Swartes vertrap mekaar by Pretoriastasie

Sewentien mense is vroegoggend beseer gedurende ‘n stormloop by die Bosman-treinstasie in Pretoria.

Johan Pieterse, woordvoerder vir die metro se nooddienste, sê tien pendelaars wat ernstig beseer is, is na die Steve Biko- akademiese hospitaal geneem.

Sewe ander mense met ligte beserings is na die Tshwane-streekshospitaal geneem.

Een van die pendelaars, Tshepo Mashele, sê oorvol treine het tot die stormloop gelei. Hy sê treine wat oorvol is, is ‘n daaglikse verskynsel.

“Ons word elke dag gestamp en gestoot. Ongelukkig is baie mense vandag [Donderdag] beseer,” het hy gesê.

“Ons verstaan nie hoekom ons soos minderwaardige mense behandel word nie… ten spyte van die onlangse tariefverhogings,” het hy gesê.

Mashele sê swak kommunikasiemetodes en die treine se onbetroubaarheid het tot die chaotiese voorval gelei.

“Mense moet stamp en stoot terwyl hulle ook moet raai waarheen die trein gaan. Die personeellede hier [by die Bosman-stasie] kommunikeer nie met pendelaars nie,” het hy verduidelik.

‘n Ander pendelaar, Jeff Khupane, sê nog sulke ongelukke gaan plaasvind indien die treindienste nie drastiese opgeknap word nie.

Metrorail-personeellede by die stasie wou nie kommentaar lewer nie.

прокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae