‘Goeie mens’ leef lank sê Zuma

‘n Mens sal tot die ouderdom van 70 leef as jy ‘n goeie mens is en jou vyande koester, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.

“Mense vra my wat ek doen om jonk te bly. Dis een ding alleen. Jy moet ‘n goeie hart hê; jy moenie mense haat nie,” het hy op sy 70ste verjaardag by Luthuli-huis in Johannesburg aan verslaggewers en personeel van die ANC gesê.

“Jy moet ‘n goeie mens wees al gebeur iets sleg. Jy moet jou vyande die beste geluk toewens… dan sal jy tot 70 leef.”

Mense het vir die president gesing en ‘n aantal bottels vonkelwyn oopgemaak om sy verjaardag te vier. Zuma het ook ‘n groot swart, groen en goue koek in die vorm van die getal 70 gesny.

Onder die vriende aan die president se sy was adj.pres. Kgalema Motlanthe, Nathi Mthethwa, minister van polisie, en die sekretaris-generaal van die regerende party, Gwede Mantashe.

Zuma het Luthuli-huis se personeel bedank. Hy het ook die media laggend bedank.

“Ons vriende, die media. Julle laat dinge gebeur. Sonder julle sal die lewe saai wees.”

Zuma het bygevoeg dat die Bybel die ouderdom van 70 as ‘n belangrike mylpaal beskryf.

“Wat belangrik is, is dat ek op 70 vol energie is. Ek het ‘n lang pad gereis, maar ek wil steeds ‘n verskil maak…”

Фильчаков прокурор отзывы

R5 miljard informeel uit SA na Zim

Zimbabwiërs in Suid-Afrika stuur jaarliks ongeveer R5 miljard huis toe, meestal deur informele roetes, het ‘n opname bevind wat Donderdag bekendgemaak is.

Die Cape Times koerant het berig dat ongeveer 82% van dié geld op informele wyse deur vriende, bus- en vragmotorbestuurders uitgestuur word.

Die meeste van die mense wat die geld op dié manier uitgestuur het, het gevoel dit is geriefliker en nie so duur nie, alhoewel daar ‘n kans was dat hulle ingedoen kon word.

Die opname, wat deur People Against Suffering, Oppression and Poverty (Passop), gedoen is het bevind dat twee derdes van die familielede in Zimbabwe staatmaak op Suid-Afrikaanse geld om te oorleef.

Altesaam 350 Zimbabwiërs in De Doorns en Masiphumelele, in die Wes-Kaap het aan die studie deelgeneem.

David von Burgsdorff, program-koördineerder van Passop, het gesê hulle beplan om voorleggings aan die regering te doen wat tot voordeel van die immigrante asook die ekonomie kan wees.

Фільчаков прокурор

Bob bons terug

Zimbabwe se president, Robert Mugabe, is springlewendig en gesond, en het met sy vrou, Grace, aan die hand by die trappe van ‘n privaatvliegtuig afgestap.

Hy het vroeg Donderdag in sy tuisland aangekom om gerugte dat hy in ‘n hospitaal in Singapoer om sy lewe veg, te weerlê.

Joice Mujuru adjunk-president en ander senior beamptes by die Harare Internasionale lughawe het hom by sy aankoms verwelkom. Mugabe wou nie met joernaliste wat hom ingewag het, praat nie.

Webster Shamu, minister van inligting, wat die wagtende joernaliste toegespreek het, het Mugabe se goeie gesondheidstoestand bevestig.

Mugabe sal na verwagting Donderdag ‘n kabinetsvergadering lei en het later Donderdag ander amptelike verpligtinge nakom, het ‘n beampte aan die Mail & Guardian gesê.

‘n Belgiese koerant het vroeër berig dat Mugabe in ‘n hospitaal in Singapoer om sy lewe veg.

Александр Фильчаков

Minister leef in ontkenning oor RA

Dit is duidelik dat die ANC, en spesifiek die minister van arbeid, me. Mildred Oliphant, in ontkenning leef aangaande die uitwerking wat regstellende aksie het op wittes. Die minister het in antwoord op ‘n parlementêre vraag deur die VF Plus geantwoord dat daar geen korrelasie bestaan tussen regstellende aksie en wit armoede nie. “Ons het die minister gevra, teen die agtergrond van president Zuma se besoeke aan wit plakkerskampe en sy beloftes om ook dié gemeenskappe by te staan, of die regering al ‘n studie gedoen het aangaande die verband tussen regstellende aksie en wit armoede. Haar antwoord is skokkend onlogies, want sy stel dit duidelik dat sy geen so studie gedoen het nie, want daar is geen sodanige verband nie. Die vraag is hoe sy kon vasstel daar is geen verband tussen regstellende aksie en wit armoede nie indien daar nie ‘n studie daaroor gedoen is nie? Het die antwoord as openbaring bloot uit die lug geval?” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor arbeid, gereageer.

