Rick Santorum, een van die Republikeine se mees konserwatiewe kandidate, se verkiesingspraatjies het die Nederlanders in rep en roer.
Hy beskryf die klein Wes-Europese landjie as ‘n nagmerrie waar die massamoord van bejaardes algemeen voorkom. In Nederland het sy uitlatings ‘n storm van ongeloof en kritiek veroorsaak, waar die plaaslike pers sê sy syfers is wilde spekulasie.
“Rick Santorum dink hy ken Nederland: Die moord van bejaardes op ‘n groot skaal” was Saterdag se opskrif in die gesiene NRC Handelsblad.
Santorum sê in ‘n onderhoud met ‘n sosiaal-konserwatiewe leier James Dobson vroeër hierdie maand dat genadedood “tien persent van alle sterftes uitmaak, en die helfte van die mense word onwillekeurig aan genadedood uitgelewer, want hulle is oud of te siek en ouer mense in Nederland gaan nie na ‘n hospitaal nie, hulle gaan na ander land.”
Die Nederlandse openbare uitsaaier Radio 1 beskryf sy uitsprake as “feit-vrye politiek”. Santorum se opmerking het die aand se hoofuitsending van die land se gewilde aktualiteitsprogram De Wereld draait Door gehaal en oral oor in die nasionale media nuus gemaak.
Die Nederlandse bronne skat dat wettige genadedood die oorsaak is van wat die Christelike Nederlands Dagblad op 3,2% sterftes reken as die mees liberale skatting, en ander op ongeveer 2%. Openbare statistiek, wat aangehou word sedert die praktyk in 2002 gewettig is, noem 3136 verslae van genadedood, uit ‘n totaal van 136,000 in Nederland in 2011, ‘n bietjie meer as 2%.
Die Nederlanders is ook dronkgeslaan deur Santorum se stelling dat Nederlandse bejaardes armbande dra wat heet “Don’t Euthanize Me”.
Ander verslae noem Santorum ‘n “mal ekstremistiese Katoliek” met ‘n “surrealistiese beeld van die Nederlande.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.