Amnestie vir oortreders skop in

Nadat pres. Jacob Zuma op Vryheidsdag aangekondig het dat gevangenes wat nie-gewelddadige misdade gepleeg het, vrygelaat sal sal word, is 101 gevangenes uit die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad vrygelaat, berig die SABC.

Misdade soos winkeldiefstal en huisbraak het  vir ‘n spesiale kwytskelding in aanmerking gekom.

Meer as 35 000 gevangenes sal oor die hele land as deel van dié kwytskelding vrygelaat word.

Alle veroordeelde gevangenes, dié wat op ‘n proeftydperk en parool vrygelaat is, se vonnis is met ses maande verminder.

Nóg gevangenes is in Durban en Kimberley vrygelaat.

Данильченко Харьков

De Klerk verdedig sy opmerkings

Oudpresident FW de Klerk het Maandag gesê hy wil die wêreld daaraan herinner dat hy gehelp het om apartheid af te skaf, nadat hy kritiek oor opmerkings wat hy verlede week gemaak het. 

“Mag ek almal herinner dat dit ek, tesame met medeleiers van die Nasionale Party was, wat apartheid op 2 Februarie 1990 afgeskaf het,” het hy in Kaapstad gesê.

“Hoekom sou ek nostalgies wees oor dit wat ek afgeskaf het en waarvoor ek om verskoning gevra het? Ek wil nie praat oor die verdraaide interpretasie van wat ek gesê het nie.”

De Klerk het gepraat by die opening van The Scoin Shop in die stad.

Hy het gesê hy is optimisties oor die land se toekoms, ondanks baie “uitdagings”.

Dit sluit die dralende groeitempo en die hoë werkloosheidsyfer in, het hy gesê.

“Ons weet dat ons onderwysstelsel in ‘n krisis is, ons weet dat mense in die strate betoog oor swak dienslewering, so ons is nie op ‘n goeie plek in die sosio-ekonomiese sin van die woord nie.

“Gelukkig streef ons ‘n goed gebalanseerde ekonomie na, makro-ekonomiese beleidsrigtings en ek is glad nie ‘n pessimis nie,” het hy gesê.

“Wat fout is in Suid-Afrika kan reggestel word en ek dink dat dit tyd is dat ons almal hande vat, ophou skree op mekaar en saamwerk om dinge beter te maak.”

Die opmerkings wat mense ontstig het, is gemaak tydens ‘n onderhoud met De Klerk by ‘n saamtrek van Nobelpryswenners in Chicago Donderdagaand.

Toe hy gevra het of apartheid moreel verwerplik was, het De Klerk gesê: “In soverre dit menseregte vertrap het, was dit, en is dit steeds, moreel onregverdigbaar.”

De Klerk het toe oor die tuisland-stelsel gesê: “Maar die konsep van gee vir, soos die Tsjegge dit nou het en soos die Slowake dit het… dws ‘n etniese geheel met een kultuur met een taal… hulle kan gelukkig wees en kan hul demokratiese aspirasies uitleef in ‘n eie staat, dit is nie verwerplik nie.”

Hy het gesê swartes in die tuislande se stemreg is nie ontneem nie.

“Hulle was nie van stemreg ontneem nie, hulle het gestem. Hulle is nie in tuislande geplaas nie, die tuislande was histories daar. As die ontwikkelde wêreld net soveel geld in Afrika, wat sukkel met armoede, wil belê soos ons in die tuislande belê het. Hoeveel universiteite is gebou? Hoeveel skole?” het hy gesê.

“In daardie stadium was die doel apart maar gelyk. Apart maar gelyk het egter gefaal.” Hy het gesê hy het daarom later van die stelsel afgesien.

topcargo

Skade van nasionalisering onomkeerbaar

“Die nasionalisering van grond in Suid-Afrika sal sonder twyfel voedselsekerheid in die land vir altyd vernietig. Daarom is alle uitsprake oor die nasionalisering van grond onverantwoordelik en behoort dit gestaak te word,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye gesê.

Dr. Mulder was die openingspreker by die Rooivleis Abattoir Vereniging se jaarkongres in Stellenbosch.

Dr. Mulder het verwys na die poging om hierdie week ‘n plaas naby Komatipoort in Suid-Afrika op ‘n Zimbabwe-manier te probeer beset. Hy het die polisie geprys vir die professionele wyse waarop hulle opgetree het en die situasie ontlont het.

“Die skade wat so ‘n insident aan die vertroue in die landbousektor en aan Suid-Afrika se internasionale beeld aandoen, kan nie onderskat word nie. Daarom is uitsprake oor die nasionalisering van grond onverantwoordelik. Die nasionalisering van grond sal die kommersiële- en opkomende landbou in Suid-Afrika geleidelik vernietig.

“Dit sal verder die uittog van landboukundigheid en van kommersiële boere uit die landbou en uit Suid-Afrika onomkeerbaar maak. Die nasionalisering van grond sal die banksektor in ‘n groot krisis dompel omdat grond as sekuriteit vir lenings gebruik word. Dit sal ook geen armoede probleme oplos soos die propagandiste beweer nie. Hierdie argumente word in die praktyk bevestig deur ‘n vergelyking tussen die landbousuksesse in Zambië teenoor die landboukrisisse in Zimbabwe te tref,” het Mulder gesê.

Dr. Mulder het voorspel dat die rooivleisproduksie in Suid-Afrika in die volgende dekade meer gaan styg as die gemiddelde wêreld vleisproduksie omdat daar in Suid-Afrika so ‘n vinnig groeiende nuwe swart ekonomiese middelklas ontwikkel met nuwe eetgewoontes.

Лобановский Харьков

VSA tree toe danksy Kony 2012

Die Twitterstorm wat Kony 2012 veroorsaak het, het gelei tot die toetrede van Amerikaanse magte in sentraal-Afrika.

‘n Weermagbeampte in Oeganda sê magte in dié land het ‘n senior bevelvoerder van Joseph Kony se Lord’s Resistance Army in hegtenis geneem ná ‘n kort skermutseling met rebelle naby die grens met die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Lt. kol. Abdul Rugumayo het Sondag gesê Caesar Acellam is Saterdag vasgetrek saam met twee ander rebellevegters.

Volgens Rugumayo was hulle in ‘n groep van sowat 30 LRA-rebelle. Die res het ontsnap.

Hoewel Acellam nie een van die LRA-bevelvorders is wat in 2005 saam met Kony by die Internasionale Strafhof aangekla is nie, het beamptes in Oeganda gesê hy was Kony se top-militêre strateeg.

Kony het onlangs die fokus van wêreldwye belangstelling geword nadat die Amerikaanse organisasie Invisible Children ‘n aanlyn-video versprei het om hom bekend te maak en die skakel via Twitter versprei het.

Amerikaanse troepe help troepe in Oeganda om Kony en sy top-luitenante op te spoor.

данильченко юрий брониславович прокурор

Intelligensie-advokaat dood aangetref

Advokaat Mvuseni Ngubane se lyk is in sy motor by sy huis in Pinetown, KwaZulu-Natal gevind, het die polisie Sondag gesê.

Lt.kol. Vincent Mdunge het gesê Ngubane het ‘n enkele skietwond aan sy kop gehad en ‘n pistool is langs sy lyk gevind.

“Die polisie het ‘n selfmoordbrief naby sy lyk gevind. Sommige dele van die brief was weens die bloedvlekke onleesbaar.”

Mdunge het gesê familielede het Ngubane se lyk op die agtersitplek van sy Mercedes Benz in die motorhuis gevind. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Ngubane het hoëprofiel-sake, insluitend dié van Cheryl Cwele, behartig.

Фильчаков прокурор

DA wil sorgsentrum wat blankes help, gesluit hê

Die VF Plus is in proses om die Mogale City stadsraad en die Gauteng department vir Gesondheid te nader om op ‘n dringende basis duidelike redes te verskaf waarom die La Reynette sorgsentrum te Rant en Dal, Krugersdorp nie geregistreer kan word nie.

Die hantering van die registrasieproses van die sorgsentrum is totaal ontoereikend en onbevredigend, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus lid van die Gauteng Wetgewer en inwoner van Krugersdorp.

Die sorgsentrum is tans in die nuus nadat die DA ‘n beroep gedoen het op die Gauteng department van Gesondheid om die sentrum se sluiting te bekragtig sonder dat die DA LPW Hendrika Kruger die fasiliteit besoek het. Die VF Plus neem die besware wat ontvang is en die regte van die inwoners in ag maar is van mening dat alle maatreëls deur die eienaars in plek gestel is om die besware te besweer.

Volgens Mulder maak die departemente hulself daaraan skuldig dat die vereiste reëls inkonsekwent toegepas word. Die sentrum beskik oor ‘n volledige stel dokumente wat kan bewys dat die eienaar van die sentrum, me Reinetta Ridley, die bedoeling het om ‘n diens aan die gemeenskap te lewer binne die vereiste reëlraamwerk en dat die owerhede nie instaat is om die reëls konsekwent toe te pas nie.

Die VF Plus het die week ‘n afvaardiging waaronder mnr Jaco Mulder LPW, me Hannelie Snyman, Mogale City raadslid en me Marinda Toerien, VF Plus inligtingsbeampte na die sentrum gestuur om hulself van die ware feite te vergewis.

In elke gemeenskap is daar ouer en jonger mense wat verswak is en spesiale versorging in ‘n proses na herstel benodig. Daar rus ‘n verantwoordelikheid op elke gemeenskap om hierdie mense nie uit te skuif nie, maar om hul morele plig tot versorging na te kom, veral ook omdat staatsondersteunde instellings dikwels ontoereikend is, het Mulder gesê.

Александр Фильчаков

US wil koshuise transformeer

Die Universiteit Stellenbosch se nuwe koshuistoelatingsbeleid wil rassetransformasie aanmoedig.

Dr. Ludolf Botha van die Sentrum vir Akademiese Steun sê hy wil die proses van integrasie bespoedig in lyn met die universiteit se “strategiese doelwitte”.

Volgens die voorstelle moet ‘n koshuis 40% eerstejaars inneem, 10% buitelandse studente en 15% waarvan die huistaal nie Afrikaans of Engels is nie.

Die knelpunt is dat bruin, swart en Indiër-studente (BSI-studente) onbepaald in koshuise kan aanbly al is hulle inwoners van die dorp, terwyl wit studente net twee jaar mag aanbly.

Studente kon Dinsdagaand tydens ‘n vergadering in die Neelsie-studentesentrum hul menings oor die voorstelle lug. Dié vergadering is nie goed bygewoon nie.

Die studenteraadsvoorsitter, Anina Botha, het gesê daar het net sowat 60 studente opgedaag.

Die nuwe beleid is kwalik bedekte rasgebaseerde diskriminasie en indien dit geïmplementeer word, sal verdienstelike en bekwame studente toegang geweier word tot koshuisverblyf op rassegronde.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Romney loop ver voor in jongste peiling

Indien die Amerikaanse presidentsverkiesing nou gehou word, sal die Republikeine se feitlik aangewese kandidaat, Mitt Romney, met ‘n yslike meerderheid stemme wen.

Volgens Rasmussen-opnames se jongste peiling wat Vrydag gepubliseer is, sal Romney 50% van die stemme trek met Barack Hussein Obama wat net 43% sal kry. Vier persent van die kiesers wat aandui dat hulle wel gaan stem, sal ‘n derde kandidaat verkies terwyl sowat drie persent onseker is.

Wat interessant is van die opname se uitslag is dat dit kom ‘n dag nadat Obama gesê het dat hy huwelike tussen homoseksueles steun, terwyl Romney aangedui het dat hy by sy standpunt staan dat ‘n huwelik slegs tussen ‘n man en ‘n vrou kan bestaan.

Die linkse media soos CNN en die NY Times het Romney onmiddellik geloop en hom as agterlik en bekrompe bestempel, maar dit wil voorkom of hulle andermaal die gevoel en sieninge van die deursnee Amerikaanse kieser verkeerd lees.

Dit is natuurlik nog baie vroeg in die verkiesing wat eers oor net meer as 5 maande plaasvind, maar die syfers moet tog as betekenisvol gesien word. Wat dit veral betekenisvol maak is dat daar besliste aanduidings is dat Romney, ‘n Mormoon, nog nie geheel en al deur Republikeinse kiesers aanvaar was nie en van hulle het die afgelope week selfs weer vir Ron Paul gestem in ‘n voorverkiesing al het hy nie die geringste kans om Romney in te haal nie.

Hierdie mense – hoofsaaklik konserwatiewe Christen-evangelistiese Republikeine – het klaarblyklik nou sterk na Romney en teen Obama geswaai oor presies die kwessie.

Obama se ongewildheid by Amerikaanse kiesers is ook duidelik uit die daaglikse peiling wat vra of kiesers dink dat Obama ‘n goeie president is of nie. Altesaam 37% gee Obama goeie of baie goeie punte vir hoe hy sy taak verrig, maar 48% sê hy is maar power – veral wat die ekonomie betref.

Maar kiesers is oor die algemeen glad nie gelukkig met hulle politici nie. Sowat 65% is behoorlik woedend oor die federale regering se aksies en soveel soos 53% dink dat nie een van die partye ‘n goeie begrip het van wat gedoen moet word nie.

En net om sout in die wonde te vryf het ‘n ongekende 68% aangedui dat hulle die hele kongres in Washington met nuwe lede sal wil vervang as hulle dit net kon doen. Net 12% sê hulle sal weer vir die huidige politici stem en ‘n yslike 20% is onseker.

