DA wil munt slaan uit rasse-sirkus

Die enigste gas wat nie daar was nie, was die swarte van die Spar wat deur die wit model ‘n “kaffer” genoem is vir sy onwelvoeglike opmerkings.

Gister se mediakonferensie wat die DA se nasionale woordvoerder Mmusi Maimane gereël het tussen Jessica Leandra dos Santos en Tshidi Thamane, was ‘n voorsetting van die “race baiting”-sirkus om wittes te verneder in ‘n poging om swart stemme vir die die DA te werf.

Verlede Donderdag het Dos Santos aan 2591 volgelinge getwiet: “Op ‘n arrogante en minagtende k **** r in Spar afgekom. Moes hom geslaan het. Ek moes.”

Sy het nou 7263 volgelinge.

Thamane het gereageer met: “Geagte mnr Peter Mokaba. Ek wens alle blankes is dood toe jy gesing het Kill the Boer, dan sou ons nie @ JessicaLeandra se rassisme hoef te ervaar nie.”

Laasgenoemde is voorgehou as ‘n “swart model”, maar het gister na ‘n huisbediende se plattelandse dogter gelyk.

Dos Santos het sjiek gelyk vir die geleentheid. Maimane het die twee bedeesde meisies voorgesê om ‘n rympie wat hy hulle duidelik laat memoriseer het, op te sê “terwyl hulle hier sit.” Die twee het daarna ‘n paar onverstaanbare sinne afgerammel wat hulle self nie heeltemal begryp het nie. Om hulle die verleentheid te spaar, het Maimane die media verbied om vrae aan hulle stel.

Die geleentheid was dus ‘n swart beeldbou-oefening vir die DA omdat die media geen kans gegun is om met die twee te gesels of hul menings te hoor nie.

Thamane se voormalige bestuurder Anita Hollis het gesê sy het verskyn as ‘n ekstra op die SABC1-sepie Generations. Die twee se weë het geskei nadat Hollis deur Thamane “gedreig” is. Dit is dus nie die eerste keer dat Thamane wittes met die dood dreig nie.

Maimane het die twee meisies aangemoedig om hul Twitter-rekeninge te sluit en saam te werk op ‘n projek oor die skade wat veroorsaak word deur rassisme.

 

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae