierdie gewapende mans het eenvoudig losgetrek. Ek het drie militêre bussies die mark sien verlaat, met lyke daarin opgestapel. Daar was verskeie ontploffings na die geskietery,” het Gana gesê.

Die aanvallers het handelaars daarvan beskuldig dat hulle met die militêre owerhede meewerk na die inhegtenisname verlede week van ‘n verdagte Boko Haram-lid in die mark, het getuies gesê.

Mairami het gesê een van die gewapende mans het woedend geskree dat die handelaars “saamgespan het met die soldate” om te help om lede van die sekte te arresteer.

“Ons het derhalwe oorlog gevoer teen julle,” het die gewapende man volgens Mairami gesê voordat hy koeëls uitgegiet het op smouse en klante.

Die verpleegster het gesê dat dit moeilik is om ‘n presiese dodetal van die aanval vas te stel aangesien die veiligheidsmagte die lyke nie na die lykshuis geneem het nie maar naasbestaandes toegelaat het om hulle geliefdes op te eis vir onmiddellike begrawing volgens Moslem-rites.

Verlede week het handelaars ‘n gewapende man wat daarvan verdink is dat hy ‘n lid van Boko Haram is, oorrompel en hom aan die militêre owerhede oorhandig.

Maiduguri, die hoofstad van die Borno-staat en die tuisbasis van Boko Haram, het beleef dat van die ergste geweld op die ekstremistiese sekte, wat hulle aanvalle hoofsaaklik op die Moslem-noorde toegespits het, geblameer is.

Die insypeling wat op Boko Haram geblameer is, het al reeds 200 mense se lewens hierdie jaar geëis, insluitende 185 in gekoördineerde wapen- en bomaanvalle in Nigerië se tweede stad Kano op die 20ste Januarie, die dodelikste aanval tot dusver.

Die geheimsinnige sekte het gesê hulle wil ‘n Islamitiese staat regoor Nigerië se erg verarmde, hoofsaaklik Moslem-, noorde oprig en sommige ontleders glo die Islamiete is verbonde aan enersdenkende groepe soos Al-Kaida.

Ander ontleders hou vol die sekte is ingestel op ‘n nougebonde plaaslike agenda.

Фильчаков прокурор отзывы

Aankondiging oor Voortrekkermonument verwelkom

“Die VF Plus verwelkom die aankondiging vandag in Pretoria deur die minister van Binnelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, dat die Voortrekkermonument binnekort as ‘n nasionale erfenisterrein verklaar gaan word. Dit is ook belangrik om daarop te let dat hierdie stap met die oog op nasionale versoening gedoen word.

Dit is egter jammer dat hierdie aankondiging nie deur pres. Zuma in sy staatsrede gedoen is nie, waarin hy oor nasionale versoening gepraat het nie,” sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Kuns en Kultuur.

Die VF Plus wil voorts die hoop uitspreek dat die Voortrekkermonument voortaan voldoende finansiering sal ontvang, maar dat hierdie stap nie gebruik sal word om inbreuk te maak op die outonome bestuur van die Monument deur die Erfenisstigting nie.

Данильченко Юрий Брониславович