Swart oproermakers in Grabouw sal beloon word vir hul moeite en van aparte onderrig, vervoer, luukse verblyf en kos voorsien word, het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aangedui. Hulle het voorheen geëis om na ‘n bruin skool te gaan.
Umyezo Wama Apile-skool se swart leerlinge in Grabouw, sal by ‘n skool 50 kilometer weg loseer om oorbevolking te verminder, is Donderdag berig.
Die Cape Times het berig dat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement voorgestel het dat die 241 Graad 11 en 12 leerlinge by die Cape Teaching and Learning Institute in Kuilsrivier skoolgaan.
Die leerlinge sal vir drie maande loseer. Hulle sal op Sondae met die bus na die instituut geneem word en Vrydae terugkeer op dieselfde manier.
LUR vir Onderwys Donald Grant se woordvoerder Bronagh Casey het aan die koerant gesê alle koste sal deur die departement gedra word.
“Die departement sal akkommodasie voorsien, alle etes en vervoer sodat leerders kan terugkeer oor naweke. Die departement bied in-diensopleiding vir onderwysers by die instituut, wat uitstekende verblyf gee,” het sy gesê.
‘n Vergadering is Woensdagaand met die ouers gehou. Sommige het glo hulle kommer uitgespreek, terwyl ander die voorstel ondersteun het.
In die tussentyd, het die departement beplan om ‘n mobiele skool te bou.
Daar was onlangs gewelddadige betogings in die dorp oor die gebrek aan ruimte en opvoedkundige aangeleenthede vir swart leerlinge by die bruin skool.