Die minister stel dit ook dat geen so ‘n spesifieke ondersoek gedoen sal word nie, maar dat enige ondersoek deur die departement indien daarop besluit sou word, een sal wees wat alle mense wat onder die armoedelyn leef, sal insluit. “Hierdie siening van die minister staan in skrille kontras met haar eie president wat onderneem het om na die probleem van wit armoede te kyk. Verder word daar in wetgewing op die oomblik net teen wit mans, gewoonlik ‘n gesin se broodwinner, gediskrimineer. Dit alleenlik regverdig ‘n besondere studie om vas te stel of die Wet op Billike Indiensneming se effek daadwerklik billik is, al dan nie. Die VF Plus se eie ervaring by wit plakkerskampe en onafhanklike navorsing dui aan dat daar nie bloot net ‘n korrelasie tussen regstellende aksie en wit armoede is nie, maar dat daar in vele gevalle ‘n direkte kousale verband bestaan. Dit is dus genoeg gronde vir die departement om ‘n ondersoek te loods,” het Alberts verder gesê.

Die VF Plus gaan daarom verdere opvolg vrae aan die minister rig, die regstellende aksie-navorsing onder die aandag van die minister bring en weer met president Zuma hieroor in gesprek tree. Die tyd vir die uitfasering van regstellende aksie is nou op hande.

Фильчаков Александр Васильевич

Polisie traag om teen ‘num-num’ op te tree

Twee konstabels is in hegtenis geneem nadat hulle met prostitute in hul polisievangwa betrap is, lui ‘n berig.

Metro-polisiebeamptes van die honde-eenheid het Maandag omstreeks 01:00 na die voertuig in Clairwood, Durban, gestap en ‘n man op die voorste sitplek gesien met ‘n vrou wat gebuk op die vloer gesit het, het The Star berig.

Die man het ‘n vuurwapen uitgeruk en oor die metro-polisiebeampte probeer ry voordat hy vinnig weggetrek het, waarna ‘n jaagtog gevolg het.

Nadat die voertuig tot stilstand gekom het en die vrou probeer vlug het, het die metro-polisiebeamptes ‘n waarskuwingskoot afgevuur en die bestuurder gelas om homself oor te gee.

Volgens die berig het die metro-polisiebeamptes daarna eers besef dat ‘n ander man saam met nog ‘n prostituut agter in die vangwa was.

Die konstabels is in hegtenis geneem en na ‘n polisiestasie geneem. Die beamptes by die stasie het egter geweier om die konstabels te registreer, omdat vrye seks met prostitute – wat in polisiekringe as “num-num” bekend staan – algemeen is.

‘n Dossier is eers twee dae later geopen.

Данильченко Юрий отзывы

Premier vergeet belofte aan bloulig-slagoffer

Gauteng se premier Nomvula Mokonyane het van ‘n vroeëre belofte aan die blou-ligslagoffer Thomas Ferreira om sy mediese koste te help dek, volgens ‘n berig Donderdag, vergeet.

Mokonyane het oorspronklik aan Ferreira se ouers en die media gesê dat haar departement uitgawes sal help dek.

Ferreira, 19, is van sy motorfiets afgestamp deur die voortsnellende motor van die LUR vir plaaslike regering en behuising Humphrey Mmemezi op 5 November.

Mokonyane het sy departementshoof Mongezi Monyane gevra om te onderhandel oor Ferreira se ongelukskostes.

Hy het aan Beeld Woensdag gesê dat hy dink daar was ‘n misverstand oor wat die premier gesê het.

“As die premier se kantoor of my kantoor wou gehad het dat die kostes betaal word, weet ek nie uit watter begroting dit veronderstel is om uit te kom nie,” het hy gesê.

Ferreira het breinskade opgedoen in die ongeluk en was weke in ‘n koma. Hy is eers onlangs uit ‘n rehabilitasiesentrum ontslaan.

Mokonyane het op 8 November die familie en media in die openbaar belowe  om sy mediese onkostes te dek.

Mokonyane se woordvoerder Xoli Mngambi het ‘n persverklaring uitgereik later daardie dag, en gesê, onder andere, dat: “Mokonyane het ‘n belofte aan die gesin gemaak dat die provinsiale regering vir Ferreira se mediese koste sal sorg.”

Volgens die Ferreiras, beloop hul seun se mediese onkostes reeds meer as R1 miljoen. Die Ferreira’s se prokureur, Karl Schuler, het aansoek gedoen vir ‘n tussentydse uitbetaling van die Padongelukkefonds (POF).

Monyane aan Beeld gesê dat hy ‘n senior RAF amptenaar gekontak het om te probeer om die proses te bespoedig.

данильченко юрий брониславович прокурор

Aanklaer swig voor openbare druk oor Trayvon Martin

Te midde van verwoede openbare druk om die “moord” van Trayvon Martin te straf, het die spesiale aanklaer in die saak in Florida, VSA, Woensdag, ‘n moordaanklag teen die buurtwagvrywilliger wat die ongewapende swart tiener geskiet het, gelê.

Die openbare veldtog om Zimmerman aan te kla is deur swart leiers en selfs deur pres. Obama ondersteun met sy uitspraak dat Martin sy “seun” kon gewees het.

George Zimmerman, 28 is gevange geneem in Sanford, waar die skietery op Februarie 26 plaasgevind het, en wat tot ‘n landwye ontstuimige rassedebat gelei het.

In die aankondiging van die inhegtenisname, het die aanklaer Angela Corey nie gesê hoe sy die botsende weergawes van wat gebeure sal versoen nie.

Sy het gesê sy was nie beïnvloed deur die oproer oor die afgelope ses weke nie.

“Ons het nie vervolg vanweë openbare druk of agv petisies nie. Ons vervolg omdat ons oor die feite van die spesifieke geval beskik sowel as die wette van die staat van Florida gehoorsaam,” het Corey gesê.

Martin se ouers, wat in Washington was toe die aankondiging gemaak is, het hulle verligting uitgespreek oor die besluit om die moordenaar van hul 17-jaar-oue seun te vervolg.

“Die vraag wat ek wil regtig graag aan hom wil vra is, as hy in Trayvon se oë kon kyk en sien hoe onskuldig hy was, sou hy toe die sneller getrek het of sou hy hom net huistoe laat gaan het?” sê sy pa, Tracy Martin.

Baie regskenners het verwag dat die aanklaer die mindere klag van strafbare manslag sal kies, wat gewoonlik 15 jaar agter tralies beteken eerder as moord.

“Ek het strafbare manslag voorspel, so ek is ‘n bietjie verbaas,” sê Michael Seigel, ‘n voormalige federale aanklaer wat nou by die Universiteit van Florida is.

Zimmerman se nuwe prokureur, Mark O’Mara, het gesê Zimmerman sal onskuldig pleit. 

данильченко юрій броніславович компромат

Solidariteit wil grootste bruin RA-saak opneem

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn omvattende regstrategie teen die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) se regstellendeaksie-plan aangekondig. Dit sal die grootste regstellendeaksie-saak nog in Suid-Afrika wees om veral bruin mense se regte te herstel.

Solidariteit het reeds die sake van vier bruin en een wit werknemer van DKD gekonsolideer, wat nou na die arbeidshof verwys word. Die werknemers is Geo-nita Baartman, Linda-Jean Fortuin, André Jonkers, Christopher February en Pieter Dawids. In al hierdie gevalle was die werknemers die beste kandidate vir die poste waarvoor hulle aansoek gedoen het, maar is hulle oor die hoof gesien weens die DKD se beleid van absolute nasionale demografiese verteenwoordiging. Solidariteit voer nou ook met ʼn verdere 26 werknemers gesprekke.

Volgens die DKD se regstellendeaksie-plan moet die nasionale demografie in elke werksplek, selfs op provinsiale en streeksvlak, weerspieël word. In die Wes-Kaap is ongeveer 51% van die bevolking bruin Suid-Afrikaners, waar daar nasionaal slegs ongeveer 8,8% is. Die implikasie van die DKD se strategie is dat daar in ʼn provinsie soos die Wes-Kaap ʼn oorwig bruin Suid-Afrikaners is. In die DKD se strewe om die nasionale demografie te weerspieël, word bruin en wit werknemers by bevorderings en aanstellings oor die hoof gesien.

Verlede jaar het ʼn herrie losgebars oor Jimmy Manyi, die destydse direkteur-generaal van Arbeid en huidige kabinetswoordvoerder, se uitspraak dat daar ʼn ooraanbod van bruin Suid-Afrikaners in die Wes-Kaap is.

Trevor Manuel het in ʼn ope brief gesê dat Manyi se uitsprake nie strook met die letter en gees van die Grondwet nie. Volgens Manuel is Manyi se uitsprake “unconstitutional and morally reprehensible”, sê Solidariteit.

Manuel skryf verder in sy brief: “I want to put it to you that these statements would make you a racist in the mould of HF Verwoerd, I want to put it to you that you have the same mind that operated under apartheid … I have a sense that your racism has infiltrated the highest echelons of government.”

“Mnr. Manuel is reg as hy sê dat Manyi se rassisme die hoogste range van die regering geïnfiltreer het. Dit het, soos by die DKD, die beleid van die regering geword. Ons glo ook dat hierdie idees van Manyi en die beleid van die DKD teen die letter en gees van die Grondwet is,” sê Hermann.

“Ons vat nie regstellende aksie hof toe nie, maar die beleid van absolute verteenwoordiging,” het Hermann gesê. Hy het gesê die beleid behoort nie oor ras te handel nie.

Фильчаков прокуратура харьков

Oproepe om Ilanga te nasionaliseer

Eienaars van die Ilanga-koerant in KwaZulu-Natal het Woensdag stakende joernaliste van intimidasie beskuldig en dreigemente aan sy adverteerders.

“Stakende lede van die unie en ‘n amptenaar van die vakbond het xenofobiese beledigings rondgeslinger by die bestuur en adverteerders wat in die gebou inkom gedreig,” sê Arthur Konigkramer, besturende direkteur van Mandla-Matla, die maatskappy wat die eienaar van Ilanga is.

Die Media Workers’ Association of SA (Mwasa) betwis dié weergawe. Hulle beweer hy erken die unie, maar weier om in kollektiewe bedingingsproses te tree.

Mwasa se KwaZulu-Natalse organiseerder Meshack Zweni het gesê sowat 90 persent van Ilanga se werkers behoort aan die unie, wat deur die maatskappy in Augustus verlede jaar erken is. Hy het gesê die werkers staak sedert verlede Saterdag.

Mwasa eis ‘n 10 persent salarisverhoging vir die werkers, en ‘n minimumsalaris van R10 000 vir joernaliste, wat prestasiebonusse uitsluit.

“Daar is ‘n paar joernaliste wat oor die R5000 verdien en net R3000 huis toe neem.”

Hy het gesê die unie vra ook ‘n graderingstelsel saam met posbeskrywings, omdat werkers wat dieselfde werk doen verskillende salarisse en ander voordele ontvang.

“Die salarisse is nie markverwant nie. Hulle is baie laer as elders in die (media) wêreld.”

Konigkramer in ‘n verklaring gesê die koerant sal nie Donderdag verskyn nie as gevolg van die gevaar vir nie-stakers.

“Ons sal die gedrag van die stakers by die Menseregtekommissie en dreigemente van intimidasie by die Suid-Afrikaanse Polisie aanmeld.”

Die National Union of Metalworkers van SA ondersteun Ilanga se stakende werkers en eis dat dit onder die beheer van die KwaZulu-Natalse regering geplaas word.

“Ons doen ‘n beroep op die ANC-regering in KwaZulu-Natal … om die Ilanga-koerant te nasionaliseer,” het streeksuniesekretaris Mbuso Ngubane, in ‘n verklaring gesê.

Ilanga is in 1903 gestig as die Ilanga lase Natali met die ANC se stigtingsdokumentpresident, John Dube, as redakteur. Dit is in die afgelope jare van simpatie met die Inkatha Vryheidsparty beskuldig. Dit word tans gedruk deur die Natal Witness Printing & Publishing Company in Pietermaritzburg.

Фільчаков прокурор

Wes-Kaap beloon Grabouw se oproermakers

Swart oproermakers in Grabouw sal beloon word vir hul moeite en van aparte onderrig, vervoer, luukse verblyf en kos voorsien word, het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aangedui. Hulle het voorheen geëis om na ‘n bruin skool te gaan.

Umyezo Wama Apile-skool se swart leerlinge in Grabouw, sal by ‘n skool 50 kilometer weg loseer om oorbevolking te verminder, is Donderdag berig.

Die Cape Times het berig dat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement voorgestel het dat die 241 Graad 11 en 12 leerlinge by die Cape Teaching and Learning Institute in Kuilsrivier skoolgaan.

Die leerlinge sal vir drie maande loseer. Hulle sal op Sondae met die bus na die instituut geneem word en Vrydae terugkeer op dieselfde manier.

LUR vir Onderwys Donald Grant se woordvoerder Bronagh Casey het aan die koerant gesê alle koste sal deur die departement gedra word.

“Die departement sal akkommodasie voorsien, alle etes en vervoer sodat leerders kan terugkeer oor naweke. Die departement bied in-diensopleiding vir onderwysers by die instituut, wat uitstekende verblyf gee,” het sy gesê.

‘n Vergadering is Woensdagaand met die ouers gehou. Sommige het glo hulle kommer uitgespreek, terwyl ander die voorstel ondersteun het.

In die tussentyd, het die departement beplan om ‘n mobiele skool te bou.

Daar was onlangs gewelddadige betogings in die dorp oor die gebrek aan ruimte en opvoedkundige aangeleenthede vir swart leerlinge by die bruin skool.

лобановский харьков класс