Die peilings reflekteer ook ‘n aansienlike mate van onduidelikheid en wisselvalligheid – veral oor Romney se steun. Hoewel hy so goed gevaar het in die jongste peiling, het ‘n peiling enkele dae gelede in Massachusetts, wat Romney eintlik as sy tuisstaat beskou, aangedui dat sowat 56% van die kiesers daar eerder vir Obama sal stem met slegs 35% wat vir Romney sal stem. Die staat is egter bekend vir sy liberale meerderheid.

In die staat van Nevada het meer as 50% kiesers hul steun vir die Republikeinse senaatskandidaat uitgespreek teenoor slegs 40% wat die Demokraat sal steun. Maar ‘n feitlik gelyktydige opname in dieselfde staat het aangedui dat Obama daar teen Romney voorloop met 52% teen 44%. Dit is die soort anomalië wat maak dat ‘n mens die peilings met aansienlike versigtigheid moet benader.

Олександр Васильович Фільчаков

Swartes vertrap mekaar by Pretoriastasie

Sewentien mense is vroegoggend beseer gedurende ‘n stormloop by die Bosman-treinstasie in Pretoria.

Johan Pieterse, woordvoerder vir die metro se nooddienste, sê tien pendelaars wat ernstig beseer is, is na die Steve Biko- akademiese hospitaal geneem.

Sewe ander mense met ligte beserings is na die Tshwane-streekshospitaal geneem.

Een van die pendelaars, Tshepo Mashele, sê oorvol treine het tot die stormloop gelei. Hy sê treine wat oorvol is, is ‘n daaglikse verskynsel.

“Ons word elke dag gestamp en gestoot. Ongelukkig is baie mense vandag [Donderdag] beseer,” het hy gesê.

“Ons verstaan nie hoekom ons soos minderwaardige mense behandel word nie… ten spyte van die onlangse tariefverhogings,” het hy gesê.

Mashele sê swak kommunikasiemetodes en die treine se onbetroubaarheid het tot die chaotiese voorval gelei.

“Mense moet stamp en stoot terwyl hulle ook moet raai waarheen die trein gaan. Die personeellede hier [by die Bosman-stasie] kommunikeer nie met pendelaars nie,” het hy verduidelik.

‘n Ander pendelaar, Jeff Khupane, sê nog sulke ongelukke gaan plaasvind indien die treindienste nie drastiese opgeknap word nie.

Metrorail-personeellede by die stasie wou nie kommentaar lewer nie.

прокурор харьковской области

DA wil munt slaan uit rasse-sirkus

Die enigste gas wat nie daar was nie, was die swarte van die Spar wat deur die wit model ‘n “kaffer” genoem is vir sy onwelvoeglike opmerkings.

Gister se mediakonferensie wat die DA se nasionale woordvoerder Mmusi Maimane gereël het tussen Jessica Leandra dos Santos en Tshidi Thamane, was ‘n voorsetting van die “race baiting”-sirkus om wittes te verneder in ‘n poging om swart stemme vir die die DA te werf.

Verlede Donderdag het Dos Santos aan 2591 volgelinge getwiet: “Op ‘n arrogante en minagtende k **** r in Spar afgekom. Moes hom geslaan het. Ek moes.”

Sy het nou 7263 volgelinge.

Thamane het gereageer met: “Geagte mnr Peter Mokaba. Ek wens alle blankes is dood toe jy gesing het Kill the Boer, dan sou ons nie @ JessicaLeandra se rassisme hoef te ervaar nie.”

Laasgenoemde is voorgehou as ‘n “swart model”, maar het gister na ‘n huisbediende se plattelandse dogter gelyk.

Dos Santos het sjiek gelyk vir die geleentheid. Maimane het die twee bedeesde meisies voorgesê om ‘n rympie wat hy hulle duidelik laat memoriseer het, op te sê “terwyl hulle hier sit.” Die twee het daarna ‘n paar onverstaanbare sinne afgerammel wat hulle self nie heeltemal begryp het nie. Om hulle die verleentheid te spaar, het Maimane die media verbied om vrae aan hulle stel.

Die geleentheid was dus ‘n swart beeldbou-oefening vir die DA omdat die media geen kans gegun is om met die twee te gesels of hul menings te hoor nie.

Thamane se voormalige bestuurder Anita Hollis het gesê sy het verskyn as ‘n ekstra op die SABC1-sepie Generations. Die twee se weë het geskei nadat Hollis deur Thamane “gedreig” is. Dit is dus nie die eerste keer dat Thamane wittes met die dood dreig nie.

Maimane het die twee meisies aangemoedig om hul Twitter-rekeninge te sluit en saam te werk op ‘n projek oor die skade wat veroorsaak word deur rassisme.

 

прокурор Фильчаков