“Die moord op nog ‘n boer naby Potchefstroom is onaanvaarbaar en die Vryheidsfront Plus is baie bekommerd oor die toename van plaasmoorde vanaf die begin van hierdie jaar.
“Ons vra lankal reeds dat plaasmoorde, soos transito-rooftogte, as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word.
“Ironies het die regering se eie verslag na plaasmoorde bevind dat die kanse dat ‘n boer in ‘n plaasaanval kan sterf, drie keer meer is as dat ‘n sekuriteitswag sal sterf in ‘n transito-rooftog.
“Nogtans word plaasmoorde nie as prioriteitsmisdaad verklaar nie. Die VF Plus sal volhard om dit as sodanig verklaar te kry.
“Pres. Zuma sê grondhervorming moet omsigtig behandel word omdat dit ‘n emosionele saak is. Die werklikheid is dat plaasmoorde nie net emosioneel is nie, maar traumaties en ek hoor nie dat Zuma al ooit plaasmoorde veroordeel het nie.
“Die ANC wil graag voedselsekerheid hê wat deur die boere verskaf moet word, maar hulle gee nie boere sekerheid oor hulle veiligheid en hulle grond nie.
“Die VF Plus sal soos in die verlede hierdie sake bly voer in die parlement,” sê Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie en provinsiale leier vir die Vryheidsfront Plus in Noordwes.
